Download here.

Download here. Download here.

quakesignature.com
from quakesignature.com More from this publisher
02.05.2013 Views

ONBYBELSE LERINGE ONDER DIE BOERE VOLK Dokument 4 Daar bestaan politiese geloofstellings wat sover verwyder is van Bybelse waarheid dat hulle op dwaalleer of kettery neerkom. Rassistiese Torah onderhouers? Daar bestaan in ons land mense wat beweer dat hulle die Torah onderhou – die 5 boeke van Moses, die Sabbat en die Feeste van God soos opgeskryf in Levitikus 23, maar deur hulle dade en uitsprake skeur hulle Bybelse beginsels aan flarde! Hierdie mense is volgelinge van ‘n onbybelse konsep dat slegs blankes mense is en dat swartes nie mense is nie. Volgens hierdie posisie kan slegs blankes deel van God se volk wees. Die ander het glo nie siele nie. Kleurlinge, Iere, Skotte en Jode is volgens hulle almal basters en daarom ook nie mense nie. Al noem hulle hulself Torah onderhouers is hulle nie, want hulle moet die Torah breek om by hierdie standpunt uit te kom. Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom. Daar is niks is in hierdie vers geskryf van slegs aan wittes nie! Die Handelinge van die Apostels 13:1 En daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars, naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die viervors, grootgeword het, en Saulus. Dit is duidelik dat onder hierdie leiers was Niger: van die Griekse woord neeg’-er 1 wat swart beteken en die Cirenéër (Cyrene) d.w.s. het gekom van ‘n dorp aan die kus van Noord Afrika in hedendaagse Libië. M.a.w. ten minste een swart man en miskien 2, of die tweede kon ‘n Arabier gewees of ‘n Jood wat in Afrika gebly het, was deel van die leiers van die eerste kerk! Mattheus 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas. 2 Timotheus 3 :1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom. 3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan hulle ouers, ondankbaar, onheilig, 3:3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie, 3:4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God; 3:5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense af. 3:6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande begeerlikhede gedryf word, 3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie. 3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof. 3:9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie manne geword het. 3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, … Hierdie skrif verwys na die laaste dae. Dit is nou! Ons leef in die finale jare voordat die Messias vir die 2de keer kom. Dit verg erge verwaandheid om God se posisie oor te neem en te verklaar (met skynbare godsdienstige outoriteit) dat wesens van ander rasse nie mense is nie en nie siele het nie. Hierdie is ‘n sataniese verdraaing van die waarheid. Wat dink God daarvan dat hulle sy Feeste hou? Levitikus 26:14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie; 26:15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie doen nie en my verbond verbreek 26:16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet. 26:17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers, en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie. 1 Strongs Hebrew and Greek Dictionary G 3526 1

ONBYBELSE LERINGE ONDER DIE BOERE VOLK

Dokument 4

Daar bestaan politiese geloofstellings wat sover verwyder is van Bybelse waarheid dat hulle op dwaalleer of

kettery neerkom.

Rassistiese Torah onderhouers?

Daar bestaan in ons land mense wat beweer dat hulle die Torah onderhou – die 5 boeke van Moses, die Sabbat en die

Feeste van God soos opgeskryf in Levitikus 23, maar deur hulle dade en uitsprake skeur hulle Bybelse beginsels aan

flarde!

Hierdie mense is volgelinge van ‘n onbybelse konsep dat slegs blankes mense is en dat swartes nie mense is nie.

Volgens hierdie posisie kan slegs blankes deel van God se volk wees. Die ander het glo nie siele nie. Kleurlinge, Iere,

Skotte en Jode is volgens hulle almal basters en daarom ook nie mense nie. Al noem hulle hulself Torah onderhouers

is hulle nie, want hulle moet die Torah breek om by hierdie standpunt uit te kom.

Markus 16:15 En Hy het vir hulle gesê: Gaan die hele wêreld in en verkondig die evangelie aan die ganse mensdom.

Daar is niks is in hierdie vers geskryf van slegs aan wittes nie!

Die Handelinge van die Apostels 13:1 En daar was in die plaaslike gemeente in Antiochíë sekere profete en leraars,

naamlik Bárnabas en Símeon wat Niger genoem word, en Lúcius, die Cirenéër, en Manáen, wat saam met Herodes, die

viervors, grootgeword het, en Saulus.

Dit is duidelik dat onder hierdie leiers was Niger: van die Griekse woord neeg’-er 1 wat swart beteken en die Cirenéër

(Cyrene) d.w.s. het gekom van ‘n dorp aan die kus van Noord Afrika in hedendaagse Libië.

M.a.w. ten minste een swart man en miskien 2, of die tweede kon ‘n Arabier gewees of ‘n Jood wat in Afrika gebly

het, was deel van die leiers van die eerste kerk!

Mattheus 3:8 Dra dan vrugte wat by die bekering pas.

2 Timotheus 3 :1 Maar weet dit, dat daar in die laaste dae swaar tye sal kom.

3:2 Want die mense sal liefhebbers van hulleself wees, geldgieriges, grootpraters, trotsaards, lasteraars, ongehoorsaam aan

hulle ouers, ondankbaar, onheilig,

3:3 sonder natuurlike liefde, onversoenlik, kwaadsprekers, bandeloos, wreed, sonder liefde vir die goeie,

3:4 verraaiers, roekeloos, verwaand, meer liefhebbers van genot as liefhebbers van God;

3:5 mense wat 'n gedaante van godsaligheid het, maar die krag daarvan verloën het. Keer jou ook van hierdie mense

af.

3:6 Want uit hulle is die wat in die huise insluip en arme vroue gevange neem wat met sondes belaai is en deur allerhande

begeerlikhede gedryf word,

3:7 wat altyd leer en nooit tot die kennis van die waarheid kan kom nie.

3:8 En net soos Jannes en Jambres Moses teëgestaan het, so staan ook hierdie mense die waarheid teë, mense verdorwe in

die verstand, onbetroubaar ten opsigte van die geloof.

3:9 Maar hulle sal nie verder voortgaan nie, want hulle dwaasheid sal vir almal duidelik wees, soos ook dié van daardie

manne geword het.

3:16 Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, …

Hierdie skrif verwys na die laaste dae. Dit is nou! Ons leef in die finale jare voordat die Messias vir die 2de keer

kom. Dit verg erge verwaandheid om God se posisie oor te neem en te verklaar (met skynbare godsdienstige outoriteit)

dat wesens van ander rasse nie mense is nie en nie siele het nie. Hierdie is ‘n sataniese verdraaing van die waarheid.

Wat dink God daarvan dat hulle sy Feeste hou?

Levitikus 26:14 Maar as julle nie na My luister en al hierdie gebooie nie doen nie;

26:15 en as julle my insettinge verwerp, en as julle siel van my verordeninge 'n afsku het, sodat julle nie al my gebooie

doen nie en my verbond verbreek

26:16 dan sal Ék dit ook aan julle doen: Ek sal verskrikking oor julle beskik: die tering en die koors wat die oë verteer en die

lewe laat versmag; julle sal ook tevergeefs julle saad saai, want julle vyande sal dit opeet.

26:17 En Ek sal my aangesig teen julle rig, sodat julle voor jul vyande verslaan word; en julle haters sal oor julle heers,

en julle sal vlug terwyl niemand julle agtervolg nie.

1 Strongs Hebrew and Greek Dictionary G 3526

1

26:18 En as julle dan nog nie na My luister nie, sal Ek voortgaan om julle sewevoudig weens julle sondes te tugtig.

26:19 En Ek sal julle trotse mag verbreek, en sal julle hemel maak soos yster en julle aarde soos koper.

26:20 En julle krag sal tevergeefs verbruik word, want julle land sal sy opbrings nie gee nie, en die bome van die land sal

hulle vrugte nie gee nie.

26:21 En as julle jul teen My versit en na My nie wil luister nie, sal Ek meer plae op julle lê, sewevoudig volgens julle

sondes.

Amos 5:21 Ek haat, Ek versmaad julle feeste en het geen welgevalle aan julle feestye nie.

5:22 Want al bring julle vir My brandoffers saam met julle spysoffers, Ek het daar geen welbehae in nie, en die dankoffer

van julle vetgemaakte kalwers sien Ek nie met welgevalle aan nie.

5:23 Verwyder van My die geraas van jou liedere! En na die geluid van jou harpe wil Ek nie luister nie.

5:24 Maar laat die reg aanrol soos watergolwe, en geregtigheid soos 'n standhoudende stroom.

