02.05.2013 Views

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

Afrikaans Version.

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Afrikaans

Die Herstel van alle Dinge en die Oorsprong van die Boerevolk

Deur Henry James

1

Dokument 3

Die skrywer

Henry James is die skuilnaam van ‘n afgetrede beroepsmens wie nou navorsing doen en boeke skryf. Hy was ’n sendeling, voorbidder en het al

oor geestelike onderwerpe lering gegee. Sy profetiese fiksie boek “Quake” gebaseer op Eségiël Hoofstukke 37-39 en Sagaría 14 is beskikbaar op

die webwerf hieronder sowel as Quake se voorganger “The 4 th Revolt” gebaseer op Lukas 21:24 en Openbaring 11:2 en sy boekie “Crazy

Weather”. Twee ander boeke, “Israel is God’s Timeline, ‘n geskiedkundige oorsig en “The Signature” – geskiedkundige feite in die vorm van

‘n roman, word tans geskryf. www.quakesignature.com

Act 3:21 Whom the heaven must receive until the times of restitution (restoration, in other translations) of all

things, which God hath spoken by the mouth of all his holy prophets since the world began. KJV

“…die tyd van die wederoprigting van alle dinge waarvan God van ouds af gespreek

het deur die mond van al sy heilige profete.”

Geagte leser,

U beweer dat u ’n Afrikaner en ‘n Boer is maar u glo nie aan God nie, of u glo daar bestaan een of ander tipe

Godheid, maar u glo nie dat Jesus Christus / Yeshua Messias die enigste weg na hom is nie?

U is nie meer ‘n ware Afrikaner nie. Ware Afrikaners glo in God! Druk maar die “delete” knoppie op u rekenaar en

moenie tyd mors deur hierdie stuk te lees nie. Dit is nie vir u nie, en u sal dit ook nie verstaan nie. Slegs diegene wat

glo dat God (Elohim in Hebreeus) se wysheid groter is as hulle eie wysheid, sal hierdie artikel verstaan.

Inhoud:

Die herstel proses

1. Die twee huise van Israel en Yehuda

2. Die man in sy rol as die geestelike hoof van sy huisgesin

3. Gebed in die kerk

4. Die Torah as die fondasie van ons geloof in Messias

5. Die ‘nie oneweredig saamgejuk nie’ gebod se betekenis

6. Jode in hierdie ‘nie saamjuk’ gebod?

7. Die Eerste Volke van die Land

8. Herstel van die identiteit van die stamvaders van ons volk

9 Die Joodse identiteit van die Boere

10. Ander Suid Afrikaners wie ook dalk afstammelinge is van Abraham, Isak en Jakob

11. Indiër vanne

12. Die kennis van wanneer Koning Jesus Christus se wederkoms gaan wees.

13. Bybelse Feeste Kalender Levitikus 23

14. Watter Naam moet ons gebruik?

15. Sonaanbidding

16. Watter voordeel het ons as volk a.g.v. ons Joodse wortels?

17. Die verdrukking (tribulation)

18. Voorbereiding van Yeshua se Bruid

19. Die Wegraping?

Einde van Dokument 3

Dokument 4 ONBYBELSE LERINGE ONDER DIE BOERE VOLK (slegs in Afrikaans)

Die Skepper van die Heelal is besig met ‘n proses om baie van die verlore waarhede te herstel, aan diegene wat

werklik Sy Majesteit Jesus Christus of Yeshua ha-Mashiach (soos Hy bekend staan in die Hebreeus sprekende

Messiaanse gemeentes), die Koning van Konings, wie binnekort gaan terugkeer om hierdie aarde te regeer regstreeks.

Hierdie artikel hanteer slegs met ’n paar aspekte van hierdie proses wat relevant is in Suid Afrika.

Hierdie artikel is geskryf om die ontbloting van ‘die geheim van die Boere volk’, binne die

raamwerk van ander herstel bewegings wat van God afkomstig is, te plaas. Daar was ‘n rede hoekom

hierdie geheim weggesteek was en hoekom dit nou tydig is dat hierdie geheim ontbloot word. Ons lewe

tans binne die 2000ste viering van die Messias se lewe hier op aarde!

1. Herstel beklemtoning: Herstel van die twee huise van Israel en Yehuda.

Hierdie onderwerp sal meer volledig bespreek word in die skrywer se dokument “Israel is God’s Timeline” wat

binnekort vrygestel gaan word.

Hier noem ek slegs dat die profesieë in Ezégiël 37-40 (en talle ander plekke) oor die herstel van die antieke

koninkryke van Israel en Juda, wel nog steeds gaan plaasvind presies soos geprofeteer was, wanneer Messias

terugkom om te regeer! God het nooit die “verlore stamme” verloor nie. Hy weet waar elke een van hulle

afstammelinge steeds bly. Die Weste en vervangings teoloë het hulle verloor. Die vervangings teoloë het nooit hierdie

profesieë verstaan nie want hulle verklarings was nog verborge, en so het hulle mensgemaakte verduidelikinge

opgemaak om die eenvoudige Bybel teks te verklaar. Hierdie profesieë oor die herstel van die huise van Israel en Juda

is steeds onvervulde profesieë wat nog in vervulling moet kom:

Jesaja 10:20; 14:1,2; 46:3; 48:1, 63:7, 66:20;

Jeremia 3:18, 13:11, 23:8; 31:27, 31,33,14;

Sagaría 8:13.

Handelinge 3:21 verwys na hierdie skrifte.

Hierdie profesië sal in meer detail na gekyk word in skrywer se volgende boek “Israel is God’s Timeline.”

2. Herstel beklemtoning: Herstel van die man in sy rol as die geestelike hoof van sy

huisgesin.

In 1980 het Angus en Jill Buchan die Shalom Bedieninge begin. Die oorspronklike hoof fokus was om uit te gaan en te

preek in Suid Afrika en Afrika. Hulle het die Beth-Hatlaim (Huis van lammers), ‘n kinderhuis vir 25 wees kinders en

die Halalisani Plaas Skool, ‘n Christelike plaas skool begin, wat ook deur Shalom Bedieninge geadministeer word, met

200 leerlinge.

Die “Mighty Men” Konferensies, georganiseerd deur die Shalom trustfonds, is ‘n Christelike vergadering van

manne. In onlangse jare het die aantal bywoners gegroei van ‘n paar honderd tot meer as 300,000 mans in 2011.

Herstel beklemtoning: Angus Buchan se Bediening het aan die liggaam van Messias, die rol van die man as

priester in sy huis herstel, ‘n rol wat mans, oor die algemeen, jare gelede al neergelê het en aan die vrouens oorgelaat

het in hulle strewe na manlike waardes soos ‘n obsessie met sport, boerewors, braaivleis en bier.

Geeneen van hierdie dinge is opsigself verkeerd nie. Hulle het verkeerd geword toe God en familie tot ‘n

onderdanige plek in die mans se waardestelsel verlaag was. Buchan se bediening het ook gebroke verhoudings tussen

vaders en hulle seuns herstel. Dit is glad nie toevallig dat Buchan se bediening om die man te herstel en die Torah

beweging wat die profetiese beelde van Koning Jesus (Yeshua) in die vyf boeke van Moses bekend maak, oor dieselfde

tydperk plaasgevind het. Albei is deel van God se ‘herstel van alle dinge’.

Efesiërs 5:22 Vroue, wees aan julle eie mans onderdanig, soos aan die Here.

5:23 Want die man is die hoof van die vrou, soos Christus ook Hoof is van die gemeente; en Hy is die Verlosser van die

liggaam.

5:24 Maar soos die gemeente aan Christus onderdanig is, so moet die vroue dit ook in alles aan hul eie mans wees.

5:25 Manne, julle moet jul eie vroue liefhê, soos Christus ook die gemeente liefgehad en Homself daarvoor oorgegee het

5:26 om dit te heilig, nadat Hy dit gereinig het met die waterbad deur die woord,

5:27 sodat Hy die gemeente voor Hom kon stel, verheerlik, sonder vlek of rimpel of iets dergeliks; maar dat dit heilig en

sonder gebrek sou wees.

5:28 So behoort die mans hulle eie vroue lief te hê soos hul eie liggame. Wie sy eie vrou liefhet, het homself lief;

5:29 want niemand het ooit sy eie vlees gehaat nie, maar hy voed en koester dit, net soos die Here die gemeente.

5:30 Want ons is lede van sy liggaam, van sy vlees en van sy bene.

5:31 Daarom moet die man sy vader en sy moeder verlaat en sy vrou aankleef en hulle twee sal een vlees word.

5:32 Hierdie verborgenheid is groot, maar ek sê dit met die oog op Christus en die gemeente.

5:33 In alle geval moet elkeen van julle ook afsonderlik sy eie vrou liefhê net soos homself, en die vrou moet die man

eerbiedig.

Kom ons stel hierdie skrifte anders:

2

Die man kry ‘n opdrag om sy vrou lief te hê.

Die vrou het ‘n opdrag om haar man te eerbiedig.

Die man moet sy vrou lief hê net soos die Messias Sy liggaam, die gelowiges, liefhet. Hy het Sy lewe gegee vir ons

sondes.

Daar is drie liggame in ‘n huwelik:

YHVH Elohim, (God) Die Skepper van die huwelik.

Die man wat onderdanig is aan die Messias en sy vrou liefhet net soos die Messias Sy kerk liefhet.

Die vrou wat haar man eerbiedig en aan hom onderdanig is, soos aan die Here.

Indien al drie in eenheid is, sal die huwelik nie misluk nie.

Los Elohim (God) uit, en die huwelik het geen fondasie nie.

Die Afrikaanse woord “liefde” kan verskillende betekenisse hê: Daar is drie Griekse woorde:

Phileo: Vriendskaps liefde.

Eros: Seksuele liefde. ‘n verhouding begin gewoonlik met hierdie tipe liefde. Hierdie tipe liefde kan of

oppervlakkig wees of diep. Dikwels wanneer ‘n vrou swanger is of sy het klein kindertjies, dan verval hierdie

eros van die man se kant. Mans gee dan pad. Hulle moenie!

Agape. Hulle behoort te bid en vir God te vra om die eros liefde te vervang met agape liefde,

onvoorwaardelike liefde.

Jakobus 1:6 Maar hy moet in die geloof bid, sonder om te twyfel; want hy wat twyfel, is soos 'n golf van die see wat deur

die wind gedrywe en voortgesweep word.

Mattheus 7:7 Bid, (vra in gebed, volgens God se wil en nie volgens jou begeertes nie) en vir julle sal gegee word;

soek, en julle sal vind; klop, en vir julle sal oopgemaak word.

7:8 Want elkeen wat bid, ontvang; en hy wat soek, vind; en vir hom wat klop, sal oopgemaak word.

7:9 Of watter mens is daar onder julle wat, as sy seun hom brood vra, aan hom 'n klip sal gee;

7:10 en as hy 'n vis vra, aan hom 'n slang sal gee?

7:11 As julle wat sleg is, dan weet om goeie gawes aan julle kinders te gee, hoeveel te meer sal julle Vader wat in die

hemele is, goeie dinge gee aan die wat Hom bid!

7:12 Alles wat julle dan wil hê dat die mense aan julle moet doen, net so moet julle aan hulle ook doen; want dit is

die wet en die profete.

Man, wil u hê dat u vrou u moet lief hê? Dan moet u vir haar lief hê. Dit is ‘n keuse, nie ‘n Hollywood gevoel nie.

Die man behoort die priester te wees in sy eie familie. Dit beteken dat hy sy gesin moet lei in gebed en in

skriflesing. Die vrou moet hom aanmoedig om dit te doen.

Yeshua het gekom om versoening teweeg te bring tussen Die Skepper en die mens en tussen mens en mens.

Ongelukkig is die slegste interpersoonlike stryde dikwels tussen lede van dieselfde familie.

Matteus 5:23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Indien u onvergifnes in u hart koester, teenoor u gade, u kinders, u ouers, u buurman, u medegelowige, moet asb.

nie kerk speel en ‘n selfgeregtige skynheilige wees nie. Gaan en maak eers reg met hulle al beteken dit dat u ‘n

diens of ‘n biduur mis. God gaan nie u gebede antwoord nie totdat u u verhoudings reggemaak het.

3. Herstel beklemtoning: Herstel van gebed in die kerk

Hier dink ons aan die Jericho Mure Gebedsbeweging wat deur Ds Bennie Mostert begin was en Herald

Bedieninge wat deur Gerda Leithgob begin was. Hulle fokus was op geteikende voorbidding. Stadswye

gebedsbyeenkomste het in die Moederstad Kaapstad begin waartydens vestings van donkerheid afgebreek

was. Hierdie bidure het ook ‘n einde gebring aan Pagad se bom veldtog, met die laaste bom deur die polisie

ontdek op Vrydag 3 November 2000 1 , terwyl ‘n stadswye biduur aan die gang was.

Hierdie stadswye bidure het verander na die Nuweland stadion massa gebeds byeenkomste, vanaf 21 Maart 2001,

wat daarvandaan onwikkel het tot in landwyd en wêreldwye gebeds byeenkomste, soos die Wêreld Dag van Gebed.

1 Seeds Sown for Revival bl 261 deur Ashley Cloete. Die skrywer was deel van die organiserings komitee vir hierdie biduur. Om

hierdie boek te bekom skryf aan cloete.ashrose@gmail.co

3

Hierdie gebedsbyeenkomste het na ander herstel bewegings gelei. Die voorbidders is die lugmag van die kerk wie eers

die duiwel se vesting in die lugruim moet vernietig met ‘n lugaanval van geteikende gebed, voordat die Heilige Gees

kan beweeg.

Efesiers 4:30 En bedroef nie die Heilige Gees van God nie,

Indien die Heilige Gees bedroef is, ontrek Hy.

Tydens die versoekinge van Yeshua het die duiwel vir hom gesê:

Mattheus 4:8 Weer neem die duiwel Hom saam na 'n baie hoë berg en wys Hom al die koninkryke van die wêreld en hulle

heerlikheid,

4:9 en sê vir Hom: Al hierdie dinge sal ek aan U gee as U neerval en my aanbid.

4:10 Toe sê Jesus vir hom: Gaan weg, Satan! want daar is geskrywe: Die Here jou God moet jy aanbid en Hom alleen dien.

Die duiwel kon slegs hierdie dinge aan Yeshua offer, omdat die duiwel die beheer van ons planeet van Eva en Adam

gesteel het. Hy regeer hierdie planeet! Dit is waar, dat hy sy wetlike regeringskap verloor het toe Yeshua uit die dode

opgestaan het, maar die duiwel gee net goed prys tot die mate waarin ons Yeshua se outoriteit afdwing in die plek

van gebed.

Yeshua het gesê:

Mattheus 12:29 Of hoe kan iemand in die huis van 'n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei

het nie? En dan sal hy sy huis beroof.

Die duiwel is die sterk man en ons het die outoriteit om hom te bind.

Lukas 9:1 En Hy het sy twaalf dissipels saamgeroep en aan hulle mag en gesag gegee oor al die duiwels en om siektes te

genees.

9:2 En Hy het hulle uitgestuur om die koninkryk van God te verkondig en die siekes gesond te maak.

4. Herstel beklemtoning: Herstel van die Torah as die grondslag van ons geloof in

Messias

Ons is in die tydperk van die herstel van die Torah, die vyf boeke van Moses wat die fondasie van ons geloof behoort te

wees. Hierdie 5 boeke bevat God se reëls en regulasies oor hoe om veilig in Sy wil te lewe.

Lukas 24:44 En Hy sê vir hulle: Dit is die woorde wat Ek met julle gespreek het toe Ek nog by julle was, dat alles wat oor

My geskrywe is in die wet van Moses en die profete en die psalms, vervul moet word.

Mattheus 5:17 Moenie dink dat Ek gekom het om die wet of die profete te ontbind nie. Ek het nie gekom om te ontbind nie,

maar om te vervul.

