02.05.2013 Views

MONITOR AKSIEGROEP - iway

MONITOR AKSIEGROEP - iway

MONITOR AKSIEGROEP - iway

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MONITOR AKSIEGROEP

80808 WINDHOEK 252008 FAX: 229242

e-pos: mag@iway.na www.monitor.iway.na

OMSENDNUUSBRIEF Nr. 3/2008 NOVEMBER 2008

Geagte Vriend/Vriendin

OPGESTEL EN GEPUBLISEER DEUR DIE DAGBESTUUR VAN MAG

1. Ek kan dit byna nie glo dat dit ons derde en laaste

omsendbrief van die jaar is nie. Ons het dus ook

nog verder net drie nuusbriewe voor die belangrike

verkiesing in November 2009.

2. Briefwisseling is die gedwonge uitweg wat ons volg.

Hoe onvolmaak en gebrekkig dit ookal is. Ons het

nie die mannekrag of die finansies om ‘n ander

strategie te volg nie. Ons maak totaal staat op u

verantwoordelikheidsgevoel.

3. Baie dankie dus aan die getroue groepie wat gereeld

reageer. Dit is aan julle en genade van Bo te danke

dat Monitor Aksiegroep dit reggekry het om ‘n

belangrike vastrapplek in die Nasionale Vergadering

te kry. Dit is net ‘n moet dat ons volgende jaar vir

mnr. Jurie Viljoen weer ‘n plek in die loopgrawe moet

oopveg. Anders gaan ‘n stem om ons SAAK te stel,

stilgemaak word.

4. Lees asseblief met aandag die oproepe wat in die

pers op u gemaak word om u te laat registreer; of

maak seker oor waar u vorige registrasiekaart gebêre

is; sorg dat u enige tyd gereed is om te kan stem.

5. Mnr. Jurie Viljoen se rapport, uit die Parlement,

behoort u te laat besef hoe ‘n eensame stryd hy voer.

Hy sal terugvoering verwelkom.

6. Die middelste invoegsel, in hierdie nuusbrief, gaan

ons herhaal in die volgende nuusbriewe. As u reeds u

vorm ingevul het, gee hierdie vir ‘n vriend. As elkeen

van u nie vir 10 (tien) kiesers verantwoordelikheid

gaan aanvaar nie, gaan ons dit nie maak nie! Ons

maak staat op u en vertrou u sonder dat u nodig het

om te rapporteer oor wat u gedoen het.

7. Omdat Geloftefees vir baie niksseggend is, plaas

ons weer iets daaroor. Dit is hartseer om te sien

hoe ander bevolkingsgroepe in Namibië, veral na

onafhanklikheid, wakker geskrik het om lewe te

blaas in hulle volksfeeste en die groot hoeveelheid

publisiteit wat daaraan verleen word. Wat veral die

Afrikaner se volksfeeste betref, word daar politiek

korrek en “nie-rassisties” opgetree deur selfs ons

Afrikaners, dit wil sê dit word net verswyg omdat dit

aanstoot mag gee.

8. Baie dankie aan die Dorslandtrekkers wat nog die

stang vasbyt!

9. In Afrika word daar nie volgens tydskedules

gewerk nie. Ons vorder dus baie stadig met twee

aangeleenthede, naamlik, regstellende aksie en

partybefondsing. Lees die persverklaring wat ons na

die jaarvergadering uitgereik het.

10. Parlementêre Slaggate doen weer ‘n beroep op u

gewete oor die opvoeding en toekoms van u kinders

en klein kinders.

11. Baie dankie ook aan die getroue staatmakers wat

hulle N$50-00 gestuur het om die nuusbrief te

ontvang. As u nog nie u ledegeld vir hierdie boekjaar

betaal het nie, vertrou ons dat u hierop gaan reageer

asseblief.

Met vriendelike groete.

J.W.F. Pretorius

VOORSITTER: MONITOR AKSIEGROEP

Geseënde Kersfees en

’n

Voorspoedige 2009

aan u

en u familie

NOVEMBER 2008 1

“IK BEN EEN AFRIKAANDER”

deur ‘n Gebore Duitser

Sedert ek die voorreg gehad het om die tydige publikasie van

Professor E.L.P. Stals se boek WIE IS JY? te kon lees, en veral

oor die dae van MAG se AJV wat gehou is die 12de September

vanjaar, het ek, waar ek besig was met ’n taamlike moeilike toer

van ’n groep Duitsers deur ons land, Botswana en tot in Zambië,

baie gepeins oor wat vir ons voorlê in ons mooi land, en veral met

die aanloop tot, en uiteinde van, die komende verkiesing, hier, in

2009.

Veral daar langs die “magtige” Zambezi-rivier, toe maar taamlik

laag, maar nog steeds besonder indrukwekkend, het ek gewonder

oor “my” mede-Afrikaner en Boer.....en of ons uiteindelik sal

kom by die potensiaal wat daar in elkeen van ons opgesluit lê om

self iets aan ons eie heil te begin doen (én díe van ons kinders en

kindskinders....) ~ opstaan en betrokke raak.....? Iemand wéés!

......Sou die uitroep wat 300 jaar (1707) gelede deur Ben Biebouw

(sien onderaan bladsy 1 ~ Inleiding ~ van bogenoemde boek)

darem nou uiteindelik by ons jonger geslag (Ben B was óók ’n

jong mens!) na vore kom en gestalte kry in optrede???? Sou ons

oor die komende maande ’n noodsááklike betrokkenheid kry by

ons jonger geslag ~ verál vir die verkiesing wat voorlê in 2009? ~

Sodat ons sóveel stemme kan werf dat ons Jurie met twee of meer

makkers na die Parlement kan stuur.....? Dit is wél moontlik, hoor!

En ook daarná, vir die werk wat voorlê vir die selfbehoud van die

Afrikaner en Boer se geskiedenis soos tasbaar beoog om gedoen te

word met die opbou van die (beoogde ~ en nodige) “Bittereinder

Argief” en Museum?

Ek is by verre nie die beste persoon om hierdie appél te rig tot

“my/ons?” mede-Afrikaner en Boer nie, maar ek wil tóg by wyse

hiervan baie opreg ’n nederige bydrae lewer om, deur ons gereëlde

en eersvolgende omsendskrywe aan elke MAG-enersdenkende, en

verál Afrikaner en Boer, die oproep oor te dra dat ons tog begin

betrokke raak by ons eie saak om om te sien na die Afrikaner- en

Boere-saak in Namibië!.......ASSEBLIEF.....Ter wille van u en u

kinders se toekoms.......

“DIT IS SOOS VINKEL EN

KOLJANDER – DIE EEN IS

SOOS DIE ANDER”

deur Koos Pretorius

Afrikaans is die jongste taal in die wêreld wat ook in

die skryfkuns, digkuns, wetenskap, ensovoorts beslag

gekry het. Met sy wortels stewig in Europa se

taalgemeenskap is dit ook aangevul uit die Ooste sowel

as Afrika.

Baie interessant is dat in die ou Suidwes-Afrika een van

die grootste vegters vir die erkenning en bevordering

van Afrikaans, die eerste redakteur van Die Suidwes-

Afrikaner was, naamlik Ernst Allister Schlengemann.

Hy het ’n Duitse vader en ’n Engelse moeder gehad.

Net so het die skrywer van die artikel hierbo, naamlik,

“Ek ben een Afrikaander”, mnr. Gernot Wilfred Schaaf,

’n Duitse pa en ’n Engelse ma gehad met Engels as

huistaal.

As ons lees in gemelde boek wát alles deur die (maar klein) groepie

Afrikaner- en Boere-voorsate histories self begin doen is..... selfs

in die vroegste geskiedenis in ons land......daar was tóe geen ander

mense/groep wat na ons heil omgesien het nie en netso sal daar

in die toekoms geen ander mense/groep wees wat na ons heil sal

omsien nie.....dit is nou maar klaar! Ons sal net self moet begin om

iets, vir onsself, daar te stel, te doen!

My grondige beroep op elkeen wat hierdie briefie lees is net

eenvoudig ~ Kom asseblief na vore net met u gewilligheid om die

ou klein bietjie betrokkenheid te gee tot ONS SAAK om te sorg dat

die werk wat Mnre Koos Pretorius en nou Jurie Viljoen, so bitterlik

alleen en sonder openlike ondersteuning, getrou en lojaal gee in die

“praathuis” en andersins, nie vergeefs sal wees nie......?!

Raak asseblief betrokke by die/u plaaslike ou wat MAG se saak

nog elke verkiesing in u eie omgewing bedryf het! u Weet gewis

wie dit is, of, indien hy/sy nie aan u bekend is nie, kan u MAG

HK skakel by 061-252008 of sel nommer 081 276 8478 of by my

uitvind 064-405454, (wanneer ek nie met toergidsing “uithuisig”

sal wees nie.) ~ Maar laat dan u naam en telefoon nr by my

eggenoot. Skakel tog asseblief so gou moontlik net na iemand,

ons kan nie wag om te begin nie, daar moet sommer nou reeds

begin word........maar nie Koos of Jurie of enigiemand anders nie,

kan nie vir u self begin doen nie .....u moet self begin!!!!!

Vanaf Swakopmund met ’n denkbeeldige lyn Ooswaarts en

Noordwaarts, is u welkom om met my te skakel en sal ek u

graag behulpsaam wees sover enigsins moontlik. En as u oor

die Desember/Januarie tydperk langs die Weskus is, en u het

“spaar tyd”, skakel gerus met my, u sal altyd welkom wees ~ ook

enige tyd daarná!

......u Mede-Afrikaner, u mede-Boere, u kinders en kindskinders

het u hulp nodig.......want hulle wil nie niemand wees nie.......

Opregte en hartlike wense dat u sál reageer,

Afrikaner-en Boere-groete,

Gernot Schaaf.

DUITS EN AFRIKAANS HELP

SWART SOKKERSPELER!

Deur Koos Pretorius

Collin Benjamin van die Donkerhoek gedeelte in Katutura, wat op

sy dae vir die Civic Football Club in Namibië gespeel het, is in 2000

na Duitsland en vanaf 2001 speel hy vir die Hamburg Fussball Club.

In ’n onderhoud met die New Era, laat hy hom onder meer soos volg

uit:

“Coming from Namibia, it was very easy to adjust to the German

culture and I also had little difficulties in negotiating my way

around the language barrier because German is very similar to

Afrikaans – Namibia’s most spoken lingo.

We had this guy from Holland going by the name of Rapheal

van der Vaart and the two of us struck up a good relationship

when he arrived at Hamburg because I could easily relate to him

in Afrikaans, which is quite similar to Dutch. There is a great

atmosphere amongst all the players at Hamburg, but naturally the

black dudes would always chill together, never mind whether they

are from Peru, Brazil or Africa.”

2 NOVEMBER 2008

WAAROM KLEM OP AFRIKANER?

Die vraag kan hier gestel word, “Waarom die klem op die

Afrikaner val en nie op die Blanke, of vir ons doel ook die

Basters en die Bruinmense nie?”