5:25 Het julle aan My slagoffers en spysoffers gebring veertig jaar lank in die woestyn, o huis van Israel,

Die mense het vir hulself hul eie god geskep, ‘n wit rassistiese oppermagtige Nazi tipe stamgod. Dit gesê, die ware

God haat alle rassisme of dit wit rassisme, swart rassisme of anti-semitisme is. Dit is logies dat mens nie kan bid vir die

redding van ‘n mens wat jy haat nie. So ‘n gebed, sal vanuit totale verkeerde motiewe kom en ongehoord in die hemele

wees.

Die gelykenis van die goeie Samaritaan is goed bekend, maar dikwels misverstaan, omdat ons nie die politiese en

sosiale kultuur verstaan wat die raamwerk vorm vir dit wat Yeshua – Jesus eintlik wou sê nie. Kom ons kyk weer

daarna, maar die keer vervang ons die woord Samaritaan met ‘n frase wat dit duidelik maak wat Jesus eintlik wou sê!

Wie is my naaste?

Lukas 10:25 En daar het 'n sekere wetgeleerde opgestaan wat Hom versoek het deur te sê: Meester, wat moet ek doen om

die ewige lewe te beërwe?

10:26 En Hy antwoord hom: Wat is in die wet geskrywe? Hoe lees jy?

10:27 En hy antwoord en sê: Jy moet die Here jou God liefhê uit jou hele hart en uit jou hele siel en uit jou hele krag en uit

jou hele verstand; en jou naaste soos jouself.

10:28 Toe sê Hy vir hom: Jy het reg geantwoord; doen dit, en jy sal lewe.

10:29 Maar hy wou homself regverdig, en sê vir Jesus: En wie is my naaste?

10:30 En Jesus antwoord en sê: 'n Sekere man het afgegaan van Jerusalem na Jérigo en onder rowers verval, en nadat hulle

hom uitgetrek en geslaan het, gaan hulle weg en laat hom half dood lê.

10:31 En bygeval het 'n priester met daardie pad afgekom, en toe hy hom sien, gaan hy anderkant verby.

10:32 En net so het ook 'n Leviet by dié plek gekom en hom gesien en anderkant verbygegaan.

10:33 Maar 'n sekere man van ‘n ander rasse of volke groep (Samaritaan) wat op reis was, het op hom afgekom; en toe hy

hom sien, het hy innig jammer gevoel,

10:34 en na hom gegaan, sy wonde verbind en olie en wyn daarop gegooi. Hy het hom toe op sy eie pakdier gehelp en hom

na 'n herberg geneem en vir hom gesorg.

10:35 En toe hy die volgende môre weggaan, haal hy twee pennings uit en gee dit aan die eienaar van die herberg en sê vir

hom: Sorg vir hom, en enige onkoste wat jy nog meer mag hê, sal ek jou betaal as ek terugkom.

10:36 Wie dan van hierdie drie, dink jy, was die naaste van hom wat onder die rowers verval het?

10:37 En hy antwoord: Hy wat barmhartigheid aan hom bewys het. Toe sê Jesus vir hom: Gaan en doen jy net so.

En weer: Die genesing van die tien melaatses:

Lukas 17:12 En toe Hy in 'n sekere dorp ingaan, kom tien melaatse manne Hom tegemoet, wat op 'n afstand bly staan het.

17:13 En hulle het hul stem verhef en gesê: Jesus, Meester, wees ons barmhartig!

17:14 En toe Hy hulle sien, sê Hy vir hulle: Gaan vertoon julle aan die priesters. En onderwyl hulle weggaan, het hulle rein

geword.

17:15 En een van hulle, toe hy sien dat hy gesond was, het omgedraai en God met 'n groot stem verheerlik.

17:16 En hy het op sy aangesig neergeval by sy voete en Hom gedank. En hy was 'n man van ‘n ander rassegroep

(Samaritaan).

17:17 Toe antwoord Jesus en sê: Het tien nie rein geword nie? En waar is die nege?

17:18 Was daar niemand onder hulle te vinde wat omgedraai het om God te verheerlik behalwe hierdie vreemdeling nie?

17:19 En Hy sê vir hom: Staan op en gaan; jou geloof het jou gered.

2

In hierdie verse was Yeshua-Jesus besig om die laaste vyf van die Tien Gebooie, wat te doen het met ons

verhouding met ons medemense, te verduidelik. Sien Exodus Hoofstuk 20. Hy was besig om Torah lering te gee!

En weereens: Die vrou van Samaria:

Johannes 4:4 En Hy moes deur ‘n dorp wie se inwoners van ‘n ander rassegroep was (Samaría) gaan.

4:5 Hy kom toe by 'n stad van Samaría wat Sígar genoem word, naby die stuk grond wat Jakob aan sy seun Josef gegee het.

4:6 En die fontein van Jakob was daar. Jesus het toe, omdat Hy moeg was van die reis, somaar by die fontein gaan sit. Dit

was omtrent die sesde uur.

4:7 Daar kom 'n vrou uit Samaría om water te skep. Jesus sê vir haar: Gee vir My water om te drink--

4:8 want sy dissipels het na die stad gegaan om voedsel te koop.

4:9 En die vrou van die ander rasse groep (Samaritaanse vrou) sê vir Hom: Hoe is dit dat U wat 'n Jood is, van my vra om te

drink terwyl ek 'n Samaritaanse vrou is? Want die Jode hou geen gemeenskap met die mense van ander rasse nie

(Samaritane).

4:10 Jesus antwoord en sê vir haar: As jy die gawe van God geken het en geweet het wie Hy is wat vir jou sê: Gee vir My

water om te drink, sou jy Hom gevra het en Hy sou vir jou lewende water gegee het.

4:11 Die vrou sê vir Hom: Here, U het nie eens 'n skepding nie, en die put is diep; waarvandaan kry U dan die lewende

water?

4:12 U is tog nie groter as ons vader Jakob nie, wat die put aan ons gegee het en self daaruit gedrink het, en sy seuns en sy

vee?

4:13 Jesus antwoord en sê vir haar: Elkeen wat van hierdie water drink, sal weer dors kry;

4:14 maar elkeen wat drink van die water wat Ek hom sal gee, sal in ewigheid nooit dors kry nie, maar die water wat Ek hom

sal gee, sal in hom word 'n fontein van water wat opspring tot in die ewige lewe.

4:15 Die vrou sê vir Hom: Here, gee my daardie water, sodat ek nie dors kry en hier hoef te kom skep nie.

4:16 Jesus sê vir haar: Gaan roep jou man en kom hier.

4:17 Die vrou antwoord en sê: Ek het nie 'n man nie. Jesus sê vir haar: Jy het reg gesê: Ek het nie 'n man nie;

4:18 want jy het vyf mans gehad; en die een wat jy nou het, is nie jou man nie. Dit het jy met waarheid gesê.

4:19 Die vrou sê vir Hom: Here, ek sien dat U 'n profeet is.

4:20 Ons vaders het op hierdie berg aanbid, en julle sê dat die plek waar ons behoort te aanbid, in Jerusalem is.

4:21 Jesus sê vir haar: Vrou, glo My, daar kom 'n uur wanneer julle nie op hierdie berg en ook nie in Jerusalem die Vader sal

aanbid nie.

4:22 Julle aanbid wat julle nie weet nie; ons aanbid wat ons weet, want die saligheid is uit die Jode.

4:23 Maar daar kom 'n uur, en dit is nou, wanneer die ware aanbidders die Vader in gees en waarheid sal aanbid; want die

Vader soek ook mense wat Hom só aanbid.

Handelinge 8:5 En Filippus het afgekom in 'n stad waar die inwoners van ’n ander rasse groep was (Samaría) en Christus

aan hulle verkondig.

8:6 En die skare het eendragtig ag gegee op die woorde van Filippus toe hulle dit hoor en die tekens sien wat hy doen.

8:7 Want uit baie van die wat onreine geeste gehad het, het die geeste uitgegaan terwyl hulle met 'n groot stem skreeu; en

baie wat lam en kreupel was, het gesond geword.

8:8 En daar was groot blydskap in daardie stad.

Hierdie skrif wys vir ons dat die mense van Samaría verlos was van die demone wat hulle van God weggehou het.

So ook kan lede van ander rasse, veral die swartes met hulle sogenaamde voorvader geeste (demone) en lede van ander

gelowe, verlos word.

