02.05.2013 Views

weidings handleiding coverA3 - Pannar Seed

weidings handleiding coverA3 - Pannar Seed

weidings handleiding coverA3 - Pannar Seed

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

INHOUDSOPGAWE

Pannar Saad (Edms) Bpk

Produksiehandleidingreeks

Weidings

A) INLEIDING .......................................................................................................... 1

B) HOOFSTUK I – BEPLANNING EN VESTIGING

1.1 Beplan voor u plant .............................................................................................................2

1.2 Vestiging vra goeie voorbereiding ......................................................................................3

1.3 Metaboliese stoornisse in diere op aangeplante weidings...................................................4

C) HOOFSTUK II – INTENSIEWE WEIDINGS

2.1 Eenjarige weidings ..............................................................................................................7

2.1.1 Eenjarige raaigras...................................................................................................7

2.2 Meerjarige weidings..........................................................................................................10

2.2.1 Meerjarige raaigras...............................................................................................10

2.2.2 Langswenkgras.....................................................................................................12

2.2.3 Kropaargras ..........................................................................................................14

D) HOOFSTUK III – SUBTROPIESE SOMERWEIDINGS

3.1 Eenjarige weidings ............................................................................................................16

3.1.1 Tef ........................................................................................................................16

3.2 Meerjarige weidings..........................................................................................................17

3.2.1 Smutsvingergras ...................................................................................................17

3.2.2 Rhodesgras ...........................................................................................................19

3.2.3 Oulandsgras (Eragrostis) ......................................................................................21

3.2.4 Paspalum ..............................................................................................................23

3.2.5 Kikuyu..................................................................................................................24

3.2.6 Witbuffelgras........................................................................................................26

E) HOOFSTUK IV – PEULVOERGEWASSE

4.1 Klawer ...............................................................................................................................28

4.1.1 Rooi en wit meerjarige klawers en eenjarige Berseemklawer..............................28

4.2 Lusern................................................................................................................................31

F) HOOFSTUK V – AANVULLENDE EENJARIGE VOERGEWASSE

5.1 Eenjarige voergewasse vir die somer ................................................................................36

5.1.1 Voersorghum........................................................................................................36

5.1.2 Basterbabala .........................................................................................................38

5.2 Eenjarige voergewasse vir die winter................................................................................39

5.2.1 Korog....................................................................................................................40

5.2.2 Stoelrog ................................................................................................................42

5.2.3 Hawer ...................................................................................................................43

5.2.4 Plantdatum en verwagte weiperiode.....................................................................44

5.3 Japanese Radys..................................................................................................................44

G) SAAIDIGTHEID VAN VOERGEWASSE................................................................46

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 1 -

INLEIDING

Pannar Saad (Edms) Beperk het sedert sy ontstaan baie groot vordering gemaak met die

ontwikkeling van verbeterde graangewaskultivars. Die kultivars word wyd aangeplant en

vervul in baie opsigte 'n leidende rol. Die afgelope dekade is ook groot vooruitgang gemaak

met die ontwikkeling van verskeie voergewasse en word van Pannar se eksklusiewe produkte

met groot sukses op vele plase aangeplant.

In die handleiding word breë riglyne van die volgende aspekte en voergewasse uiteengesit.

• Faktore wat ʼn rol speel by die keuse van ʼn voergewas.

• Belangrike aspekte met vestiging van fynsaad voergewasse.

• Intensiewe weidingsgewasse.

• Semi-intensiewe sterk meerjarige grasse.

• Ekstensiewe sterk meerjarige grasse.

• Peulgewasse: Klawer

Lusern

• Aanvullende eenjarige voergewasse.

• Weidingskapasiteit (drakrag) word vir ʼn periode van 12 maande aangegee.

Vir enige persoonlike advies kontak u naaste Pannar Saad Streekkantoor of

verteenwoordiger.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

1.1 BEPLAN VOOR U PLANT

- 2 -

HOOFSTUK I

BEPLANNING EN VESTIGING

By die aanplant van voergewasse is dit belangrik om by die keuse van 'n voergewas, die

volgende in aanmerking te neem.

• Is die voergewas aangepas by grond- en klimaatstoestande?

• Vir watter soort veeproduksie sal die voergewas gebruik word? Byvoorbeeld vir

melkproduksie, afronding van speenkalwers, onderhoud van droë koeie en so meer?

• Wat is die voordele en nadele van 'n spesifieke voergewas, en hoe pas die eienskappe in

by die bestaande veeboerdery?

• Hoe veelsydig is 'n voergewas, kan dit vir meer as een doel gebruik word?

• Maak seker dat die grootte van die aanplanting aan die gevraagde veebehoefte sal

voorsien. Werk eerder op 'n konserwatiewe voeropbrengs om voorsiening vir meer

surplus te maak.

• Waar intensiewe voergewasse onder besproeiing geplant word, plant voere wat goeie

opbrengste met 'n goeie voedingswaarde lewer. Besproeiing is duur en moet daar na

optimale voeropbrengste en benutting gekyk word.

• Maak seker van die bemestingsbehoefte vir voergewasse, die tyd van kunsmis toediening

en die regstelling van grondvoedingstekorte voor vestiging.

• Waar moontlik plant meer as een voergewas, veral meerjarige grasse om risiko te versprei

en 'n beter voervloeiprogram te benut. In die opsig kan goed saamgestelde gras- of

peulgewasmengsels 'n belangrike rol speel.

• Plant voergewasse wat die natuurlike weidings en oesreste sal komplimenteer om

sodoende die beste voordeel uit die beskikbare voerbank te put.

• Beweiding van aangeplante weiding, veral waar besproeïng toegedien word, kan siekte en

parasietprobleme tot gevolg hê.’n Doeltreffende doseerprogram moet gevolg word en

voorkomende maatreëls teen vrotpootjie moet in die geval van veral skape en melkkoeie

toegepas word.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 3 -

1.2 VESTIGING VRA GOEIE VOORBEREIDING

DROËLAND MEERJARIGE GRASWEIDINGS

Grondvrugbaarheid

• Neem 'n grondmonster om basiese kunsmisbehoeftes te bepaal.