Dit hang saam met die feit dat ons ons beywer in Tradisionele

owerhede vir alle gemeenskappe in Namibië waarvan op hierdie

stadium slegs die Blankes, Basters en Bruinmense uitgesluit is.

Die Blankes sluit onder meer die kultuurgroepe van Afrikaans,

Duits, Engels en Portugees in. Die Afrikaanse taalgemeenskap

sluit dus ook Basters, Bruinmense en Blankes in.

Volgens die definisie van ’n “gemeenskap” in die Wet op

Tradisionele Owerhede word ’n gemeenskap gebaseer op ’n

kultuurgroep en nie ’n rassegroep nie. Dit lees soos volg:

“lid”, in verhouding tot –

(a) ’n tradisionele gemeenskap, beteken ’n persoon

van wie een of beide ouers aan daardie

tradisionele gemeenskap behoort, en sluit

enige ander persoon in wat deur ’n huwelik of

aanneming deur ’n lid van daardie tradisionele

gemeenskap of deur enige ander omstandighede

die kultuur en tradisie van daardie tradisionele

gemeenskap aangeneem het en aanvaar

Ons hou van reaksie! Van ons goeie vriend Ewert Benade en sy

vrou Nita, die volgende e-pos deurgegee onder die titel:

EKSKUURSTE DWARSBOOM ONTWIKKELING

“Hoekom het jy die miljoen rand gesteel?”

“Ek was honger!”

So lui ’n stokou grappie waaroor middeljariges van vandag

destyds in hulle kindertyd gelag het – min vermoedend dat

hierdie situasie nog in hulle leeftyd ’n werklikheid sou word.

Baie mense beskou blykbaar diefstal en roof as heel aanvaarbaar,

jy moet net beweer jy was daartoe gedryf deur honger, gebrek,

apartheid of die waan dat jou oer-voorouers onderdruk was.

Laat ons dus maar vandag oor ’n paar sake reguit praat:

’n Mens steel nie omdat jy honger of arm is nie – jy steel omdat

jy skelm is. Niemand was nog ooit in hierdie land so volledig

onderdruk soos die Boerevolk na die Tweede Vryheidsoorlog

nie.

Ons voorouers wat die oorlog en die konsentrasiekampe

oorleef het, het na die doodse leegheid van vernietigde plase

teruggekeer – uitgehonger, hartseer en verpletter. Maar

hulle het nie geroof en gemoor en gesteel nie. Hulle het met

harde werk, deursettingsvermoë, ’n swaarkry so presteer dat

hulle weldra nie net hulleself nie, maar ook hulle huidige

onderdrukkers, goed kon versorg.

Toe hulle kinders in Engelse skole gestop is en gestraf is as

hulle dit durf waag het om Afrikaans te praat, het hulle nie

klippe gegooi en skole afgebrand en geweld gepleeg nie.

Hulle het hard geleer, hulle eie CNO-skole gestig en uiteindelik

Deur Koos Pretorius

word deur die tradisionele gemeenskap as lid

daarvan;

(b) ’n tradisionele owerheid, beteken ‘n opperhoof,

’n hoof van ’n tradisionele gemeenskap, ’n

senior tradisionele raadslid, of ’n tradisionele

raadslid;”

“tradisionele gemeenskap” beteken ’n inheemse homogene,

endogame sosiale groep persone wat bestaan uit families

wat afstam van eksogame groepe wat dieselfde voorvaders,

taal, kulturele erfenis, gebruike en tradisies deel, wat

’n gemeenskaplike tradisionele owerheid erken en ’n

gemeenskaplike kommunale gebied bewoon, en mag insluit

die lede van daardie tradisionele gemeenskap wat buite die

gemeenskaplike kommunale gebied woon;”

Wetlik het ons dus net die reg om ’n tradisionele owerheid

vir ’n bepaalde kultuurgemeenskap te vra, alhoewel ons

in beginsel vir almal veg. Ons kan nie sonder ’n mandaat

spesifiek namens ander taal of kultuurgroepe optree nie, al wil

ons dit in beginsel doen. Selfs die Ovambobevolkingsgroep se

tradisionele owerhede, insluitende hulle “Konings” is volgens

hulle dialekte ingedeel.

DIE STRYD DUUR VOORT!

bo uitgekom sodat die Boerevolk vandag vir niemand op

akademiese, tegnologiese of wetenskaplike gebied terug hoef

te staan nie.

’n Mens moor nie omdat jy voorheen benadeel is of omdat jou

werkgewer jou nie tederlik genoeg behandel nie – ’n mens

moor omdat jy ’n barbaar is wat nie verdien om deel van die

samelewing te wees nie.

Na die Tweede Vryheidsoorlog het Boere-mynwerkers absoluut

geen regte gehad nie en moes hulle gesinne met minder as ’n

hongerloon probeer onderhou. Maar hulle het nie bejaardes

gaan doodmartel en gesinne uitgemoor nie.

’n Mens word nie ’n agtergeblewene omdat iemand anders nie

genoeg vir jou doen nie. ’n Mens word ’n agterblyer omdat

jy nie presteer nie. Niemand het die Boerevolk na die Tweede

Vryheidsoorlog vooruit gehelp nie – ons het self gewerk en

volhard om sukses te behaal.

En elke ding wat ons het, het ons verwerf – apartheid het nooit

plase en poste en posisies aan Boeremense uitgedeel nie.

As alles altyd vir jou verkeerd loop sodat jy voel jy maak nooit

enige vordering nie, is dit dalk ’n goeie gedagte om op te hou

soek wie anders as jy self vir al jou ellende verantwoordelik is.

Ruk jou reg en presteer jouself in die voorspoed in.

En dit geld vir ons eie mense ook. Net ons eie werk, prestasie

en geloof gaan bepaal of ons as agterblyers in die vergetelheid

gaan wegsink en of ons weer as trotse, beskaafde, gerespekteerde

volk sal opstaan.

Selfs in die nuwe Suid-Afrika is daar steeds geleenthede vir

vindingryke, geesdriftige mense wat bereid is om hard te werk

en vir hulleself ’n toekoms los te spook.

Mag die Boerevolk nooit pateties raak nie.”

NOVEMBER 2008 3

Algemeen:

DORSLANDFEES

22 AUGUSTUS – 26 AUGUSTUS 2008

Die tagtigjarige herdenking van die Dorslandtrek-fees is

iets van die verlede. Dit was ’n heerlike fees daar op die

walle van die Kunènè rivier. Die bome het intussen groter

geword en dit was baie makliker om vir die ongeveer 300

mense beter staanplekke te kry.

Die Terrein-bestuur het gesorg dat die terrein skoon is.

Baie moeite is daarmee gedoen.

Alhoewel ons vir ongeveer 320 volwassenes reggemaak

het, het daar uiteindelik sleg ongeveer 280 opgedaag. Ek

is oortuig dat dit te wyte is aan die hoë brandstofpryse.

1. Die Vergaderplek:

Ons het permanente strukture opgerig by Epupa-lodge

wat ongeveer 45 km Suid van Ruacana is.

Ons was aanvanklik skepties oor die skuur wat ons

opgerig het omdat ons in die verlede ’n groot tent

gebruik het as vergaderplek.

Dit was skaduryk genoeg en ek glo nie dat iemand

warm gekry het nie.

2. Die Monument en omgewing:

Die Dorslandtrek Monument is van die kampplek af nog

18 km stroomaf en ons het op Maandag, 25 Oktober ’n

sinvolle program daar aangebied. Swartbooisdrift

is regoor die monument en waar daar vroeër twyfel

bestaan het oor presies waar die drif is, is daar nou nie

meer twyfel nie.

Omdat die water in die rivier baie laag was, kon almal

sien dat die vloer van die drif bestaan uit ’n plat en

gelyke klipplaat waardeur die mense maklik kon trek.

• Ek dink dat die padborde wat die roete aandui

voldoende is.

• Die inligtingsbord by die monument was beslis

nodig omdat daar baie besoekers kom.

3. Toekomstige feeste.

Daar is ook besluit dat die Dorslandfees elke vyf

jaar gehou sal word. Ons akkommodeer nie net

afstammelinge van die Angolaboere nie, maar elkeen

wat hom met ons wil assosieer.

Die fees is georganiseer deur ’n Dagbestuur wat in

Windhoek bly asook ’n Terrein-bestuur wat in die

Deur Jurie Viloen

Kunènè-streek verspreid woon. Hierdie mense het

groot opofferings gedoen om die terrein gereed te kry

en hulle het sonder vergoeding hulle beywer vir hierdie

groter saak.

4. Die program:

’n Feesbundel is tydens en na die fees versprei en dit

het ’n goeie weergawe gegee van vorige feeste.

Ons het baie positiewe terugvoering gekry oor die

program. Die aktiwiteite is hoofsaaklik vroeg in die

oggend aangebied en weer saans. Daar was baie

tyd vir kuier en saans het die braaivleisvure langs die

Kunènè hoog gebrand.

Daar was hoofsaaklik vier aktiwiteite wat baie sinvol

was nl. ’n Gespreksgeleentheid deur jongmense wat

dit onomwonde gestel het dat hulle moed het vir die

toekoms en dat ons fees so aangebied moet word dat dit

die jongmense in ’n groter mate betrek.

• Die program by die Monument het die regte

historiese suggestie geskep en feesgangers kon

besin oor hierdie deel van die geskiedenis waar

ons voorouers uit ’n vreemde land na ’n nuwe

vaderland getrek het.

• ’n Volksvergadering wat gehou is om oor die

toekoms van die Dorslandfees te besin, is

deur almal bygewoon. ’n Vraag wat egter

onbeantwoord bly, is waarom mense bereid is om

so ’n opoffering te maak om duisende kilometers

aan te pak om hierdie fees by te woon. Daar was

baie mense uit Suid-Afrika en een paartjie uit

Duitsland, wat spesiaal vir die fees gekom het.

• Die Voortrekkerbeweging het gesorg vir

’n aandprogram wat ons feesverrigtinge

gekomplimenteer het.

Ten slotte wil ek noem dat daar na die fees ’n toer was

na Angola en daar was ongeveer 25 motors wat die toer

meegemaak het. Hierdie mense wat die toer meegemaak

het, het met groot opgewondenheid gaan soek na plekke en

grafte van hulle voorouers; ’n beskawing wat vir 50 jaar

’n groot rol gespeel het in die geskiedenis van Angola.

4 NOVEMBER 2008

DIE VERKIESING VAN 2009

Dit is weer vir my ’n voorreg om enkele dinge met u te deel

Volgende jaar is verkiesingsjaar en die politieke partye is besig met

hulle propaganda-veldtogte.

In hierdie proses sal staatsmiddele gebruik word om politieke partye

se sake te bevorder. Daar sal van wettige en onwettige metodes

gebruik gemaak word. Daar sal karaktermoord en verdagmakery

wees soos in die verlede.

VRY EN REGVERDIGE VERKIESINGS:

Op 16 Oktober 2008 is die verskillende politieke party genooi na ’n

vergadering wat belê is deur die Inspekteur Generaal van Polisie.