Die agtergrond van hierdie Bybel stories

Die Samaritane was mense van ander nasies wat deur die Assiriese vors na Samaría gebring was in plek van die

Israeliete, van die Noordelike Koninkryk wat hy in ballingskap weggevoer het, 722 jaar voor die tyd van Jesus. Die

Israeliete is gestuur na die verre eindes van die Assiriese ryk, hedendaagse Pakistan, Afganistan, Iran, Kazakstan,

Uzbekistan, Turkmenistan en Kasjmir. Samaría is die gebied wat die wêreld verkeerdelik die noordelike Wes Oewer

noem, of Palestina. Dit is noord van Jerusalem.

Die Jode van Jesus se tyd wou niks te doen hê met hierdie vreemdelinge nie. Hulle was ‘n rasse mengelmoes wat

ingetrou het met die enkele van die armste Israeliete wat nie weggevoer was nie. Die Jode het glad nie met hulle

gepraat nie en sou ook nie hulle dorpe binnegaan nie. Jesus het hulle skynheiligheid aangespreek in hierdie skrifte en

hy het geleer dat ons alle mense van ander rasse moet liefhê. Jesus het hier duidelik geleer dat Hy Lewende Water kon

gee vir ander volke.

3

2 Konings 17:6 In die negende jaar van Hoséa het die koning van Assirië Samaría ingeneem en Israel in ballingskap

weggevoer na Assirië en hulle laat woon in Halag (Halah – moderne Herat in Afganistan) en aan die Habor (Kabul) , die rivier

van Gosan (moderne Gazni in Afganistan. Die Gazni Rivier vloei in die Kabul Rivier in) en in die stede van Medië. ( Die Medo-Persië

ryk was waar deesdae Iran is, maar dit was heelwat groter.)

17:7 Want die kinders van Israel het gesondig teen die HERE hulle God wat hulle uit Egipteland onder die hand van Farao

uit, die koning van Egipte, laat optrek het; en hulle het ander gode gevrees

17:8 en gewandel volgens die insettinge van die nasies wat die HERE voor die kinders van Israel uit verdryf het, en van die

konings van Israel wat dit bewerk het.

17:24 En die koning van Assirië het uit Babel en uit Kuta en uit Awa en uit Hamat en Sefarváim mense ingevoer en laat

woon in die stede van Samaría, in die plek van die kinders van Israel: hulle het Samaría in besit geneem en in sy stede gaan

woon.

17:25 En in die begin van hulle vestiging daar het hulle die HERE nie gevrees nie. Toe stuur die HERE leeus onder hulle, en

dié het onder hulle sommige gedood.

17:29 Maar hulle het, elke nasie, sy eie god gemaak en in die tempels van die hoogtes opgestel wat die Samaritane gebou

het; elke nasie in hul stede waarin hulle woonagtig was:

Galate 3:26 Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus;

3:27 want julle almal wat in Christus gedoop is, het julle met Christus beklee.

3:28 Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle

is almal een in Christus Jesus.

3:29 En as julle aan Christus behoort, dan is julle die nageslag van Abraham en volgens die belofte erfgename.

Kolossense 3:10 en julle jul met die nuwe mens beklee het wat vernuwe word tot kennis na die beeld van sy Skepper,

3:11 waar daar nie Griek en Jood, besnedene en onbesnedene, barbaar, Skith, slaaf, vryman is nie, maar Christus is alles

en in almal.

3:12 Beklee julle dan, as uitverkorenes van God, heiliges en geliefdes, met innerlike ontferming, goedertierenheid,

nederigheid, sagmoedigheid, lankmoedigheid.

3:13 Verdra mekaar en vergewe mekaar as die een teen die ander 'n klag het; soos Christus julle vergeef het, so moet julle

ook doen.

3:14 En beklee julle bo dit alles met die liefde wat die band van die volmaaktheid is.

En weereens onderstaande verse waar die woord Griek beteken mense van ‘n ander rasse groep of ander volke

groep as die Jode.

Romeine 1:16 Want ek skaam my nie oor die evangelie van Christus nie, want dit is 'n krag van God tot redding vir elkeen

wat glo, eerste vir die Jood en ook vir die Griek. (d.w.s aan ander volke groepe.)

10:11 Want die Skrif sê: Elkeen wat in Hom glo, sal nie beskaam word nie.

10:12 Want daar is geen onderskeid tussen Jood en Griek nie; dieselfde Here tog is Here van almal en is ryk oor almal wat

Hom aanroep.

10:13 Want: Elkeen wat die Naam van die Here aanroep, sal gered word.

Efesiërs 2:8 Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God;

2:9 nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.

2:10 Want ons is sy maaksel, geskape in Christus Jesus tot goeie werke wat God voorberei het, sodat ons daarin kan

wandel.

2:11 Daarom, onthou dat julle wat vroeër heidene (nie Jode nie, d.w.s mense van ‘n ander volke groep,) in die vlees was en

onbesnedenes genoem word deur die sogenaamde besnydenis wat in die vlees met hande verrig word,

2:12 dat julle in dié tyd sonder Christus was, vervreemd van die burgerskap van Israel en vreemdelinge ten aansien van die

verbonde van die belofte, sonder hoop en sonder God in die wêreld.

2:13 Maar nou in Christus Jesus het julle wat vroeër ver was, naby gekom deur die bloed van Christus.

2:14 Want Hy is ons vrede, Hy wat albei een gemaak en die middelmuur van skeiding afgebreek het

2:15 deurdat Hy in sy vlees die vyandskap tot niet gemaak het, naamlik die wet van gebooie wat in insettinge bestaan; sodat

Hy, deur vrede te maak, die twee in Homself tot een nuwe mens kon skep

2:16 en albei in een liggaam met God kon versoen deur die kruis, nadat Hy daaraan die vyandskap doodgemaak het.

2:17 En Hy het die evangelie van vrede kom verkondig aan julle wat ver was en aan die wat naby was;

2:18 want deur Hom het ons albei die toegang deur een Gees tot die Vader.

2:19 So is julle dan nie meer vreemdelinge en bywoners nie, maar medeburgers van die heiliges en huisgenote van God,

4

Hierdie verse maak dit baie duidelik dat mense van alle rasse groepe of volkere gered kan word, maar slegs deur

Koning Jesus Christus – Melech Yeshua Ha-Messiach.

Enigiemand, of hulle in die politiek is, of lede is van ‘n kerk van enige denominasie of ‘n Torah groep, wat ‘n

teenoorgestelde leerstelling volg, verstaan dood eenvoudig nie die evangelie van redding deur die bloed van Messiah

Yeshua – Jesus Christus nie! Hulle kan net sowel ophou om voor te gee dat hulle na God luister. Hulle luister nie en het

nodig om hulle te bekeer van hulle valse geloof.

Nieteenstaande bogenoemde, maak die Bybel dit ook duidelik dat ons nie oneweredig gejuk of saamgesnoer mag

wees nie.

2 Korinthiërs 6:14 Moenie in dieselfde juk trek saam met ongelowiges nie, want watter deelgenootskap het die

geregtigheid met die ongeregtigheid, en watter gemeenskap het die lig met die duisternis?

6:15 En watter ooreenstemming het Christus met Bélial, of watter aandeel het die gelowige met die ongelowige?

6:16 Of watter ooreenkoms het die tempel van God met die afgode? Want julle is die tempel van die lewende God, soos

God gespreek het: Ek sal in hulle woon en onder hulle wandel, en Ek sal hulle God wees, en hulle sal vir My 'n volk wees.

6:17 Daarom, gaan onder hulle uit en sonder julle af, spreek die Here; en raak nie aan wat onrein is nie, en Ek sal julle

aanneem;

Let wel hierdie verse het niks met velkleur te doen nie, maar met geloof. ‘n Gelowige mag nie met ’n ongelowige

trou nie, al is die persoon van jou eie volk. Dit is die kleur van die hart wat hier ter sake is. Hier ter sprake is

huwelike, seksuele verhoudinge, sake vennootskappe, ens. As die ander persoon geen geloof het nie of van ’n ander

geloof is of betrokke is met heksery of toordery is ‘n verbintenis met hulle verbode! Dit is die aanbidding van demone

wat die probleem is en nie die velkleur nie. Alle ander sogenaamde gode is demone. Daar is slegs een ware God, die

Skepper van hierdie planeet en al sy mense! Sy Naam is YHVH, Yod, Hey, Vav, Hey in Hebreeus gespel, en Hy het

Homself ook bekend gemaak as die Elohim (God) van Abraham, Isak en Jakob.