Planttyd

• Die beste tyd vir vestiging is Januarie en Februarie. In warmer areas vestig in die later

gedeelte van die herfs om te verhoed dat saailinge doodskroei.

Hoekom die tyd

• Die saadbed kan voorafgaande maande geploeg word om met opvolgreëns 'n vaste en

ferm saadbed te gee.

• Noodsaaklike ondervog kan opgegaar word.

• Onkruide kan vooraf met 'n ligte bewerking bestry word vir 'n onkruidvrye saadbed.

• Dit gee aan die gevestigde weiding voldoende tyd om 'n goeie wortelstelsel voor die

winter te ontwikkel.

Saadbed

• Met die eerste voorbereiding wat ten minste 'n paar weke voor plant moet geskied, moet

'n fyn saadbed voorberei word.

• Die saadbed moet die kans hê om met reëns, vas te sak vir 'n ferm oppervlakte.

• Vir onkruidbestryding voor plant, gebruik 'n vlaktand of sny-egbewerking.

• Rol die saadbed vas voor saai, en volg dit op met vasrol na die saad geplant is. Moet nie

die saad in eg of met enige implement begrawe nie.

• Plant van saad in rye is meer suksesvol as uitsaai, alhoewel laasgenoemde manier met die

regte voorbereiding goeie resultate lewer.

• Vir suksesvolle vestiging onder droëlandtoestande is dit belangrik dat die grondprofiel

tydens planttyd deurnat moet wees, terwyl die boonste lagie grond droog moet wees.

Ontkieming sal dan plaasvind met die eerste bui reën.

Bemesting

• Faktore soos die fosforinhoud en grondsuurheid (pH) van die grond moet voor plant

indien nodig reggestel word.

• Sover bemesting aangaan, gebruik die volgende as riglyn:

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 4 -

Een ton hooi verwyder ongeveer 10-20 kg stikstof (N), 1.2 kg fosfor (P) en 12 kg kalium

(K). Hoe hoër die reënval, hoe hoër is die opbrengspotensiaal en moet bemestingspeile

by 'n gebied se opbrengspotensiaal aangepas word vir die beste ekonomiese voordele.

• Waar hooi gesny word, moet hoër aanvullende kunsmis veral kalium as met beweiding

toegedien word.

Algemeen

• Nuut gevestigde weidings moet nie te vroeg bewei word nie – gee genoeg tyd sodat ’n

sterk wortelstelsel eers kan ontwikkel. Eenjarige weidings is oor die algemeen slegs na 6

to 8 weke na plant reg vir beweiding, terwyl dit 8 weke of langer neem by meerjarige

weidings. Meerjarige weidings lewer in sommige gevalle eers hul volle produksie vanaf

die tweede jaar. Swaar beweiding kort na vestiging moet dus vermy word.

• Indien onkruidbeheer nodig is op ’n nuutgevestigde weiding, moet die afsny van die

weiding saam met die onkruid as eerste keuse uitgeoefen word. ’n Selektiewe

onkruiddoder moet eers oorweeg word indien die onkruid na die snybehandeling nog

steeds ’n probleem veroorsaak.

• Die koste om ’n weiding te vestig is hoog, daarom is aandag aan detail belangrik. Dit is

veral die geval by die vestiging van ’n meerjarige weiding.

1.3 METABOLIESE STOORNISSE IN DIERE OP AANGEPLANE WEIDINGS

Die gebruik van intensiewe weidings vir diereproduksie kan soms lei tot metaboliese

steurnisse in weidende diere, wat kan aanleiding gee tot ’n siektetoestand of ʼn

beperkings op die diere se produksie. Hoë voedingswaarde word soms geassosieer met

potensiële giftigheid en hierdie risiko’s word aanvaar in die benutting van die

produksievermoë van hierdie weidingplante.

Nitraattoksisiteit (Nitrietvergiftiging)

Stikstof is die basiese bousteen van proteïene en is essensieel vir goeie diere- en

plantproduksie. ’n Oormaat nitraat (NO3) opname deur plante kan tot ʼn verlaagde inname,

aborsie van fetusse of self die dood van diere lei. Oormatige nitraat konsentrasies kom

gewoonlik voor wanneer plante in stikstofryke toestande of ’n periode van bewolkte weer

groei. Weiding wat met 2,4-D gespuit is kan ook ’n hoë konsentrasie van nitrate opbou.

Droogtestremming, asook hoë temperature, insek en lae lig toestande en selfs ryp kan ook tot

verhoogde nitraatkonsentrasies in weidings lei.

Die meeste gewasse wat vir die maak van hooi, kuilvoer of as weiding gebruik word soos

mielies, hawer, koring, raaigras, lusern, sojabone, sorghum en japanese radys mag toksiese

vlakke van nitraat akkumuleer. Hoë nitrate konsentrasies is veral toksies vir herkouende

diere. Wanneer weidings wat nitraat bevat ingeneem word, verander die rumenmikrobes dit

na nitriet (NO2). Die nitriete word gewoonlik deur die ruminmikrobes na ammoniak verander

en gebruik om proteïen te vervaardig. Die mikrobiese proteïen is ʼn belangrike bron van

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 5 -

proteïen, wat in die klein maag ge-absorbeer word. Indien die ruminmikrobes oorweldig word

deur hoë konsentrasies van nitrate kan die intermediêre produk van nitriete wat toksies is,

opgaar. Hoë nitriet konsentrasies kan tot absorpsie van nitriete deur die ruminwand tot in die

bloedstroom lei. Dit lei tot oksidasie van hemoglobien na methemoglobien en ʼn afname in

die bloed se vermoë om suurstof te vervoer. Die eerste simptome is blou slymvliese. Die

bloed het ook ‘n sjokolade-bruin kleur a.g.v. die methemoglobien. ʼn Betroubaarder simptoom

is wanneer die vulva van ʼn koei blou-grys verkleur in teenstelling met die normale pienk

kleur.

