02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nota: Hierdie voorgestelde maand hierbo, geneem vanuit Dewey Bruton se Daniel Timeline, verwys na die spesifieke

maand van Yeshua/ Jesus se kruisiging, want die Hebreeuse kalender skuif sy datums m.b.t. die weeksdae omdat dit

in maan siklus maande bereken word.

Woorde in vet letters hierbo dui aan ‘n weeklikse of ‘n hoë shabbat. Let op na Elohim (God) se orde hier. Die

weeklange 1e maand Ongesuurde Brode Fees en die weeklange 7de maand Loofhuttefees is spieëlbeelde van

mekaar!

Baie teoloë beweer dat Koning Yeshua hierdie Feeste vervang het, maar die Bybel së dit nooit nie. Hy het die

profestiese beelde in die 1e vier Feeste vervul. Hulle gaan almal oor die Messias. Dit is onmoontlik om die eind tye

profesië te verstaan indien ‘n mens nie hierdie Feeste verstaan nie.

Tydens die instelling van Pesach het YHVH gesê:

Exsodus 12:13 Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle

verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.

12:14 En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit

in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.

en

12:17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom

moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.

Geagte leser, hoe dink u? Weet God wat vir ewig beteken? Hou Hy by Sy woord of is Hy veranderbaar?

Vir meer inligting oor die Feeste sien:

- "Israel’s Feasts and their Fullness" by Batya Ruth Wootten

- “A prophetic Calendar. The Feasts of Israel” by Jill Shannon, Destiny Image, Shippenburg PA ISBN 10: 0-7684-2827-0

- Torah onderwysers Monty Judah, LionLamb.net lering oor Torah Parasha Emor (“sê”) Lev21:1-24:23 se lering oor

die Levitikus 23 Feeste en die van Thompson – JewishEyes.org (soos bo).

“Passover” en “A Messianic Perspective of Rosh Hashanah etc.” deur Roly and Amanda Buys albei beskikbaar vanaf

Kanaan Bediening, Kaapstad kanaan@iafrica.com tel 021 930 7577

Rabbiniese Judaisme volg nie streng die Levitikus 23 Feeste nie. Hulle beskou Pasga en die 1e dag van Ongesuurde

brode as dieselfde dag. Hulle gee die naam Simcha Torah (Jubel in die Torah) vir die Heilige Sabbat op die 8ste dag

van die Loofhuttefees. Hierdie naam kom nie in die Bybel voor nie. Die tabel hierbo is net die Feeste van Levitikus 23

en sluit nie in die Feeste van Purim (sien die boek van Ester) en die Fees van Hannukah – die reiniging van die Tempel

na die oorwinning oor die Grieke-, in nie.

Yeshua / Jesus het die Pasga (Pesach) saam met Sy disipels geëet op die 13 de dag van die 1e Hebreeuse maand (die

aand voordat die nasie van Juda dit geëet het) want Hy sou Die Pasga Lam word teen die volgende middag, opgeoffer

vir ons sondes, betyds vir die Pasga Fees wat teen sonondergaan sou begin soos die 14de dag begin het. Onthou die

Hebreeuse dag begin en eindig van sonsondergaan tot sonsondergaan.

Meeste van die Feeste het tydsgewyse 3 tye:

- terugkyk na wat gebeur het,

- huidige viering en

- ‘n toekoms profesie oor:-

Messias se eerste koms in die 1e Joodse Maand Feeste

en Sy 2de koms in die 7de Maand Feeste.

Koning Yeshua het die eerste 4 Feeste vervul tydens Sy eerste koms en

Hy gaan die laaste 3 vervul sodra Hy terugkeer.

Hierdie is God (Elohim) se Feeste, Levitikus 23:2, nie Joodse Feeste nie. Teoloë beweer dat Koning Yeshua die Feeste

vervang het, maar die Bybel sê dit nie. Hy het vervul, nie vervang nie. Al die Feeste is profetiese beelde van Koning

Yeshua! Hulle is God se voorafbepaalde tye, wanneer Hy met sy volk vergader.

Dit is onmoontlik om die eind tye profesië te verstaan as mens nie God se Feeste verstaan nie.

God se kalender is maan gebaseerd. Elke maand begin op die nuwe maan. Die Fees tye val altyd saam met oes tye.

Levitikus 23 noem 8 verskillende Feeste: Mo’edim in Hebreeus

1. Die Shabbat elke 7de dag.

2. Pesag/ Pasga Op die 13de van die 1e maand, in elke Joodse huisgesin voor die uittog uit Egipte is ‘n lam geslag om

15.00 uur en sy bloed is op die deurkosyne geverf. Daardie aand toe die 14de dag teen sonsondergang begin is die

18

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!