Kom ons kyk na die logiese gevolgtrekkinge van die konsep dat slegs blankes mense is, maar swartes nie mense is

nie. ’n Zebra is nie ’n mens nie. Hierdie dier kan nie strafregtelik aanspreeklik gehou word voor ‘n hof nie, op die aarde

of in die hemele. Geen nie-mens kan aanspreeklik gehou word nie. Slegs mense kan in ‘n mense-hof skuldig bevind

word. Alle mense verdien om deur God se hof skuldig bevind te word en hel toe gestuur te word. Slegs omdat Jesus

die vonnis vir ons betaal het kan ons dit vryspring. Geen dier kan hel toe gestuur word nie, so ook nie enige mense kind

wat te jonk is om ‘n verantwoordelike oordeel te maak, want hulle is nie wetsaanspreeklik vir hulle aksies nie.

Daar is geen sin in die konsep dat ‘n nie-mens persoon wel deur God hel toe veroordeel kan word, maar daar

ontbreek ‘n meganisme waardeur hulle hemel toe kan gaan. So ‘n redenasie is buite die bestek van rasionele denke! Die

implikasie van hierdie tipe rassistiese denke is dat ‘n wit moordenaar vir ewigheid hel toe gestuur kan word, maar een

van ‘n ander ras kan nie. Hy hou net op om te bestaan! Die ware Skeppende God is nie so onregverdig nie!

Verwar hierdie bo-staande paragraaf vir u? Natuurlik! ‘n Nie-mens wese wat kan praat en dink maak net nie enige

logiese sin nie.

Britse Israelisme.

Hierdie is ‘n mensgemaakte mite sonder enige historiese bewys wat in die 1860s en 1870s sy huidige vorm aangeneem

het. Dis ’n duidelike vorm van vervangings teologie. Om Britse Imperialisme te regverdig was alle profesieë oor die

herstel van die Noordelike Koninkryk van Israel gesteel en toegepas op Engeland. Dit is politiek, nie geskiedenis nie,

net soos wat radikale Islam beweer dat die Tempel in Jerusalem ‘n mite was en dat die ou Testamentiese Hebreeuse

State nooit bestaan het nie. Alle profesieë in die Bybel oor die herstel van Israel sal nog steeds vervul word net soos dit

geskryf is, want God maak nie fout nie. Hy is ook dieselfde gister, vandag en more. Hy het nie van gedagte verander

nie.

Daar is geen bewys dat die Israelitiese stamme die Engelse geword het nie of die Europeërs nie. Dit is net teorie

waar een skrywer die ander aanhaal. Sodoende het hulle geskiedenis oorgeskryf soos dit hulle gepas het.

Baie word gepraat van die Naam ooreenkomste tussen die naam Dan en plek name wat die d- medeklinker-n

kombinasie het, bv Dun. http://en.wikipedia.org/wiki/British_Israelism Die webwerwe hieronder brei grootliks uit oor

die onderwerp.

Wat Britse Imperialisme met Boere te doen het is onduidelik, behalwe dat dit rassisme regverdig.

5

Skrywer wil net twee dinge byvoeg:

A.) In die lys in Openbaring van die 12 stamme van Israel, is Dan uitgelaat.

7:4 En ek het die getal van die verseëldes gehoor: honderd vier en veertig duisend verseëldes uit al die stamme van die

kinders van Israel

7:5 uit die stam van Juda twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Ruben twaalf duisend verseëldes; uit die stam van

Gad twaalf duisend verseëldes;

7:6 uit die stam van Aser twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Náftali twaalf duisend verseëldes; uit die stam van

Manasse twaalf duisend verseëldes;

7:7 uit die stam van Símeon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Levi twaalf duisend verseëldes; uit die stam van

Issaskar twaalf duisend verseëldes;

7:8 uit die stam van Sébulon twaalf duisend verseëldes; uit die stam van Josef twaalf duisend verseëldes; uit die stam

van Benjamin twaalf duisend verseëldes.

Vir ‘n volledige ondersoek van Britse Israelisme sien:

http://www.bible.ca/pre-british-israelism-foy-wallace.htm

http://www.bibleguidance.co.za/Engarticles/Britishisraelism.htm Prof Johan Malan se kommentaar hier is geldig, al

verskil hierdie artikel met sy ander skrywe oor die wegraping.

B.) Britse Israelisme glo dat hulle almal wit moet wees, maar in hulle gebruik van die sogenaamde trekkery van die

stam van Dan na Engeland toe, wil ek net graag vir hulle herinner dat die Ethiopiese Jode wat Aliyah na Israel gemaak

het was eers bevestig deur die Rabbiniese Raad in Israel om lede van die stam van Dan te wees, voordat Israel

vliegtuie gestuur het om hulle te gaan haal. Hulle is almal bruin, met kenmerkende gesigte. Op besoek na Israel, het

skrywer hierdie gesigte wat in sy hotel gewerk het, gegroet met “Shalom Ethiopia” en is altyd geantwoord met ‘n groot

glimlag van vreugde omdat hulle herkoms herken is!

Die geen Jode bly in Israel leuen.

‘n Leuen word versprei in hierdie en ander lande dat die “Jode” wat in Israel bly nie Jode is nie, omdat hulle afkomstig

is van die Ashkenazi Jode. Hulle is volgens hierdie posisie afkomstig van die Khazar stam van Sentraal Asia wat hulle

tot Judaisme bekeer het omtrent 1200 jaar gelede. Die Khazars het gewoon presies waar die Israeliete in ballingskap

weggevoer was deur die Assiriese ryk, naamlik die noord ooste van Assirië. Hulle het hulle godsdiens verloor weens

hulle aanbiddery van afgode, maar steeds elemente van hulle kultuur behou. Omtrent 1400 jaar nadat hulle verban was

het hulle in Judaisme die kultuur van hulle voorvaders herken en teruggekeer na die geloof van hulle voorvaders,

Abraham Isak en Jakob.

Die Khazar bekering het plaasgevind in die tyd toe die Israeliet Hephtaliete of Ephtaliete die Sentraal Asië streek

beheer het.

Die Europese Joode met blonde of bruin hare en blou oë staan bekend as Ashkenazi Jode. Hierdie naam kan heel

moontlik afgelei word van die stam naam Ashkenaz Gen10:3. Dit is onmoontlik vir enige mense om te kan bepaal

watter persentasie van hulle afkomstig is van die die verspreide afstammelinge van die Koninkryk van Juda (Jode) en

watter persentasie afkomstg is van die 10 Noordelike stamme, Ephtaliete of Khazars. Die Khan van (Cohen/Kohn/

Kuhn/ Chan) beteken Khoaniem of priesters, afstammelinge van Kehat ( Khohath of Qehath) die oupa van Aäron

(Aaron, Aharon) die eerste Hebreeuse Hoë Priester van Israel en broer van Moses. Toevallig? Onwaarskynlik!

Die term Sephardiese Jode verwys na Jode van Spaanse oorsprong. Hulle het donker oë en swart hare. Moderne

Israel asook die Boere volk, is vol mense met hierdie gelaatstrekke. Die Sephardiese Jode is uit Spanje verjaag deur die

Spaanse inkwisisie (Inquisition) en het Holland, Suid Amerika, Suid Afrika en Marokko toe gevlug.

Toe Israel in 1948 onafhanklik geword het, met ‘n bevolking van 800,000 mense, was 700,000 Jode wat in Arabiese

lande gewoon het, verdryf en hulle het na Israel toe gegaan. Baie van die mense het donkerder velle en val nie onder

die vaandel van Europese Jode nie. Teen die 1950s, het amper 50% van die Israeli bevolking nie in die Ashkenazi

definisie ingepas nie. Die aantyging dat geen van die Jode in Israel werklik Jode is, is ‘n antisemitiese leuen, wat nie

inpas by enige werklike historiese feite nie. Die Israelis is in Israel vandag omdat die God van Abraham, Isak en Jakob

hulle teruggebring het na die land van hulle voorvaders, net soos wat Hy beloof het in die skrif. As God die geld

gebruik het van mense wat aan die sinagoge van satan behoort om Sy doelstellings te bereik, moet ons ook net onthou

dat Hy Kores (Cyrus) die heiden koning van Persië gebruik het om die Jode van Babilon te laat terugkeer.