Koning Yeshua (Jesus) het hier die twee dinge gesê:

In die Torah van Moses is daar oor Hom geskryf;

En Hy het gekom om die Torah te vervul, nie te ontbind nie. Die hele Torah is vol van skaduwee prente van die

Messias. Sonder dat ons hierdie beelde verstaan en ook verstaan hoe Hy die Feeste van God vervul het, en nog gaan

word, het ons slegs ‘n onvolledige prent. Ons het die hele beeld nodig, nie net ‘n gedeelte daarvan nie!

Yeshua het ons nuwe hoë priester geword en die simboliek van die Levitiese priesterskap vervul. Daarom is slegs die

reels en regulasies van die Tempel diens en die priesterskap vervang deur Yeshua self. Die res van hierdie vyf boeke is

steeds geldig.

Hebreërs: 4:14 Terwyl ons dan 'n groot Hoëpriester het wat deur die hemele deurgegaan het, naamlik Jesus, die Seun van

God, laat ons die belydenis vashou.

5:6 Soos Hy ook op 'n ander plek sê: U is priester vir ewig volgens die orde van Melgisédek.

7:11 As daar dan volkomenheid deur die Levitiese priesterskap was--want met die oog daarop het die volk die wet ontvang-waarom

was dit nog nodig dat 'n ander priester moes opstaan volgens die orde van Melgisédek en dat hy dit nie volgens die

orde van Aäron genoem word nie?

7:12 Want met verandering van die priesterskap kom daar noodsaaklik ook verandering van wet;

8:7 Want as daardie eerste een (die konteks is die eerste priesterskap) onberispelik was, sou daar nie plek vir 'n tweede gesoek

word nie.

Die enigste deel van die wet (Torah) wat verander het was ten opsigte van die priesterskap! Daardie hoofstukke lees

ons om te verstaan watter meganisme daar toe was vir vergifnes van onopsetlike sonde. Daar was toe geen vergifnes

van opsetlike sonde soos wat daar deur Yeshua se bloed nou moontlik is. Die Nuwe Testament is nie God se plan B nie

toe plan A gefaal het. Die koms van Yeshua was sy plan van Genesis vers een. (Verdere lering hieroor is buite die

bestek van hierdie artikel maar sal deeglik gedek word in skrywer se volgende boek.)

Op hierdie stadium wil die skrywer ‘n vraag stel. Liewe leser, wat dink u is belangriker van God se oogpunt? Herstel

van die man in die familie of die herstel van Sy liggaam, die toekomstige bruid van die Messias die gesalfde Een (ook

bekend as die Christus) na die preKatolieke oorspronklike Nuwe Testamentiese geloof?

4

Dit is hierdie skrywer se mening dat oor die algemeen, beide ewe belangrik is. Dit hang af wat in ‘n besondere

mens se lewe verkeerd gegaan het. Om Yeshua Messias as hoof van ‘n persoon se lewe te herstel mag in een gesin die

belangrikste wees, as die mense nog nie tot bekering gekom het nie of weggeval het. God is aan die werk om ons

verhouding met Homself te herstel, om ons reg te maak om Sy suiwer vleklose bruid te wees en ons voor te berei vir

die komende een wêreld regering en die verdrukking (Great Tribulation). Hy besluit op die herstel prioriteit en nie ons

nie.

Openbaring 19:7 Laat ons bly wees en ons verheug en aan Hom die heerlikheid gee, want die bruilof van die Lam het

gekom en sy vrou het haar gereed gemaak.

19:8 En aan haar is gegee om bekleed te wees met rein en blink fyn linne, want die fyn linne is die regverdige dade van die

heiliges.

19:9 Toe sê hy vir my: Skryf salig is die wat genooi is na die bruilofsmaal van die Lam. En hy sê vir my: Dit is die

waaragtige woorde van God.

Mattheus 22:2 Die koninkryk van die hemele is soos 'n koning wat 'n bruilof vir sy seun berei het …

22:8 Daarop sê hy vir sy diensknegte: Die bruilof is wel gereed, maar die genooides was dit nie werd nie.

22:11 En toe die koning ingaan om na die gaste te kyk, sien hy daar iemand wat nie 'n bruilofskleed aan het nie.

22:12 En hy sê vir hom: Vriend, hoe het jy hier ingekom sonder 'n bruilofskleed aan? En hy kon geen woord sê nie.

22:13 Toe sê die koning vir sy dienaars: Bind sy hande en voete, neem hom weg en werp hom in die buitenste duisternis.

Daar sal geween wees en gekners van die tande.

22:14 Want baie is geroep, maar min uitverkies.

Matt 25:1 Dan sal die koninkryk van die hemele wees soos tien maagde wat hulle lampe geneem en uitgegaan het om die

bruidegom te ontmoet.

25:6 En middernag was daar 'n geroep: Daar kom die bruidegom; gaan uit hom tegemoet!

25:10 En onderwyl hulle gaan om te koop, het die bruidegom gekom. En die wat gereed was, het saam met hom ingegaan

na die bruilof, en die deur is gesluit.

25:13 Waak dan, omdat julle die dag en die uur nie weet waarop die Seun van die mens kom nie.

Openbaring 21:9 En een van die sewe engele …het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou die

bruid toon, die vrou van die Lam.

Die herstel van die Torah is ‘n rit na ‘n eindbestemming toe. Die einde van die rit is die herstel van die bruid van

die Messias. Al is dit moeilik om te verstaan, gaan albei mans en vrouens, oud en jonk; almal wie Koning Yeshua as

hulle saligmaker ontvang het, gaan met Hom verenig word as Sy bruid, sodra Hy terugkom!

Dit is hierdie skrywer se mening dat een van die doelstellings van die herstel van Torah is dat party van ons Torah

onderwysers die woord van Elohim ( God) aan lede van die verlore stamme moet verkondig. Van hulle mag vandag

die Hindu of Muslim geloof volg, maar waneer Koning Yeshua self die mag van Satan oor hulle breek en Homself aan

hulle bekend maak, sal hulle vergifnis van hulle sondes ontvang en Hy sal hulle Saligmaker word.

Talle van hierdie gaan-binnekort-herstel-word verlore stamme afstammelinge, sal deur Koning Yeshua opdrag gegee

word om terug te keer na die herstelde groter Israel waar hulle, onder andere, die Feeste van die Here (Feeste van

YHVH) soos opgeskryf in Levitikus 23, sowel as die res van die Torah, gaan hou. Die Bybel beskryf nie hierdie Feeste

as Joodse Feeste nie. Hulle is God (Elohim) se Feeste!

Levitikus 23:1 Verder het die HERE (YHVH) met Moses gespreek en gesê:

23:2 Spreek met die kinders van Israel en sê vir hulle: Die feestye van die HERE wat julle moet uitroep as heilige

samekomste dit is my feestye.

Die “kerk” of die “liggaam van Messias” word dikwels beskryf as ‘n weermag! In ‘n weermag is party lede in die

lugmag, ander in die vloot, ander is voetsoldate of in ‘n grofgeskut brigade ens. Tydens ‘n oorlog, moet al hierdie

weermags takke wat op verskillende maniere opgelei was, saamwerk in eenheid om die vyand te verslaan.

In dieselfde manier, moet ons as Sy volk, voorberei word, met verskillende beklemtonings, soos dit die Messias

behaag, sonder dat hierdie verskille oneenheid veroorsaak nie.

5. Die “nie oneweredig saamgejuk wees” gebod

Wat van die feit dat ons nie oneweredig saamgejuk moet wees saam met iemand waarmee ons nie saamstem nie?

2 Kor 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die geregtigheid met

die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

5

6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos

God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle

aanneem;

A.

Wat beteken hierdie verse?

Ons word geleer in die skrif dat ons nie saamgejuk mag word in ‘n huwelik, met ‘n sake vennoot of andersins met

iemand wat Yeshua Messias (Jesus die Christus) as sy Meester verwerp nie.

Hierdie verbod sluit wel in mense wat ook verbintenis het met ander geestelike wesens, ander godsdienste wat

eintlik demone aanbid, wat voorgee om God te wees.

Exodus 20:1 Toe het God al hierdie woorde gespreek en gesê:

20:2 Ek is die HERE jou God wat jou uit Egipteland, uit die slawehuis, uitgelei het.

20:3 Jy mag geen ander gode voor my aangesig hê nie.

20:4 Jy mag vir jou geen gesnede beeld of enige gelykenis maak van wat bo in die hemel is, of van wat onder op die aarde is, of

van wat in die waters onder die aarde is nie.

20:5 Jy mag jou voor hulle nie neerbuig en hulle nie dien nie; want Ek, die HERE jou God, is 'n jaloerse God wat die misdaad

van die vaders besoek aan die kinders, aan die derde en aan die vierde geslag van die wat My haat;

20:6 en Ek bewys barmhartigheid aan duisende van die wat My liefhet en my gebooie onderhou.

Koning Yeshua/ Jesus het gesê:

Mattheus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die

ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Vrymesselary

Dit sluit in geheime verenigings waar daardie lede verbind is met ‘n eed aan demone. Dit sluit in vrymesselary wat

YHVH (die Naam van God in Hebreeus wat vervang word met die generiese term LORD of HERE in meeste Bybels) as die

Skepper verwerp, en hom vervang met die generiese term “Die Groot Argitek van die Heelal” of name soos Jabulon.

Hulle gebruik as hulle simbool die driehoek wat verwys na:

1] Nimrod, die bouer van die toring van Babel en die beginner van die eerste rebellie teen God na die vloed,

2] sy vrou Semiramis en

3] haar buite-egtelike kind Tammuz, gebore meer as ‘n jaar na haar man se teregstelling en wie Semiramis beweer

het Nimrod was, wat uit die dode opgestaan het, om sodoende ‘n valse messias van hom te maak.

Vrymesselary is ‘n organisasie wat doelbewus die doeleindes van die hoogste range wegsteek van die mense in die

onderste 3 range. Die derde rang mense dink partykeer dat hulle bo in die organisasie is, maar hulle is eintlik taamlik

laag. Die mense tussen die 30e en 33ste range is satanaanbidders 2 : ‘Lucifer is God…’ mense wie tans besig is om die

vernietiging van alle Jode, wedergebore Christene en almal wat nie die merk van die pseudoChristus gaan vat nie te

beplan, en ja dit sluit in die boerevolk.

Al weet die laer rang mense niks hiervan nie, is hulle steeds met ‘n eed verbind aan ‘n organisasie wat op sy beurt met

‘n eed aan satan verbind is. Wat YHVH die Elohim (of God) van die heelal aanbetref is dit steeds valse aanbidding

aan afgode. ‘n Sogenaamde Christen Vrymesselaar is ‘n teenstrydigheid. Die Heilige Gees, sal nooit die doen en late

van so ‘n wese seën nie. Wat oorbly is ‘n leë formele betekenislose verskoning van Godsdiens sonder ‘n skoon oop lyn

na God toe! Ongelukkig is ons kweekskole vol van sulke leë doppe van dosente wat self geen verhouding met God het

nie, net ‘n vorm daarvan.

Mattheus 7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van my

Vader wat in die hemele is.

7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in

u Naam baie kragte gedoen nie?

7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Iets om oor te dink: Die Voortrekkers onder Pretorius en Celliers het ‘n verbond met die Skepper van die hemel en

aarde gemaak en het oorleef omdat Hy hulle beskerm het. Piet Retief was ‘n vrymesselaar. Sy god het hom nie beskerm

nie!

2 Albert Pike, Morals and Dogma of the Ancient and accepted Scottish Rite of Freemasonry, 1966 pg 260

6

Ongelukkig kan ‘n mens nie net bedank uit hierdie organisasie nie. Die eed van getrouheid bly steeds van krag en dit

gee die duiwel ope toegang tot die lewe van ‘n voormalige lid. Die eed moet gebreek word in gebed gepaard met

belydenis van sonde! Vir meer inligting hieroor gaan na http://www.kanaanministries.org

B.

Wat beteken hierdie verse uit 2 Kor 6:14-17 nie?

Maar, indien ons beweer dat ons nie mag vergader of saamloop nie met iemand anders:-

- wie se sondes vergewe was op grond van bekering

- en aanvaarding van hulle redding deur die uitgestorte bloed van die Messias, die Lam van God –

dan is ons in die moeilikheid!

Verskillitjies oor die uitspraak wat hulle gebruik van Messias se Naam, bv. Jesus of Yeshua of Yehoshua, of watter

Naam hulle gebruik, of verskille oor doop of styl van aanbidding, sluit hulle nie uit om deel te wees van die Bruid van

die Messias nie.

Ons stel dus op hierdie wyse die leerstellings van mense op ‘n hoër vlak as ons verhouding met Elohim (God) en

ons mede gelowiges, wie ook lede is van die Liggaam van Messias is, en ons breek talle opdragte in verskeie

verse in die skrif om dit te regverdig!

Johannes 15:12 Dit is my gebod, dat julle mekaar moet liefhê net soos Ek julle liefgehad het.

Jn 15:19 As julle van die wêreld was, sou die wêreld sy eiendom liefhê. Maar omdat julle nie van die wêreld is nie, maar Ek

julle uit die wêreld uitverkies het, daarom haat die wêreld julle.

Jn 15:17 Dit gebied Ek julle, dat julle mekaar moet liefhê.

Jakobus 2:8-10 As julle ewenwel die koninklike wet volbring volgens die Skrif: Jy moet jou naaste liefhê soos jouself--dan

doen julle goed.

2:9 Maar as julle partydig is, doen julle sonde en word deur die wet as oortreders bestraf.

2:10 Want wie die hele wet onderhou, maar in een opsig struikel, het aan almal skuldig geword.

Jak 4:10,11 Verneder julle voor die Here, en Hy sal julle verhoog.

4:11 Broeders, moenie van mekaar kwaad spreek nie. Dié wat kwaad spreek van sy broeder en sy broeder oordeel, spreek

kwaad van die wet en oordeel die wet; en as jy die wet oordeel, is jy nie 'n dader van die wet nie, maar 'n regter.

Jak 4:16, 17 Maar nou roem julle in jul grootpratery. Al sulke roem is verkeerd.

4:17 Wie dan weet om goed te doen en dit nie doen nie, vir hom is dit sonde.

1 Johannes 2:9-11 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.

2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.

2:11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat

die duisternis sy oë verblind het.

6. Waar val die Jode in hierdie “nie-saamjuk” gebod?

Hulle is die uitverkore volk wat die beloftes ontvang het van Elohim (God) deur Abraham, Isak en Jakob, en dus deel

is van God se gesin. Meeste van hulle is vasgevang in Rabbiniese Judaisme wat die leerstelling van die Rabbis is en nie

van God afkomstig is nie, gemeng met Kabbalistiese Babiloniese okkultisme, en nie die woord van God in die Torah

nie. Oor die laaste 2000 jaar is derduisende van hulle vermoor in die naam van die Christen geloof wat hulle baie sku

maak vir enige gesprek oor ons Messias.

Ons taak is om hulle te bevriend sodat hulle die evangelie in ons lewens kan sien, vir hulle te bid, en hulle te

beskerm wanneer die verdrukking begin plaasvind. Honderde van hulle kom tans tot ‘n kennis van hulle Messias en

wanneer die tyd reg is moet ons meer oor hom deel. God het vir Abraham beloof aangaande sy nageslagte:

Genesis 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van

die aarde geseën word.

Ons durf nie sleg praat van die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob nie want God het beloof om diegene te

vervloek wat hulle afstammelinge vervloek. Die skrif in Ezegiël gaan nog vervul word dat die Jode, die Israeliete en

ons saamgevoeg gaan word in een bruid vir ons Messias.

Esegiël 37:19 sê dan vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek sal die stuk hout van Josef neem, wat in die hand van

Efraim is, en die stamme van Israel, sy bondgenote, en Ek sal hulle by hom voeg, by die stuk van Juda, en hulle een stuk

hout maak; en hulle sal een word in my hand.

