02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Pesag/ Pasga maal geëet, insluitende die lam. Yeshua het gesterf aan die kruis of paal teen 15.00 op die 13de en Sy

liggaam is haastig in die graf gelê voordat die Pesag Fees begin het.

3. Die 7 dae lange Fees van Ongesuurde Brode het op die 15 dag begin soos die Israeliete inderhaas hulle uittog uit

Egipte begin het. Die ongesuurde brood, sonder suurdeeg, het nie vergaan gedurende hulle uittog nie. Yeshua se

liggaam het nie vergaan gedurende 3 dae en nagte in die graf nie. Mattheus12:40 Want soos Jona drie dae en drie

nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die

aarde wees.

4. Die Oes Feeste: Die Fees van die Eerstelings gerf oes van gars Lev 23:10-14 is op die dag na die gewone Shabbat

tydens die week van ongesuurde brode. Op hierdie dag het die wonderwerk by die Rooi See (Golf van Aqaba)

plaasgevind toe die Israeliete veilig deur die see getrek het. As eerstelings gerf van die dood het Yeshua opgestaan

op die dag en in Sy hernieude liggaam verskyn.

5. Daarna word die dae getel vir 7 weke van 7 dae plus een dag. Dit bring ons by die Eersteling Gerf Fees van die

graan oes of Shavuot/ Pinkster. (7x7=49+1=50) Pente (50) in Grieks, daarom Pentecost.

Die dag kyk terug na die gee van die wet op berg Sinai in Arabië asook die uitstorting van die Heilige Gees

(Handelinge Hoofstuk 2). Dit gee ook die sleutel om die Daniël tydlyn te verstaan. Die sewetalle verwys na hierdie

Fees van Shavuot. 64 sulke Feeste het plaasgevind sedert die herinstelling van die Staat van Israel.

6. Nou kom die 7de Joodse maand Feeste. Slegs een Fees vind plaas op die nuwe maan (d.w.s. op die 1e dag van die

maand) en dit is op die Gedenkdag van Basuingeklank (Feast of Trumpets/ Yom Teruah, vandag ook

bekend onder Jode as Roshhashana, Nuwe Jaars dag. Hierdie laaste benaming kom nie in die skrif voor nie.

Die sterretekens in Openbaring was vervul op Yom Teruah 2011 – Sien Rob Moore se lering.

Markus 13:24 Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee

nie,

13:25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

Die maan gee nie glans op die nuwe maan nie. Hy word sigbaar op dag 2 van die maan siklus. Ons sien dus dat die

enigste Fees van God waarop Koning Yeshua/Jesus kan terugkom is Yom Teruah. Op hierdie dag in 2016 sal daar

ook ‘n gedeeltelike sonsverduistering wees. 1 Sept 2016.

6. Yom Kippur, die Versoendag (Day of Atonement) vind plaas op die 10e dag van die 7de Maand.

7. Die 7 dae lange Fees van Ongesuurde Brode is op volmaan van die eerste maand, soos die Israeliete dag en nag uit

Egipte uitgetrek het, terwyl die spieëlbeeld van daardie Fees vind plaas in die 7 dae lange Loofhuttefees, (Sukkot/

Tabernacles) wat ook op die volmaan van die 7de maand val. Die Jode het nog altyd hulle Messias verwag tydens

Sukkot. Yeshua is ook gebore tydens die Sukkot Fees. Johannes 1:14 kan ook vertaal word, Die Woord het vlees

geword en onder ons kom Tabernakel … Die bruilofs Fees van die Lam van God gaan op hierdie Fees gebeur.

Yeshua en die Feeste:

Die kruisiging (of foltering)

Mat: 26:2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te

word.

26:17 En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet

ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?

Markus 14:1 En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die

skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.

14:12 En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir

Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?

Joh.12:1 En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit

die dode opgewek het.

12:12 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

12:13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die

Here, die Koning van Israel.

Die palmtakke sou normaalweg tydens Sukkot Fees gebruik word, die Fees wanneer die Jode vir Jesus verwag het.

Hulle het by Sy aankoms in Jerusalem hierdie simbool gebruik omdat hulle hom as Messias herken het.

Al vier die evangelies maak dit duidelik dat Yeshua gekruisig is voor Pasga, wat ‘n hoë Sabbat is, en nie voor ‘n

weeklikse Sabbat nie.

Tussen die tyd van Moses en die tyd van Jesus, waarskynlik na die terugkeer van die ballingskap van die Suidelike

Koninkryk van Juda, het die Joodse leiers die Fees van Pasga (Pesach) en die 1e dag van die Fees van Ongesuurde

Brode, saamgesmeldt in dieselfde dag sodat hulle nie meer streng gesproke God se kalender in Levitikus 23 gevolg

het nie.

19

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!