Hulle het hulle bes probeer om ons gerus te stel dat hulle geen

intimidasie van enige sal duld nie. Hulle het ook aangedui dat die

polisie in die toekoms ’n objektiewe rol sal speel omdat almal die

geleentheid moet hê om hulle demokratiese reg uit te oefen sonder

intimidasie.

Skaars twee weke na hierdie vergadering het die polisie hulle hande

vol gehad om orde te handhaaf.

Sommige ondersteuners verhef die reg, veral om SWAPO te wees,

tot evangelie.

MONITOR AKSIE GROEP EN DIE

KOMENDE VERKIESING:

Die uitslag van volgende jaar se verkiesing is reeds bepaal. Of ons

sal bly voortbestaan is ’n vraag wat later beantwoord sal word.

1. Ons is in die ongunstige posisie dat ons omsendbrief die

enigste kontak met kiesers is.

2. Monitor Aksie Groep se bydraes veral in die Parlement word

doelbewus doodgeswyg.

* Mense wil weet waarom lees hulle niks in die Afrikaanse

koerant nie. Die enigste rede wat ek kan aanvoer is dat

dit doelbewus gedoen word. Ek as verteenwoordiger

van MAG neem in die Parlement in verhouding aan

meer gesprekke deel as 90 % van die politieke partye.

Die koerant plaas niks van ons nie.

* Die Republikeinse Party (Mnr Mudge) daarin teen,

onttrek hulle totaal van gesprekke in die Parlement maar

is gedurig in die koerant “aan die woord”. Hoekom nie,

dit is dan hulle koerant.

Ek het ook positiewe verwagtinge van die 2009

verkiesing. U speel daarin ’n rol. Ons kan ook in

hierdie saak op die Here vertrou. Ons toekoms is nie in

die hande van die Redakteur van ’n koerant nie want hy

sal net so lank Redakteur bly as wat die Here hom daar

verdra. Dit is die harte van mense en hulle ingesteldheid

wat verander sal word.

UIT DIE

PARLEMENT:

Deur: Jurie Viljoen

DIE GESLOTE BOEK.

Niemand weet wie hierdie land regeer nie. Almal is bang vir almal.

Die Ministers is bang om op hulle eie iets te doen. Die regering is

bang vir die Unies; hulle is bang vir die voormalige Planvegters en

is bang vir die kinders van die Planvegters; hulle is bang vir die

Jeugvleuel van SWAPO en hulle is bang vir mekaar. Onlangs het die

Jeugliga van die ANC na Namibië gekom en in die openbaar gesê

dat die opposisie cockroaches is en het eintlik die jeug aangemoedig

om enige persoon wat hulle teëgaan “hel toe te stuur”. Hulle kom na

’n ander land en val die mense daar aan. Hulle het hulle op hierdie

wyse self gedra soos onbeskaafde barbare. Ons het hulp by die

Eerste Minister gesoek om beswaar te maak maar hy het sy skouers

opgetrek en ons na Min. Hage Geingob gestuur. Hy het ons weer

na die Speaker toe gestuur wat ons aanvanklik na die Eerste Minister

toe gestuur het. Almal is bang om iets te sê.

Registrasie van kiesers:

Daar is tans ’n registrasieproses vir kiesers aan die gang. Die

kennisgewing het egter net eenmalig in die Regeringskoerant

verskyn. Ek het reeds ’n afspraak met Mnr. Neil van der Berg

van Kanaal 7 gemaak om te verneem na die moontlikheid dat hulle

mense gereeld sal inlig en aan te moedig om te registreer.

Ons wil graag ’n beroep op u doen om mense, veral jongmense aan

te moedig om te registreer vir volgende jaar se verkiesing.

Die Parlement:

Die Eerste Minister het die opposisiepartye daarvan beskuldig dat

hulle die regering blameer vir alles. Hy het dit ’n “blame game”

genoem. So kon ek hom vra of hulle nie dieselfde doen met die

blankes nie.

Waar ons in die samelewing buite tussen ander mense beweeg is ons

nie werklik bewus van rassisme nie.

Die Namibiese Parlement is egter die broeiplek van rassistiese

opmerkings; rassistiese persepsies en rassistiese voorstelle.

In hierdie maand was daar twee weke wat ek as “swart en wit” weke

kan klassifiseer.

Daar is tans twee mosies wat hartlik bespreek word naamlik:

• swart bemagtiging

• honger, siektes en armoede in Namibië

Hierdie mosies verleen hulle daar toe dat daar gedurende elke sessie

gal gebraak word teen die blankes.

Met die naderende verkiesing in die gedagte is die haat vir die blankes

nog steeds die gemene deler; dit is die samebindende faktor.

Die Adjunk Minister van Streeks en plaaslike Owerhede, Kazenambo

sien die oplossing in die verdeling van bronne. Hy verwys na “land

reform” wat aangespreek moet word. (Hy behoort bewus te wees

van hoe dit tot sover misluk het!!)

NOVEMBER 2008 5

Hy sê verder:

• daar is geen supermarkte in die hande van Swartmense

nie.

• ’n Versekeringsmaatskappy wat swartmense anders

behandel as wittes. (Ek het hom uitgedaag om die

inligting aan my te gee)

• Woermann en Brock is nog net so wit soos hulle in 1904

was.

Die Minister van Justisie Ithana speel hartlik saam op die wit

klawers en verwys na ’n gebou, Atlas House iewers in Windhoek

wat deur Swartmense besit word maar wat nou al vir jare leeg staan.

Sy beweer dat daar magte is wat swart besigheidsmense uithou

uit die stad. As swartmense eiendom wil koop of huur dan sê die

agente van Real Estate dat dit nie meer beskikbaar is nie.

U lees niks van hierdie rassisme in die koerant nie maar ek kan u

verseker dat die helfte u nie vertel word nie.

As u persoonlik na hierdie gesprekke kon luister, sou u saamstem dat

rassisme en die haat vir die wittes tot in ewigheid sal voortbestaan

en dat die “blanke alles besit en dit nie met die swartman wil deel

nie”

Ek wil my nie self op die skouer klop nie maar Monitor Aksie Groep

is die enigste party wat oor die afgelope vier jaar ook vir die blankes

opgekom het en gedurig daaroor in die spervuur is. Ek daag enige

iemand uit om die teendeel te beswys. Om gedurig op te staan en te

verdedig is ‘n eensame pad.

Daar is egter mense, selfs ’n Minister of twee wat my langs ’n

ompad aanmoedig om voort te gaan met my taak.

Daar was ook die belofte van die Eerste Minister dat hy eersdaags ’n

beleidstuk oor Swart Ekonomiese Bemagtiging sal voorlê.

Ek kon hulle daarop wys dat ’n politieke analis uit Suid-Afrika

gesê het dat Swart Ekonomiese Bemagtiging net die topstruktuur

van die ANC ryk gemaak het en dat dit nie werk nie omdat dit die

swartmense hulle interpreneurskap ontneem. Die persoon sê dat die

ANC so geworstel het met die spoke van die verlede dat hulle die

ekonomie verwaarloos het.

Almal wou weet wie is die politieke analis en kon ek verduidelik dat

dit niemand anders as Moeletsi Mbeki (broer van die voormalige

President) is nie.

Soms skep die swart-wit konflik ’n gaping vir ’n grappie:

So kry ek die moed om die volgende te vertel.

“A number of white people were celebrating an event on a ship

somewhere on the ocean.

Because they were white, they were very, very rich and they drank

from the morning till late in the night. O, man! They were very

rich.

Suddenly they realized that something was wrong and they were

informed that a tornado was approaching their ship.

They decided to pray but also realized that nobody knows how to

pray. They decided to call the waiter and ask him if he knows how

to pray. He said: Of course, I can pray because I live in Oshakati

and go to church regularly.

They offer him a large sum of money if he will pray and be rescued

from this ordeal.

He instructed them to close their eyes and he pray: Father please

help us…… but I have problem. If I go to the toilette there is a sign:

Whites only. If I go to the bar, there is a sign: Whites only. If it is

your will that this ship should sink today, let it be whites only.”

Daar was luide applous. Een het my glad geluk gewens met die

waagmoed en die selfvertroue om dit te vertel.

VRAE IN DIE PARLEMENT:

Ek het verskeie vrae in die parlement gevra wat handel oor die

advertering van hervestigingsplase en kennisgewings oor die

registrasie van kiesers. ’n Vraag het gehandel oor regstellende

aksie en dit het so gelui:

“Commercial farmers were in the past at several occasions accused

of the following sins:

1. Not paying their workers minimum wages;

2. Inhuman behaviour and abusive language against employees;

3. Illegal dismissal of farm workers and dumping of their workers

along the roads;

(a) Can the Minister inform this House if any progress has

been made in the regard to eliminate this mal-practice for

once and for all.

(b) Is it possible to submit the names of these culprits in each

of the aforementioned categories?

(c) Was these accusations verified and tested by an objective

body or person?”

Die Minister het aangedui dat daar ‘n groot verbetering te bespeur

is in die betaling van minimum lone.

• In die Dordabis omgewing is 18 plase geinspekteur in

Desember 2007 en 9 plaaseienaars het nie die minimumloon

betaal nie. In die Maroelaboom-omgewing het 6 uit

10 eienaars nie volgens wet betaal nie; in die Gobabisomgewing

het 4 uit 33 plaaseienaars nie hulle verpligtinge

na behore na gekom nie.

• Hy het enkele voorvalle genoem van plaaseienaars waar

daar op die werkers geskel word en waar mense uit die

diens ontslaan is.

• Omdat hierdie dinge dalk nie getoets is nie, sien ek nie die

nodigheid in om verder daarop uit te brei nie.

Dit is egter ’n verleentheid vir die hele land as daar verwys word na

boere wat nie hulle werkers menswaardig betaal nie en nie na hulle

stoflike en geestelike welsyn omsien nie.

Ek het groot vertroue dat ons boere soms ’n ekstra myl stap en dat

daar oor die algemeen ’n goeie verhouding en goeie versorging van

die plaaswerkers is.

DIE GROOT ONREG:

Een van die grootste skending van menseregte is die feit dat daar

teen kinders wat na onafhanklikheid gebore is, gediskrimeer word.

Hierdie kinders het niks met apartheid te doen nie.

Toe ek dit vir die Eerste Minister in die Parlement noem toe sê hy

dat die kinders wat na onafhanklikheid gebore is, welvaart geërf het

van hulle ouers wat weer geërf het van hulle ouers en so geërf het

van geslagte terug.

Ons is egter besig met ’n memorandum wat ons aan al die

ambassades wil stuur asook aan Menseregte Verenigings om

sodoende ons saak aan die groot klok te hang.

WEET U:

• Of u vir ons toestemming gegee het of nie; ons praat oor u

saak in die Parlement; ons praat vir Namibië maar ook vir die

blanke se saak. Geen ander party mag dit doen nie. Geen

ander party het dit vir die afgelope negentien jaar gedoen

nie.