37:20 So moet dan die houte waar jy op skrywe, in jou hand wees voor hulle oë;

37:21 en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Kyk, Ek gaan die kinders van Israel haal tussen die nasies uit waarheen hulle

getrek het, en Ek sal hulle van alle kante bymekaar laat kom en hulle bring in hul land.

37:22 En Ek sal hulle een volk maak in die land, op die berge van Israel; en een Koning sal vir hulle almal koning wees; en

hulle sal nie meer twee nasies wees nie en verder nie meer in twee koninkryke verdeeld wees nie.

7

Romeine 11:11 Ek vra dan: Het hulle miskien gestruikel om te val? Nee, stellig nie! Maar deur hulle val het die saligheid tot

die heidene gekom om hulle jaloers te maak.

11:12 En as hulle val die rykdom van die wêreld is en hulle tekort die rykdom van die heidene, hoeveel te meer sal hulle

volheid dit nie wees nie!

11:23 Maar ook hulle sal, as hulle nie in die ongeloof bly nie, ingeënt word; want God is magtig om hulle weer in te ent.

11:24 Want as jy afgekap is van die olyfboom wat van nature wild was, en teen die natuur op die mak olyfboom ingeënt kan

word, hoeveel te meer kan hulle dan wat dit van nature is, op hul eie olyfboom ingeënt word?

As deel van die Tien Gebooie lees ons:

Exodus 20:16 Jy mag geen valse getuienis teen jou naaste spreek nie.

Dit was vir honderde jare die “Christen” ding om te doen om valse gerugte oor die Jode te versprei. Deesdae maak

die wêreld media, die V.N. en Islam dit hulle plig om valshede oor Israel te versprei. Ons mag nie deel daaraan hê

om valse stories oor die Jode te versprei nie. Van al die volke in die wêreld het die Jode meer bygedra tot die

wetenskaplike ontwikkeling wat ons in die moderne tegnologiese era laat woon, as enige ander mense. Sien my

boekie “Israel is God’s Timeline” wat binnekort gaan verskyn.

7. Herstel beklemtoning: Herstel van die Eerste Volke van die Land

Die proses van herstel van die eerste volkere tot die oorspronklike geloof van die mensdom, voor die rebellie van

Nimrod, die bouer van die toring van Babel, is iets wat al vir heelwat jare wêreldwyd aan die gang is. Dit gebeur ook

nou onder die San en Khoi mense soos wat hulle Jesus (Yeshua) as hulle saligmaker ontvang en hulle die sondes van

okkultiese aanbidding van hulle voorvaders bely. Slegs lede van hierdie volkere kan die vloeke wat deur hulle

voorvaders uitgespreek was en die verbonde wat genoemde voorvaders met demoniese geeste gemaak het, verbreek.

Ander volkere kan nie hierdie gebedsdeurbrake namens hulle maak nie! Sien Daniël hoofstuk 9:3-9.

9:3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

9:4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die verbond en

die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

9:5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge

afgewyk.

9:6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders

en tot die hele volk van die land nie.

9:7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, aan die manne van

Juda en aan die inwoners van Jerusalem en aan die hele Israel, die wat naby en die wat ver is in al die lande waarheen U

hulle verdryf het, oor hulle ontrou wat hulle teen U begaan het.

9:8 Here, aan ons kom toe beskaming van die aangesig, aan ons konings, aan ons owerstes en aan ons vaders, omdat ons

teen U gesondig het.

9:9 By die Here onse God is barmhartigheid en vergewing, want ons het teen Hom opgestaan.

Daniël het hier nie net sy eie sondes bely nie, maar wel die van die hele huisgesin van Juda sowel die “verlore

stamme.”

Besonderhede van hierdie proses is buite die bestek van hierdie artikel, maar leser kan gerus Retha Venter se boek

oor die onderwerp lees “God se eindtyd Profetiese Plan vir die Bruin Mense van Suider-Afrika”, uitgegee deur Hardisa

Media, sowel as die gebeds briewe van Kanaan Bedieninge, Elizabeth Jordaan en die Jerigo Mure gebeds netwerk, om

meer inligting te kry.

As u o leser nie weet van hierdie bedieninge nie, dan weet u glad nie waarmee God in ons land besig is nie ongeag

u denominasie of Torah posisie!

8. Herstel beklemtoning: Herstel van die identiteit van die stamvaders van ons volk

Wat kan vanne vir ons vertel?

Kom ons kyk na sekere vanne:

8

De Beer (Be’er is ‘n waterput in Hebreeus), Gerber, Nieman (Niemand, Newman), Wiese, Basson, Jordaan, Scholtz,

Kruger, Hofmeister, Bos, Reitz, Krieger, De Waal, De Witt, De Vries, De Vos, De Klerk, De Jager, De Bruin, Davids,

Da Silva, Daniels, Grobler, Buys, Bosman, Nel, Britz, Berg, Brouwer, Bremer, Bergman, Van den Berg, Theron, Kuhn,

Lutz, Lotz (Loots), Jacobs, Blitz, Van Colle, Hoffman, Karstens, De Lange, Tas, Vredenburg, Swart, Smuts (Smutz)

Van Zyl, Pr(a)etorius, Visser, De Vries, Ge(h)ricke, Van der Pool, Schaefer, Trautman, Smit, Smith, Coopman,

Wentzel, Wasserman, Beyers, Geyer, Dreyer, Horak, Ellis, Hugo, Bodenstein, Kriel, Kirsten, Trotsky, Truter, Richter,

Stoltz, Adams, Arendse, Arends, Schlemmer, Schultz, Lemmer, Klopper, Vermeulen, Backer, Becker, Bekker,

Feldman, Els, Kapp, Steyn, Frohman (Froneman), Gush, Karstens, Ras, De Groot, Van der Berg, De Goede, De Haan,

De Haas, Haan, Henn, Rabe, Henning, Kellerman, Kok, Koch, Kohler, Muller,Van der Wyk (Van Wyk) Bester, Herbst,

Jansen, Pool, Jensen,Van Dijk (Van Dyk), Hermann, Ebersohn en selfs Patel en Kahan of Kahn etc.

Hierdie name is aan ons bekend as algemene Boere vanne, maar hierdie selfde vanne kan gevind word op die

Yad Vashem Holocaust webwerf as die vanne van Jode wat vermoor was in die Holocaust 1939-1945. So ook

mense met vanne soos Brand, Schwartz, Fuchs, Feldman, Ten Brink (Brink), Engel (Engels), Berger, Burger, Klein,

Meyer, Arnold, Alexander, Ferster (Verster), Salomon (Solomon) Ackerman, Ferreira, Venter, Ziman, Stander, Botha,

Stein (Steyn), Klein, Swartz, Perelman, Burger, Fischer, Pollack, Wasserman, Berg en Kotze.

(Dit lyk vir my dat Kotze en Katz , dieselfde van kan wees, dalk kaf -tzadee? 'n afkorting van Kohen-Tzadek of

priester van geregtigheid. As ek reg is, is elke Kotze , en hulle is baie in SA, 'n afstammeling van Aaron, die eerste hoë

priester, nes elke Cohen of Kahn of Kohn of Kuhn.)

Auerbach, Bergman, Brenner, Eckstein, Frölich, Fuchs, Goodman, Cowan, Heyman, Hesse, Glasman, Landman,

Kallenbach, Koffman, Nadler, Marks, Lewis, Maxwell, Milstein, Wahl, Vogel, Wolf, Braun, Albertyn (Alberstein) het

almal in die Holocaust omgekom. www.yadvashem.org/portal. Sien asb. die gepaardgaande Excel opsommings

dokument: “Boerejood vanne.”

Moet asb. nie glo wat ek hier skryf nie. Gaan in op hierdie webwerwe en soek vir die vanne van u eie voorvaders

wie se name ook op u familie stamboom verskyn! Let op dat dit dalk nie presies gespel is soos u s’n nie!

Ons kan ook vanne insluit soos Jacobsen en Heilbron (Hijlbron) wie in 1652 saam met Van Riebeeck as kaartlesers

hier aangekom het. Norden is opgeskryf as ‘n Joodse 1820 setlaar, tog is daar ander 1820 setlaars se vanne wat nie as

Joods neergeskryf was nie maar die identiese vanne word wel gevind op die “Combined Jewish Surname list”.

Ferreira, Haasbroek, (Hagenburg) Froneman (Froman), Elliott (‘n brief of ‘n teken van God na my), Hurrell (Har El

–berg van God), Van Niekerk ( het gekom van ‘n plek met ‘n sinagoge maar nie ‘n kerk nie), Hertzog (Suid Afrika en

Israel het Hertzogs in hulle ministersrade gehad), Louw (Loew, Löw, Lowe vanaf Levi), De la Rey (De la Reina, Del

Rei) en Steyn (Stein) is ook Boerejood vanne.

Die Hebreeuse woord “pina” wat ‘n hoek beteken, word uitgespreek identies met die van Pienaar. Die dorp Rosh Pina

is noord van die See van Galilea (die Meer Kinnaret), terwyl sy naamgenoot in Namibië vernoem is na die Israeli dorp.

Oor die algemeen, indien ‘n van eindig met “man”, of “er” of begin met “Ber” soos in Berman, Berhand, Berning of

die letters “el” ( die afgekorte Hebreeus van die Naam Elohim, die Hebreeus vir God) bevat, bestaan daar ‘n gooie

kans dat hierdie van oorspronklik Joods was!

Terwyl Hy gekruisig was (of gefolter was) het Yeshua (Jesus) uitgeroep:

Matt 27:46 en omtrent die negende uur het Jesus met 'n groot stem geroep en gesê: Eli, Eli, lama sabagtáni? Dit is: My God,

my God, waarom het U My verlaat? Dws. My El, my El !

Die voorvoegsel “De” dui dikwels op ‘n Spaanse, of Sephardiese Joodse oorsprong van ‘n van soos De Jong.

Die “tz” klinker volgorde is ongewoon in Afrikaans en Engels –dit is slegs in ons woord krantz of krans. In

Hebreeus is dit ‘n enkele klinker die “tzadee”. Hierdie kombinasie word gevind in vanne soos Britz, Blitz, Hertzog,

Reitz, Maritz, Calitz, Scholtz en Wentzel.

Die “ch” in Hebreeus is die letter chet uitgespreek “get” en word soms as “het” geskryf. Dit is die 8ste letter in die

Hebreeuse Alefbet. Die “ch” word uitgespreek soos ‘n “G” sodat die Hebreeuse van Chouwz identies uitgespreek

word soos die Afrikaanse Gous. ‘n Hollans sprekende klerk sou die van as Gous neergeskryf het toe hy dit vir die

eerstemaal gehoor het.

Op die Boerevanne naamlys het ek ook ingesluit ‘n paar vanne wat nie tipiese boere vanne is nie, maar daar is wel

mense met hierdie vanne in Suid Afrika en hulle word ook gevind op die “Combined Jewish Surname List”. Hulle is

ingesluit omdat daar soveel ondertrouery plaasgevind het tussen Afrikaans en Engels sprekende Suid Afrikaners soos

wat God ons twee tale saamvoeg in een volk vir Sy doeleindes.

Daar bestaan ‘n gesegde onder Messiaanse gelowiges in Yeshua in Isra’el: “Indien u vir die Jode liefhet, het u

Joodse voorvaders!” Jaarliks besoek duisende Suid Afrikaners vir Isra’el terwyl talle ander nou al permanent daar

woonagtig is.

Dink aan die geliefkoosde Afrikaanse lekkerny, die beroemde Boere Koeksuster. Dit is ‘n soeter en verkleinde

weergawe van die gevlegde Joodse Challah (uitgespreek Gallah) brood! Die lente-opruiming (“spring cleaning”) van

ons huise is ‘n gewoonte vanaf Europa en het oorgekom Suid Afrika toe. In Europa, na die einde van winter, kom lente

9

juis op die tyd van die Fees van Ongesuurde Brode waneer alle gis of suurdeeg uit die huise verwyder moes word.

Indien ‘n Suid Afrikaner onthou hoe ouma lente-opruiming gedoen het, het sy dalk die opdragte in Levitikus 23

aangaande die Fees van Ongesuurde Brood uitgevoer. Yeshua is in die graf geplaas net wanneer hierdie Fees begin het

en sy liggaam het nie vergaan gedurende die volgende 3 dae en nagte nie. Hy is God wie vir 33 jare vlees geword het.

Na 72 uur het Hy weer opgestaan uit die dode met ‘n bonatuurlike liggaam!

Indien ‘n Suid Afrikaner enige van hierdie vanne in sy of haar familie stamboom het, is hulle waarskynlik fisiese

afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob en waarskynlik van Joodse herkoms. Hulle voorvaders het soms hulle

identiteit versteek toe hulle van Europa af gekom het, terwyl andere soms as Messiaanse volgelinge van Messias

Yeshua (Jesus Christus) hier aangekom het omdat hulle weens hulle Messiaanse geloof deur hulle families in Europa

verstoot kon gewees het.

Daar bestaan ook lering dat die stam Issaskar na Frankryk getrek het en van ons voorvaders van die stam kon

gewees het. (Om te oordeel of hier historiese “waarhede” feitlik is en of dit slegs wensdenke is om die Europeers die

beloftes van Israel te laat steel, is egter buite die bestek van hierdie artikel. Meer hieroor in die volgende boek.)

Die Israeliete se voorvaders sou eerder van Sentraal Asië gekom het, die gebied waarheen hulle verban was in 722 V.C.

(sien onder).

Een van hierdie skrywer se vriende, het ‘n ooggetuie verslag van die slag van Bloedrivier wat in Hebreeus

neergeskryf was, gesien. Die Jode was daar teenwoordig!

Die Afrikaners is in werklikheid ‘n Messiaanse

Joodse stam, gelowiges in die Messias van Isra’el,

Koning Jesus Christus of Melech Yeshua Ha-Mashiach,

maar ons volg nie Rabbiniese Judaisme nie.

Bestaan daar enige skrif gedeeltes wat hierdie moontlikheid staaf? Beslis Ja!

Genesis 17:4 Wat My aangaan, kyk, my verbond is met jou, en jy sal die vader van 'n menigte van nasies word.

17:5 Daarom sal hulle jou nie meer Abram noem nie, maar jou naam sal wees Abraham, want Ek maak jou 'n vader van 'n

menigte van nasies.

17:6 En Ek sal jou buitengewoon vrugbaar maak: Ek sal jou tot nasies maak, en konings sal uit jou voortkom.

17:7 En Ek sal my verbond oprig tussen My en jou en jou nageslag ná jou in hulle geslagte as 'n ewige verbond, om vir jou

'n God te wees en vir jou nageslag ná jou.

God (Elohim) maak hier ‘n duidelike belofte aan Abraham dat ‘n menigte van nasies sy afstammelinge gaan wees.

Hierdie nasies sal dan fisiese afstammelinge wees, sowel as geestelike afstammelinge wat ingeënt word in die Joodse

wortel.

Romeine 11:16 En as die eerstelinge heilig is, dan die deeg ook; en as die wortel heilig is, dan die takke ook.

11:17 En as sommige van die takke afgebreek is, en jy wat 'n wilde olyfboom was, onder hulle ingeënt is en deel gekry het

aan die wortel en die vettigheid van die olyfboom,

11:18 moet dan nie teen die takke roem nie; en as jy roem dit is nie jy wat die wortel dra nie, maar die wortel vir jou.

11:19 Jy sal dan sê: Die takke is afgebreek, sodat ek ingeënt kon word.

11:20 Goed! Deur ongeloof is hulle afgebreek, maar jy staan deur die geloof. Moenie hoogmoedig wees nie, maar vrees.

11:21 Want as God die natuurlike takke nie gespaar het nie, sal Hy miskien jou ook nie spaar nie.

Die Afrikaners is een van daardie ingeënte nasies en ons vervang nie die Jode of die Israelis nie.