Nitraattoksisiteit kan met blousuurvergiftiging verwar word aangesien albei soortgelyke

simptome kan hê.

Blousuurvergiftiging (Sianiedvergiftiging)

Heelwat weidingspesies, o.a.voersorghum, bevat ʼn suiker verbinding sianoglukosied. Die

verbinding is nie op sigself skadelik nie. Wanneer die plant egter aan stremming blootgestel

word soos vertrapping, haelskade, droogte en verwelking kan die sianoglukoside verander na

ʼn nuwe verbinding, naamlik waterstofsianied of blousuur. Hoë peile van N-bemesting kan

bydra tot hierdie toestand. Met inname word die sianied dan in die bloedstroom ge-absorbeer

en verhoed dit dat suurstof vanaf die hemoglobien na die weefselselle vrygestel word. Die

gevolg is dat die dier aan ʼn suurstoftekort vrek. Die rumenmikrobes kan ook ʼn blousuur

scenario ontwikkel. Dit kan gebeur dat plante wat vertrap en gekou word die waterstofsianied

in die rumen vrystel waar die bogenoemde reaksie plaasvind en blousuur gevorm word met

gevolglike vergiftiging van die dier.

Die kliniese tekens is soortgelyk aan dié van nitraatvergiftiging. Die verskil is egter in die

kleur van die bloed waar blousuurvergiftiging gekenmerk word deur ʼn helder rooi

bloedmonster wat nie maklik stol nie. Diere wat blousuurvergiftiging onder lede het vrek nie

van vergifting nie en kan reggestel word deur die toedienning van ʼn natriumnitraat inspuiting.

Die natriumnitraat stel die sianied vry van die hemaglobien in die bloed waar dit dan in die

uriene uitgeskei word. Diere herstel dan ook gewoonlik.

Opblaas (Skuimopblaas)

Hierdie is ʼn probleem wat deur plantproteïen veroorsaak word. Dit kom veral by lusern en

klawers voor. Onder sekere omstandighede word ʼn stabiele skuim in die rumen gevorm wat

normale gaslating en ook asemhaling en bloedsomloop belemmer. Dit kan tot die dood van

die dier lei. Sekondêre plantprodukte soos saponiene, sianoglukosiedes en amiene kan ook ʼn

effek hê op die verloop van opblasing. Diere kan verskil t.o.v. hulle gevoeligheid vir opblaas.

Olies en sintetiese teenskuim middels kan suksesvol vir opblaas gebruik word.

Algemene bestuursriglyne

Dien N-bemesting toe in paaiemente na gelang van die groeipotentiaal van die weiding; bv.

minder op ʼn keer tydens die koue maande van diejaar en meer in die warmer lentemaande in

die geval van raaigras.

Dien die N-bemesting toe nadat die spesifieke stuk weiding kort gewei of gesny is.

Vermy beweiding dan vir tenminste drie weke na stikstofbemesting toegedien is of totdat die

weiding weer tot ±25cm uitgegroei het.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 6 -

Honger diere moet verkieslik eers vir ʼn uur kuilvoer of hooi vreet voordat dit toegang gegee

word tot weidings wat risiko vir bogenoemde probleme inhou. Beperk die toegang in die

begin tot nie langer as dertig minute nie. Vermeerder die beweidingstydperk dan geleidelik

indien geen probleme voorkom nie.

Vermy beweiding van verwelkte of beskadigde weidings vir tenminste twee weke nadat die

beperkende faktor opgehef is, of tot die plante heeltemal doodgeryp is in die geval van

voersorghum.

Voorsien addisionele swael aan diere wat weidings met potensiële blousuurprobleme bewei.

Die sianied in die rumen en lewer word dan na tiosianaat gemetaboliseer en word deur die

dier uitgeskei.

Deur lusern te sny voordat dit verwelk en dan op die wa te laat verwelk sal die risiko van

opblaas verminder.

Voorsien veselryke hooi aan diere wat sappige groen besproeide weiding bewei en pas die

lek-byvoeding aan vir die spesifieke weiding wat benut word.

Erkenning: Vrylike gebruik van verskeie bronne.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 7 -

HOOFSTUK II

INTENSIEWE WEIDINGS

Dié grasse staan ook bekend as koelseisoengrasse aangesien baie van hulle winteraktief is en

ook rypverdraagsaam is, deurdat hulle groen bly deur die winter. Indien die grasse met

subtropiese grasse vergelyk word, is hulle relatief hoog in kwaliteit, verteerbaarheid en

smaaklikheid. Boere wat melkerye het, vetlammers produseer of speenkalwers afrond, kan

gematigde spesies insluit in hulle voervloei op die plaas, om sodoende goeie diereproduksie

te handhaaf.

2.1 EENJARIGE WEIDINGS

2.1.1 EENJARIGE RAAIGRAS

Spesie: Lolium multiflorum

Westerwold vs Italiaans

Westerwold raaigras word alleenlik gedurende die vroeë herfs, Februarie/Maart,

aangeplant. Dit reageer op dagliglengte vir saadproduksie en is ʼn ware eenjarige

gewas.

Italiaanse raaigras kan gedurende die vroeë lente, Augustus/September, of herfs,

Februarie/Maart, aangeplant word. Dié raaigras benodig 'n koue skok (vernalisasie)

vir saadproduksie. In sekere gebiede mag dié raaigras agtien maande hou en kan ʼn

langer weidingsperiode as die Westerwold tipes bied. Westerwold tipes lewer beter

produksie in die midwinter terwyl die Italiaanse tipes later in die lente beter produksie

lewer. Vir herfsaanplantings word die beste ekonomiese voordele verkry deur dit so

vroeg as moontlik te plant. Jong saailinge moet beskerm word tydens vroeë

aanplantings, deur dit elke 2-3 dae lig te besproei. Hou daarmee vol tot die wortels

goed ontwikkel het.

a) Aanbevole areas:

Raaigras moet gesaai word onder besproeiing en in gronde wat vrugbaar is en

redelik goed gedreineer is. Dié weidings word nie onder droëlandtoestande

aanbeveel nie, behalwe waar die somerreënval 1000 mm per jaar oorskry en

gematigde klimaat voorkom. Dit kan wel in die winterreënvalstreek onder

droëland verbou word. Lente aanplantings van Italiaanse tipes word slegs

aanbeveel in gebiede met baie gematigde somers. Besproeiingsbehoeftes vir

die meeste grondtipes is 25 mm elke 4 tot 5 dae indien dit gedurende

Januarie/Februarie gesaai word, 25 mm elke week vir die res van die

groeiperiode.