Esra 1:1 En in die eerste jaar van Kores, die koning van Persië, het die HERE--sodat die woord van die HERE uit die mond

van Jeremía vervul sou word--die gees van Kores, die koning van Persië, opgewek, dat hy 'n oproep deur sy hele koninkryk

laat gaan het, selfs ook skriftelik, om te sê:

6

1:2 So sê Kores, die koning van Persië: Al die koninkryke van die aarde het die HERE, die God van die hemel, aan my

gegee; en Hy het my opgedra om vir Hom 'n huis te bou in Jerusalem wat in Juda is.

1:3 Enigeen onder julle wat aan sy volk behoort--mag sy God met hom wees, en laat hom optrek na Jerusalem wat in Juda is,

en die huis van die HERE, die God van Israel, bou! Hy is die God wat in Jerusalem is.

Openbaring 3:9 Kyk, Ek gee jou uit die sinagoge van die Satan, van die wat sê dat hulle Jode is en dit nie is nie, maar

lieg Ek sal maak dat hulle kom en voor jou voete neerbuig en erken dat Ek jou liefgehad het.

Alles op hierdie planeet behoort aan God omdat Hy die skepper is, insluitend die rykdom van mense wat nie na

Hom luister nie. Ons dink dat goed of eiendom aan ons behoort, maar ons het slegs huurbesit solank ons na Hom

luister. God het die titel tot Israel en Hy het Sy mense uitgesit toe hulle nie geluister het nie en Hy behou die reg om

hulle terug te bring.

Miga 4:1 En aan die einde van die dae (naby die wederkoms) sal die berg van die huis van die HERE (YHVH) vasstaan op die

top van die berge en verhewe wees bo die heuwels, en die volke sal daarheen toestroom.

4:2 En baie nasies sal heengaan en sê: Kom, laat ons optrek na die berg van die HERE (YHVH) en na die huis van die God

van Jakob, dat Hy ons in sy weë kan leer en ons in sy paaie kan wandel. Want uit Sion sal die wet uitgaan en die woord van

die HERE uit Jerusalem.

4:3 En Hy sal oordeel tussen baie volke en regspreek vir magtige nasies tot in die verte; en hulle sal van hul swaarde pikke

smee en van hul spiese snoeimesse; nie meer sal nasie teen nasie die swaard ophef nie, en hulle sal nie meer leer om oorlog

te voer nie.

4:4 Maar hulle sal sit elkeen onder sy wingerdstok en onder sy vyeboom, sonder dat iemand hulle verskrik; want die mond

van die HERE van die leërskare het dit gespreek.

4:5 Want al die volke mag wandel elkeen in die naam van sy god, maar óns sal wandel in die Naam van die HERE onse God

vir ewig en altoos.

4:6 In dié dag, spreek die HERE, wil Ek versamel die wat kreupel is, en bymekaarmaak wat verdryf was, en die wat Ek

kwaad aangedoen het.

4:7 Dan sal Ek die wat kreupel was, tot 'n oorblyfsel maak en wat ver verwyder was, tot 'n magtige nasie. En die HERE

sal koning wees oor hulle hulle op die berg Sion, van nou af tot in ewigheid.

4:12 Maar ken nie die gedagtes van die HERE nie en verstaan nie sy besluit nie, dat Hy hulle versamel het soos gerwe

op die dorsvloer.

4:13 Staan op en dors, o dogter van Sion! Want Ek sal jou horing yster maak en jou kloue koper, en jy sal baie volke fyn

trap; en jy sal hulle onregverdige wins aan die HERE toewy en hulle rykdom aan die Here van die ganse

aarde.

Daar is talle soortgelyke profesieë in die skrif !

Die lering dat ‘geen Jode in Israel bly nie’ word vererger deur leuens wat beweer dat ‘Jode en Palestyne een en

dieselfde volk is’, en dat ‘Jode wat nie haakneuse het nie almal plastiese sjirurgie gehad het om hulle neuse reguit te

maak’. Iemand wat hierdie goed verkondig moet liewers by ‘n inrigtiging vir kranksinniges gaan bly! (In die Diaspora

museum in Tel aviv is ‘n prent met die groot verskeidenheid van Joodse neuse!)

Mense wat Jode of Hebreëers is, is afstammelinge van Abraham via Isak, terwyl Palestynse Arabiere van Saudi of

Egiptiese oorsprong is en afstammelinge van Ismael. Die konneksie was 4000 jaar gelede. Sederdien slegs vyandskap!

Jode is afstammelinge van Abraham deur Isak wat die beloofde land tussen die Eufraat Rivier en die

Middellandse See moes erf terwyl Arabiere afstammelinge van Abram deur Ismael en Esau is. Die res van die Midde

Ooste is oorgelaat aan hulle. Daar bestaan geen ras, geloof, taal of kulturele verskil tussen Arabiere en Palestyne

nie.

Die Joodse volk bestaan al 4000 jaar, die langste van enige volk, terwyl Palestyne ‘n onlangse politiese term is, wat

ontstaan het sedert die 1967 ses dag oorlog, om te verwys na Arabiere wat wes van die Jordaan rivier wil bly op grond

wat die Skepper aan die afstammelinge van Isak beloof het. Tydens Wêreld Oorlog 2 het die Palestynse Brigade van

die Britse leër uitsluitlik uit Jode bestaan!

Die afstammelinge van Esau was die Edomiete, nie Jode nie. Daar bestaan geskiedenis dat hulle Italië toe getrek het

en die Romeinse ryk begin het. Hulle was beslis vyande van die Jode.

Genesis 25:30 Toe sê Esau vir Jakob: Laat my tog sluk van die rooigoed daar, want ek is moeg. Daarom het hulle hom

Edom genoem.

36:8 En Esau het gaan woon in die gebergte Seïr. Esau, dit is Edom.

Esegiel 25:12 So sê die Here HERE: Omdat Edom wraaksugtig gehandel het teen die huis van Juda en hom baie skuldig

gemaak het en hom op hulle gewreek het—

25:13 daarom, so sê die Here HERE: Ek sal my hand uitstrek teen Edom en daaruit mens en dier uitroei; en Ek sal dit 'n

puinhoop maak van Teman af, en tot by Dedan sal hulle deur die swaard val.

7

‘n Plaaslike vloed?/ nie-mense wat kan praat?

Daar word beweer dat Swartes, en Jode ‘nie mense is nie’ en dat gekleurdes, Iere en Skotte ook ‘nie mense is nie’

omdat hulle verbaster is. Een van die maniere wat gebruik word om die nie-mens konsep te regverdig is die leuen dat

Noag se vloed slegs in die Midde Ooste plaasgevind het en dat die swartes oorblyfsels is van die oer mense wat die

vloed oorleef het. Om dit te beweer is om te sê dat die Bybel weergawe onwaar is! Dan moet mens alles in die skrif

uitgooi!

Die oudste bekende menslike dokument buite die skrif is die “Epic of Gilgamash” wat ‘n “spin doctor” of politieke

veranderde weergawe is van die lewe van Nimrod, die eerste na vloedse rebel teen God en bouer van die Toring van

Babel. In die storie wil Gilgamash (Nimrod) hom wreek teen God wat die vloed veroorsaak het en die vorige mense

vernietig het. Google dit en laai af as u dit wil lees.

Suid Afrikaanse toordokter Credo Mutwa het in sy boek “Indaba my Children”, die vroegste geskiedenis van die

mensdom, van die swartes se perspektief, opgeskryf. Dit begin met ‘n vloed. U kan die boek in meeste Biblioteke kry.

Net hoofstuk een is van belang hier. In die boek “Bruchko”, die lewensverhaal van ‘n sendeling wat in die Suid

Amerikaanse oerwoud gewerk het, vertel hy die mondelingse geskiedenis van die oerwoud Indiane. Dit begin met ‘n

vloed. Daar bestaan geen nie-dier op hierdie planeet met ‘n mondelingse volksgeskiedenis wat nie met ‘n vloed begin

nie.

Stadig vloeiende water kan nie rotse of berge deurkloof nie. Vinnig vloeiende blits vloede kan berge deurkloof!

Daar is geen ander verduideliking vir die Grand Canyon in die VSA of die Vis Rivier kloof in Namibië nie. Meirings

Poort tussen die Groot en Klein Karoo is ook so gevorm, so ook al ons bergpas klowe in Suid Afrika. Die vloed was

wêreldwyd!

Nimrod:-

Genesis 10:1 En dit is die stamboom van die seuns van Noag: Sem, Gam en Jafet--vir hulle is daar seuns gebore ná die

vloed.

10:6 En die seuns van Gam was: Kus en Misraim en Put en Kanaän.