• Dit is nie ’n skande om blank te wees of om daaroor te praat

nie omdat almal wat ons wil verguis verwys na “the whites”.

• Ons wil ons boodskap versprei. Stuur asseblief vir ons

posadresse en/of e-posadresse van u familie, vriende of

kennisse. Ons maak nooit ons bron bekend nie. Stuur dit

asseblief aan juriev@iway.na.

6 NOVEMBER 2008

GELOFTEFEES

Wat vertel u aan u kinders? Nêrens in die gelofte van die Voortrekkers of van die Basters word die

prosedure waarin dit moet geskied voorgeskryf nie. Dit kan gesamentlik of afsonderlik gedoen word.

Doen net u plig. Vertel u kinders.

BLOEDRIVIER - DIE VOORTREKKERS SE GELOFTE,

16 DESEMBER 1838

GELOFTE

Hier staan ons voor die Heilige God

Van hemel en aarde om ‘n gelofte aan

Hom te doen, dat, as Hy ons sal beskerm

En ons vyand in ons hand sal gee, ons

Die dag en datum elke jaar as ‘n dankdag

Soos ‘n Sabbat sal deurbring, en dat ons

‘n huis tot Sy eer sal oprig waar dit Hom

behaag, en dat ons ook aan ons kinders

sal sê dat hulle met ons daarin

moet deel tot nagedagtenis

Want die eer van Sy naam sal verheerlik word

Deur die roem en die eer van oorwinning

Aan Hom te gee.

SAM KUBIS - DIE BASTERS SE GELOFTE –

8 MEI 1915

God van ons Vader en

Sterke en machtige God

Heilig is Uw Namm op de ganze aarde

Uw die de hemelen geschapen heeft

Neight Uw oor tot ons

Luister na de smekingen van Uwe kinderen

De dood staart ons in het gesicht

De kinderen der bose zoeken onze levens

Red ons uit de hand van onze vijanden

En beschermt onse vrouen en kinderen

En dit zult vir ons en onze nageslacht zijn

Een dag als een Zon dag

Waarop wij Uw Naam prijzen

En uw goedertierenheid

Tot in ewigheid niet vergeten.

NOVEMBER 2008 7

Die Verenigde Gereformeerde Kerk (hoofsaaklik bruin mense, maar ’n

oop kerk) stel dit as voorwaarde vir eenheid, dat aanvaarding van hulle

Belhargeloofbelydenis as ’n voorwaarde moet geld vir eenwording met

die Nederduits Gereformeerde Kerk (hoofsaaklik blank maar ook oop

vir alle rasse).

U sal nou vir my vra wat het die gelofte van Bloedrivier te doen met

die Belhargeloofbelydenis. Vir my argument baie! Daar is baie mense

wat nie die Belhargeloofbelydenis wil aanvaar nie, weens sy politiek

konnotasies. Net so is daar baie mense wat nie voel dat hulle deel

wil wees van Geloftefees nie, nie slegs omdat hulle dit ook knoop

aan rasseverhoudings nie, maar omdat hulle van die standpunt uitgaan

dat hulle nie gebonde is aan ’n gelofte wat gemaak is sonder hulle

instemming nie.

Tog word daar daarop aangedring dat kinders sigbaar verantwoordelikheid

moet aanvaar vir die “sondes” van hulle vaders, teenoor ander mense.

Ironies genoeg, sal van dieselfde mense vir jou sê hulle glo nie dat

“onskuldige” kinders verantwoordelikheid hoef te aanvaar vir die

“geloftes” wat hulle vaders teenoor God gemaak het nie. Dit is wat my

betref nie konsekwent nie.

Net so glo ek sal dit ook nie reg wees as die N.G. Kerk vir die V.G.K.

gaan sê dat hulle bereid is om een te word op voorwaarde dat die V.G.K.

hulle ook voortaan aan die gelofte van Bloedrivier gebonde gaan voel

nie.

Mense wat graag die gelofte gestand wil doen, bel my dikwels om sprekers

of predikante te soek. As lid van die N.G. Kerk, maak dit my seer as daar

elke keer vir my gesê word dat hulle nie meer ’n N.G. predikant kan kry

wat bereid is om dit te doen nie. Veral wat die jonger predikante betref.

Dit hinder my soveel te meer omdat ek weet dat die N.G. Kerk en die

V.G.K. se voornemende predikante nou gesamentlik opleiding kry en

dat een van die (vrywillige?) voorwaardes is dat aangedui moet word of

hulle Belhar aanvaar of nie. Hoekom kan dieselfde vraag nie ook gestel

word wat Geloftefeeste betref nie. Gemeentes sou tog graag wou weet,

hoe hulle leraars voel.

SINODEBESLUITE

Hoeveel voornemende en reeds dienende predikante van die N.G. Kerk

is bewus van die volgende twee sinodebesluite.

Besluite 1990

1. Geloftedag gevier behoort te word en moedig sy lidmate aan om

hulle met die historiese en godsdienstige betekenis van die dag te

vereenselwig.

2. Die godsdienstige aspek van Geloftedag voorrang moet geniet, tog

kan die dag ook met kulturele aktiwiteite gevul word.

3. ’n Gees van versoening tydens Geloftefeesvieringe met ywer

nagestreef sal word. (1990)

Besluite 1994

BELHAR EN DIE BLOEDRIVIER GELOFTE

deur Koos Pretorius

Die sinode besluit dat:

1. Die regte verstaan van die betekenis van Geloftedag en versoening

en vrede in Suid-Afrika met mekaar versoenbaar is (insluitende

Namibië).

2. 16 Desember in die toekoms dus ook vanuit hierdie verstaan van die

Gelofte van 1838 gevier moet word.

3. Die instansies betrokke by die viering van die dag hierdie standpunt

in ag moet neem.

TRADISIE EN KULTUUR

Ek vereenselwig my heeltemal daarmee dat geloof primêr is vir

lidmaatskap van ’n kerk. Trouens, ek glo dit geld die praktyk reeds.

Hoe meer ek daarop let, kom ek egter tot die gevolgtrekking dat deur

die hele Bybel tradisie en kultuur ’n inherente rol gespeel het. Trouens,

geleerdes wat die Bybel probeer interpreteer, doen dit teen die agtergrond

van tradisies en kulturele gebruike van daardie tyd. Ek kom ook tot die

gevolgtrekking dat daar altyd ’n neiging was (al was dit gedwonge) om in

te pas by die politiek korrekte omgewing waarin Christene hulle bevind

het. Dit is vir my duidelik dat dit vandag nog so is. Kyk net hoe maklik

het kerke hulle vir baie jare gedistansieer om te getuig teen ’n sekulêre

opvoeding. Daar is gesê dat Christene buite die kerk om hulle moet

beywer om dit teen te werk. Verby was die dae toe die leraar ook die

Voorsitter van die skoolkomitee was. Die balans is versteur deurdat die

klem hedendaags (in lyn met die Belharbelydenis en nie, OP SIGSELF,

verkeerd nie) verskuiwe het na die maatskaplik-sosiale.

Interessant, in Namibië, is dat van die ander bevolkingsgroepe nou begin

teruggryp na hulle geskiedenis, tradisies en kultuur en dit ook probeer

akkommodeer binne hulle godsdienstige raamwerk.

INNERLIKE, NIE UITERLIKE NIE!

Ek is een van die mense wat glo dat kerklike eenheid primêr gesoek

moet word in gesindheid en geestelike eenheid, anders as ’n gedwonge

eenheidstruktuur. Hierdie geestelike eenheid moet dan sekondêr as basis

dien vir nader beweeg na menslike struktuur en nie anders om nie.

Daarom dat aanhalings uit die Bybel, soos die onderstaande, op my as ’n

leek groot indruk maak. Dit gaan nie oor uiterlike tekens of voorskrifte

nie, maar oor innerlike oortuigings.

Romeine 2:28-29

Nie hy is ’n Jood wat dit uiterlik is nie, en nie dit is besnedenheid

wat uiterlik aan die liggaam gedoen is nie. Nee, hy is ’n Jood wat dit

innerlik is, en gedoen is deur die Gees, nie volgens die wetsvoorskrifte

nie. So iemand ontvang lof, nie van mense nie, maar van God.

DIE ROL VAN KLEUR EN RAS

Die Basters in Namibië het ’n gelofte afgelê (bykans agt dekades na 1838)

wat in ’n groot mate ooreenstemming toon met die Bloedriviergelofte,

naamlik die Zamkubisgelofte. Die gaan oor ’n veldslag tussen die

Basters (volgens Namibië se wette “swartmense”) teen die Duitsers

(Blankes).

Selfs oudpresident Sam Nujoma het geen beswaar gehad om tydens so ’n

herdenking sy bydrae te gaan lewer nie, ten spyte van die feit dat hy nie

in die Christene se God glo nie.

As selfs blanke predikante nie meer bereid is om deel te hê aan die

Bloedriviergelofte nie, kan ek dit in my wildste drome nie voorstel dat

oudpresident Sam Nujoma hom daarmee sal kan vereenselwig nie, wat

nog te sê daadwerklik deel te neem nie. Die grootste enkele verskil hier

is dat die ras en kleur verskil.

EIE KULTUUR

Die N.G. Kerk se sendingaksie in die Kunene stel dit as sy missie onder

meer soos volg: “Die kerk hier sal onafhanklik van enige N.G. Kerk

kultuur sy eie inheemse kultuur en identiteit moet ontwikkel.”

Dit dink ek is die korrekte benadering. Daarom, alhoewel teen my

grein, as ’n “remnant of the past” (soos SWAPO my vroeër genoem

het), het ek die nodige verdraagsaamheid openbaar toe ’n Himbavrou in

haar inheemse drag (ontblote borste) op ’n preekstoel geklim het om ’n

pragtige getuienis te lewer oor Christus se rol in haar Himbalewe.

Sou dit nou verkeerd wees om dieselfde verdraagsaamheid te verwag,

ook by predikante, teenoor lidmate wat graag getuienis wil lewer oor

die gebeure by Bloedrivier; en dit graag by ons nageslagte wil wakker

hou?

8 NOVEMBER 2008

JA, JY!

• Ja, MONITOR AKSIEGROEP praat met u.

• MONITOR AKSIEGROEP doen dit met die grootste erns.

• Oor die afgelope twintig jaar het MONITOR AKSIEGROEP hulself

gevestig en bewys.

• MONITOR AKSIEGROEP het nuusbriewe aan baie gestuur wat nooit iets

bygedra het nie.

• U kan help deur vir die eerste keer self in te teken.

• U kan help deur vir ons nuwe intekenare te werf.

• MONITOR AKSIEGROEP sê dankie vir die kerngroep wat altyd gereed

gestaan het.

WAT PROBEER ONS?

MONITOR AKSIEGROEP het in die verlede probeer om ons gewone

ondersteuners te aktiveer deur wat genoem is die KETTINGAANSLAG. Ons

doen dit weer!