Raaigras kan suurgronde verdra, vir optimum produksie is ʼn suurversadiging

van minder as 10% verkieslik.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

) Eienskappe:

- 8 -

Raaigrasse word gegroepeer as tetraploïde of diploïde tipes. Tetraploïde

raaigras het groter sade, ±1000 sade weeg 4 gram, teenoor diploïde raaigras,

±1000 sade weeg ongeveer 2 gram. Tetraploïde raaigras groei hoër as

diploïde raaigras, en hulle is ook donkerder van kleur, meer smaaklik en het

breër blare, maar is nie so gehard soos diploïde raaigras nie.

c) Saadkwaliteit:

Gesertifiseerde saad moet 'n minimum kieming van 75% hê, en 'n suiwerheid

van 96%.

d) Bestuur:

Die sleutel tot sukses met raaigrasverbouing is voldoende stikstofbemesting en

baie water. Die eerste toediening van stikstof is baie belangrik omdat

herfsproduksie baie belangrik is. Dae wat korter word en verlaging in

temperatuur, verlaag die opbrengs en groei van raaigras. Dus moet ongeveer

300 kg KAN/ha net voor vestiging, of een week na ontkieming plaasgevind

het, toegedien word. Die totale N-behoefte van die weiding moet verdeel

word in 4 of 5 toedienings om 'n goeie egalige produksie deur die seisoen te

kan hê. Geen weiding kan meer as 'n sekere hoeveelheid stikstof per eenheid

tyd verbruik nie, dus is dit ekonomies regverdigbaar om die stikstof

topbemesting te versprei oor die volle groeiseisoen. Dit sal ook besoedeling en

versuring beperk.

Beheerde weiding deur middel van ʼn elektriese heining is baie belangrik om

produksie tot die maksimum te verhoog. Voordat die weiding die eerste keer

benut word, laat dit uitgroei tot ongeveer 20 cm hoogte. Dié groei sal na

ongeveer 6 weke vanaf plant behaal word. Na die eerste beweiding is die

aanbevole hoogte 30 cm. Moet nooit korter as 8 cm bewei voordat die diere

afgehaal word nie. Dit is om te verseker dat ʼn vinnige hergroei kan plaasvind.

Onttrek besproeiing 2-3 dae voor beweiding vir beter DM inname en

diereproduksie.

Raaigras op sy eie kan 15-20 liter melk of 0.5 tot 1 kg gemiddelde daaglikse

toename (GDT) per speenkalf lewer. Om die doeltreffendheid van raaigras

wat hoog in water en laag in veselinhoud is te verhoog, kan met vrug

addisionele ruvoer in die vorm van kuilvoer of hoë kwaliteit hooi gegee word.

Hierdie praktyk sal produksie van veral melkerye verhoog.

e) Bemesting en produksie:

Die ideale pH (KCI) is 4.5, maar dit kan ʼn suurversadiging van so hoog as

25% verdra. Dit is egter raadsaam om na ʼn suurversadiging van minder as

10% te streef.

Aanbevole P vlak : Optimum P : >20 mg/kg

(Bray 1)

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 9 -

Aanbevole K vlak : Optimum K-vlakke : 120 mg/kg

Stikstofbemesting:

±35% van die totale produksie vind plaas voor die winter, en die res vanaf

Augustus tot November.

Dien 300 kg KAN/ha toe met vestiging of voor die saailinge die

vierblaarstadium bereik. Daarna word 250 kg KAN/ha na elke tweede

beweiding toegedien, dus ±4 toedienings. Alternatief kan 35-45 kg N/ha na

elke beweiding toegedien word. Hou in gedagte dat die piek groeiperiodes in

die herfs en lente plaasvind, in die winter is die groeitempo heelwat stadiger.

Bemes na gelang van die piek groeiperiodes.

Produksie:

Koue winters en matige somers : 12-15 ton DM/ha

Matige winters met ligte ryp : 10-12 ton DM/ha

Warm, laeveldgebiede : 8-10 ton DM/ha

DM = Droëmateriaal

f) Saaityd:

Koeler gebiede : Januarie-Februarie

Warmer gebiede : Middel Maart-Mei

Italiaanse variëteite : Soos bo, maar kan ook in Augustus

(lente aanplanting) gevestig word.

Saaidigtheid:

In 180 mm rye : 20 kg/ha diploïede

25-30 kg/ha tetraploïde

Breedwerpig : 25 kg/ha diploïede

35-40 kg/ha tetraploïde

g) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende beweiding vir ’n periode tot so lank

as 240 dae.

Hooi : Moeilik om hooi te maak.

Kuilvoer : Kuilvoer kan gemaak word. Dit is egter riskant

omdat ʼn hoë vogpersentasie tot verrotting

aanleiding kan gee. Om inkuiling suksesvol te

laat geskied moet die gesnyde raaigras toegelaat

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 10 -

word om goed te verwelk om sodoende die DM

inhoud te verhoog. Die gebruik van ʼn entstof

sal fermentasie stimuleer.

Staandehooi : Word nie juis daarvoor gebruik nie.

Meerjarige rooi- en witklawers of Berseemklawer kan saam met die raaigrasse

verbou word. Berseemklawer geniet voorkeur saam met eenjarige raaigras. Dit

het die addisionele voordeel dat dit die beweidingsperiode kan verleng na die

raaigras ryp geword het.