Torah onderwysers soos Del Sanchez, ‘n Meksikaanse Amerikaner en Rico Cortez, ‘n Puerto Rikaanse Amerikaner,

albei Spaans en Amerikaans sprekend, gee getuienis oor hoe die proses van die ontdekking van hulle verborge Joodse

geskiedenis, plaasvind in hulle gemeenskappe. Ons Afrikaners is nie besonders in die sin dat ons alleen afstammelinge

van Abraham, Isak en Jakob is nie. Die hooftema van hierdie dokument is ook nie besonders nie maar is deel van ‘n

wêreldwye eindtye beweging.

God praat van Konings wat sal ontstaan vanuit Abraham. Deur konings verstaan ons nasionale leiers! Baie van die

Voortrekker leiers, al die Presidente van die Boere Republieke en meeste van die Eerste Ministers/Presidente van

Suid Afrika voor 1994 het Joodse vanne gehad! Sien aangehegte Excel dokument!

Oorspronklik een honderd jaar gelede, was die Boere ‘n duidelike afsonderlike groep mense van die Engels

sprekende Suid Afrikaners, maar dit kom voor asof God die twee groepe begin saamsmelt het. Terwyl die Excel

dokument se fokus Boere vanne is, is daar ook ‘n paar “Engelse” Joodse vanne ingesluit. Huwelike tussen Afrikaans en

Engels sprekende Suid Afrikaners het nou amper die norm geword. Ons het vandag duisende Engels sprekende Suid

Afrikaners met Boere vanne en omgekeerd.

10

Skrywer wil net herhaal dat elke moontlike Suid Afrikaanse van nie opgesoek is nie. Net genoeg om ’n punt te

maak!

9. Herstel beklemtoning: Herstel van die Joodse identiteit van die Boere

Die beweging van die herstel van die Torah in Suid Afrika is deel van die herstel van die Suid Afrikaners van

Joodse afkoms na hulle Joodse identiteit, ter voorbereiding van ‘n terugtog na Israel tydens die toekomstige groter

eksodus wanneer Yeshua as Koning van Konings terugkom om te regeer. Die vier van die Loofhuttefees (Sukkot) is

‘n repetisie vir die huweliksfees van Die Lam van God wanneer Yeshua terugkom.

Diegene wat redeneer dat so ‘n repetisie slegs in Israel kan plaasvind, gaan totaal onvoorbereid wees vir hulle

werklike huwelik met Yeshua/Jesus.

Openbaring 19:7 en Mattheus 25:1 -12 sien bo.

Diegene wat nie waak nie, sal geen benul hê oor wanneer Hy gaan kom nie. Diegene wat waak, sal kan verstaan op

watter Fees van God, die Messias gaan terugkom.

Ons moet ons voorberei vir die bruilofsfees! As u nog nie die Feeste van die Here (YHVH) in Levítikus 23 bestudeer

het nie, sal u nie kan verstaan dat die eerste vier Feeste profeties vervul was deur Yeshua toe hy die eerste keer gekom

het nie 2000 jaar gelede en dat die laaste 3 Feeste binnekort vervul gaan word, sodra Hy terugkeer om fisies oor die

wêreld te heers. L.W. hierdie is God se Feeste en nie Joodse Feeste nie.

Die sterre tekens van Openbaring was presies oor Jerusalem vervul tydens Yom Teruah, die Fees van Trompette, 2011!

(Rob Moore's teaching) Die Loofhuttefees gaan die sewe dae lange bruilofsfees van Messias wees!

Hosea 4:6 My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis; omdat jy die kennis verwerp het, sal Ek jou verwerp,

sodat jy vir My die priesteramp nie sal bedien nie; omdat jy die wet van jou God vergeet het, sal Ek ook jou kinders

vergeet.

Ons durf nie sleg praat van die afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob nie want God het beloof om diegene te

vervloek wat hulle afstammelinge vervloek!

10. Ander Suid Afrikaners wie ook dalk afstammelinge is van Abraham, Isak en

Jakob

Die “verlore stamme” was nie altyd verlore nie. Jesus het vir sy 12 disipels opdrag gegee om na die verlore skape

van die Huis van Israel te gaan (Mattheus 10:6) Om dit te doen moes hulle geweet het waar die verlore stamme was.

Die boek van Jakobus is geskryf aan “die twaalf stamme wat in die verstrooiing is,” Jak 1:1 Jakobus het geskryf

aan ‘n bekende groep mense. Josephus, die Joodse geskiedkundige in sy boek “Antiquities of the Jews”, 1:5:2 het in die

eerste eeu geskryf dat “die 10 stamme wat tot nou toe anderkant die Eufraat Rivier is, ‘n groot menigte mense is.”

Hulle was toe in Parthia, die gebied suid van die Kaspiese See waar die Israeliete eeue tevore in ballingskap gegaan

het. Dit is die identiese gebied waar Jacobovici hulle onlangs gevind het. –sien onder.

Vroeg in die 4de eeu n.C. het Eusebius geskryf dat die Apostel Thomas na Parthia (hedendaagse Iran/Irak en meer)

toe gegaan het terwyl Andréas na Scithia toe is, gebiede naby die Swart en Kaspiese See waar die Israeliete gewoon

het. (History of the Church, 3:1:1) Dit is duidelik dat die Apostels geweet het waar hulle was > 700 jaar nadat hulle

ballingskap begin het. Dit is lank na die tyd, wat volgens die Britse Israeliete, hulle almal in Europa was en die

voorouers van die Galliëse mense was.

Die Skith, (Scythian) Parties (Parthian), Hephtaliet (Hephtalite) en Carthago (Carthage) ryke was almal Israelitiese

ryke. Sien www.stevenmcollins.com of koop Collins se boeke oor die verlore ryke van Israel. Die huidige Pathan

stamme (hulle was 11 million ten minste in 1979) van Afghanistan en Pakistan, insluitende die Khan stam, is almal

afstammelinge van Israelite wat in ballingskap deur die Assiriese ryk weggevoer was. Enige afstammelinge van hierdie

mense is van Israelietiese herkoms.

11. Indiër vanne

Die 8ste Hebreeuse letter is ‘chet’ en dit herinner ons ook aan die algemene Indier van “Chetty”. Verlore stamme?

Ja, daar is wedergebore Christene in Suid Afrika met die van Chetty.

11

Segel is ‘n algemene Joodse van, wat eindig met die verkorting van die Hebreeuse word vir God, El afgekort vanaf

Elohim. Nel is ‘n Boere van. N is piktografies ‘n vis in Hebreeus. Daarom beteken Nel letterlik ‘n “vis van God”. So

kan Patel dan ook ‘n verlore stamme van wees? Patel kom waarskynlik vanaf die Pathan stam wat in Afghanistan/

Pakistan bly. Die Kanadese Joodse dokumentêre rolprent vervaardiger, Simcha Jacobovici, het met sy navorsing in

Afghanistan en Pakistan bewys dat Pathan ‘n gesamentlike naam is van die Israelietiese stamme in daardie gebied.

Google: http://www.amazon.com/Quest-For-The-Lost-Tribes/dp/B000R175DW vir die “The lost tribes of Israel” as u ‘n

afskrif van sy DVD wil bekom.

Dit is uiters verstommend om te besef dat daar mense is wie se voorvaders van die noordelike Israeli Koninkryk

verban was in 722 voor Christus, wie nog steeds op hulle vanne of stam name herken kan word as afstammelinge van

Abraham! Van hulle vanne kon dalk die voornaam gewees van ‘n Hebreeuse stamvader.

Indien hierdie feite verstommend is, onthou Sarah, ons voorouer, was onvrugbaar en 91 jaar oud toe sy geboorte

gegee het aan Isak. Die hele oorsprong van die Joodse volk was bonatuurlik en op die manier ook ‘n skaduwee van die

bonatuurlike geboorte van ons Messias Yeshua in die baarmoeder van Miriam (Maria in Afrikaans.)

Die Indiese van Govender, eindig ook met die er soos in Venter of Bester en kan ook op die Hebreeuse naamlys

gevind word. Die ster van David in Hebreeus is Megan Davíd. Ons het al gesien dat “Ber” ‘n algemene Joodse van

voorvoegsel is. Berry word gelys as ‘n Joodse van. Die Mogan in die Indiër van ‘Moganberry’ verskil net met een

medeklinker van Megan. Gewone Hebreeus het nie medeklinkers nie. Kan dit ‘n verlore stamme van wees?

Waarskynlik! En daar is beslis wedergebore Christene met die van Moganberry in Suid Afrika. Dieselfde geld vir

Pillay (Pilley, Pila), Naicker (Naicker), Moodley (Modli), Mudali (Mudel), Mystery (Myster), Nata (Nata), Naidu of

Naidoo (Naide), Gopal (Gopel, Gupal.) (Die naaste van op “Combined Jewish Surnames” databasis is tussen hakies.) Suid

Afrikaners met die van, Naidoo het gekom van ‘n plek Nadu in Indië en by aankoms in Suid Afrika is hulle van

neergeskryf as Naidoo, vertel Indiërs vir die skrywer.

Let op hoeveel mense in SA woon, wie se voorouers van die Indiese subkontinent gekom het, wie tipiese Joodse neuse

het, party het selfs wit velle en blou oë! Die res het donkerder velle maar dieselfde gesig tipe as Europeërs. Van hierdie

mense mag ons baie vêraf familie lede wees, afstammelinge van Abraham, Isak en Jakob! Daar is Suid Afrikaanse

Indiërs met die van Thomas, wie lede is van ‘n baie ou denominasie wat blykbaar deur die Apostel Thomas begin is.

Hierdie onderwerp verg verdere ondersoek!

Vertaal vanaf Wikipaedia: Die Hephtaliete (ook gespel Ephtaliete) was ‘n sentraal Asiëse nomadiese konfederasie van die 5de en 6de eeue

n.C. Hulle was ook bekend as die wit “huns” of die Huna en was bekend as die Xionitiese stamme wat Indië binnegeval het in die 5de eeu.

Die Hephtaliete het ook hedendaagse Afghanistan en Pakistan binnegeval en het westelike Indië regeer. Hulle is uitendelik in 528 n.C. deur ‘n

Hindu Koalisie verdryf. Die laaste Hephtalitiese Koning Yudhishthira het regeer tot 670 n.C.

Hephtaliete was onder die voorvaders van die moderne Pashtun stam.

U vra seker, hoe nou?

Die Noordelike Israelitiese koninkryk was in die Bybel ook bekend as Ephraim wat verander het na Ephtaliete of

Hephtaliete.

Hulle was “Xioniete” of Xionitiese stamme. Verander die uitspraak van die letter X en ons het Zion (Sion) stamme.

Die laaste koning was Yudhishthira. Die naam Juda in Hebreeus is Yehuda. So die eerste deel van die man se naam

kon van die woord Yehuda gekom het met ‘n Indiese tipe naam bygelas. Hulle was bekend as Huna of wit Huns. Yehuda.

Hulle het gebly waar die Khazars gebly het en suidwaarts Afghanistan en Pakistan ingeval, presies waar Jacobovici hulle

gevind het. Joodse neuse is amper meer algemeen onder ons Suid Afrikaanse Indiërs as onder ons Jode en Boere!

Op een vlak is die Indiese Suid Afrikaners van Israelietiese afstammeling netso ‘n besondere volk as die Boere,

terwyl op ‘n ander vlak, deur middel van hulle Suid Afrikaanse Burgerskap, veral die Indiese Christene deel van

dieselfde volk uitmaak.

Nietemin, die kleur van ons vel of ons Joodse afkoms waarborg niemand toegang tot die hemel nie. Ons het steeds

nodig om ons sondes te bely en Yeshua – Koning Jesus Christus – te vra om ons sondes te vergewe. Die Israeliete van

ouds moes eers onder die beskerming kom van die Pasga Lam se bloed, voordat hulle uit slawerny verlos kon word.

Eers daarna kon hulle die lering, reëls en ordinansies van die Torah kry. “Die Wet”, sonder vergifnis van sonde, maak

van mense godsdienstige sondaars op pad hel toe.

12. Herstel beklemtoning: Herstel van die kennis van wanneer Koning Jesus Christus se

wederkoms gaan wees.

Ek verwys net na die werk van andere in hierdie verband:

A). DanielTimeline.com deur Dewey Bruton.

12

Kortliks, is ons al 2 ½ jaar in die laaste 7 jaar voor die wederkoms, minder as een jaar voor die een wêreld regering,

wanneer ons die gruwel van verwoesting gaan sien staan in die heiligdom.

Leser, u beweer dat hierdie nie waar kan wees nie?

Ons sal vir seker die datums weet wanneer hierdie wêreld onder die heerskappy beland van die Pseudo-messias.

Die ware Messias kom 3 ½ jaar daarna!

Matthéüs 24:15 Koning Jesus / Yeshua het ons gewaarsku: Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting,

waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die heiligdom--laat hy wat lees, oplet-

24:16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug; ….

24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het en

ook nooit sal wees nie.

Die gruwel van die verwoesting = abomination of desolation in Engels.

Daniël 9:25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord (1947 Nov) af om Jerusalem te herstel en op te bou

(Israel in 1948 onafhanklik) tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle (Shâbûà Strongs H7620 in Hebreeus –letterlik weke: verwys

na 7 Feeste van Weke of Shavuot of Pinkster of 7 jare); en twee en sestig sewetalle (62 jaar) lank sal dit herstel en opgebou word,

met pleine en slote, maar in tye van benoudheid.

9:26 En ná die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat

sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit

oorlog wees, vasbeslote verwoestings.

9:27 En hy sal een week lank (7 jaar) met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week (na 3 en1/2 jaar)

sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde;

en wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Die 62 jare kom eers, daarna die 7 jaar. Dan kom die Gesalfde Yeshua/ Jesus weer om Sy troon op te neem. Ons is nou

gedurende 2012, by 65 jaar na die opdrag van die heroprigting van Israel.

Binnekort o leser, gaan u moet besluit wie aanbid u. Die wêreld heerser of Yeshua/ Jesus. Die tyd van kerk speel is

verby. Die eindeksamen is naby. Hoe goed is u verhouding met u Messias?

Wat het aan die einde van die 62 jare gebeur?

Twee dinge:

Eerstens: Die Europese Parlement het gestem om Jerusalem te verdeel op die 7de Desember 2009. Wat het dit met

hulle te doen? Niks nie! Sodoende het hulle spesifiek vir die God van Israel laat weet dat, volgens hulle mening, is Hy

irrelevant!

Tweendens: Dit was die einde van die berekende wetlike ballingskap vonnis op die Noordelike Koninkryk van Israel:

sien laaste bladsy.

Gegewe die huidige beskikbare profetiese interpretasies, verwag ons dat “die gruwel van verwoesting” diktatorskap op

omtrent 22 Maart 2013 gaan begin. Die dag na die amptelike einde van winter en voor die Sabbat.

Yeshua het gesê:

Matt 24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die

heiligdom--laat hy wat lees, oplet--

24:16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

Matt 24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

Leser, kyk hoe pas die profetiese jaargetalle in op die Daniël tydlyn! Sien Danieltimeline.com

Openbaring 12:6 En die vrou het na die woestyn gevlug waar sy 'n plek het wat deur God gereed gemaak is, dat hulle haar

daar sou onderhou duisend twee honderd en sestig dae lank.

Die Hebreeuse jaar het 12 maande van 30 dae elk, of 360 dae per jaar. 1260 dae is 3 ½ jaar. 22 Maart 2013 is presies 3

½ jaar voor die loofhuttefees van 2016.

Nuus net in vanuit die V.S.A.: Julie 2012

http://www.whiteoutpress.com/articles/q12012/obamacare-wall-street-rfid-chips-and-666/

Obama Care – HR 3200 is unfolding its carnage now – forced RFID Chips

By March 23, 2013 we are all ordered to have RFID chips implanted into our bodies. Isn’t March 23rd an interesting day to force

this by? It was March 23rd in 1933 that Hitler’s Enabling Act was voted into law thus ending Democracy and freedom in Germany.