Ons gaan nie moed opgee nie en hierdie keer dit deur ons Nuusbrief probeer

doen. U doen die werk dus op u eie en geen terugvoering na Hoofkantoor

word van u verwag nie, maar is welkom. Dit bly ’n gewetensaak.

DIE KETTINGAANSLAG!

HOE WERK DIT?

1. Hiernaas is ‘n vorm met plek vir tien kiesers insluitende uself.

2. U aanvaar verantwoordelikheid dat die tien kiesers (uself ingesluit) se besonderhede

op die lys op datum bly.

3. Enige tersaaklike inligting in ons nuusbrief of die pers, gaan u op u eie manier

(mondeling, telefonies, per faks of brief) onder die aandag van die tien bring.

4. U gaan probeer om ander te aktiveer om dieselfde te doen.

5. Dit alles word gedoen met die oog op die

-verkiesing wat einde 2009 gaan plaasvind.

6. U kry gewetensrus dat u die verantwoordelikheid

as gelowige landsburger nagekom het.

NOVEMBER 2008 9

STEMREG ‘N

VERANTWOORDELIKHEID!

Deur Koos Pretorius

As Christene, verskil ons siening van die begrip stemreg

van die van die liberaal humanis. Laasgenoemde glo

dat dit ‘n aangebore menslike reg is waaroor almal

moet beskik. Selfs vir die moordenaar en verkragter

in die tronk word meer en beter voorsiening gemaak

om sy stemreg uit te oefen. Trouens, dit gebeur ook

nadat daar op staatskoste amptenare gestuur is om

hom/haar te registreer.

As Christene glo ons egter stemreg is ‘n

verantwoordelikheid teenoor ons Skepper om te

besluit deur wie en hoe daar regeer sal word.

Selfs om buite stemming te bly, is myns insiens, ‘n

ontduiking van daardie verantwoordelikheid. Selfs

die nalatigheid om nie betyds te registreer nie, is ‘n

onverantwoordelike optrede in die ergste graad.

Deel van ‘n doopbelofte was dat u sou toesien dat u

kinders reg opgevoed word. As u weier om dit self te

doen, gee ten minste die politieke party van u keuse

die geleentheid om dit namens u te doen.

ONS KAN!

Daar bestaan ’n Spaanse spreekwoord wat lui: “Geen oorlog

word so moeilik verloor as die oorlog waarin geen skoot

geskiet is nie.”

Die enigste sigbare “koeël” waaroor ons tans beskik om

“oorlog” te voer, is ons stemreg. Deur dit nie te gebruik

nie, gaan ons ons skaar by die groep moedeloses wat buite

stemming bly. Ons skuld ook ons nageslag ‘n antwoord op

die vraag: “Wat het julle gedoen om vir ons toekoms te veg?”

Gaan u antwoord wees, “Ek het die minste gedoen wat ek kan

– ek het my verantwoordelikheid nagekom en geregistreer

en gestem!” Of gaan u die vraag ontduik en sê u glo aan die

kloosterpolitiek van u te onttrek en “Gods water oor Gods

akker te laat loop.”

Miskien inspireer die volgende aanhaling van Johan Wesley

u, naamlik:

“Do all the good you can,

in all the ways you can,

to all the souls you can,

in every place you can,

at all the times you can,

with all the zeal you can,

as long as ever you can.”

GEBRUIK U INTELLEK

Al gehoor van “stemvee”? Dit is nou diegene wat nie self kan dink nie en handel volgens wat hulle afgerig is. Net die mens

het ’n intellek gekry om al die diere te oorheers en die wêreld te regeer. Die wat verkeerd stem of buite stemming bly, bevind

hulle in die kategorie van die donkie, die hond en die bobbejaan.

’n Onbekende skrywer het dit so opgesom:

“DIE DONKIE, DIE HOND, DIE BOBBEJAAN EN DIE MENS

In die begin het die Skepper die donkie geskape en vir hom gesê: Jy sal sonder ophou werk, vir 50 jaar leef en ’n

donkie genoem word.

Die donkie antwoord toe: Ek sal ’n donkie wees, maar 50 jaar is te lank om ’n donkie te wees. Gee my net 20 jaar.

Toe kry hy 20 jaar.

Daarna het die Here die hond geskape en vir hom gesê: Jy sal die mense se huis oppas, sy beste vriend wees, alles

eet wat hy vir jou gee, 25 jaar leef en ’n hond genoem word.

Toe antwoord die hond: Om 25 jaar soos ’n hond te leef is te veel, gee my net 10 jaar. Toe kry hy 10 jaar.

Daarna het die Here die bobbejaan geskape en vir hom gesê: Jy sal die mens vermaak, 20 jaar leef en ’n bobbejaan

genoem word.

Toe antwoord die bobbejaan: Om vir 20 jaar ’n bobbejaan genoem te word is te veel,

gee my net 10 jaar.

Laastens is die mens gemaak en vir hom is gesê: Jy sal die mens wees, die heelal

se enigste regdenkende wese. Jy sal jou intellek gebruik om al die diere te oorheers,

die wêreld te regeer en vir 20 jaar leef.

Die mens antwoord toe. Ek sal ’n mens wees, maar 20 jaar is te kort om al hierdie

dinge te doen. Hoekom gee U my nie die 30 jaar wat die donkie nie wil hê nie, die 15

jaar van die hond, plus die 10 jaar van die bobbejaan nie?

Toe doen die Here dit. Van toe af leef die mens 20 jaar soos ’n mens. Daarna trou hy

en werk 30 jaar soos ’n donkie. Nadat sy kinders uit die huis is, spandeer hy 15 jaar

soos ’n hond deur sy huis op te pas en te eet wat hy kry. Nadat hy afgetree het, leef

hy soos ’n bobbejaan om vir 10 jaar sy kleinkinders te vermaak.”

Vir wie gaan u vermaak deur nie te registreer en stem nie? Sorg betyds dat u papierwerk

gedoen is! Registreer en stem!

Onthou die werk is nie afgehandel voordat die papierwerk (registreer en stem) gedoen is

nie!

10 NOVEMBER 2008

MONITOR AKSIEGROEP

NASIONALE VERGADERING VERKIESING – 2009

STREEK: .....................................................................

NR VAN EN VOORLETTERS KIESERS REG. NR. POSADRES TELEFOON NR ID NR WOONADRES

NOVEMBER 2008 11

EENDRAG MAAK

U MOET DAAROOR BESIN

EN SOMMER VANDAG BEGIN

MAG veg sonder betaalde organiseerders!

MAG maak staat op die denkende kieser!

MAG se boodskap word gedra van mond tot oor!

Daar is nie meer baie tyd oor voor die verkiesing in November 2009 nie

Daarom moet u asseblief elke dag praat en praat en praat!

Daarom moet alle registrasiekaarte bewaar word en nuwe registrasies en

her-registrasies so gou moontlik gedoen word wanneer aangekondig word

Daarom moet u asseblief inteken op MONITOR se Nuusbrief en uself en ander op

hoogte hou

MAG VRA BAIE MIN

Eenheid in Verskeidenheid

NAVRAE:

MONITOR AKSIEGROEP

Posbus 80808

Olympia

WINDHOEK

Tel. Nr. 061-252008

Faks nr. 061-229242

Epos: mag@iway.na

Webwerf: www.monitor.iway.na

SPANWERK IS LEKKERWERK!

12 NOVEMBER 2008

“GELOFTE BIND NET DIEGENE WAT BAND BEGEER”

Onder bogenoemde opskrif skryf Prof. D. J. Kotze (Geskiedenis)

Stellenbosch, die volgende mening in Die Burger van 14 Desember 1979:

Is ons vandag nog gebind deur die gelofte wat by Bloedrivier afgelê is?

Is ons verplig om 16 Desember soos ’n Sabbatdag te vier? En moet ons

6 April dan nie ook as ‘ ’n vasstaande dank- en biddag’ vier soos Jan van

Riebeeck onderneem het nie? Hierdie vrae verdien nader ontleding.

Die Slag van Bloedrivier was een van die merkwaardigste en belangrikste

gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis. Merkwaardig in

verskeie opsigte, onder meer omdat in verband daarmee aan die Here

’n gelofte afgelê is. Sover bekend, was dit die eerste keer in die Suid-

Afrikaanse geskiedenis. Merkwaardig in verskeie opsigte, onder meer

omdat in verband daarmee aan die Here ’n gelofte afgelê is. Sover bekend,

was dit die eerste keer in die Suid-Afrikaanse geskiedenis dat ’n groep so

iets gedoen het.

Een van die dinge wat hulle beloof het om te doen as die Here hulle bewaar

en help om Dingaan te verslaan, was om die dag van die oorwinning

jaarliks te herdenk en dit in ’n Sabbatsgees tot eer van die God deur

te bring. Voorts sou hulle hul kinders vertel van die noodtoestand, die

Gelofte en die uitredding, sodat hulle en hul nageslag die dag kan vier. Op

hierdie wyse het ons die nasionale feesdag gekry.

IDENTIES?

Die laaste paar dekades het voortdurend stemme opgegaan dat daar

nie net een Geloftedag moet wees nie, maar twee. Ook 6 April

moet as ’n Geloftedag gevier word. Hierdie standpunt is deur sekere

kultuurorganisasies se kongresse onderskryf. Het ons hier te maak met

identiese gevalle?

Albei is histories baie belangrik. Hoogs waarskynlik is 6 April 1652 ons

belangrikste datum, daarom behoort dit landwyd ’n openbare feesdag te

wees. Maar is 16 Desember en 6 April eenders in die sin dat die viering

van albei verbind moet word aan geloftes?

Om hieroor te kan uitsluitsel gee, moet ons allereers duidelikheid kry oor

die vraag: Wat beteken die term “gelofte”?

’n Gelofte is ’n plegtige belofte van die mens teenoor die Here God waarin

die mens God versoek om vir hom ’n sekere iets te doen – iets wat hy na sy

mening nie by magte is om self te doen nie – en uit dankbaarheid vir God

se hulp beloof om daarna iets te doen of iets nie te doen nie. Dit begin dus

by die mens, en die uitvoering van sy aandeel daarin is afhanklik van wat

gebeur met wat hy van God gevra het.

’n Gelofte is dus ’n ooreenkoms van ’n mens of ’n groep mense met God,

maar dan ’n “uitgestelde kontrak”, soos dr. T.E. Donges dit eenkeer gestel

het. Daarom kom in ’n gelofte altyd die woordjie “as” voor: as die Here ’n

sekere iets doen, sal die betrokke persoon of persone iets doen. Aangesien

die naam van die Here aangeroep word, is dit ’n vorm van gebed. Calvyn

het daarop gewys dat daar ’n onderskeid is tussen ’n belofte en ’n gelofte.

’n Belofte word aan mense gedoen: ’n Gelofte aan die Here God.