10:8 Kus was ook die vader van Nimrod. Hy het begin om 'n geweldenaar op aarde te wees.

10:9 Hy was 'n geweldige jagter voor (ook vertaalbaar as teen) die aangesig van die HERE. Daarom sê hulle: Soos Nimrod,

'n geweldige jagter voor die aangesig van die HERE.

10:10 En die begin van sy ryk was Babel … in die land Sínear.

Die Bybel is duidelik, Nimrod, die kleinseun van Gam het Babel gebou.

Genesis 10:25 En vir Heber is twee seuns gebore; die naam van die een was Peleg, want in sy dae het die aardbewoners

verdeeld geraak; …

Die aardbewoners was nie voor die vloed verdeel in verskillende volkegroepe nie, maar wel in die tyd van Peleg!

Lees verder:-

Genesis 11:1 En die hele aarde het dieselfde taal gehad en een en dieselfde woorde. (Hebreeus)

11:2 En toe hulle wegtrek na die ooste, vind hulle 'n laagte in die land Sínear; en daar het hulle gaan woon.

11:3 Daarop sê hulle vir mekaar: Kom laat ons stene vorm en dit goed brand. Hulle gebruik toe die bakstene vir bousteen en

die lymgrond vir klei.

11:4 En hulle sê: Kom, laat ons vir ons 'n stad bou en 'n toring waarvan die spits tot aan die hemel reik (ook vertaalbaar as ‘n

toring wat se spits die hemel is, M.a.w. son, maan en ster aanbidding); en laat ons vir ons 'n naam maak, sodat ons nie oor die hele aarde

verstrooid raak nie.

11:5 Toe daal die HERE neer om die stad en die toring te besien waaraan die mensekinders gebou het.

11:6 En die HERE sê: Daar is hulle nou een volk en het almal een taal! En dit is net die begin van hulle onderneming: nou

sal niks vir hulle meer onmoontlik wees van wat hulle van plan is om te doen nie.

11:7 Kom, laat Ons neerdaal en hulle taal daar verwar, sodat die een die taal van die ander nie kan verstaan nie.

11:8 So het die HERE hulle dan daarvandaan oor die hele aarde verstrooi; en hulle het opgehou om die stad te bou.

11:9 Daarom het hulle dit Babel genoem, want daar het die HERE die taal van die hele aarde verwar, en daarvandaan het die

HERE hulle oor die hele aarde verstrooi.

Die wêreld was verdeel in die tyd van Peleg, vyf generasies na Sem die seun van Noag. Ons kom almal van Noag.

Nimrod was die oorspronklike na-vloed rebel. Na hom is die volkere verdeel.

Die verskil tussen diere en nie-diere is dat diere kan nie kies om die Skepper te dien nie. Nie-diere kan kies om

die Skepper te verwerp en gewoonlik maak hulle ook so. Daarom is dit slegs nie-diere wat verdien om hel toe te

gaan. Slegs Jesus Christus/ Yeshua Messiach kan nie-diere van die hel af red! Geen ander mag of sisteem of politiek

kan dit regkry nie.

8

Die geloof sisteem van die toordokters van Suider Afrika, kan direk teruggetrek word na Nimrod se sisteem! 2 Dit

is die probleem met swart mense. Dit het niks met velkleur te doen nie. Hulle demoon aanbidding, die sogenaamde

voorvader verering is hulle probleem. Die boere van ouds het die Bybel gehad, hulle moes dus geweet het dat die

bloed van Jesus kragtig genoeg was om die inboorlinge vry te maak van hulle demoniese agtergrond. Om die

evangelie en hierdie kennis te weerhou het was die sonde van weglating (omission)! Hierdie sonde moet bely word

volgens die voorbeeld van Daniel 9:5 Daar is derduisende wonderlike wedergebore swart mense in Afrika wat

totaal geheel en al vry is van demoon aanbidding.

Daniel 9:4 En ek het tot die HERE my God gebid en belydenis gedoen en gesê: Ag, Here, grote en gedugte God, wat die

verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou,

9:5 ons het gesondig en verkeerd gedoen en goddeloos gehandel en in opstand gekom en van u gebooie en verordeninge

afgewyk.

9:6 En ons het nie geluister na u knegte, die profete, wat in u Naam gespreek het tot ons konings, ons owerstes en ons vaders

en tot die hele volk van die land nie.

9:7 Aan U, Here, kom die geregtigheid toe, maar aan ons beskaming van die aangesig soos dit vandag is, …

Daniel het hier nie sy eie sondes bely nie, maar die van sy volk en sy voorvaders!

Van die ergste misdae in geskiedenis is uitgevoer deur wit mense! Tussen hulle, het Stalin en sy kommuniste, Hitler en

sy Nazis, en die Katolieke Kerk met sy inkwisies meer as 100 miljoen mense doodgemaak. Hulle wit velle het hulle nie

van die hel gered nie. Sodra ons sterf, gaan slegs ons liggame ontbind in die grond. Ons siele sal bly leef, of in die hel

as ons die heerskappy van Jesus Christus verwerp, of in die hemel met nimmereindigende vreugde in die

teenwoordigheid van ons saligmaker. Die Nazis het die Jode as nie-mense geklassifiseer. Soos in Engels gesê word

“The ball bounces!” Die een-wêreld regering sal maklik ook die boere as nie-mense klassifiseer!

Indien God vir u vervloek, net soos wat Hy vir Abraham beloof het, sal niks vir u van daardie lot laat ontsnap nie.

God SAL doen soos Hy beloof het.

Genesis 12:1 En die HERE het aan Abram gesê: …

12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek (d.w.s. jou nageslag); en in jou sal al die

geslagte van die aarde geseën word.

Hoekom moet diegene wat die Rwanda volksmoord gepleeg het, of ‘n swart moordenaar van wit boere, net ophou

bestaan as hulle liggame tot sterwe kom sonder ewige nagevolge? Dit sal neerkom op rassediskriminasie teen wittes

wat wel hel toe gestuur kan word. Ongelukkig is dit so dat die oorgrote meerderheid van mense van alle kleure wat

weier om die Heerskappy van Jesus Christus/ Yeshua Messias te aanvaar in die hel gaan eindig. Gaan dit u bestemming

wees?

Die mense wat agter die lering is dat Jode meer boos is as ander volke en dat swartes nie-mense is, weet dat hulle

lieg vir hulle simpele volgelinge. Hulle werklike probleem is dat hulle die leerstellings in die Torah (vyf boeke van

Moses) verwerp en hulle argument is met die Skepper. Dit is die rede hoekom hulle hul eie wit afgod (demigod) geskep

het. Al gebruik hulle die name Yeshua of Yahweh, het hulle haatgevulde godsdiens meer in gemeen met haat gevulde

radikale Islam, en hulle anti-haatspraak gebruik identiese woorde soos Islam s’n. Hulle dien nie die Koning van alle

Konings nie!

Daar is ‘n ander leuen wat die rondte doen dat al die Bilderbergers of Illuminati, Jode is. Die term Bilderbergers

kom van die Bilderberger Hotel waar hierdie groep mense hulle eerste vergadering gehad het om die Een-wêreld

regering te beplan. Jode is slegs 0.02% van die wêreld se bevolking. Daar is wel ateïste van Joodse oorsprong onder die

Bilderbergers, maar hulle is minder as 5% van die totale aantal samesweerders en hulle het geen lojaliteit teenoor Jode

in die algemeen nie. Om die woord Jood te herdefineer om identiese betekenis te hê met iemand wat die wêreldregering

beplan is ‘n blatante leuen. So ‘n leuen sal enige kommunis of person wat wel beplan om Jode uit te wis baie gelukkig

maak.

Jood beteken afstammeling van die Suidelike Koninkryk van Juda. Jesus is dié Leeu van Juda en afstammeling van

Dawid.

Openbaring 5:5 Toe sê een van die ouderlinge vir my: Moenie ween nie; kyk, die Leeu wat uit die stam van Juda is, die

wortel van Dawid, het oorwin om die boek oop te maak en sy sewe seëls te breek.

Jesus se stamboom in Mattheus maak dit duidelik dat Hy ‘n menslike afstammeling is van Juda.

2 The Two Babylons. Alexander Hislop.

9

1:1 Die geslagsregister van Jesus Christus, die seun van Dawid, die seun van Abraham:

1:2 Abraham was die vader van Isak, en Isak die vader van Jakob, en Jakob die vader van Juda en sy broers;

Nou laat ons eers vir die Skepper om vanuit sy woord ons aan te spreek:

Jesaja1:15 En as julle jul hande uitbrei, bedek Ek my oë vir julle; ook as julle die gebed vermenigvuldig, luister Ek nie:

julle hande is vol bloed.