2.2 MEERJARIGE WEIDINGS

2.2.1 MEERJARIGE RAAIGRAS

Spesie: Lolium perenne

a) Aanbevole areas:

Besproeiing:

Dieselfde areas as vir eenjarige raaigras, maar probeer om ʼn koel helling of

laagland uit te soek vir die tipe weiding.

Droëland:

Meerjarige raaigras kan onder droëland verbou word in koel tot matige

gebiede met ʼn hoë reënval van 1000 mm en meer en waar die reënval goed

deur die jaar versprei is.

b) Eienskappe:

Dié grasse is swak meerjarig en voorsien goeie kwaliteit voer vir 'n periode

van ±3 jaar. Hulle is stadig om te vestig in vergelyking met eenjarige raaigras

en moet dus verkieslik nie gedurende die lente, maar eerder gedurende die

herfs gesaai word. Dié gras in die lente gesaai, sal baie kompetisie vanaf

onkruide moet verduur. Die warm somertemperature sal dit ook benadeel.

Behalwe vir die jaar van vestiging is die winterproduksie minder in

vergelyking met die eenjarige raaigrasse.

c) Saad: Gebruik kwaliteit saad

Saad moet 'n minimum kieming van 75% en 'n suiwerheid van 97% hê.

d) Bestuur:

Om die maksimum produksie vanaf meerjarige raaigras te verkry, moet dit

redelik intensief bewei word en deur die groeiseisoen kort gehou word. Dit is

ook waar dat indien die weiding toegelaat word om saad te skiet, die

langlewendheid van die weiding nadelig beïnvloed word, maar daar is geen

grasspesie op aarde wat optimum produksie sal lewer as dit aanhoudend

oorbewei word nie.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 11 -

Die ideale situasie sal wees as die gras toegelaat sal word om uit te groei tot ʼn

hoogte van ±20 cm en dan intensief benut kan word tot ʼn stoppelhoogte van 5

cm binne 5 dae. Onder optimum toestande behoort die weidingsiklus 21-28

dae te wees. Die gras moet dan toegelaat word om uit te groei na 'n hoogte

van 20 cm voordat dit weer bewei word.

Sekere variëteite word geteel met ʼn hoë endofiet, Acremonium lolii, inhoud.

Dit verleen aan die gras insekwerende eienskappe, maar kan ook

raaigrasendofietvergiftiging (‘staggers’) veroorsaak indien dit laer as 5 cm

bewei word. Enkelmaagdiere is veral hiervoor gevoelig.

Daar moet egter beklemtoon word dat meerjarige raaigras ʼn paar gereelde

ligte besproeiings verkies bo een swaar besproeiing om die beste resultate te

lewer. Gedurende warm somermaande benodig dit 25-30 mm water elke 3-4

dae.

e) Bemesting en produksie:

Die twee belangrikste aspekte van bemesting is om die pH/suurversadiging reg

te stel en die fosforvlakke na die gewenste peil op te bou. Die regstelling van

die twee aspekte help nie net om die weiding beter te laat produseer nie, maar

om die groeikragtigheid en langslewendheid van die gewas te verbeter.

Bekalking is dus noodsaaklik as die grond se pH (KCl) laer as 4.5 is of indien

suurversadiging hoër as 10% is.

Fosforbemesting : Optimum P-vlakke : > 25 mg/kg

(Bray 1)

Kaliumbemesting : Optimum K-vlakke : > 120 mg/kg

Stikstofbemesting:

Dien ongeveer 60-70 kg N/ha toe sodra die weiding goed gevestig het. Dien

daarna 60 kg N/ha na elke tweede benutting toe. Vermy toediening van

stikstof gedurende die somermaande.

Opbrengste van 10-12 ton DM/ha kan in die eerste paar jaar behaal word.

f) Saaityd:

Februarie tot Mei.

Saaidigtheid:

Rye (180 mm) : 20 kg/ha

Breedwerpig : 25 kg/ha

g) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende beweiding vir tot 3 jaar. Moenie die weiding

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 12 -

oorbenut gedurende die warm somermaande nie. Vermy baie

kort beweiding van blaarbasisse in die somer om hitteskade te

voorkom.

Laat die gras goed pol om die vlak wortels te beskerm teen die

son. Hou die weiding kort vir die res van die jaar.

Hooi : Moeilik om hooi te maak.

Kuilvoer : Kuilvoer kan gemaak word, maar dit is onwaarskynlik dat

genoeg materiaal na die eerste jaar beskikbaar gaan wees.

Dieselfde bestuurswenke geld soos vir eenjarige raaigras.

Staandehooi : Weiding vorm ongewenste polle.

Meerjarige raaigras kan saam met rooi- en witklawer gesaai word. Die

saaidigtheid van die klawer is 4 kg rooiklawer en 2 kg witklawer/ha.

2.2.2 LANGSWENKGRAS

Spesie: Festuca arundinacea

a) Aanbevole areas:

Langswenk sal goed groei op die meeste grondtipes en in die meeste

klimaatstreke. Dit is egter baie goed aangepas in nat vleiagtige lande.

Langswenk kan tot 'n sekere mate in die water staan. Dit doen nie baie goed

op warm, sanderige gronde nie. Langswenk verdra 'n redelike mate van

grondsuurheid, tot 25% suurversadiging, maar aangesien dit dikwels saam met

klawer verbou word, moet die suurversadiging verlaag word om aan die

behoeftes van die klawer te voldoen.

b) Eienskappe:

c) Saad:

Langswenk is 'n geharde, diep gewortelde, meerjarige gras wat tot 15 jaar

produsie kan lewer in die regte omgewing. Die weiding voorsien goeie lente-

en herfsweiding. Langswenk het 'n reputasie dat dit onsmaaklik is gedurende

die somer, wat wel waar is, maar dit kan reggestel word deur die

stikstoftoedienings te verlaag gedurende dié periode. Geen stikstof moet dus

vanaf November tot Januarie toegedien word nie. Sekere variëteite langswenk

bevat hoë hoeveelhede van die endofiet fungus Acremonium caenophilum.