VERSKIL

Daar is ook ’n groot verskil tussen die terme gelofte en verbond, soos hulle

in die Bybel voorkom. ’n Gelofte het sy oorsprong by mens; die saak

daarvan begin by die mens; hy neem by wyse van spreke die inisiatief. ’n

Verbond in die Bybelse betekenis begin by God; Hy gaan dit aan met ’n

mens of ’n groep. Nog ’n verskil tussen gelofte en verbond is dat, terwyl

’n gelofte voorwaardelik is, ’n verbond nie voorwaardelik is nie, of nie

noodwendig voorwaardelik is nie.

Daar moet in gedagte gehou word dat ’n gelowige mens nie verplig word

om geloftes af te lê nie; dit geskied vrywillig. Om nie ’n gelofte te doen

nie, word gevolglik nie as sonde beskou nie, maar om ’n gelofte nie na te

kom nie, sal sonde wees, so staan dit op verskeie plekke in die Bybel.

AFLEGGERS

Omdat die Voortrekker-gelofte ’n volwaardige gelofte was, moes diegene

wat dit gedoen het, dit nakom. Presies wie dit almal afgelê het, weet ons

egter nie omdat die bronne dit nie spesifiseer nie. Of die Engelse Port

Natallers wat met die kommando saamgegaan het, hul Zoeloe-volgelinge

en die Voortrekkers se werkmense ook daarby betrokke was, weet ons nie.

Ons weet ook nie met sekerheid of al die Voortrekkers in die kommando

aan die aflegging deelgeneem het nie; êrens staan egter dat sommige dit

nie wou doen nie.

Dit bring ons by Jan van Riebeeck. Ons die datum 6 April 1654 staan

in sy Dagregister dat besluit is om “die sesde April tot Gods eer met

danksegging te vier en dit vir altyd tot ’n vasstaande dank- en biddag in te

stel.” Terloops, dit was nie die Politieke Raad se besluit nie; blykbaar Van

Riebeeck se eie besluit, sê die Dagregister, is geneem uit dankbaarheid vir

die “vele seëninge” wat die Here die voorafgaande twee jaar oor hul werk

aan die Kaap uitgestooi het en om te verseker dat “ons nakomelinge nooit

daardie weldade sal vergeet nie, maar altyd tot Gods eer ter gedagtenis in

herinnering sal hou.”

Baie mense beweer dat Van Riebeeck se besluit van 1654 ’n gelofte was en

daarom gevier moet word, anders tree ons ongodsdienstig op.

IGNOREER?

Dit was nie ’n gelofte nie, want die voorwaardelike element wat altyd in ’n

gelofte aanwesig is, ontbreek. Dit was ook nie ’n verbond in die Bybelse

betekenis van die woord nie, want ’n verbond het sy oorsprong by God.

Dit was ’n besluit en verklaring wat van groot dankbaarheid teenoor die

Here getuig.

Moet ons gevolglik hierdie gebeurtenis ignoreer? Na my mening tas die

feit dat dit nie ’n gelofte is nie, glad nie die gedagte aan nie dat almal wat

rede het om dankbaar te wees vir 6 April 1652, op daardie dag die Here

moet dank vir al sy seëninge en moet vra dat Hy ons verder sal bewaar en

ons sal help om tot Sy eer te leef. Op die wyse sal ons in die gees van Van

Riebeeck se besluit optree.

VRYWILLIG

En wat van 16 Desember? Verplig die gelofte van 1838 ons om dit te vier?

Word byvoorbeeld alle Afrikaners daardeur gebind? Sou hulle sondig as

hulle dit nie vier nie? En die ander volke in Suid-Afrika?

Streng gesproke was net die mense wat die Gelofte afgelê het daardeur

gebind. Dit is immers wat daar letterlik in die Gelofte staan. Die ruimste

sin waarin hierdie onderneming moontlik vertolk kan word, is dat dit ook

die oorspronklike afleggers se afstammelinge bind. Of dit so is, sal deur

teoloë uitgemaak moet word.

’n Mens sou egter kan verklaar dat almal wat hulself met die Voortrekkers

se beginsels en ideale vereenselwig, hulle ook deur die Gelofte gebonde

kan voel. Dit sou ’n vrywillige besluit wees. Daar kan egter nie van

iemand wat daardie verbintenis nie begeer, verwag word dat hy die dag “as

’n verjaardag en dankdag, soos ’n Sabbat” moet deurbring nie.

MAG sê: Laat u kommentaar wees: “Ek en my huis, ons sal die gelofte

gestand doen.”

NOVEMBER 2008 13

STAATMAKERS!

Bogenoemde staatmakers wat MONITOR AKSIEGROEP se Jaarvergadering bygewoon het:

Voor van links na regs: J.W.F. Pretorius; E. Theron; F.E. Pretorius; J.J. Viljoen

Middel van links na regs: S.F. Coetzee; G.P. Engelbrecht; P. van Rhyn (senior); P. Van Rhyn (junior);

H. Theron; A.B. Small

Agter van links na regs: W. Oosthuizen; J. Cocklin; W.L. Viljoen; E. Peters; J.J. van der Berg;

A.W.J. Pretorius; P.J.J. Engelbrecht

Afwesig met verskoning: Mnre. G.W. Schaaf; P.S. Oosthuizen; me. R. Engelbrecht

Afwesig met neem van foto: Mnr. B.C. van Schalkwyk

WIT EN SWART

Deur Koos Pretorius

Witmense en Swartmense is besig om te versleg in Namibië. Een van die belangrikste redes is omdat die

SWAPO-party deur sy sekulêre beleid, die tentpenne van moraliteit uitgetrek het. Kinders word op skool,

waar die meeste dissipline al hand uitgeruk het, net geleer van regte en niks oor verantwoordelikhede nie.

Wat godsdiens betref, is die opvoeding (of gebrek aan opvoeding) by skole in die meeste gevalle teenstrydig

met wat hy by die huis geleer word. Dit verwar die kind, veral in die laerskool. Die sekuriteit wat hy/sy

geleer is, verdwyn. Dit raak ook die blanke kind. Dit word my vertel dat waar blanke kinders ver in die

minderheid is, van hulle die stoutste is. Is dit ’n manier om die skuldgevoel wat hy hulle ingehamer word

te probeer ontvlug deur af te wys?

Iemand het by geleentheid gesê: “The funny thing about regret is that it is better to regret something you

have done, than to regret something you haven’t.”

14 NOVEMBER 2008

PARLEMENTÊRE SLAGGATE

Deur Koos Pretorius

STROOIPOPPE

Die gebruik by politici om hulle eie strooipoppe op te stel

en dit dan met groot vertoon en oortuiging af te skiet, is

’n ou verskynsel. Dit is hoofsaaklik diegene wat nie die

moeite doen om voor die tyd seker te maak van hulle feite

nie. Kritiek teen privaatskole, is hier ’n goeie voorbeeld.

Vir baie lank is dit aanvaar dat die stigting van privaatskole

veral deur Afrikaner Blankes, nà 1990 ’n bewys was van

’n meerderwaardigheidsgevoel gekoppel aan die hantering

van apartheid. Dit ten spyte van die feit dat die privaatskole

oop was vir enigeen. Die houding is al baie getemper,

maar daar is nou ’n nuwe invalshoek.

The Namibian van 10 Oktober 2007 rapporteer byvoorbeeld

soos volg:

[Quote] “A Swapo MP wants Government to stop paying

salaries to teachers at private schools and instead use

the money to improve the salaries of teachers at State

Schools.

Kilu Nguvauva argued that most private schools in

Namibia cater for the children of affluent parents and

should therefore pay their own teachers’ salaries.

Nguvauva, who is also the Deputy Minister of Fisheries,

made these remarks during debate on the second reading

of the Vocational Education and Training Bill in the

national Council yesterday.

‘The saving made by the Ministry of Education can then

be utilised to subsidise the salaries of our best qualified

and most experienced teachers in Government,’ said

Nguvauva.

He said the quality of education in State schools was

threatened by the loss of the best-qualified and most

experienced teachers to private schools.

However, Nguvauva said State assistance to smaller private

schools such as many rural Catholic farm schools – which

are providing education at affordable prices to children

from marginalised communities – was understandable.

He said in a free market economy like Namibia, wealthy

parents have the right to establish private schools.

‘However, this should not be done at the expense of State

schools,’ he said.” [Quote]

DIE FEITE

Wat is die feite? Slegs ’n paar maande voor dit het mnr.

Jurie Viljoen aan die Minister hieroor vrae gestel in die

Nasionale Vergadering. Toe het die betrokke Minister

hom geantwoord dat daar drie kategorieë is waarvolgens

privaatskole deur die staat gesubsidieer word. Verder het

die Minister ook aangetoon dat slegs 56 (ses-en-vyftig) uit

’n totaal van 140 privaatskole in Namibië deur die staat

gesubsidieer word. Hier kan ons ook maar net in gedagte

hou dat daar ongeveer 1800 skole in totaal in Namibië is.

Van die ongeveer 140 privaatskole in Namibië is maar

slegs omtrent 16 skole wat na onafhanklikheid deur Blanke

ouers begin is. Sover my kennis strek, kry nie een van

laasgenoemde skole ’n enkele sent van die regering nie

en word hulle baie streng deur die regering dopgehou wat

hulle aktiwiteite betref.

Ek het nie nou probeer vasstel hoeveel van die oorblywende

126 privaatskole, kerkskole of gemeenskapskole is nie.

Anders as in Suid-Afrika was hierdie skole in die voormalige

S.W.A. egter ook voor onafhanklikheid toegelaat en deur

die staat gesubsidieer indien aan die vereistes voldoen

word. Al uitsondering wat ek van weet is die SWAPO

privaatskool op Gibeon, wat nie eens geregistreer was nie,

maar ooglopend toegelaat is met die posisie waarin S.A.

homself bevind het.

In ’n verklaring wat in 1995 deur ’n vergadering van die

“Church Leaders Forum” in Johannesburg uitgereik is,

het hulle verklaar: “Baie kerkskole is deur die vorige

onderwysbeleid gesluit. Ons wil ons skole en ons plek in

die opvoeding van ons mense terughê.”

So onlangs soos 12 Oktober 2007 rapporteer die Kerkbode

onder meer:

[Quote] “Dit is ’n interessante ontwikkeling binne die

Anglikaanse kerk dat die aartsbiskop van Kaapstad na

sy aftrede hom gaan toespits op die hervestiging van

Anglikaanse kerkskole. Dit is alom bekend dat van hulle

skole soos Michaelhouse en St Johns, ’n indrukwekkende

lys van presteerders opgelewer het.

Wat minder bekend is, is dat die minder bekende kerkskole

net soveel besondere presteerders opgelewer het. Die mees

prominente Afrikaleiers het die voorreg van ’n Christelike

skool geniet en pluk vandag die vrugte daarvan.