This RFID chip, control scheme hides behind all the practical issues and terms….patient identification; health information to hold

medical data; do patient surveys and hold records and billing information.

Do I even need to say this? Government has no right in our homes or IN our bodies. They can and do hide behind bastardized

terrorist danger terms with the NDAA, Health and medical records needs with forced RFID chips and invented crises as they go.

Many of us will just take it.

13

Skrywer se komentaar: Hierdie datum is slegs een dag na die berekende dag van die Gruwel van Verwoersting.

Die duisend jaar vrederyk sal waarskynlik begin op die 120ste Jubeljaar in 2017. Die vorige Jubeljaar was in 1967

toe die 6 dae oorlog geveg is van die Sondag tot die Vrydag ( 1e dag tot 6de dag van die week) en die Jode het op die

Sabbat dag weer gerus. Hierdie was ‘n herhaling van die 6 dae lange skeppings week gevolg deur ‘n Sabbat dag se rus.

Die resultaat was dat die Israeli weermag Oos Jerusalem en die ou stad gebuit het. Die vorige jubeljaar was in 1917 toe

Engeland vir Jerusalem van die Turke afgeneem het.

Die jaar 2017 is 1947 jare na die vernietiging van die Tempel in Jerusalem in 70 n.C. (40 jaar na die kruisiging.)

Abraham was gebore in 1947 v.C. en die V.N. het die verklaring uitgereik dat Israel onafhanklik sou word in

November 1947. Hoekom eindig al hierdie datums in ‘n 7? Sou God dan nie dinge doen volgens die 20 of 40 of 50

nie?

Ja, Ons Gregoriaanse kalender is uitgewerk volgens een man se berekening dat Yeshua gebore was in die jaar 1 n.C.

Meeste kundiges vandag aanvaar dat Yeshua eintlik gebore is in 3 v.C. Maw. 2017 behoort eintlik 2020 te wees. God

werk volgens Sy eie kalender en nie die Pous s’n nie; volgens die Hebreeuse maan kalender en nie die son kalender nie.

Genesis 6:3 Toe sê die HERE: My Gees sal nie vir ewig in die mens heers nie, omdat hy ook vlees is; maar sy dae sal wees

honderd en twintig jaar.

Tog sê die Psalmdigter

90:10 Die dae van ons jare- daarin is sewentig jaar, of as ons baie sterk is, tagtig jaar; en die uitnemendste daarvan is moeite

en verdriet; want gou gaan dit verby, en ons vlieg daarheen.

Indien ons as mense dan vir 70 jaar gemiddeld leef, waarvan het die Skepper dan gepraat toe Hy in Genesis sê dat ons

120 jaar het om te lewe? 120 maal 50 gee ons 6000 jaar. Elke 50ste jaar is ‘n jubeljaar.

Levitikus 25:10 En julle moet die vyftigste jaar heilig en 'n vrylating in die land uitroep aan al sy bewoners. Dit moet vir

julle 'n jubeljaar wees; dan moet julle elkeen na sy besitting en elkeen na sy geslag teruggaan.

25:11 'n Jubeljaar moet dit, die vyftigste jaar, vir julle wees. Julle mag nie saai nie, ook nie afoes wat dan opslaan of die

druiwe van die onbesnoeide wingerdstok dan afsny nie.

25:12 Want dit is 'n jubeljaar, dit moet vir julle heilig wees: van die land af moet julle die opbrings daarvan eet.

25:13 In hierdie jubeljaar moet julle elkeen na sy besitting teruggaan.

Dit is hoe ons Skepper tyd bereken. Hy het vir mense 120 jubeljare gegee om onself te regeer. Die volgende Jubeljaar

sal wees 2017 en dit sal die 120ste of finale een wees.

Ons tyd is op. Die Messias gaan binnekort heerskappy van hierdie planeet oorneem vir die volgende 1000 jaar.

Dewey Bruton gee talle ander stukke getuienis. Al hierdie navorsers wat ek hieronder noem kom min of meer by

presies dieselfde datums uit al kyk hulle na verskillende stukke inligting. Sien Daniel 9 teaching deur Dewey Bruton.

B). Baie van julle het al die 119 Bedieninge se ‘einde van dae’ lering gesien oor die Blood Moon Tetrads wat ons gaan

sien in 2014/15.

Hulle wys hoe vier bloed mane gaan gebeur gedurende 2015/16. Vir die eerste keer ooit! En hulle gaan saamval met

die Bybelse feeste kalender!

Joël 2:31 Die son sal verander word in duisternis en die maan in bloed, voordat die groot en deurlugtige dag van die HERE

kom.

Handelinge 2:20 Die son sal verander in duisternis en die maan in bloed voordat die groot en deurlugtige dag van die Here

kom.

Openbaring 6:12 En ek het gesien toe Hy die sesde seël oopgemaak het, en kyk, daar was 'n groot aardbewing; en die son

het swart geword soos 'n harige sak, en die maan het geword soos bloed;

Waneer Die Skepper iets drie maal herhaal, moet ons kennis daarvan neem!

Die verbintenis tussen die bloed maan viertalle en die Levitikus 23 Bybelse Feeste

Kalender bewys dat die Skepper steeds hierdie heelal regeer volgens Sy kalender!

http://www.wnd.com/2008/04/63076/

14

Mark Biltz het begin kyk na die presies tye van beide sonsverduistering en maan verduistering, soms genoem bloed

maan want die maan het dikwels ‘n bloederige kleur. Hy het op NASA se verduistering webwerf ingegaan, waar hemel

gebeure presies vasgestel kon word. Hy het agtergekom dat daar ‘n seldsame verskynsel is waar vier agtermekaar maan

verduisteringe voorkom, bekend as ‘n viertal. Hy het agtergekom dat gedurende hierdie eeu daar ses keur viertalle sal

voorkom. Wat interessant is dat die enigste ry van bloed maan viertalle wat plaasvind, tydens God se Heilige dae van

Pasga (Pesach) en die Loofhuttefees (Sukkot), gesien gaan word tussen 2014 en 2015 op vandag se Gregoriaanse

kalender.

“Die feit dat dit nie weer in hierdie eeu gaan gebeur nie is uiters belangrik,” verduidelik Biltz. “Ek het toe na die vorige

eeu gekyk en glo dit of nie, die laaste keer wat vier bloed mane gebeur het was in 1967 en 1968 om en by toe Jerusalem

verower is deur Israel.”

Hy het daarna ‘n patroon agtergekom in die viertalle. “Voor 1967, die vorige keer toe daar vier bloed mane was direk

nadat Israel ‘n Nasie geword het in 1948, en dit het weer gebeur in 1949 en 1950 … op Pesag en Sukkot. Daar

was geen viertalle in die 1800s, die 1700s of die 1600s nie. In die 1500s was daar 6 maar geeneen het saamgeval met

Pesach of Sukkot nie.”

Toe hy vir sonsverduisteringe gesoek het, het Biltz twee gevind – een op die eerste dag van die Hebreeuse jaar en die

volgende op die hoë Sabbat van Rosh Hashanah (Yom Teruah) die 1e dag van die 7de Hebreeuse maand. Albei gaan

plaasvind in die jaar 2014-2015.

The sun’s corona becomes visible during a solar eclipse

15

Biltz sê, “ Jy het die godsdienstige jaar wat begin met ‘n totale

sonsverduistering, twee weke daarna ‘n totale

maansverduistering op Pesach (Passover – nie Paasfees nie) en

daarna begin die siviele jaar met ‘n sonsverduistering gevolg

deur nog ‘n totale bloed maan twee weke daarna op die Fees

van Sukkot, almal in 2015.

Genesis 1:14 En God het gesê: Laat daar

ligte wees aan die uitspansel van die

hemel, om skeiding te maak tussen die

dag en die nag; en laat hulle dien as

tekens sowel vir vaste tye, asook vir

dae sowel as jare.

Wanneer Elohim ook vanaf die hemele uitroep, dan moet ons regtig aandag daaraan gee!

Hierdie is nie ‘n mensgemaakte duimsuig voorspelling gebaseer op die Gregoriaanse kalender nie.

Hierdie is tekens wat die Skepper self vir ons gegee het!

Kyk na al hierdie onderstaande webwerwe veral Danieltimeline.com, voordat u hierdie stellings uitlag. Daar is

veelvuldige lae van getuienis wat na hierdie datums verwys. Dit is nie net een ou se raaiskoot nie.

C). Kyk asb. Na hierdie webwerf: http://www.inthatday.net/

Hierdie videos verduidelik hoe die hemel tekens gesien in die sterretekens op Yom Teruah (Fees van Trompette of Basuine) 2011

deur na Yom Teruah 2012, is direkte getuienis wat Bybels profesieë bevestig aanhangende die groot wederoprigting van Jakob en

die tyd van hierdie gebeure, dit dringend maak dat ons die Einde van dae Elia boodskap moet verstaan.

Part One: Introduction (35 mins)

Part Two: The Heavenly Wonder Sign of Yom Teruah (Feast Of Trumpets) 2011. (48 mins)

Part Three: "Another" Wonder Sign : Day of Atonement (8/9th October 2011) (57 min)

Part Four: The Heavenly Signs Expected From Passover Through Shavuot 2012 (83mins)

Ek haal aan:

Part 5: The Heavenly Sign Of Joseph Revealing Himself To His People (55 mins) which explores the biblical prophetic meaning of

the current sign that has been occurring in the heavenlies from 7th through to the 17 th - 18th of July 2012. If you have been up in

the dawn hours with clear skies, I am sure you will have found viewing the sign to be truly awesome. If you missed it, then you can

view it fully in the video presentation and consider its profound message of great joy to the faithful remnant at this time.

This sign has proved itself to be a magnificent spectacle in the heavens that has been seen across the globe by the naked eye. It

points us to the prophetic narrative of Joseph's prophetic dream of the sun and the moon in a position of obscience "in the earth" to

the Messiah Yahushua (Joseph) together with the 11 stars and brings a timely prophetic message that the greater Joseph, who is

Yahushua Messiah, is 1) revealing himself through the Mazaroth to his family in the 3 rd year of the 7 year sabbatical period, and 2)

is about to reconcile and restore the remnant of the biblical olive tree (the House of Jacob) according to the inspired words of the

biblical prophets, and 3) will soon bring the remnant, currently scattered throughout the four corners of the earth, under His

promised Divine protection when YHVH rises to judge the nations in the years ahead.

It is a truly an awesome heavenly biblical sign when its symbolism is grasped, fully confirming the biblical prophetic shadow-type

redemptive narrative of Genesis 45-47 and presents an undeniable and confirming witness as to where we are in Abba YHVH's

Divine prophetic calendar, as we watch and wait for the redemption of YHVH's elect from the four corners of the earth and the

birth of biblical Zion.

All glory to the Name of YHVH the creator of the heavens and the earth!

(click here to view the video from the inthatday.net website)

D,) Ons haal aan ‘n verkorte vertaling van ‘n e pos onlangs ontvang gedurende Mei 2012:

“Nuwe lering deur Bonnie Harvey stel bekend verbasende boodskappe/tekens in die sterre wat verwys na die finale 7 jaar voor

Messias Yeshua se terugkeer.

Baie is ook bekend met die Daniel 9 teaching deur Dewey Bruton. Baie ander is ook bekend met Rob Moore's teaching soos wat

hy die hemelse wonder tekens, in die sterre, wat plaasgevind het gedurende die Levitikus 23 Feeste van die 7de Hebreeuse maand

in 2011 en die herfs Feeste van 2012. Nou het ons nog ‘n onderwyseres Bonnie Harvey wie vir ons nog ‘n beslissende stuk van die

legkaart ontbloot. Sy leer vir ons van die tekens in die hemele wat ons gaan sien van 2010 tot 2018 en hoe dit inpas met die laaste

week van Daniël.

Inleiding na lering van Bonnie:

Die tekens in die son, maan en sterre vanaf 2011 tot 2018 is merkwaardig- van ‘n viertal van bloed mane tot sonsverduisteringe,

van ‘n hemel soortgelyk aan Yeshua se eerste koms tot Venus wat verbykom en dit is net die begin. Enige EEN van hierdie tekens

is ongewoond. Party mense wat die sterre bestudeer het opgelet dat wat op Yom Teruah, (Die Gedenkdag deur basuingeklank, Lev

23:24), 2011, het nie gebeur in meer as 2000 jaar. Verbygange van Venus vind plaas in pare, agt jaar uitmekaar elke 243 jare.

Aangesien die volgende verbygang die tweede is, sal dit nie weer vir 243 jare gesien word nie. Bloed maan viertalle (4 bloed mane

in ‘n ry, 6 maande apart) sal die 8ste stel wees sedert Yeshua op hierdie aarde gestap het. Agt is die nommer van nuwe begin. As

net een van die tekens van uiterste belang is, wat sê dit as almal van hulle binne 8 jaar plaasvind? God roep uit van die hemele!

Vir vrae kontak Bonnie by bonnielynnharvey@gmail.com.

16

13. Bybelse Feeste Kalender in Levitikus 23

Levitikus 23:2b Die feestye van YHVH (die HERE) wat julle moet

uitroep as heilige samekomste dit is My feestye.

Verkorte opsomming:

Die tabel hieronder is aangepas vanaf Danieltimeline.com en vergelyk slegs die Bybels Feeste van die eerste 21 dae

van die eerste Hebreeuse maand Nisan en die sevende maand Tishrei, die maande waarin alle Bybelse Feeste

plaasvind, uitgesonder Pinkster of Shavuot.

Dit wys hoe die Feeste sou saamgeval het in die maand van Yeshua (Jesus) se teregstelling en wederopstanding en

hoe Hy hierdie 1e maand Feeste presies vervul het, en Hy die 7de maand Feeste gaan vervul tydens Sy 2de koms.

Let wel, die mees aanvaarde berekening van God se dae is dat ‘n nuwe dag van sononder begin tot die volgende

aand sononder.

Pasga het begin teen sonsondergang net toe die 14de dag begin het. Daarom wou die Joodse leiers Yeshua se ligaam

van die kruis af hê voor sononder. Die lam was altyd geslag op die middag van die 13de sodat dit voorberei kom word

vir die Pesach seder maal. Daarom spesefiseer die evangelies die presiese tyd wat Yeshua self Sy gees opgegee het, nl.

15.00. Yeshua self het Sy laaste Pasga (Pesach) die vorige aand geëet omdat Hy teen die volgende aand Dié Pesach

Lam sou word.

Nisan Tishrei

Eerste Joodse Maand Reeds vervul Sewende Joodse Maand Gaan steeds vervul word

Dag

Yom Teruah/ Basuin

1

2

3

4

Kalender begin

geblaas. Nuwe maan Yeshua keer terug 2016

5

6

7

8

9

10 dae

10 Pesach Lam in huis ingebring Yeshua kom Yom Kippur/ Versoendag Laaste kans vir bekering

11

12

Jerusalem binne

13 Lam geslag 15.00 Yeshua sterf 15.00

14 Pasga = Pesach: Vol Maan Yeshua in graf

15 Ongesuurde brode 7 dae, Yeshua in graf Loofhuttefees – Vol maan Bruilof Fees van Yeshua

16 Weeklikse Shabbat

Dag na Shabbat = 1e vrug van

Yeshua in graf Loofhuttefees Bruilof Fees

17 gort/gars

Begin 50 dae tel

Opstanding Loofhuttefees Bruilof Fees

18 Ongesuurde brode Loofhuttefees Bruilof Fees

19 Ongesuurde brode Loofhuttefees Bruilof Fees

20 Ongesuurde brode Loofhuttefees Bruilof Fees

21 Dag 7 ongesuurde brood Loofhuttefees Bruilof Fees

22 Loofhuttefees Bruilof Fees

50ste dag Shavuot - Pinkster Heilige Gees uitgestort Hierna, 1000 jaar vrederyk

Wet gegee op berg Sinai

Eerstelings vrug van graan oes

Dag na Shabbat

Ruach ha-Kodesh

17

Nota: Hierdie voorgestelde maand hierbo, geneem vanuit Dewey Bruton se Daniel Timeline, verwys na die spesifieke

maand van Yeshua/ Jesus se kruisiging, want die Hebreeuse kalender skuif sy datums m.b.t. die weeksdae omdat dit

in maan siklus maande bereken word.

