02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Skrywer se komentaar: Hierdie datum is slegs een dag na die berekende dag van die Gruwel van Verwoersting.

Die duisend jaar vrederyk sal waarskynlik begin op die 120ste Jubeljaar in 2017. Die vorige Jubeljaar was in 1967

toe die 6 dae oorlog geveg is van die Sondag tot die Vrydag ( 1e dag tot 6de dag van die week) en die Jode het op die

Sabbat dag weer gerus. Hierdie was ‘n herhaling van die 6 dae lange skeppings week gevolg deur ‘n Sabbat dag se rus.

Die resultaat was dat die Israeli weermag Oos Jerusalem en die ou stad gebuit het. Die vorige jubeljaar was in 1917 toe

Engeland vir Jerusalem van die Turke afgeneem het.

Die jaar 2017 is 1947 jare na die vernietiging van die Tempel in Jerusalem in 70 n.C. (40 jaar na die kruisiging.)

Abraham was gebore in 1947 v.C. en die V.N. het die verklaring uitgereik dat Israel onafhanklik sou word in

November 1947. Hoekom eindig al hierdie datums in ‘n 7? Sou God dan nie dinge doen volgens die 20 of 40 of 50

nie?

Ja, Ons Gregoriaanse kalender is uitgewerk volgens een man se berekening dat Yeshua gebore was in die jaar 1 n.C.

Meeste kundiges vandag aanvaar dat Yeshua eintlik gebore is in 3 v.C. Maw. 2017 behoort eintlik 2020 te wees. God

werk volgens Sy eie kalender en nie die Pous s’n nie; volgens die Hebreeuse maan kalender en nie die son kalender nie.

Genesis 6:3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees

honderd en twintig jaar.

Tog sê die Psalmdigter

90:10 Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite

en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

Indien ons as mense dan vir 70 jaar gemiddeld leef, waarvan het die Skepper dan gepraat toe Hy in Genesis sê dat ons

120 jaar het om te lewe? 120 maal 50 gee ons 6000 jaar. Elke 50ste jaar is ‘n jubeljaar.

Levitikus 25:10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir

julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

25:11 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die

druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.

25:12 Want dit is 'n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.

25:13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

Dit is hoe ons Skepper tyd bereken. Hy het vir mense 120 jubeljare gegee om onself te regeer. Die volgende Jubeljaar

sal wees 2017 en dit sal die 120ste of finale een wees.

Ons tyd is op. Die Messias gaan binnekort heerskappy van hierdie planeet oorneem vir die volgende 1000 jaar.

Dewey Bruton gee talle ander stukke getuienis. Al hierdie navorsers wat ek hieronder noem kom min of meer by

presies dieselfde datums uit al kyk hulle na verskillende stukke inligting. Sien Daniel 9 teaching deur Dewey Bruton.

B). Baie van julle het al die 119 Bedieninge se ‘einde van dae’ lering gesien oor die Blood Moon Tetrads wat ons gaan

sien in 2014/15.

Hulle wys hoe vier bloed mane gaan gebeur gedurende 2015/16. Vir die eerste keer ooit! En hulle gaan saamval met

die Bybelse feeste kalender!

Joël 2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE

kom.

Handelinge 2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here

kom.

Openbaring 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son

het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

Waneer Die Skepper iets drie maal herhaal, moet ons kennis daarvan neem!

Die verbintenis tussen die bloed maan viertalle en die Levitikus 23 Bybelse Feeste

Kalender bewys dat die Skepper steeds hierdie heelal regeer volgens Sy kalender!

http://www.wnd.com/2008/04/63076/

14

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!