1:16 Was julle, reinig julle, neem die boosheid van julle handelinge voor my oë weg, hou op om kwaad te doen,

1:17 leer om goed te doen, soek die reg, beteuel die verdrukker, doen reg aan die wees, verdedig die saak van die weduwee.

1:18 Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al

was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol.

1:19 As julle gewillig is en luister, sal julle die goeie van die land eet.

1:20 Maar as julle weier en wederstrewig is, sal julle deur die swaard geëet word; want die mond van die HERE het dit

gespreek.

Númeri 15:15-16 Wat die vergadering aangaan, een en dieselfde insetting geld vir julle en vir die vreemdeling wat by

julle vertoef. 'n Ewige insetting in julle geslagte is dit: soos julle, so moet die vreemdeling voor die aangesig van die HERE

wees.

Een wet en een reg moet geld vir julle en vir die vreemdeling wat by julle vertoef.

1 Johannes 3:4 Elkeen wat die sonde doen, doen ook die wetteloosheid, want die sonde is wetteloosheid.

Wet = anomia in Grieks =Torah in Hebreeus. Eintlik instellings en verordening of beskermende regulasies.

Deut 4:2 Julle mag by die woord wat ek julle beveel, niks byvoeg nie, en julle mag daar niks van weglaat nie; sodat julle

die gebooie van die HERE julle God mag onderhou, wat ek julle beveel.

Lev 19:18 … jy moet jou naaste liefhê soos jouself. Ek is die HERE.

Esegiël 14 :3 Mensekind, hierdie manne het hulle drekgode (idols of afgode) in hulle hart opgeneem en die struikelblok tot

hulle ongeregtigheid voor hulle aangesig neergesit--sou Ek My dan werklik deur hulle laat raadpleeg?

14:4 Daarom, spreek met hulle en sê vir hulle: So spreek die Here HERE: Elke man uit die huis van Israel wat sy drekgode

in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe kom--Ek, die

HERE, sal hom daarvolgens, volgens die menigte van sy drekgode, antwoord gee;

14:5 sodat Ek die huis van Israel in hulle hart kan gryp, omdat hulle almal deur hul drekgode hul van My afgewend het.

14:6 Daarom, sê aan die huis van Israel: So spreek die Here HERE: Bekeer julle en wend julle af van julle drekgode en wend

julle aangesig af van al julle gruwels.

14:7 Want elke man uit die huis van Israel en uit die vreemdelinge wat in Israel vertoef, wat hom afsonder en My nie navolg

nie en sy drekgode in sy hart opneem en die struikelblok tot sy ongeregtigheid voor sy aangesig neersit en na die profeet toe

kom, dat dié My vir hom kan raadpleeg--hom sal Ek, die HERE, self antwoord gee.

14:8 Ek sal my aangesig rig teen dié man en hom tot 'n teken en 'n voorwerp van spot maak, en Ek sal hom uitroei uit die

midde van my volk; en julle sal weet dat Ek die HERE is.

Wat is afgode of drekgode? (Idols)

Daar bestaan twee eenvoudige definisies:

A. Valse gode.

B. Die maak van enigiets in u lewe van groter belang as die duidelike woorde in die Skrif, of die plaas van die

Skepper in 2de of 3de plek van belang na enigiets anders, is om daardie iets te verafgod.

As jy vir God onderdanig maak aan jou politieke idees, is dit afgodery. (Die ware God – Elohim) wie se naam

YHVH gespel word, is verhewe bo alle politiek en alle volke op hierdie planeet en alle politici is aan Hom

verantwoording verskuldig.

As u ‘n stamgod het, wat slegs u eie volke groep dien, is dit afgodery.

As u haat in u hart koester teenoor iemand wat anders is as wat u is, en dan roem dat u Jesus Christus dien, is dit

afgodery.

Betrokkenheid in enige vorm van toordery is afgodery en dit sluit in Christen towery wanneer ons probeer om God

te manipuleer om ons menslike wil te doen.

Mattheus 5:43 Julle het gehoor dat daar gesê is: Jy moet jou naaste liefhê en jou vyand moet jy haat.

5:44 Maar Ek sê vir julle: Julle moet jul vyande liefhê; seën die wat vir julle vervloek, doen goed aan die wat vir julle

haat, en bid vir die wat julle beledig en julle vervolg;

10

5:45 sodat julle kinders kan word van julle Vader wat in die hemele is; want Hy laat sy son opgaan oor slegtes en goeies, en

Hy laat reën op regverdiges en onregverdiges.

5:46 Want as julle liefhet die wat vir julle liefhet, watter loon het julle? Doen die tollenaars nie ook dieselfde nie?

5:47 En as julle net jul broeders groet, wat besonders doen julle dan? Doen die tollenaars nie ook so nie?

5:48 Wees julle dan volmaak soos julle Vader in die hemele volmaak is.

Sien ook Lukas 6: vs 27 en 35.

1 Johannes 2:4 Hy wat sê: Ek ken Hom, en sy gebooie nie bewaar nie, is 'n leuenaar en in hom is die waarheid nie.

2:9 Hy wat sê dat hy in die lig is en sy broeder haat, is in die duisternis tot nou toe.

2:10 Wie sy broeder liefhet, bly in die lig, en in hom is geen oorsaak van struikeling nie.

2:11 Maar hy wat sy broeder haat, is in die duisternis en wandel in die duisternis en weet nie waarheen hy gaan nie, omdat

die duisternis sy oë verblind het.

3:23 En dit is sy gebod, dat ons in die Naam van sy Seun, Jesus Christus, moet glo en mekaar liefhê soos Hy ons 'n gebod

gegee het.

3:24 En hy wat sy gebooie bewaar, bly in Hom, en Hy in hom. En hieraan weet ons dat Hy in ons bly aan die Gees wat Hy

ons gegee het.

4:20 As iemand sê: Ek het God lief--en sy broeder haat, is hy 'n leuenaar; want wie sy broeder wat hy gesien het, nie liefhet

nie, hoe kan hy God liefhê wat hy nie gesien het nie?

4:21 En hierdie gebod het ons van Hom dat hy wat God liefhet, ook sy broeder moet liefhê.

Ons gaan hemel toe, indien ons ons sondes bely het en ons word vergewe op grond van die uitgestorte bloed van

Yeshua Messias/ Jesus Christus, wat ons hart so wit soos sneeu maak. Dit is die kleur van ons hart, nie die kleur van

ons vel nie wat ons in die hemel laat kom. Ongelukkig, verwerp meeste Suid Afrikaners van alle rasse groepe die

outoriteit van Jesus Christus en speel selfregverdigende godsdienstige speletjies, gebaseer op die hou van sekere

ritueles waardeur ons onsself oortuig dat ons beter is as die ander peroon. Koning Jesus het baie te sê gehad oor hierdie

gees van godsdienstigheid. Hy het feitlik niks positief te sê gehad oor die Fariseërs van ouds nie en hy gaan ook niks

positief te sê hê oor ons hedendaagse nuwe Fariseërs nie.

Mattheus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en

die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

7:20 So sal julle hulle dan aan hul vrugte ken.

7:21 Nie elkeen wat vir My sê: Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie, maar hy wat die wil doen van

my Vader wat in die hemele is.

7:22 Baie sal in daardie dag vir My sê: Here, Here, het ons nie in u Naam geprofeteer en in u Naam duiwels uitgedrywe en in

u Naam baie kragte gedoen nie?

7:23 En dan sal Ek aan hulle sê: Ek het julle nooit geken nie. Gaan weg van My, julle wat die ongeregtigheid werk!

Godsdienstigheid, sonder ‘n verhouding met Messias op grond van Sy vergifnis van ons sonde, gaan niemand in

die hemel bring nie. Ons moet Sy reëls volg, soos in die skrif geopenbaar en nie ons eie denke nie!

Beste vriend,

Indien enige iemand u uitnooi om by ‘n Bybel studie groep of ‘n Torah groep aan te sluit, of om enige viering van

die Levitikus 23 Feeste by te woon, vra eers die leiers uit wat hulle glo oor mense van ‘n ander volke groep.