Woorde in vet letters hierbo dui aan ‘n weeklikse of ‘n hoë shabbat. Let op na Elohim (God) se orde hier. Die

weeklange 1e maand Ongesuurde Brode Fees en die weeklange 7de maand Loofhuttefees is spieëlbeelde van

mekaar!

Baie teoloë beweer dat Koning Yeshua hierdie Feeste vervang het, maar die Bybel së dit nooit nie. Hy het die

profestiese beelde in die 1e vier Feeste vervul. Hulle gaan almal oor die Messias. Dit is onmoontlik om die eind tye

profesië te verstaan indien ‘n mens nie hierdie Feeste verstaan nie.

Tydens die instelling van Pesach het YHVH gesê:

Exsodus 12:13 Maar die bloed sal vir julle 'n teken wees aan die huise waarin julle is: as Ek die bloed sien, sal Ek by julle

verbygaan. En daar sal geen verderflike plaag onder julle wees wanneer Ek Egipteland tref nie.

12:14 En hierdie dag moet vir julle 'n gedenkdag wees, en julle moet dit as 'n fees tot eer van die HERE vier. Julle moet dit

in julle geslagte as 'n ewige insetting vier.

en

12:17 Onderhou dan die ongesuurde brode, want op daardie selfde dag het Ek julle leërs uit Egipteland uitgelei. Daarom

moet julle hierdie dag in julle geslagte as 'n ewige insetting hou.

Geagte leser, hoe dink u? Weet God wat vir ewig beteken? Hou Hy by Sy woord of is Hy veranderbaar?

Vir meer inligting oor die Feeste sien:

- "Israel’s Feasts and their Fullness" by Batya Ruth Wootten

- “A prophetic Calendar. The Feasts of Israel” by Jill Shannon, Destiny Image, Shippenburg PA ISBN 10: 0-7684-2827-0

- Torah onderwysers Monty Judah, LionLamb.net lering oor Torah Parasha Emor (“sê”) Lev21:1-24:23 se lering oor

die Levitikus 23 Feeste en die van Thompson – JewishEyes.org (soos bo).

“Passover” en “A Messianic Perspective of Rosh Hashanah etc.” deur Roly and Amanda Buys albei beskikbaar vanaf

Kanaan Bediening, Kaapstad kanaan@iafrica.com tel 021 930 7577

Rabbiniese Judaisme volg nie streng die Levitikus 23 Feeste nie. Hulle beskou Pasga en die 1e dag van Ongesuurde

brode as dieselfde dag. Hulle gee die naam Simcha Torah (Jubel in die Torah) vir die Heilige Sabbat op die 8ste dag

van die Loofhuttefees. Hierdie naam kom nie in die Bybel voor nie. Die tabel hierbo is net die Feeste van Levitikus 23

en sluit nie in die Feeste van Purim (sien die boek van Ester) en die Fees van Hannukah – die reiniging van die Tempel

na die oorwinning oor die Grieke-, in nie.

Yeshua / Jesus het die Pasga (Pesach) saam met Sy disipels geëet op die 13 de dag van die 1e Hebreeuse maand (die

aand voordat die nasie van Juda dit geëet het) want Hy sou Die Pasga Lam word teen die volgende middag, opgeoffer

vir ons sondes, betyds vir die Pasga Fees wat teen sonondergaan sou begin soos die 14de dag begin het. Onthou die

Hebreeuse dag begin en eindig van sonsondergaan tot sonsondergaan.

Meeste van die Feeste het tydsgewyse 3 tye:

- terugkyk na wat gebeur het,

- huidige viering en

- ‘n toekoms profesie oor:-

Messias se eerste koms in die 1e Joodse Maand Feeste

en Sy 2de koms in die 7de Maand Feeste.

Koning Yeshua het die eerste 4 Feeste vervul tydens Sy eerste koms en

Hy gaan die laaste 3 vervul sodra Hy terugkeer.

Hierdie is God (Elohim) se Feeste, Levitikus 23:2, nie Joodse Feeste nie. Teoloë beweer dat Koning Yeshua die Feeste

vervang het, maar die Bybel sê dit nie. Hy het vervul, nie vervang nie. Al die Feeste is profetiese beelde van Koning

Yeshua! Hulle is God se voorafbepaalde tye, wanneer Hy met sy volk vergader.

Dit is onmoontlik om die eind tye profesië te verstaan as mens nie God se Feeste verstaan nie.

God se kalender is maan gebaseerd. Elke maand begin op die nuwe maan. Die Fees tye val altyd saam met oes tye.

Levitikus 23 noem 8 verskillende Feeste: Mo’edim in Hebreeus

1. Die Shabbat elke 7de dag.

2. Pesag/ Pasga Op die 13de van die 1e maand, in elke Joodse huisgesin voor die uittog uit Egipte is ‘n lam geslag om

15.00 uur en sy bloed is op die deurkosyne geverf. Daardie aand toe die 14de dag teen sonsondergang begin is die

18

Pesag/ Pasga maal geëet, insluitende die lam. Yeshua het gesterf aan die kruis of paal teen 15.00 op die 13de en Sy

liggaam is haastig in die graf gelê voordat die Pesag Fees begin het.

3. Die 7 dae lange Fees van Ongesuurde Brode het op die 15 dag begin soos die Israeliete inderhaas hulle uittog uit

Egipte begin het. Die ongesuurde brood, sonder suurdeeg, het nie vergaan gedurende hulle uittog nie. Yeshua se

liggaam het nie vergaan gedurende 3 dae en nagte in die graf nie. Mattheus12:40 Want soos Jona drie dae en drie

nagte in die buik van die groot vis was, só sal die Seun van die mens drie dae en drie nagte in die hart van die

aarde wees.

4. Die Oes Feeste: Die Fees van die Eerstelings gerf oes van gars Lev 23:10-14 is op die dag na die gewone Shabbat

tydens die week van ongesuurde brode. Op hierdie dag het die wonderwerk by die Rooi See (Golf van Aqaba)

plaasgevind toe die Israeliete veilig deur die see getrek het. As eerstelings gerf van die dood het Yeshua opgestaan

op die dag en in Sy hernieude liggaam verskyn.

5. Daarna word die dae getel vir 7 weke van 7 dae plus een dag. Dit bring ons by die Eersteling Gerf Fees van die

graan oes of Shavuot/ Pinkster. (7x7=49+1=50) Pente (50) in Grieks, daarom Pentecost.

Die dag kyk terug na die gee van die wet op berg Sinai in Arabië asook die uitstorting van die Heilige Gees

(Handelinge Hoofstuk 2). Dit gee ook die sleutel om die Daniël tydlyn te verstaan. Die sewetalle verwys na hierdie

Fees van Shavuot. 64 sulke Feeste het plaasgevind sedert die herinstelling van die Staat van Israel.

6. Nou kom die 7de Joodse maand Feeste. Slegs een Fees vind plaas op die nuwe maan (d.w.s. op die 1e dag van die

maand) en dit is op die Gedenkdag van Basuingeklank (Feast of Trumpets/ Yom Teruah, vandag ook

bekend onder Jode as Roshhashana, Nuwe Jaars dag. Hierdie laaste benaming kom nie in die skrif voor nie.

Die sterretekens in Openbaring was vervul op Yom Teruah 2011 – Sien Rob Moore se lering.

Markus 13:24 Maar in daardie dae, ná dié verdrukking, sal die son verduister word, en die maan sal sy glans nie gee

nie,

13:25 en die sterre van die hemel sal val, en die kragte wat in die hemele is, sal geskud word.

13:26 En dan sal hulle die Seun van die mens op die wolke sien kom met groot krag en heerlikheid.

Die maan gee nie glans op die nuwe maan nie. Hy word sigbaar op dag 2 van die maan siklus. Ons sien dus dat die

enigste Fees van God waarop Koning Yeshua/Jesus kan terugkom is Yom Teruah. Op hierdie dag in 2016 sal daar

ook ‘n gedeeltelike sonsverduistering wees. 1 Sept 2016.

6. Yom Kippur, die Versoendag (Day of Atonement) vind plaas op die 10e dag van die 7de Maand.

7. Die 7 dae lange Fees van Ongesuurde Brode is op volmaan van die eerste maand, soos die Israeliete dag en nag uit

Egipte uitgetrek het, terwyl die spieëlbeeld van daardie Fees vind plaas in die 7 dae lange Loofhuttefees, (Sukkot/

Tabernacles) wat ook op die volmaan van die 7de maand val. Die Jode het nog altyd hulle Messias verwag tydens

Sukkot. Yeshua is ook gebore tydens die Sukkot Fees. Johannes 1:14 kan ook vertaal word, Die Woord het vlees

geword en onder ons kom Tabernakel … Die bruilofs Fees van die Lam van God gaan op hierdie Fees gebeur.

Yeshua en die Feeste:

Die kruisiging (of foltering)

Mat: 26:2 Julle weet dat oor twee dae die pasga kom, dan word die Seun van die mens oorgelewer om gekruisig te

word.

26:17 En op die eerste dag van die ongesuurde brode kom die dissipels na Jesus en sê vir Hom: Waar wil U hê moet

ons vir U klaarmaak om die pasga te eet?

Markus 14:1 En die pasga en die fees van die ongesuurde brode sou oor twee dae wees; en die owerpriesters en die

skrifgeleerdes het gesoek hoe hulle Hom met lis gevange kon neem en doodmaak.

14:12 En op die eerste dag van die ongesuurde brode, wanneer hulle gewoonlik die pasga geslag het, sê sy dissipels vir

Hom: Waar wil U hê moet ons gaan klaarmaak, dat U die pasga kan eet?

Joh.12:1 En Jesus het ses dae voor die pasga na Betánië gekom waar Lasarus was, wat dood gewees het en wat Hy uit

die dode opgewek het.

12:12 Die volgende dag het 'n groot menigte feesgangers, toe hulle hoor dat Jesus na Jerusalem kom,

12:13 palmtakke geneem en uitgegaan Hom tegemoet en geroep: Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die

Here, die Koning van Israel.

Die palmtakke sou normaalweg tydens Sukkot Fees gebruik word, die Fees wanneer die Jode vir Jesus verwag het.

Hulle het by Sy aankoms in Jerusalem hierdie simbool gebruik omdat hulle hom as Messias herken het.

Al vier die evangelies maak dit duidelik dat Yeshua gekruisig is voor Pasga, wat ‘n hoë Sabbat is, en nie voor ‘n

weeklikse Sabbat nie.

Tussen die tyd van Moses en die tyd van Jesus, waarskynlik na die terugkeer van die ballingskap van die Suidelike

Koninkryk van Juda, het die Joodse leiers die Fees van Pasga (Pesach) en die 1e dag van die Fees van Ongesuurde

Brode, saamgesmeldt in dieselfde dag sodat hulle nie meer streng gesproke God se kalender in Levitikus 23 gevolg

het nie.

19

Huttefees (Sukkot)

Johannes 7:2 En die fees van die Jode, die huttefees, was naby. (Sukkot)

7:10 Maar nadat sy broers opgegaan het, toe het Hy ook opgegaan na die , nie openlik nie, maar in die geheim.

7:14 En toe dit al in die middel van die fees was, het Jesus opgegaan na die tempel en geleer.

7:37 En op die laaste dag, die groot dag van die fees, het Jesus gestaan en uitgeroep en gesê: As iemand dors het, laat

hom na My toe kom en drink! (Tydens die water uitgietende seremonie 3 )

7:38 Hy wat in My glo, soos die Skrif sê: strome van lewende water sal uit sy binneste vloei.

Die water uitgiet seremonie het na die tyd van Jesaja die profeet in die Tempeldiens van die 2de Tempel

ingekom, m.a.w. na die Babiloniese ballingskap van die Suidelike Koninkryk van Juda. In hierdie seremonie het

die priesters afgegaan na die poel van Silóam, binne in die ou stad Jerusalem, en daar water geskep wat hulle

dan in die 2de Temple uitgegiet het ter nagedagtenis van die verse:

“Jesaya 12:3 En julle sal water skep met vreugde uit die fonteine van heil.”

Koning Yeshua het ‘n blinde man na hierdie selfde poel gestuur:

Johannes 9:7 En (Jesus) sê vir hom (die blinde man): Gaan was jou in die badwater Silóam, wat vertaal word:

Uitgestuur. En hy het gegaan en hom gewas; en hy het siende teruggekom.

Hanukkah

Johannes 10:22 En dit was die fees van die tempelwyding in Jerusalem, en dit was winter.

10:23 En Jesus het in die tempel gewandel in die pilaargang van Salomo.

Die Fees van Templewyding is Hanukkah, die 25ste van die Joodese maand Kislev, in winter omtrent Desember.

Dit was die Fees waarop die Tempel weer ingewy was presies drie jaar nadat dit deur die Griekse Seleucid Ryk

onder Antiochus Epiphanes ontheil was deurdat hy ‘n vark daar aan sy god Zeus opgeoffer het op 25 Kislev 168 v.C.

Eerste vrugte

1 Kor 15:20 Maar nou, Christus is opgewek uit die dode; Hy het die eersteling (first fruits) geword van die wat

ontslaap het.

Paulus (Shaul) maak hier die konneksie tussen die Opstanding van Jesus en die Fees van Eerste Vrugte, die dag van

Sy opstanding.

Toekomstige Feeste

Sukkot in die hemel

Openbaring 7:9 Ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, daar was 'n groot menigte wat niemand kon tel nie, uit alle

nasies en stamme en volke en tale; hulle het gestaan voor die troon en voor die Lam, bekleed met wit klere en met

palmtakke in hulle hande;

Weereens verwys palmtakke na Sukkot.

Openbaring 7:10 en hulle het met 'n groot stem geroep en gesê: Heil aan onse God wat op die troon sit, en aan die

Lam!

21:6 En Hy het vir my gesê: Dit is verby! Ek is die Alfa en die Oméga, die begin en die einde. Aan die dorstige sal Ek

gee uit die fontein van die water van die lewe, verniet.

Hierdie verwys na die Sukkot water seremonie.

Alle Feeste in die Millennium gevier

Jesaja 66:22 Want soos die nuwe hemel en die nuwe aarde wat Ek maak, voor my aangesig sal bestaan, spreek die

HERE, so sal julle nageslag en julle naam bestendig wees.

66:23 En elke maand op die nuwemaan en elke week op die sabbat sal alle vlees kom om te aanbid voor my aangesig,

sê die HERE.

Fees van Basuingeblaas

Openbaring 8:6 En die sewe engele met die sewe basuine het hulle gereed gemaak om te blaas.

Die Tempel bestaan steeds in Hemel

Openbaring 11:19 En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien,

15:5 En ná hierdie dinge het ek gesien, en kyk, die tempel van die tent van die getuienis in die hemel is geopen.

3 Die water uitgiet seremonie is nie in die Bybel nie, maar is opgeskryf in ander Joodse boeke wat die konteks van hierdie

verse verduidelik.) . “A House of Prayer for all Nations The Holy Temple in Jerusalem” deur Chaim Richman pg 33.

The Temple Institute, Carta, Jerusalem.

20

21:3 En ek het 'n groot stem uit die hemel hoor sê: Kyk, die tabernakel van God is by die mense, en Hy sal by hulle

woon, en hulle sal sy volk wees; en God self sal by hulle wees as hulle God.

Eersteling Gerf Fees in Hemel

Openbaring 14:2 En ek het 'n geluid uit die hemel gehoor soos die geluid van baie waters en soos die geluid van 'n harde

donderslag, en ek het die geluid gehoor van siterspelers wat speel op hulle siters.