Die Pannar variëteit is endofietvry.

Gesertifiseerde saad moet 'n minimum kieming van 75% hê en suiwerheid

95%.

d) Bestuur:

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 13 -

Laat langswenkgras toe om eers goed te vestig voor dit vir die eerste keer

bewei word. Dit is uiters belangrik om te verseker dat langswenk nie te ruig

en lank word nie, aangesien diereproduksie sal afneem. 'n Weihoogte van

15 cm word aanbeveel. ('n Rotasie van ±30 dae word aanbeveel).

Langswenkgras word gewoonlik onder droëland verbou in die hoë

reënvalgebiede. Dit baat egter goed by aanvullende besproeiing vernaamlik

tydens die droë wintermaande in die somerreënvaldele.

Langswenk sal normaalweg gedurende die herfs gelaat word om uit te groei

om sodoende staandehooi te produseer vir die wintermaande. Dié rustyd is

van groot belang om die groeikragtigheid van die weiding te versterk.

'n Volle rusperiode moet egter elke twee jaar toegelaat word, sodat die gras

kan saadskiet. Na die rusperiode word die weiding afgesny en gebaal.

e) Bemesting en produksie:

Die ideale pH (KCl) is 4.5, maar dié gras kan 'n suurversadiging van so hoog

soos 25% verdra. Indien 'n klawermengsel geplant word, moet die

suurversadiging tot onder 10% verlaag word.

Fosforbemesting : Optimum P-vlakke : >20 mg/kg

(Bray 1)

Kaliumbemesting : Optimum K-vlakke : >120 mg/kg

Stikstofbemesting : Dien 200 kg KAN na vestiging toe.

Topbemestings van 200 kg KAN, kan ±3 keer

deur die seisoen toegedien word. Moet egter nie

N toedien vanaf begin Desember tot middel

Januarie nie.

Produksie : Onder besproeiing kan 'n opbrengs van 10-12

ton DM/ha behaal word.

f) Saaityd:

Maart tot Julie. Besproeiing word egter benodig indien later as Maart gesaai

word.

Saaidigtheid:

Rye (180 mm) : 20 kg/ha

Breedwerpig : 25 kg/ha

g) Gebruike:

Beweiding : Baie goeie lente en herfsweiding. Swak groei

gedurende die winter, asook relatief swak kwaliteit

gedurende die somer.

Hooi : Makliker om hooi te maak as raaigras.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

2.2.3 KROPAARGRAS

- 14 -

Kuilvoer : Kuilvoer kan gemaak word, maak egter van ʼn geskikte

entstof gebruik om optimum fermentasie te

bewerkstellig.

Staandehooi : Uitstekende staandehooi vir die wintermaande, veral

saam met klawers.

Lankswenk kombineer uitstekend saam met rooi- en witklawer.

Die saaidigthede is: Rooiklawer 4 kg/ha

Witklawer 2 kg/ha

Langswenk 20 kg/ha

Spesie: Dactylis glomerata

a) Aanbevole areas:

Kropaargras is aangepas in gebiede met 'n koel klimaat en 'n jaarlikse reënval

van 900 mm of meer. Die hoogste produksiepotensiaal is op koel suidelike

hellings in die hoë reënvalgebiede. Dit sal goed groei op die meeste

grondtipes, maar verkies ligte, vrugbare gronde. Kropaargras kan 'n sekere

mate van grondsuurheid verdra, tot 25% suurversadiging. Indien dit egter

saam met klawers verbou word, moet grondsuurheid opgehef word. Alhoewel

die weiding goed reageer op besproeiing, sal ander gematigde weidings beter

produksie lewer onder besproeiing.

b) Eienskappe:

Kropaar is 'n geharde meerjarige gras in die regte omgewing. Dit het 'n

redelike hoë droëmateriaal inhoud van 30-32%, en aangesien dit 'n baie

smaaklike gras is, verhoog dit die droëmateriaal inname deur diere.

c) Bestuur:

Onder goeie verbouingstoestande sal 'n beweiding siklus van 1 week

beweiding en 35 dae rus aanbeveel word. Kropaargras se opbrengs sal afneem

indien dit aanhoudend kort bewei word. ʼn Goeie praktyk is om die weiding

toe te laat om uit te groei, aangesien dit opbrengs bevoordeel. Die afname in

smaaklikheid en voedingswaarde is nie so groot soos by ander gewasse tydens

volwasse groei nie, dus is dit 'n uitstekende gewas vir staandehooiproduksie.

d) Bemesting en produksie:

Kropaar reageer baie goed op stikstofbemesting, dus sal dit ekonomies wees

om dié weiding topbemesting te gee onder hoë reënvaltoestande en

besproeiing. ’n Totale toediening van 180 tot 270 kg N/ha verseker hoë

produksie. Onder besproeiing kan hoër peile van stikstof met vrug toegedien

word. Die N-toedienings moet opgedeel word in 3-4 kleiner toedienings

tussen Augustus en April.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 15 -

Fosforbemesting : Optimum P-vlakke : >20 mg/kg

(Bray 1)

Kaliumbemesting : Optimum K-vlakke : >120 mg/kg

Produksie : Onder besproeiing sal produksie van 10-14 ton

DM/ha haalbaar wees.

e) Saaityd:

Maart tot Julie is die beste planttyd. Besproei indien vestiging na Maart

plaasvind.

Saaidigtheid:

Rye (180 mm) : 15-20 kg/ha

Breedwerpig : 20-25 kg/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Baie goeie weiding deur die jaar, maar stadig om te

herstel gedurende die winter.

Hooi : Sommige variëteite is spesifiek vir hooiproduksie

ontwikkel.

Kuilvoer : Goeie kuilvoer indien 'n bymiddel bygevoeg word.

Staandehooi : Uitstekende staandehooi indien klawer ook geplant is.