Talle ander denominasies hou ook vandag Christenskole

landwyd in stand en vestig veral nuwes.” [Unquote]

Ook in Namibië is van ons top SWAPO leiers, produkte van

kerkskole soos Martin Luther en veral die Evangeliese Lutherse

Kerk se Hoërskool op Oshigambo (Ovambo). Ek onthou nog

goed hoe ek vroeg na onafhanklikheid nog vir Oshigambo

Hoërskool in die Nasionale Vergadering gelukgewens het

met sy uitslae. Ek kan nie meer onthou of Cambridge toe al

ingestel was en of die Kaapse Matriekstelsel nog besig was om

uit te faseer nie. Volgens die betrokke gegewens wat ek toe

tot my beskikking gehad het, het 44 kandidate in Oshigambo

graad 12 geslaag waarvan 25 matrikulasievrystelling gekry

het. Dit het baie goed vergelyk met Windhoek Hoërskool

se matrikulasievrystelling van 58,31%, H.T.S. se 47,22%

en Academia Hoërskool se 36,56%. En onthou, was die

standaarde nie toe hoër as tans nie?

NOVEMBER 2008 15

Bo aan die lys in 1994 was egter die Blank geïnisieerde

Christelike Privaatskole Elnatan en Moria. Eersgenoemde met

’n 75% matrikulasievrystelling en laasgenoemde met 100%.

[Saggies bygesê, dit is miskien nie heeltemal vergelykbaar

nie. Elnatan het net vier kandidate gehad en Moria twee vir

die K.O.D.-eksamen. Dit het egter baie goeie reklamewaarde

vir privaatskole gehad.]

Dit behoort egter duidelik te wees dat van die oorwegings

wat ouers laat besluit om ’n groter finansiële bydrae vir

hulle kinders se opvoeding te maak, is die standaard van

opvoeding, dissipline, taal, kultuur en godsdiens. Godsdiens

raak veral belangrik waar dit vervang word met ’n neutrale

sekulêre onderwysbeleid wat kinders totaal verwar met die

opvoeding wat hulle tuis ontvang.

Onder die nuwe SWAPO-bedeling kan ek onthou, was selfs

die Oshigamboskool verplig om sy skoolgelde baie op te

stoot. Ouers het ernstig daaroor gekla. Trouens, die ouers

van privaatskole, wat teenoor my kla, gebruik presies die

teenoorgestelde argumente as mnr. Kilus Nguvauva. Hulle

sê hulle word dubbel skoolgeld aangeslaan. Eerstens moet

hulle belasting betaal om die staatskole aan die gang te hou

en tweedens moet hulle ten duurste vir hulle eie skole betaal.

Hulle wil by my weet of, as daar dan in die res van die wêreld

oplossings gevind is, om dit ook dit vir die armer (minder

bevoorregte) kind makliker te maak om ’n privaatskool by te

woon, hoekom kan dit nie ook in Namibië gedoen word nie.

Hulle beweer dan dat ’n gedeeltelike oplossing daarin geleë is

om vir ouers met kinders in privaatskole, belastingtoegewings

te gee. Die skole vervul tog ’n diens namens die staat!

Die beste oplossing en dit is een wat ek voorstaan, is dat aan

elke privaatskool (sonder die aantasting van sy outonomie)

’n proporsionele bedrag betaal word wat gelykstaan aan die

bedrag wat die staat aan ’n kind in die staatskool bestee. Dit

word reeds elders gedoen en veral in Australië het dit ’n

interessante geskiedenis.

Trouens, ek dink al soveel as een-derde van alle leerlinge

in Australië bevind hulle volgens hierdie stelsel in private

Rooms-Katolieke of Onafhanklike en ander kerkskole, wat

jaarliks op aansoek en bewys, proporsioneel deur die staat

gesubsidieer word.

AUSTRALIË

Kom ek begin voor. In 1993 het ek die voorreg gehad om saam

met Namibië se Parlementêre afvaardiging die Internasionale

Parlementêre Konferensie in Canberra, Australië by te woon.

Ek gebruik altyd sulke geleenthede om ’n bietjie rond

te snuffel. Die enigste boekwinkel naby ons hotel was

’n Rooms-Katolieke boekwinkel. Heeltemal informeel en

vriendelik het twee ou tannies in die winkel my gehelp om te

kry waarna ek soek.

Vanaf die hotel het ek Australië se Ministerie van Onderwys

geskakel en baie gou en stiptelik het hulle vir my ’n aantal

dokumente afgelewer.

Daaronder was onder meer die National Report on Schooling

in Australia (1991). Ek het dit baie interessant gevind en

selfs hulle idees aan ons Nasionale Vergadering probeer

oordra, maar sonder sukses. Niemand laat hulle voorskryf in

Namibië nie!

Gee die Rooms Katolieke Kerk in Australië die eer dat

hulle die hardste geveg het oor ’n tydperk van bykans 100

jaar. Op 13 Julie 1962 het die “ontploffing” plaasgevind in

die klein dorpie Goulbrun in N.S.W.. Alle leerlinge in hulle

privaatskole het op dié dag opgedaag by die openbare skole

wat nie plek gehad het om hulle te akkommodeer nie. Die

staat was dus verplig om sy beleid te hersien wat gelei het tot

die huidige reëling.

KWEEKHUISE!

Van sekulêre skole, wat SWAPO, met goedkeuring van ander

politieke partye, nou in Namibië se grondwet ingeskryf het,

het die groot kerkhervormer, Martin Luther, al in sy tyd gesê:

[Quote] “Ek is bevrees dat skole ’n wye ingang na die hel

sal wees, tensy hulle toegewyd arbei om die Heilige Skrif

te verduidelik, en in die harte van die jeug in te graveer.

Ek raai niemand aan om sy kinders in die sorg te laat van

instansies waar God se Woord nie die Opperheerser is nie.

Alle instansies waar die mens nie deurentyd hom met die

Woord van God besig hou nie, sal verrot raak.”

“Baie jare later roep die bladjie, ‘The Catholic School’

in Australië hulle kerk se stryd teen sekulêre skole in

herinnering en skryf onder meer: ‘In 1869 het die Katolieke

biskoppe hulle posisie duidelik gemaak. Die enigste skool

wat vir die Katolieke aanvaarbaar was, was die met ’n

Christelike atmosfeer en wat die Katolieke geloof vertroetel.

Sekulêre onderwys, soos in die staatskole aangebied, was nie

aanvaarbaar nie.”

“En verder het hierdie Katolieke bladjie geskrywe: ‘In 1879

het die biskoppe van Nieu-Suid Wallis op hulle eie die sekulêre

skole veroordeel. Hulle het dit beskrywe as KWEEKHUISE

VAN IMMORALITEIT, ONBETROUBAARHEID EN

WETTELOOSHEID.’ “ [Unquote]

HELP ONS!

Die New Era van 10 Oktober 2007 berig onder meer oor ’n

beroep wat President Pohamba op die kerke in Namibië, onder

meer soos volg:

[Quote] “The president said the church and civic organisations

should work together with police to fight crime, drugs and

alcohol abuse.”

“We must condemn in the strongest terms the recent killings

and mutilation of innocent women in our country.’ He said

adding: ‘As Namibians, we must seriously take up this

daunting challenge of renewing and transforming the social

and moral fabric of our communities.’” [Unquote]

Tot sover die aanhaling.

Die kerke in Namibië kan dit by uitstek doen deur te help met

opvoeding. Ek kan nie aan ’n beter geleentheid dink as nou,

dat die kerke hulle kragte sal saamspan en die regering vra

om, baie volgens die formule van Australië, die kerke te help

om deur middel proporsioneel gefinansieerde privaatskole die

regering te help nie. Gee die ouers en kinders van Namibië die

geleentheid om teen dieselfde finansiële verpligtings te kan

kies tussen regeringskole, onafhanklike skole of kerkskole.

Dit sal ook in lyn wees met die V.V.O. se Handves van Menseregte,

naamlik Artikel 26(3), “Parents have a prior right to

choose the kind of education that shall be given to their

children.”

ETSIP [Education and Training Sector Improvement

Programme]

ETSIP, is die reddingsboeg wat uitgegooi gaan word om

16 NOVEMBER 2008

Namibië se onderwys te probeer red. Ek het al dikwels

gesê dat die sukses van ’n stelsel al dan nie, hang af van

die kennis, gesindheid en houding waarvolgens dit toegepas

word. Ek is bevrees dat dit ook een van die belangrikste

hekkies is wat ETSIP sal moet spring. Baie hang af van hoe

gereed die onderwysers is wat dit moet toepas. In 1990,

toe daar oornag oorgeskakel is na ’n nuwe stelsel, was die

onderwysers nie gereed nie. Ek is nie oortuig dat dit nou

die geval is nie. Ek praat nie van die uitsonderings wat daar

altyd sal wees nie. Stel u voor my verbasing toe ek onlangs

’n onderwyseres gekry het wat vir my gevra het of ek haar

nie meer kan vertel van ETSIP nie. Die regering glo mos dat

as hulle iets in die regeringskoerant, die New Era, adverteer,

dan moet almal daarvan kennis neem. Hulle doen dit met

alles soos byvoorbeeld ook advertensies oor aansoeke vir

hervestiging plase en onlangs ook algemene registrasie van

kiesers. Dit is baie kortsigtig.

Volgens Rapport van 7 September 2008, word prof. Jonathan

Jansen (’n bruinman) en ere professor in onderwys aan Wits

Universiteit gerapporteer dat hy glo die swak vertoning van

onderwys is ’n politieke en kulturele probleem. En dan

verderaan: “Vir hom bly onderwysers se slegte vakkennis ’n

faktor wat groot verskille in skole se prestasie veroorsaak.

Hy het vertel van onderwysers aan die regering se Dinalediskole,

wat fokus op wiskunde, wetenskap en tegnologie, wat

nà ’n week se opleiding steeds 0% gekry het in ’n toets oor

nuwe dele van die wiskundekurrikulum.

‘Ons het dit heeltemal onderskat hoe moeilik dit gaan wees

om vakkennis te verbeter.’

Jansen glo die regering besef hoeveel skade uitkomsgerigte

onderrig gedoen het, maar dat dit moeilik is om iets waarin

soveel belê is en wat soveel ideologiese betekenis het, om

te keer. Hy skaar hom by kritici wat sê die afskaling van

die rol van teksboeke het sowel leerlinge as onderwysers

benadeel, omdat onderwysers in ontwikkelende lande juis

uit teksboeke kennis opdoen.”

Ek is nie ’n kenner nie, maar my gesonde verstand sê vir

my dat ook ETSIP se groot leemte is dat dit konsentreer op

kennis en opvoeding agterweë laat. As die swart mense

nie daaroor bekommerd is nie, wil ek net sê dit is een van

die groot bekommernisse van die blankes. Die gebrek aan

dissipline en respek vir gesag is een van die groot doodsteke.

’n Onderwyseres vertel vir my dat die enigste blanke kind in

haar Graad 4 klas, totaal hande uitruk. Vroeër kan dit nog

met ’n beskaafde pak slae reggestel word, maar vandag is

die regte van die kind een van die grootste aanstokers van

dissiplineloosheid. Hulle word mos volgens Namibië se

grondwet nie meer verantwoordelikhede geleer nie.

As net die blanke ouers daarvoor vra sal godsdiens en morele

onderrig en strenger dissipline, met die inhammering van

verantwoordelikhede, nooit deur die regering teruggebring

word nie. Is dit te veel gevra dat ek ons swart landgenote ook

vra om op te staan en getel te word.