14:3 En hulle het 'n nuwe lied gesing voor die troon en voor die vier lewende wesens en die ouderlinge; en niemand kon

die lied leer nie, behalwe die honderd vier en veertig duisend wat van die aarde vrygekoop is.

14:4 Dit is hulle wat hulself met vroue nie besoedel het nie, want hulle is maagdelik rein; dit is hulle wat die Lam volg

waar Hy ook heengaan; dit is hulle wat gekoop is uit die mense as eerstelinge vir God en die Lam.

15:3 En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en

wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges!

Huttefees na die wederkoms

Sagaria 14:16 En almal wat oorbly uit al die nasies wat teen Jerusalem aangekom het, sal jaar na jaar optrek om te

aanbid voor die Koning, die HERE van die leërskare, en om die huttefees te vier.

14. Watter Naam moet ons gebruik?

‘n Nuwe twispunt is welke Naam ons moet gebruik vir die Skepper en vir die Saligmaker?

Gebruik ons God of Elohim?

Here of Meester? Of Yehova, of Yahweh, of Yahveh, of Yahuha?

Jesus of Yeshua of Yehoshua ens.

In die tydperk voor die vernietiging van die Tempel in Jerusalem in AD 70 was slegs die hoë priester toegelaat om die

Naam uit te spreek en dan net een keer per jaar. Vir 1900 jaar het niemand dit uitgespreek nie, dit was slegs geskryf

met die 4 Hebreeuse letters, Yod, Hay, Vaw, Hay vertaal na YHVH. Verskeie mense het opinies oor die saak geskryf.

Hulle opinies is menslike opinies en dra nie die gewig van die skrif nie. David Silver, Messiaanse Joodse Pastoor op

Berg Karmel meen as volg: “There is no J or W in Hebrew, therefore YHVH can be pronounced Yah Vey or Je Ho Vah.

According to the way the vowels have been added in the ancient manuscripts, Yehovah is the correct option.”

En watter Naam moet gebruik word vir die Saligmaker, die Gesalfde Een of Messias?

Party gebruik Jesus, ander Y’Shua of Yeshua, of Yehoshua.

Die Messiaanse Kerk in Israel gebruik Yeshua wat Redder (Saviour) beteken. Hulle meen dat Yehoshua beteken

“God Red”. Yeshua is die weergawe in die Hebreeuse Bybels in Israel.

Die belangrike ding om te onthou is dat God groot genoeg is dat Hy nie gepla word deur ‘n uitspraak nie. Hy is

besig om Sy Naam in ere te herstel deur die werking van Sy Heilige Gees. Geen mens kan ‘n ander oortuig watter

Naam om te gebruik nie. Die belangrike saak is dat almal wie hulle bekeer het van hulle sondes en vir Jesus of Yeshua

gevra het om hule sondes te vergewe, deel uitmaak van die liggaam van die Messias of Christus.

Openbaring 21:9 En een van die sewe engele,… het na my gekom en met my gespreek en gesê: Kom hierheen, ek sal jou

die bruid toon, die vrou van die Lam.

Maar voor die bruid kom die verdrukking (tribulation) wat so sleg gaan wees dat Koning Jesus ons gewaarsku het

daaromtrent 2000 jaar gelede. Sien Mattheus 24

24:4 En Jesus antwoord en sê vir hulle: Pas op dat niemand julle mislei nie.

24:5 Want baie sal onder my Naam kom en sê: Ek is die Christus! en hulle sal baie mense mislei.

24:6 En julle sal hoor van oorloë en gerugte van oorloë. Pas op, moenie verskrik word nie, want alles moet plaasvind, maar

dit is nog nie die einde nie.

24:7 Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en

pessiektes en aardbewings op verskillende plekke.

24:8 Maar al hierdie dinge is 'n begin van die smarte.

24:9 Dan sal hulle jul aan verdrukking oorgee en julle doodmaak; en julle sal deur al die nasies gehaat word ter wille van

my Naam.

24:10 En dan sal baie tot struikel gebring word en mekaar verraai en mekaar haat.

24:11 En baie valse profete sal opstaan en baie mense mislei.

24:12 En omdat die ongeregtigheid vermeerder word, sal die liefde van die meeste verkoel.

24:13 Maar wie volhard tot die einde toe, hy sal gered word.

24:14 En hierdie evangelie van die koninkryk sal verkondig word in die hele wêreld tot 'n getuienis vir al die nasies; en dan

sal die einde kom.

21

24:15 Wanneer julle dan die gruwel van die verwoesting, waarvan gespreek is deur die profeet Daniël, sien staan in die

heiligdom--laat hy wat lees, oplet--

24:16 dan moet die wat in Judéa is, na die berge vlug;

24:17 wie op die dak is, moet nie afkom om iets uit sy huis weg te neem nie;

24:18 en wie op die land is, moet nie omdraai om sy klere weg te neem nie.

24:19 Maar wee die vroue wat swanger is en die wat nog soog, in daardie dae.

24:20 En bid dat julle vlug nie in die winter of op die sabbat mag plaasvind nie.

24:21 Want dan sal daar groot verdrukking wees soos daar van die begin van die wêreld af tot nou toe nie gewees het

en ook nooit sal wees nie.

24:22 En as daardie dae nie verkort was nie, sou geen vlees gered word nie; maar ter wille van die uitverkorenes sal daardie

dae verkort word.

24:23 As iemand dán vir julle sê: Kyk, hier is die Christus! of: Daar! --moet dit nie glo nie.

en

Openbaring 7:13 Toe het een van die ouderlinge gespreek en vir my gesê: Hulle wat bekleed is met die wit klere, wie is

hulle en waarvandaan het hulle gekom?

7:14 En ek sê vir hom: My heer, u weet dit. En hy sê vir my: Dit is hulle wat uit die groot verdrukking kom, en hulle het hul

klere gewas en hul klere wit gemaak in die bloed van die Lam.

Tydens daardie tye, mag ‘n wit gelowige afhanklik wees van ‘n swart gelowige om hom te beskerm van Wêreld

Regerings soldate of omgekeerd. Of iemand wat die Naam Yeshua gebruik mag afhanklik wees van ‘n persoon wat die

Naam Jesus gebruik of omgekeerd.

Ja, skrywer is bewus van stories wat die rondte loop dat die swartes gaan opstaan en die wittes probeer uitrooi. Tydens

die onluste van 1976 en 1984/5 was die eerste slagoffers nie wit nie, maar swartes wat of gelowiges was of nie deel van

die ANC/ Kommunistiese party nie. So sal dit weer wees indien daar ‘n massa opstand in hierdie land is. Die swart en

bruin gelowiges wat nie voorvader geeste (demone) aanbid nie, sal die eerste slagoffers wees! En Ja dit is so dat min

van hulle weet van die herstel van die Torah. Nietemin gaan hulle steeds deel van die bruid van Messias wees indien

hulle deur die bloed van Messias ingeënt word in die Hebreeuse wortel.

Die belangrike ding is om nie arrogant te raak en nie af te kyk op ‘n mens wat ‘n ander Naam gebruik nie.

Ons is immers almal deel van Sy liggaam! Yeshua/Jesus sal die foon beantwoord waneer ons bid ongeag die Naam wat

ons gebruik. Moet nie met hierdie saak die Liggaam van Messias verdeel nie. Ons hoogmoed maak satan gelukkig en

laat God ween! Die Naam wat ons gebruik is ‘n saak tussen elke mens en God. Ons het geen reg om vir ander te

oordeel asof hulle ongelowiges is nie. Vra vir Hom watter Naam u moet gebruik, nie vir die Pastoor of Dominee

nie. God loop ‘n persoonlike paadjie met u.

Nie een van ons verstaan God werklik heeltemaal nie. Ons sal eers volledig verstaan wanneer die Messias

terugkom. Dan sal ons skrik as ons besef hoe ver ons Teologie van die pad af was. Nietemin, ten spyte hiervan, God het

ons lief en Hy wil saam met ons werk en deur ons. Sy kriteria is: Het u Hom lief. Het u u Saligmaker lief?

Hier is ‘n kort aanhaling van ‘n broer wie se bediening in Yerushalayim is:

Asher Intrater: Yeshua het die prys betaal vir ons om mekaar lief te hê. Ons kom andere te na die hele tyd. Hy het ons

oortredings op homself geneem. Hy het gedra nie slegs dit wat God aanstoot gee nie, maar ook hoe ons mekaar

aanstoot gee. Wat gee vir jou aanstoot oor jou broer? Hy het dit ook op homself geneem.

(Hierdie broer is ‘n Messiaanse gelowige in Israel. Hy preek in Hebreeus. Daarom is hy reg om die Hebreeuse naam

Yeshua te gebruik in stede van Jesus Christus.)

V I E R letter woorde

In die engelse spreektaal, verwys ‘n “4 letter word” altyd na ‘n vloekwoord. Hoekom is alle engelse vloek

woorde dan vier letter woorde?

Die regte Naam van God (Elohim) is in Hebreeus gespel הוהי, of Yod, Hey, Vav, Hey, letterlik vertaal as YHVH

Elohim. Tersake hier is dat die regte naam van God YHVH, ‘n vier letter word is.

Satan wil by God oorneem, so hy doen alles wat hy kan om God se karakter af te breek. Hy het met gedagte

uitgekom dat as hy mense kan kry om in al hulle vloekery God se Naam af te breek, sal hy mense van God

kan wegdraai.

Elke keer wat ‘n mens ‘n ander mens uitvloek met ‘n vier letter woord, dan vloek daardie mens in dieselfde

asem vir God op sy regte naam uit!

Afrikaanse vloek woorde is meestal drie letter Engelse anglisismes. Die effek in die geestelike ruim is

dieselfde.

Wat het Yeshua / Jesus daaroor gesê?

22

5:20 Want Ek sê vir julle dat, as julle geregtigheid nie oorvloediger is as dié van die skrifgeleerdes en Fariseërs nie, julle

nooit in die koninkryk van die hemele sal ingaan nie.

5:21 Julle het gehoor dat aan die mense van die ou tyd gesê is: Jy mag nie doodslaan nie, maar elkeen wat

doodslaan, moet verantwoording doen voor die gereg.

5:22 Maar Ek sê vir julle dat elkeen wat vir sy broeder sonder rede kwaad is, verantwoording moet doen voor die gereg; en

elkeen wat vir sy broeder sê: Raka! moet verantwoording doen voor die Groot Raad; en elkeen wat sê: Jou dwaas! moet

verantwoording doen in die helse vuur.

5:23 As jy dan jou gawe na die altaar bring en dit jou daar byval dat jou broeder iets teen jou het,

5:24 laat jou gawe daar voor die altaar bly en gaan versoen jou eers met jou broeder, en kom dan en bring jou gawe.

Raka is ‘n vier letter word, maar dit is nie Hebreeus nie. Die Strongs verklaarende Bybel woordeboek verduidelik

hierdie term.

“G4469 ρ ακά rhaka rhak-ah'

Of Chaldee origin (compare [H7386]); O empty one, that is, thou worthless (as a term of utter vilification): - Raca.”

Dit is ‘n vier letter word wat iemand anders se karakter aftakel.

God sê dat as ons iemand te na gekom het, moet ons daardie person om verskoning gaan vra en gaan

regmaak met hom of haar, en die implikasie is ook duidelik dat ons vir God ook moet verskoning vra.

Hoekom beskou Yeshua dit as so ‘n slegte sonde, dit is nie asof ons die person aangerand het nie?

Ons het die persoon se karakter geestelik aangerand en omdat die mens in God se beeld geskape was, het ons

ook God se karakter aangetas. Ons sê eintlik vir die Skepper: U was onnosel toe u hierdie minderwaardige

wese geskep het.

Wie het u met u tong te na gekom? Gaan maak reg! Met daardie person en met God voordat u weer God

prober ontmoet in ‘n diens of biduur.

15. Sonaanbidding – Wie is skuldig daaraan?

‘n Maklike antwoord: die mense wat willens en wetens die son aanbid of betrokke is by ‘n organisasie wat simboliek

van die skepping – son, maan en sterre, meer belangrik ag as enige lojaliteit aan Messias.

Dit sluit in: New Age heidene, Katolieke Kerk hierargie, Vrymesselaar hierargie wat die kerk geinfiltreer het en

Rabbiniese Jode wat die okkulte kabbala volg en wie se doktrines uit antieke Babel kom en nie uit die Bybel nie.

Vir die gewone ou is die saak maklik. Met wie het hulle ‘n geestelike verhouding? Dit behoort te wees met Yeshua

Messias ook bekend as Jesus Christus. As mense vir Hom lief het en Hy het hulle sonde vergewe, nadat hulle bely het

dat hulle sondaars is en Hom gevra het om hulle lewens oor te neem, en hulle het nie teruggeval nie, is hulle nie

skuldig aan sonaanbidding nie, al mag daar amptenare in hulle denominasie wees wat as individue daaraan skuldig is.

Sisteme mag verkeerd wees, maar God besluit oor individue!

Johannes 3:3 Jesus antwoord en sê vir hom: Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy

die koninkryk van God nie sien nie.

3:16 Want so lief het God die wêreld gehad, dat Hy sy eniggebore Seun gegee het, sodat elkeen wat in Hom glo, nie verlore

mag gaan nie, maar die ewige lewe kan hê.

Diegene wat ‘n verhouding met Koning Yeshua/ Jesus het, gaan almal saam wees tydens die bruilof fees van die

Lam tydens ‘n toekomstige loofhuttefees (Sukkot), heelwat gouer as wat meeste mense dink, wanneer Messias

terugkeer om sy troon as Koning van die wêreld in te neem vir die duisend jaar vrederyk. Ons moet gewoond raak

daaraan dat Hy as Koning terugkom, daarom gebruik ek hierdie titel van Koning Yeshua/ Jesus.

Openbaring 19:16 En Hy dra op sy kleed en op sy heup die Naam wat geskrywe is: Die Koning van die

konings…

23

16. Watter voordeel het ons as volk a.g.v. ons Joodse wortels?

A. In terme van redding of in die hemel kom – geen. Net soos met ander volke, moet elkeen persoonlik hulle

sondes bely en Yeshua/ Jesus ontvang as saligmaker!

B. Maar wanneer ons kyk na die volgende vers:

Genesis 12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou (dws. deur

jou nageslag) sal al die geslagte van die aarde geseën word.

1. Dit is ons opdrag, ons roeping as nageslag van Abraham om ‘n seën te wees aan al die ander nasies!

Tot ‘n groot mate, voer ons alreeds daardie opdrag uit. Daar is groot aanvraag wêreld-wyd vir Afrikaners weens

ons tegniese vaardighede. Afrikaner sendelinge kan wêreld-wyd gevind word. Ons Joodse gene gee vir ons hoër

IKs as baie andere volkere en daarom meer verantwoordelikheid om ons intelligensie te gebruik om andere te

seën.

Ons moet besef dat die Jode wat vasgevang is in Judaisme ons vêraf neefs en niggies is. Daar kan geen rede wees

om hulle te haat nie. Dit geld beide vir diegene wat in Suid Afrika is sowel as diegene in ander wêrelddele,

insluitende Israel!

2. Wanneer ons oor godsdiens met Jode gesels moet ons begin met dit wat ons in gemeen het, nie met wat ons

verdeel nie. Ons moet begin met die Torah en die lewens verhale van ons voorouers wat ons in gemeen het, ons

aartsvaders Abraham, Isak en Jakob so wel as Josef en Moses. Hulle lewensverhale is nie net as gewone

geskiedenis vir ons neergeskryf nie. Hulle lewensverhale is profetiese beelde van die Messias.

a) Wat met hulle gebeur het sou met die Joodse volk gebeur in toekomstige eeue, ons eie tydperk ingesluit.