Kropaargras kombineer uitstekend met meerjarige klawers.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 16 -

HOOFSTUK III

SUBTROPIESE SOMERWEIDINGS

Hierdie groep weidings is somergewasse en is dormant in die winter. Hulle translokeer

voedingstowwe na hulle wortels gedurende die herfsmaande. Dit stel hierdie grasspesies in

staat om in die lente uit te loop en vinnig te ontwikkel.

Die meeste spesies subtropiese grasse wat aangeplant word, is inheems aan Suidelike Afrika.

Die tipe weidings word in die somerreënvalgebiede van Suid-Afrika enige maand van

Oktober tot Februarie gevestig. Die vroeë plantdatums word aanbeveel waar

onkruidkompetisie nie ʼn faktor is nie. Dit geld ook vir die lae reënvalgebiede (< 500 mm).

Januarie is egter gewoonlik die mees geskikte maand vir vestiging. Vir suksesvolle vestiging

is dit belangrik dat die grondprofiel deurnat moet wees en die boonste paar sentimeters grond

droog moet wees met saai. Die gras ontkiem na die eerste bui reën en wortels ontwikkel in

die nat profiel. Dit verhoog die kans van oorlewing van die saailinge.

Hierdie weidings word onder semi-ekstensiewe tot semi-intensiewe toestande verbou.

3.1 EENJARIGE WEIDINGS

3.1.1 TEF

Spesie: Eragrostis tef

a) Aanbevole areas:

Tef het geen voorkeur vir grond nie, en kan onder droëlandtoestande verbou

word waar die jaarlikse reënval 400 mm of meer is. Die beste produksie word

egter verkry by 'n jaarlikse reënval van meer as 600 mm.

b) Eienskappe:

Tef is 'n eenjarige, somergras. Die gras is baie blaarryk, wat dit 'n uitstekende

hooigewas maak. Tef is gereed vir hooiproduksie binne 65 - 75 dae. Sny

voordat die stand in volle blom is, dus teen ± 10% blomstadium. Sny ook

voordat die tef gaan lê, om beter hergroei vir die volgende snysel te verseker.

c) Bestuur:

Vir beweiding is tef onsmaaklik, dus is die beste gebruik om hooi te maak.

Gemiddeld kan gewoonlik twee snysels verkry word. Tipiese opbrengste is

ongeveer 4 ton en 2 ton DM vir die eerste en tweede snysel respektiewelik.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

d) Bemesting en produksie:

- 17 -

Tef is suurverdraagsaam, en kan 'n persentasie suurversadiging so hoog soos

50% verdra. Met 'n pH (KCl) > 4.5 behoort geen produksiebeperkings voor te

kom nie.

Waar 2 of meer snysels beplan word, kan twee toedienings van ongeveer

50 kg stikstof (180 kg KAN) toegedien word. Die eerste toediening is met of

net na opkoms, en die tweede na die eerste snysel.

Fosfor (Bray 1) : Optimum ten minste 15 mg/kg

Kalium : Optimum ten minste 100 mg/kg

Produksie : 4-7.5 ton DM met 'n ruproteïen van 8-11%,

ruvesel van 30-35% en 'n verteerbaarheid van

55-60%.

e) Saaityd:

Die beste saaityd is gedurende Oktober tot Desember.

Saaidigtheid:

Die saaidigtheid is 15-20 kg/ha breedwerpig.

f) Gebruike:

Beweiding : Word nie normaalweg aanbeveel nie – wel

geskik as ʼn noodweiding.

Hooi : Maak uitstekende hooi, veral as perde voer.

Kuilvoer : Nie aanbeveel nie.

Staandehooi : Nie aanbeveel nie.

3.2 MEERJARIGE WEIDINGS

3.2.1 SMUTSVINGERGRAS

Spesie: Digitaria eriantha

a) Aanbevole areas:

Smutsvinger is aangepas op 'n wye reeks grondsoorte insluitend vlak

klipperige gronde. Op swak gedreineerde gronde kom Smutsvinger nie

normaalweg voor nie. Dié gras is aangepas in die somerreënvaldele, en is die

beste aangepas by 'n jaarlikse reënval van 500 mm of meer. Smutsvinger is

droogte en koue verdraagsaam.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

) Eienskappe:

- 18 -

Hierdie is 'n baie smaaklike, polvormende, meerjarige gras.

c) Bestuur:

Smutsvinger kan met Rhodesgras gemeng word. Rhodesgras sal aanvanklik

vinniger groei as Smutsvingergras en dit sal beter met onkruid kompeteer in

die vroeë groeistadium, en voorsien ook beter opbrengste in die eerste twee

jaar na vestiging. In die koue areas sal Rhodesgras na 3-4 jaar uitsterf en dan

sal die Smutsvinger oorneem.

Smutsvinger is 'n spesie wat gedurende strategiese tye gedurende die

groeiseisoen op 'n plaas benut kan word. Vir beweiding kan dit gebruik word

vanaf middel November tot die einde April. Rotasiebeweiding met 'n hoë

veelading is noodsaaklik vir die beste resultate. Dit is 'n uitstekende gras vir

staandehooiproduksie, aangesien dit smaaklik bly nadat dit doodgeryp het.

Goeie kwaliteit staandehooi moet minstens 600 mm lank wees. Dié

staandehooiproduksie kan verkry word deur die gras vanaf middel Januarie te

laat om uit te groei en dan na die eerste ryp te benut.

d) Bemesting en produksie:

Dié gras kan grondsuurheid so hoog soos 25% suurversadiging verdra.

Bokant 'n pH van 4.5 behoort geen produksiebeperkings as gevolg van

suurheid voor te kom nie.

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm < 500 600 800

Optimum P (Bray 1) Mg/kg > 10 15 15

Optimum K Mg/kg 80 100 100

Gemiddelde drakrag/ha

Produksie ton DM/ha 2 4 9

Lakterende koeie Per ha 0.33 0.65 1.47

Speenkalwers Per ha 0.69 1.37 3.08

Lammers Per ha 4.12 8.24 18.54

Stikstofbemesting:

Indien die weiding intensief gebruik word, is stikstofbemesting noodsaaklik

vir hoër opbrengste en goeie kwaliteit. Stikstofbemesting kan plaasvind na die

eerste goeie lentereën. Dien 50-60 kg N/ha toe vroeg in die somer.

