02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

5:20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle

nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat

doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.

5:22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en

elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet

verantwoording doen in die helse vuur.

5:23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Raka is ‘n vier letter word, maar dit is nie Hebreeus nie. Die Strongs verklaarende Bybel woordeboek verduidelik

hierdie term.

“G4469 ρ ακά rhaka rhak-ah'

Of Chaldee origin (compare [H7386]); O empty one, that is, thou worthless (as a term of utter vilification): - Raca.”

Dit is ‘n vier letter word wat iemand anders se karakter aftakel.

God sê dat as ons iemand te na gekom het, moet ons daardie person om verskoning gaan vra en gaan

regmaak met hom of haar, en die implikasie is ook duidelik dat ons vir God ook moet verskoning vra.

Hoekom beskou Yeshua dit as so ‘n slegte sonde, dit is nie asof ons die person aangerand het nie?

Ons het die persoon se karakter geestelik aangerand en omdat die mens in God se beeld geskape was, het ons

ook God se karakter aangetas. Ons sê eintlik vir die Skepper: U was onnosel toe u hierdie minderwaardige

wese geskep het.

Wie het u met u tong te na gekom? Gaan maak reg! Met daardie person en met God voordat u weer God

prober ontmoet in ‘n diens of biduur.

15. Sonaanbidding – Wie is skuldig daaraan?

‘n Maklike antwoord: die mense wat willens en wetens die son aanbid of betrokke is by ‘n organisasie wat simboliek

van die skepping – son, maan en sterre, meer belangrik ag as enige lojaliteit aan Messias.

Dit sluit in: New Age heidene, Katolieke Kerk hierargie, Vrymesselaar hierargie wat die kerk geinfiltreer het en

Rabbiniese Jode wat die okkulte kabbala volg en wie se doktrines uit antieke Babel kom en nie uit die Bybel nie.

Vir die gewone ou is die saak maklik. Met wie het hulle ‘n geestelike verhouding? Dit behoort te wees met Yeshua

Messias ook bekend as Jesus Christus. As mense vir Hom lief het en Hy het hulle sonde vergewe, nadat hulle bely het

dat hulle sondaars is en Hom gevra het om hulle lewens oor te neem, en hulle het nie teruggeval nie, is hulle nie

skuldig aan sonaanbidding nie, al mag daar amptenare in hulle denominasie wees wat as individue daaraan skuldig is.

Sisteme mag verkeerd wees, maar God besluit oor individue!

Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy

die koninkryk van God nie sien nie.

3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore

mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Diegene wat ‘n verhouding met Koning Yeshua/ Jesus het, gaan almal saam wees tydens die bruilof fees van die

Lam tydens ‘n toekomstige loofhuttefees (Sukkot), heelwat gouer as wat meeste mense dink, wanneer Messias

terugkeer om sy troon as Koning van die wêreld in te neem vir die duisend jaar vrederyk. Ons moet gewoond raak

daaraan dat Hy as Koning terugkom, daarom gebruik ek hierdie titel van Koning Yeshua/ Jesus.

Openbaring 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die

konings…

23

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!