1. Word hulle beskou as mense?

2. Het hulle siele?

3. Kan hulle gered word deur die uitgestorte bloed van Messias?

4. Kan Jode gered word?

5. Gaan all blankes outomaties hemel toe?

Indien die leier se antwoorde op vrae 1 tot 4 nee is en vraag 5 ja is, dan bly weg van hulle! Moet nie naby hulle gaan

nie. Hulle sal jou probeer kul met hulle teen-Bybelse posisie. Bid vir hulle Ja, maar moenie eers probeer om met hulle

te argumenteer of te redeneer nie. Slegs die Heilige Gees kan deur hulle misleiding deurbreek. Hulle sal nie “hoor” wat

u sê nie!

Mag ons Vader in die Hemel vir u onderskeiding gee!

11

Afrikaner Israeliete?

Daar is ‘n lering in Suid Afrika, soms verbonde aan Britse Israelisme en soms nie, dat die Afrikaners Israeliete is

wat die Jode vervang het in God se planne. Dit is eenvoudige vervangings teologie soos hierbo reeds genoem is.

Om in God se Koninkryk in te kom moet ons ingeënt word binne in die Joodse wortel, maar in baie gevalle in Suid

Afrika, Israel, Amerika ens. is dit Jode wat vanuit Rabbiniese Judaisme her-ingeënt word.

Indien u ‘n werklike Israeliet wil vind, d.w.s. ‘n afstammeling van die Noordelike Israelitiese Koninkryk, wat deur

die Assiriese Ryk gedeporteer was, gaan af na die naaste Pakistanse winkeltjie in jou dorp. Vra vir die Pakistani wat sy

van is en wat sy stam is. Indien sy van of stam Khan is, is hy ‘n Israeliet van herkoms van die stam van Levi. Hy is ‘n

afstammeling van die Levitiese priesters van die Noordelike Koninkryk! en die familie van Kohath, die oupa van Moses

en Aäron. Die Pakistanis spreek die dorp, na Kohath vernoem, as Kohad uit.

As hy van die Afridi of Pathan stamme is, is hy van Efraim en is hy Beni-Israel, (seun van Israel.) Hy is waarskynlik

‘n Moslem, en weet niks van die antieke geskiedenis van sy volk nie. Hy wag vir jou om hom van sy Messias te vertel.

Begin met ons gemene voorouers, Abraham, Isak en Jakob. Durf ons die evangelie van hom weerhou en dit slegs deel

met wit mense? Nee!

Sien www.quakesignature.com Hoofstuk 29 van die profetiese roman Quake vir meer oor die verlore stamme en

Simcha Jacobovici se dokumentêre film ‘The Lost Tribes of Israel.’ Canadian Broadsasting Corporation & Alliance

Atlantis / Rogers Telefund. Associated Productions, Ontario. Copyright 1998. Hierdie film was op Israeli TV

uitgesaai!

Afrikaner anti-Semitisme.

Dieselfde mense wat swart mense haat, haat ook die Jode, wie hulle beweer die V.N. en die wêreld beheer. Gegewe dat

die hele boek van Openbaring gaan oor dinge wat in ons generasie gaan gebeur, wat sê Koning Jesus oor die

vraagstuk?

Openbaring 2:9 Ek ken jou werke en verdrukking en armoede maar jy is ryk en die lastering van die wat sê dat hulle Jode

is en dit nie is nie, maar 'n sinagoge van die Satan.

2:10 Vrees vir niks wat jy sal ly nie. Kyk, die duiwel gaan sommige van julle in die gevangenis werp, sodat julle op die proef

gestel kan word; en julle sal tien dae lank verdrukking hê. Wees getrou tot die dood toe, en Ek sal jou die kroon van die

lewe gee.

Koning Jesus self sê dat die mense wat die wêreld gaan verdruk is nie Jode nie, maar is dienaars van satan! As

Jesus se oordeel is dat die mense nie Jode is nie, hoe kan ons alle Jode blameer vir hulle dade. Ja, ‘n familie wat

blykbaar van Joodse afkoms mag wees, het vir die perseel betaal waarop die V.N. gebou opgerig is. Ja, ‘n man wat

blykbaar van Joodse afkoms is het die World Trade Center geboue gekoop, hulle toegemaak vir 36 ure terwyl die

plofstof thermiet daarin geplant was sodat al drie geboue so in hulle voetspore inplof sodra die vliegtuie hulle tref.

Maar vliegtuie het slegs twee geboue getref. Wat moes hy doen met die derde gebou wat reeds vol plofstof was? Hy

kon nie die getuienis daar los nie, toe laat hy gebou 7 ook inplof in sy voetspore.

Jesus sê dat hierdie mense is nie Jode nie maar satan aanbidders.

Ek dink die Skepper van hierdie wêreld en die Heerser oor die Heelal weet waarvan Hy praat!

Boere wat Jood haters is, moet onthou dat baie van die voorvaders en Boere helde van ons volk Joodse

afstammelinge is, en waarskynlik het hierdie Joodhaters self Joodse gene. Hoe kan mens jou eie voorvaders se familie

haat? Om dit te doen moet jy ‘n verraaier wees teen jou eie volk.

Hierdie woorde het nie net betrekking op sogenaamde Torah onderhouers nie, maar aan almal wat Jode en enigiemand

anders haat, of hulle kerk mense is, sogenaamde Hebreërs is of sogenaamde Israeliete of Britse Israeliete.

Genesis12:1 En die HERE het aan Abram gesê:

12:3 En Ek sal seën diegene wat jou seën, en hom vervloek wat jou vervloek; en in jou sal al die geslagte van die aarde

geseën word.

Dit is vreemd dat Afrikaner rassistiese sogenaamde Christene en sogenaamde Torah gelowiges, die identiese

woorde en sinsdele herhaal wat gebruik was in die Sowjet kommunistiese KGB teen-Sionistiese propaganda. Die

teen-Sionistiese Moslems gebruik ook hierdie terme. Die Sowjet propaganda is oorgeneem van die Nazis. Wat is die

konneksie tussen Nazi propaganda en kommunistiese propaganda? Die een is tog veronderstel om ver regs te wees

en die ander een ver links? Die konneksie is humanisme, wat ‘n teen-God godsdiens is. Humanisme beweer die

mens self het die seggenskap oor wat reg en verkeerd is met betrekking tot hulself en andere.

Aan die ander kant God sê dat Hy die seggenskap het! Alle volksmoorde wat nog ooit gepleeg was, was

geregverdig deur die humanistiese konsep dat die ander volk minderwaardig was. Hierdie konsepte het geen plek in

die liggaam van Messias nie. Humanisme het die kerk so geinfiltreer dat die evangelie afgewater is in ‘n poging om

beide die god van humanisme te dien sowel as die Skepper, maar hulle plaas humanisme op ‘n hoër vlak as die

Skepper. En Ja, Vrymesselary is ‘n vorm van humanisme! En laasgenoemde het die Broederbond volkome beheer.

Die lede se lidmaatskap het hulle verbind aan dieselfde demoniese afgod gees.

12

Mattheus 6:24 Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en

die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!

Party van hulle vertel ook dat die Hebreeuse teks nie dieselfde lees as die Afrikaans nie. Maar die mense wat sulke

bewerings maak is nie Hebreeus sprekend nie. Indien iemand regtig Hebreeus wil verstaan, vra vir ‘n Messiaanse Jood,

‘n volgeling van Yeshua/ Jesus, wat Hebreeus as sy moeder taal praat!

Met blote boek kennis kan die Hebreeuse teks maklik verdraaid raak, net soos in Afrikaans een woord verskillende

betekenisse kan hê afhangende van die konteks. Plaaslike Hebreeuse idiome bepaal partykeer wat eintlik bedoel word.

Jood haters wat die Feeste van God hou, soos opgeskryf in Levitikus 23, is ‘n demoniese verdraaiing van die

bedoelinge van die God van Abraham, Isak en Jakob!

Hierdie skrywer distansieer himself van die beweging wat beweer “SALVATION IS ONLY THROUGH

THE NAME OF YAHUW IN YAHUWAH! YASAREL,” en dat “The Kingdom Nation of YAHUWAH has

now returned to Earth.” (vanaf 2002). Hierdie Yahuwans beweer dat die enigste korrekte Bybel in 2002 in

die Himalaja berge ontdek is en dat dit in die AbraYA taal geskryf was, nie in Hebreeus nie. Hulle beweer

dat Jesus Christus ‘n valse profeet was. Hierdie mense is nie Messiaanse Torah gelowiges of volgelinge van

Yeshua nie.

Einde

© 2012 Henry James

13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!