Ek het al voorheen beweer dat die vroeëre sogenaamde

Bantoeonderwys, meer afgerond en suksesvol was as ons

huidige stelsel. Ek het geen reaksie gekry nie. Nou sien ek

dat leidende swart persoonlikhede in Suid-Afrika in dieselfde

mening huldig.

’n Suksesvolle sakevrou, Wendy Luhaba en die akademikus,

dr. Mamphele Ramphele sê dat “Bantoeonderwys” onder

apartheid hulle beter toegerus het as wat die townshipskole

kinders wat in “vryheid” gebore is op die oomblik toerus.

(Die Afrikaner, 12-18 September 2008)

NOVEMBER 2008 17

WHO ARE YOU?

Die Afrikaanse Uitgawe van “Wie is Jy?” is deur die uitgewer aan

al die koerante gestuur. Daar was geen reaksie nie, selfs nie by die

Republikein nie. Ons het die vrymoedigheid geneem om dit ook

aan die regeringskoerant naamlik, New Era te stuur. Die Engelse

uitgawe onder die titel, “The Afrikaners in Namibia, who are they”,

sal ongelukkig eers vroeg volgende jaar beskikbaar wees. Nietemin

was die New Era vriendelik genoeg om die volgende kommentaar

te plaas in hulle “Book Review” van 19 September 2008, deur Peter

Mietzner, onder die titel:

“Who are You”. Written by E.L.P. Stals.

“There is nothing in our country that fascinates me more than

getting to have a better look at the culture and customs of our

various peoples as seen through their own eyes. Outsiders see

only a little bit – that which people allow them to see. The real

nitty-gritty is not usually for public consumption.

When Mr. Kosie Pretorius thus phoned me some time ago and told

me he had a book which I could perhaps review, I did not hesitate

all that much.

Mr. Pretorius, for long the only representative of the MAG in

Parliament and I may sit at opposite ends of the political fire,

but this does not prevent me from talking and discussing various

issues. One more reason to look forward to the book.

I may add that Mr. Pretorius is one of the few politicians who

has garnered respect from all sides of the house – even if some

members don’t always agree with him. Most of the time they

do listen – irrespective of the fact that his views are pretty

conservative and very much those of a pukka Afrikaner. For this

book he wrote the foreword.

The book arrived in due course and when I found it was a series

of historical sketches on the Afrikaner in Namibia, I was doubly

intrigued. The writer, Ernst Stals, is a well-known academic who

worked in Windhoek for many years, but has recently been with

the University of Stellenbosch.

I could see the book as either propaganda for the Afrikaner, the

“Boer” or as an honest attempt to pen down the historical facts

of this people.

Was there an ulterior motive? Afrikaans, after all, as a language,

had always been seen as the language of the oppressor. In

neighbouring South Africa it gave rise to the 1976 riots and even

in Namibia it was not top of the popularity poll for many years.

DIE BRUINMENSE

Een van die interessantste uitlopers van die na-onafhanklikheidsera is

die selftrots op ’n eie identiteit wat daar by die Bruinmense ontstaan

het. Seker die meeste van hulle verkies om as bruinmense bekend te

staan en nie as kleurlinge nie. Die onderstaande teregwysing is meer

as net in ’n ligte luim:

Dear white fella

Coupla tings yo orta no

FIRSTLY, WEN I’M BORN, I’M BLACK!!

WEN I GROW UP, I’M BLACK

WEN I GET SICK, I’M BLACK

WEN I GO OUT INA SUN, I’M BLACK

A promise is a promise and I started reading. The author very

cleverly steered away from being subjective in any form and kept

strictly to the historical facts. A plus point to Stals. It could not

have been that easy.

I won’t bore you with all the detail of the book. Let it suffice

if I say I learned more about the “being” called “Boer” or

“Afrikaner” in one evening than in many dreary history classes

both at school and later.

It makes one realise that whatever language we speak and

whatever culture we may call our own, in Namibia it has been

cross-pollinated by so many others. Today’s Afrikaans-speaking

person is as likely to be one with Nama or Damara ancestry; be

from Rehoboth than be the stereotypical white person with Dutch,

German and English ancestry – or even Irish for that matter.

Remember, the Irish would be the friend of anyone who fought

the English and many Irish fought on the side of the “Boers” in

the Anglo-Boer wars. I should know – I married the descendant

of one!

In Namibia the Afrikaner is but part of the larger picture; one

of the pieces that fits into the outline of Namibia. As with any

human being, you get good ones and bad ones – most the former,

though.

The book opened my eyes to one universal truth: under the skin

we ARE all brothers!

Yes, the Afrikaner culture has rubbed off on other cultures in our

country; just look at the typical Nama dress – and listen to my

friend Vleermuys play guitar. A typical Afrikaans waltz, but with

that unmistakable “Africa” feeling.

Just look at Ovaherero with the Victorian German dresses and

their fanciful uniforms on special days.

If you read Afrikaans and get hold of the book, read it with an

unbiased eye – and you will see their story is not so much different

from yours and mine.

Unity in diversity – party of the many-coloured lappieskombers of

our history.

The fact that an English translation will soon be available will

make the book even more accessible and will make it more of an

addition to Namibians.

PS: The word “Boer” with a capital “B” is NOT used pejoratively.

It is used as it is in the sense of the book!”

AND WHEN I GET SCARED

GEE, I’M BLACK

AND WEN I DIE, I’M STILL BLACK

BUT YOU WHITE FELLA....

WEN YOU BORN, YOU PINK

WEN YOU GROW UP, YOU WHITE

WEN YOU GET SICK, YOU GREEN

WEN YOU GO OUT INA SUN, YOU RED

WEN YOU GET COLD, YOU GO BLUE

WEN YOU GET SCARED, YOU YELLA

AND WHEN YOU DIE, YOU PURPLE

AND YOU GOT THE CHEEK TO CALL

ME COLOURED!!

18 NOVEMBER 2008

JAARVERGADERING

Monitor Aksiegroep se Jaarvergadering op 12

September 2008 het toe baie goed afgeloop. Ons is

bly vir die paar jong manne wat bereid is om skouer

aan die wiel te sit.

Onderstaande is ’n belangrike besluit wat

deurgestuur aan alle tersaaklike persone, insluitende

die Staatspresident en die Eerste Minister. Soos

gewoonlik – en dit is nie net ons lot nie – erken hulle

nie eens ontvangs nie. Ook die pers is nie bereid om

hulle vir groepsregte te beywer nie.

Ons gaan egter nie moed opgee nie, maar maak

staat op u daadwerklike en morele ondersteuning.

Die persverklaring lees soos volg:

Op die Jaarvergadering van MONITOR

AKSIEGROEP wat gehou was op Vrydag, 12

September 2008, is soos volg kennis geneem en

besluit:

1. Dat kennis geneem word dat na bykans

‘n dekade en meer, se ignorering van

MONITOR AKSIEGROEP se vertoë,

deur die Parlement en die Kabinet van

Namibië, die voorsitter van, MONITOR

AKSIEGROEP, mnr. Kosie Pretorius:

(a) Die aangeleentheid van beweerde

korrupsie met partybefondsing

en onregmatige gebruik van

staatsinfrastruktuur in die vorm

van ’n ope brief, na die Anti-

Korrupsie Kommissie verwys

het, en reeds op 16 Mei 2008 die

skriftelike bevestiging ontvang het

dat dit opgeneem sou word met

die verantwoordelike instansies;

(b) Die vraag of die Ombudsman enige

seggenskap het oor beweerde

wanadministrasie deur die

Parlement, reeds vanaf die begin

van 2007 opgeneem het met die

Ombudsman en op 20 Desember

2007 die skriftelike versekering

gekry het dat die saak verwys is

na adv. D. Smuts vir ’n regsmening

onder meer soos volg” “With

the above as backgrounds, we

hereby wish to request you to

provide this Office with an opinion

whether the Ombudsman has

the duty and power in terms of

the Ombudsman Act, No. 7 of

1990, and more specifically

(c)

Section 3 and 4 of the said Act, to

enquire into and investigate any

request or complaint against the

Parliament.”;

Nog nie daarin kon slaag om

die Kabinet te oortuig dat dit in

openbare belang is (teenstrydig

met die eng SWAPO-partybelang

nie) om die sogenaamde notules

van die Subkomitee van die

Grondwetskrywende Vergadering

vir openbare kennisname en

ontleding te publiseer nie;

(d) Dat ’n regsmening wat teen

groot koste deur MONITOR

AKSIEGROEP verkry is, toon dat

daar ernstige leemtes is in die

Regstellende Aksie wet en veral

die toepassing daarvan, nie net op

ras en kleurgronde nie, maar ook

op kultuurgronde en die diverse

gemeenskappe.

(e) Dat bogenoemde regsmening

voorgelê is aan “The Ombudsman’s

Public Hearing on Racism/Racial

Discrimination” en dat MONITOR

AKSIEGROEP die skriftelike

(f)

erkenning van ontvangs gekry

het, met die versekering dat dit

behandel sal word in sy verslag.

Dat met genoeë kennis geneem is

dat dié verslag van C.E.R.D. (U.N.

Committee on the Elimination

of Racial Discrimination) van 15

Augustus 2008 al die punte van

kritiek van MONITOR AKSIEGROEP

teen die SWAPO-regering oor die

afgelope jare, onderskryf het.

2. Besluit dat die Voorsitter van MONITOR

AKSIEGROEP en die Parlementêre

Verteenwoordiger onderskraag word

in hulle voortgesette pogings om met

bewese en regsgeldige argumente te

streef na gelyke behandeling van ALLE

individue en gemeenskappe in Namibië.

NOVEMBER 2008 19

EENDRAG MAAK

NEEM WEG

MONITOR AKSIEGROEP ondersteun die Christelike beskouing van eiendomsreg.

MONITOR AKSIEGROEP beklemtoon dus die idee van ‘n vrye ekonomie, privaatinisiatief

en dus ook private sowel as koöperatiewe besit.

MONITOR AKSIEGROEP ondersteun dus ook die gebod van “Jy mag nie steel nie”.

MONITOR AKSIEGROEP ondersteun die opvatting dat eiendom verkry moet word deur

eerlike arbeid, deur dit te koop of te ruil, deur dit te erf of te ontdek.

MONITOR AKSIEGROEP ondersteun ook die VVO-handves van menseregte, Art. 17 wat

lui: “(1) Everyone has the right to own property, alone as well as in association with

others. (2) No one shall be arbitrarily deprived of his property.”

EIENDOMSREG

EN JY VERSLEG

Eenheid in Verskeidenheid

NAVRAE:

MONITOR AKSIEGROEP

Posbus 80808

Olympia

WINDHOEK

Tel. Nr. 061-252008

Faks nr. 061-229242

Epos: mag@iway.na

Webwerf: www.monitor.iway.na

SPANWERK IS LEKKERWERK!

20 NOVEMBER 2008

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!