Wat met hulle gebeur het, moes ook met die Messias gebeur op talle punte. So nie, is die sogenaamde Messias slegs ‘n

namaker. Dit is uiters belangrik omdat die Daniël tydlyn vir ons leer dat ‘n valse Messias binnekort sal kom, omtrent

2013, Maart 22. (Dit is die beste huidige inligting.) (Sien Danielstimeline.com of “Israel is God’s Timeline” wat

binnekort vrygestel gaan word.)

3. Ons het nodig om onsself te vergewis van die ware feite op grond van die Arabiese-Israeli konflik, m.a.w wat is

die Skepper se standpunt? Die media weergawes is totaal uit verband uitgeruk, net soos ons eie regering se posisie.

Terwyl Israel afgetakel word as ‘n apartheid staat, stroom duisende swart vlugtelinge van Soedan en Darfoer

deurlopend na Israel toe. Geen Arabiese staat gee vir hulle vlugtelings status nie. Het u dit geweet? Die

sogenaamde Palestyne is almal afstammelinge van Saudis en Egiptenare, wat by die Jode kom werk soek het,

nadat die Jode in die 1880s terug Israel toe begin gaan het.

4. Dit beteken nie dat elke Israeli op pad hemel toe is nie of dat hulle regering nie ook foute maak nie. Nietemin gaan

God se beloftes in Ezegiel 36 tot 40 wel nog steeds waarkom. Toekomstige tyd en binnekort ook!

5. Die Torah se wette oor hoe ons vreemdelinge moet hanteer, geld vir ons ook as afstammelinge van Juda.

17. Die Verdrukking (Tribulation)

In die verdrukking (tribulation) wat binnekort gaan begin onder die pseudo-messias beheerde een-wêreld regering,

gaan alle Jode, alle wedergebore Christene van alle denominasies, alle Messiaanse gelowiges en 7de dag Adventiste

vervolg word. Wat gaan gebeur met ons? Dink aan die Nazi Holocaust vermenigvuldig met Stalin se Rusland en dan

kom ons nie eers naby nie. Ons bank rekeninge gaan toegemaak word, ons huise en besittings onteien word. Ons sal of

in die verdrukking sterf en wederopstaan sodra Messias terugkeer óf party van ons mag oorleef en deur beproewing

gelouter word om ons te suiwer om deel van Messias se bruid te wees.

Openbaring 20:4 En ek het trone gesien, en hulle het daarop gaan sit, en aan hulle is die oordeel gegee; en ek het die

siele gesien van die wat onthoof is oor die getuienis van Jesus en oor die woord van God, en die wat die dier en sy beeld

nie aanbid het nie, en die merk op hulle voorhoof en op hulle hand nie ontvang het nie; en hulle het geleef en as konings

geregeer saam met Christus die duisend jaar lank.

20:5 En die ander dode het nie herlewe totdat die duisend jaar voleindig was nie. Dit is die eerste opstanding.

In ieder geval, indien ons wedergebore is, sal ons binnekort ons Saligmaker ontmoet. Almal van ons sal moet

uitkyk vir die ander, ongeag ras, velkleur of denominasie. Die WWII Nazi Holocaust was slegs die oefenlopie vir wat

gaan kom.

Dit gaan so sleg wees dat Koning Jesus/ Yeshua 2000 jaar gelede vir hierdie generasie gewaarsku het hieroor in

Mattheus Hoofstuk 24. Diegene wat dink dat hulle op hulle eie kan oorleef of slegs met mense wie se geloof identies is

tot die laaste detail, of slegs van dieselfde taal of kleur, gaan hulleself op hulle eie bevind sonder God se beskerming.

24

Hy gaan EEN bruid louter, wat bestaan uit alle gelowiges in Hom, nie ‘n veelwywery menigvuldigheid van eiewys

bruide nie!

18. Herstel beklemtoning: Hier gaan voorbereiding nodig wees om Sy bruid te herstel

Sy wedergebore mense moet tot hulle oorspronklike eenheid met mekaar en met Homself Melech Yeshua ha-

Messiach / Koning Jesus die Christus of Die Gesalfde Een kom!

Is u reg om Messias te ontmoet?

Dink oor die volgende verse. As hierdie vrugte nie deel is van jou alledaagse lewe nie, maar net een dag

(Sondag) van die week, en ook afwesig is by u huis en werk plek, in u verhouding met u werknemers, is u

nog nie gereed om u Messias te ontmoet nie.

Galate 5:22 Maar die vrug van die Gees is liefde, blydskap, vrede, lankmoedigheid, vriendelikheid, goedheid,

getrouheid, sagmoedigheid, selfbeheersing.

Efesiërs 5:9 Want die vrug van die Gees bestaan in alle goedheid en geregtigheid en waarheid.

Mattheus 6:14 Want as julle die mense hulle oortredinge vergewe, sal julle hemelse Vader julle ook vergewe.

6:15 Maar as julle die mense hulle oortredinge nie vergewe nie, sal julle Vader julle oortredinge ook nie vergewe nie.

Mattheus 18:21 Toe kom Petrus na Hom en sê: Here, hoe dikwels sal my broeder teen my sondig en ek hom vergewe?

Tot sewe maal toe?

18:22 Jesus antwoord hom: Ek sê vir jou, nie tot sewe maal toe nie, maar tot sewentig maal sewe toe.

18:23 Daarom word die koninkryk van die hemele vergelyk met 'n sekere koning wat met sy diensknegte wou afreken.

18:24 En toe hy begin afreken, word daar een na hom gebring wat tien duisend talente skuldig was.

18:25 En omdat hy nie kon betaal nie, gee sy heer bevel dat hy verkoop moet word, en sy vrou en sy kinders en alles wat hy

het, en dat betaal moet word.

18:26 Toe val die dienskneg neer en buig voor hom en sê: Heer, wees lankmoedig met my, en ek sal u alles betaal.

18:27 En die heer van daardie dienskneg het innig jammer vir hom gevoel en hom losgelaat en hom die skuld kwytgeskeld.

18:28 Maar toe daardie dienskneg uitgaan en een van sy medediensknegte vind wat hom honderd pennings skuldig was, het

hy hom aan die keel gegryp en gesê: Betaal my wat jy skuld.

18:29 Sy mededienskneg val toe voor sy voete neer en smeek hom en sê: Wees lankmoedig met my, en ek sal jou alles

betaal.

18:30 En hy wou nie, maar het gegaan en hom in die gevangenis gewerp totdat hy die skuld sou betaal het.

18:31 En toe sy medediensknegte sien wat gebeur het, was hulle baie bedroef, en hulle het gegaan en aan hulle heer

meegedeel alles wat gebeur het.

18:32 Daarop roep sy heer hom en sê vir hom: Jou slegte dienskneg, al daardie skuld het ek jou kwytgeskeld, omdat jy my

gesmeek het;

18:33 moes jy nie jou mededienskneg ook barmhartig wees soos ek jou ook barmhartig gewees het nie?

18:34 En sy heer het hom in toorn oorgegee aan die pynigers totdat hy sou betaal het alles wat hy hom skuldig was.

18:35 So sal ook my hemelse Vader aan julle doen as julle nie elkeen sy broeder van harte sy oortredinge vergewe

nie.

Markus: 11:25 En wanneer julle staan en bid, vergeef as julle iets teen iemand het, sodat julle Vader wat in die hemele is,

ook julle jul oortredinge mag vergewe.

11:26 Maar as julle nie vergewe nie, sal julle Vader wat in die hemele is, ook julle oortredinge nie vergewe nie.

1 Korinthërs 13:4 Die liefde is lankmoedig en vriendelik; die liefde is nie jaloers nie; die liefde praat nie groot nie, is nie

opgeblase nie,

13:5 handel nie onwelvoeglik nie, soek nie sy eie belang nie, word nie verbitterd nie, reken die kwaad nie toe nie,

13:6 is nie bly oor die ongeregtigheid nie, maar is bly saam met die waarheid.

13:7 Dit bedek alles, glo alles, hoop alles, verdra alles.

Het u hierdie verse bepeins? Is u, u gesin, u gemeente werklik reg om u Messias te ontmoet?

Is u al die vleklose bruid?

As u kort kom in hierdie voorbeelde, dan moet daar steeds dinge in u lewe herstel word!

25

19. Die Wegraping?

In Mattheus 24:21 (hierbo aangehaal) waarsku Yeshua ons oor die verdrukking wat gaan kom, maar Hy sê niks oor die

wegraping nie. Het hy vergeet om dit te noem? Nee! Yeshua het ons laat weet wat ons moet weet. Die woord

wegraping (rapture) kom nie in die skrif voor nie, ook nie eers in die Pharos Groot Woordeboek nie. Dit is

mensgemaakte teologie. Wat sê die skrif?

1 Thessalonicense 4:16 Want die Here self sal van die hemel neerdaal met 'n geroep, met die stem van 'n aartsengel en met

geklank van die basuin van God; en die wat in Christus gesterf het, sal eerste opstaan.

4:17 Daarna sal ons wat in die lewe oorbly, saam met hulle in wolke weggevoer word die Here tegemoet in die lug; en so sal

ons altyd by die Here wees.

Indien ons die profetiese beeld in die Bybelse Feeste van Levitikus 23 verstaan, is hierdie vers duidelik. Die basuin van

God verwys na die Fees van Basuingeklank, die enigste nuwemaan Fees, (Yom Teruah, Feast of Trumpets). Diegene

wat die verdrukking oorleef het, ontmoet Messias in die lug soos wat Hy terugkom om te regeer, m.a.w. tydens die

Wederkoms! Dié wat sterf in die verdrukking ontmoet Hom eerste, diegene wat oorleef ontmoet hom tweedens,

dieselfde dag! Dit is God se plan dat daar mense sal wees wat onder Sy beskerming die verdrukking oorleef en so

gesuiwer en gelouter is dat hulle Messias se vleklose bruid kan word. Dink aan ‘n groot skip wat die hawe binnevaar:

al die klein booitjies seil uit om die groot skip te vergesel soos wat dit die hawe binnekom. Net so gaan ons onse

Messias ontmoet en terugvergesel!

Daniel 9:24 Sewentig sewetalle (Hebreeus shabua wat verwys na die jaarlikse Fees van Weke ook bekend as Shavuot/

Pinkster/Pentecost, d.w.s. 70 jaar) is oor jou volk en jou heilige stad bepaal, om die goddeloosheid te voleindig en om die maat

van die sondes vol te maak en om die ongeregtigheid te versoen en om ewige geregtigheid aan te bring en om gesig en

profeet te beseël en om wat hoogheilig is, te salf.

9:25 Nou moet jy weet en verstaan: van die uitgang van die woord af om Jerusalem te herstel en op te bou (Om die Staat Israel

te laat oprig Nov 1947) tot op 'n Gesalfde, 'n Vors, is sewe sewetalle; en twee en sestig sewetalle (= 69 jare) lank sal dit herstel

en opgebou word, met pleine en slote, maar in tye van benoudheid. (Tyd is hier agterste voor geskryf, die 62 jare kom eerste

en daarna die 7 jaar. Die 62 mag die einde van 2009 voltooi gewees het.

9:26 En ná die twee en sestig sewetalle sal 'n Gesalfde uitgeroei word, maar sonder iets vir Hom; en die volk van 'n vors wat

sal kom, sal die stad en die heiligdom verwoes, maar sy einde sal met 'n oorstroming wees, en tot die einde toe sal dit oorlog

wees, vasbeslote verwoestings.

9:27 En hy sal een week lank (7jaar) met baie 'n sterk verbond sluit, en gedurende die helfte van die week (na 3 en ½ jare)

sal hy slagoffer en spysoffer laat ophou; en op die vleuel van gruwels sal daar 'n verwoester wees, en wel tot aan die einde; en

wat vas besluit is, sal oor wat woes is, uitgestort word.

Hierdie profesie handel gedeeltelik met die eerste koms van Messias (vers 26) en gedeeltelik met Sy wederkoms. Die

woord Messias (Gesalfde) is twee keer in hierdie stuk genoem, die enigste twee plekke in die ou Testament wat dit

voorkom! In meeste Nuwe Testamente is die term Messias vervang met die term Christus. Die eerste is van die

Hebreeus Meshiach terwyl die tweede is van Griekse oorsprong. Hulle betekenis is identies!

Die eerste gedeelte van hierdie hoofstuk wys ons hoe ons hierdie tyd moet benader – in belydenis van sonde

namens onself en ons volk.

Daniel 9:3 En ek het my aangesig tot die Here God gerig om met vas, en in roukleed en as, my aan gebed en smekinge te wy.

9:4 En ek het tot die HERE (YHVH) my God (Elohim) gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God,

wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

9:5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge

afgewyk.

9:6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders

en tot die hele volk van die land nie.

U mag redeneer dat die Jode in Judaisme en die Israelitiese afstammelinge wie huidiglik Moslem of Hindu is, buite

die nuwe verbond is en daarom kan ons tydens die verdrukking nie vir hulle beskerming gee nie. Gaan lees weer

Ezekiel Hoofstuk 37! God beloof dat die dooie bene van die huis van Juda (Yehuda) en Israel weer lewendig sal word

en Messias gaan dit wonderbaarlik verrig, dalk tydens Sy wederkoms of kort daarvoor. Meeste Moslems wat deesdae

tot bekering kom, kom tot bekering omdat Koning Jesus verskyn het aan hulle. Hy breek die okkultiese mag van Islam

oor hulle en stel Sy identiteit aan hulle bekend. Daarna stuur Hy hulle na iemand wat reeds wedergebore is om meer te

leer oor Hom.

Mense van Israelitiese herkoms, wat weier om die wêreld diktator te aanbid, al kom hulle vanuit Islam of Hinduisme

sal tydens die verdrukking slegs as vlugtelinge na ons plekke van veiligheid kan kom omdat die Heilige Gees reeds

in hulle harte besig is en Hy hulle na ons toe gestuur het. Die oorblyfsels van die volk gaan deel van die Bruid van

Messias word wanneer die wonderwerk van Ezekiel 37 plaasvind. Die ballingskap van die noordelike stamme het

verval. 390 jaar x 7 = 2730 jare, wat in 722 V.C begin het. Esegiël 4:5 vermenigvuldig met Lev 26:18.

26

Sien “Israel is God’s Timeline.”

Tydens die verdrukking, gaan hierdie mense wie, soos ons, afstammelinge is van Abraham, Isak en Jakob, baie oop

wees vir die Evangelie. Ons mag nie die evangelie van hulle weerhou nie, indien God hulle na ons toe stuur om

beskerm en versorg te word? Nou is die tyd om voor te berei vir die verdrukking. Dit is slegs maande weg!

‘n Volle boekie Israel is God’s Timeline gaan binnekort deur dieselfde skrywer vrygestel word wat bewys dat die

gebeurtenisse in Israel loop saam met God se hantering van die ware bruid van Messias en dat Joodse wetenskaplike

ondervindings deel is van God se belofte aan Abraham dat Hy die wêreld deur sy nageslag sal seën.

Data basise gebruik in hierdie navorsing:

Consolidated Jewish surnames

http://www.avotaynu.com/csi/csi-result.html?page=next

Holocaust victims Names List

http://www.yadvashem.org/wps/portal/IY_HON_Welcome

Einde van Dokument 3

© 2012 Henry James

Hierdie skrywer distansieer himself van die beweging wat beweer “SALVATION IS ONLY THROUGH

THE NAME OF YAHUW IN YAHUWAH! YASAREL,” en dat “ The Kingdom Nation of YAHUWAH has

now returned to Earth.” (since 2002). Hierdie Yahuwans beweer dat die enigste korrekte Bybel in 2002 in die

Himalaja berge ontdek is en dat dit in die AbraYA taal geskryf was, nie in Hebreeus nie. Hulle beweer dat

Jesus Christus ‘n valse profeet was. Hierdie mense is nie Messiaanse Torah gelowiges of volgelinge van

Yeshua nie.

Einde

© 2012 Henry James

27

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!