Stikstofbemesting van tot 150 kg N/ha kan toegedien word in die hoë

reënvaldele. Vir staandehooi kan ʼn addisionele topbemesting in Januarie tot

Februarie toegedien word.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

e) Saaityd:

- 19 -

Saai gedurende Oktober of November waar onkruidkompetisie nie 'n

probleem is nie. Die beste resultate word egter gedurende Januarie en

Februarie verkry.

Saaidigthede:

In rye (250 mm) : 3-4 kg/ha

Breedwerpig : 5-7 kg/ha

f) Gebruike:

3.2.2 RHODESGRAS

Beweiding : Uitstekend.

Hooi : Maak goeie hooi.

Kuilvoer : Kan gebruik word indien entstof

bygevoeg word.

Staandehooi : Uitstekend.

Spesie: Chloris gayana

a) Aanbevole areas:

Rhodesgras is inheems aan die doringveld van die Oos-Kaap en KwaZulu-

Natal, en kom voor in areas met 'n relatiewe lae reënval. Die gras is aangepas

in 'n wye reeks klimaatstoestande, vanaf subtropiese tot gematigde gebiede.

Rhodesgras kan groei by 'n reënval van 400-1000 mm/jaar. Dit is ook 'n

uitstekende rusoes.

b) Eienskappe:

Rhodesgras is 'n polvormende, meerjarige somergras met sterk wortelstokke

wat by die nodes wortels ontwikkel en sodoende baie vinnig oor die grond

versprei en dit bedek. Die blare is glad en vorm 'n skerp punt.

c) Bestuur:

Omdat die gras so vinnig vestig, is dit 'n uitstekende gras om erosie te beheer.

Rhodesgras kan gedurende die somer benut word as uitstekende weiding. Dié

gras kan ook gebruik word as 'n rotasiegewas saam met pynappels of tabak,

waar dit veral gebruik word as gevolg van aalwurm weerstandbiedenheid. Dit

kan egter nie swaar beweiding hanteer nie. 'n Groot voordeel van Rhodesgras

is dat dit goeie opbrengste lewer vanaf die eerste jaar na vestiging. Om

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 20 -

laasgenoemde rede is dit 'n ideale gras om met Smutsvingergras te meng

tydens vestiging.

d) Bemesting en produksie:

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm 450 750

Optimum P (Bray 1) mg/kg 15 20

Optimum K mg/kg 120 140

Gemiddelde drakrag/ha

Produksie ton DM/ha 3.0 8.0

Lakterende koeie per ha 0.49 1.31

Speenkalwers per ha 1.03 2.74

Stikstofbemesting:

Indien die weiding intensief gebruik word, is stikstofbemesting noodsaaklik

vir hoër opbrengste en goeie kwaliteit. Stikstofbemesting kan plaasvind na die

eerste goeie lentereën. Dien 50-60 kg N/ha toe vroeg in die somer.

Stikstofbemesting van tot 150 kg N/ha kan toegedien word in die hoë

reënvalgebiede. Vir staandehooi kan ʼn addisionele topbemesting in Januarie

tot Februarie toegedien word.

e) Saaityd:

Saai gedurende Oktober/November of Januarie/Februarie. Laasgenoemde

plantdatum veral in hoë reënvalgebiede aanbeveel as gevolg van hoë onkruid

druk.

Saaidigthede:

In rye (250 mm) : 5-7 kg/ha

Breedwerpig : 8-10 kg/ha

Mengsels : 2-4 kg Rhodes en 4 kg Smutsvinger

f) Gebruike:

Beweiding : Uitstekend (waak teen oorbenutting).

Hooi : Goed.

Kuilvoer : Nie aanbeveel nie.

Staandehooi : Goed.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

3.2.3 OULANDSGRAS (ERAGROSTIS)

Spesie: Eragrostis curvula

a) Aanbevole areas:

- 21 -

Dié gras doen op sy beste in die oostelike dele van die land waar die jaarlikse

reënval 650 mm of meer is. Dit verkies sanderige gronde en die verbouing

van oulandsgras is die beste op gronde met 'n ligte tekstuur. E. curvula is nie

goed aangepas vir turfgronde nie, aangesien dit gewoonlik hier deur die beter

aangepaste paspalum spesies ingeneem word.

b) Eienskappe:

Eragrostis is 'n meerjarige polgras. Eragrostis is ook aangepas op 'n wye reeks

gronde en klimaatstoestande. Dit word aanbeveel in areas met 'n jaarlikse

reënval van 650 mm en meer (algemeen oos van Johannesburg), alhoewel dit

ook nog goed kan produseer in gebiede met 'n jaarlikse reënval van 600 mm.

c) Bestuur:

Eragrostis is die eerste gras wat benut kan word in die vroeë lente. Indien dit

goed bemes is, lewer dit goeie beweiding in die lente aan hoogproduserende

diere. As oulandsgras gelaat word om uit te groei, verloor dit smaaklikheid.

Vir die beste benutting word rotasiebeweiding aanbeveel. 'n Praktyk wat goed

werk is dat die gras gedurende die vroeë lente bewei word, en dan gelaat word

om te groei vir hooiproduksie deur die seisoen.

Eragrostis is ideaal vir hooiproduksie as gevolg van sy fyn blare en stamme.

Dié gras moet uitgroei tot ±10% blomstadium om goeie kwaliteit hooi te

verseker. Indien die gras té laat gesny word, sal die kwaliteit daal namate die

gras verder ontwikkel. Topbemesting met stikstof is belangrik om verhoogde

kwaliteit te verseker, veral na middel Desember.

d) Bemesting en produksie:

Eragrostis is suur verdraagsaam, en kan 'n suurversadiging van 50% verdra.

Stikstofbemesting:

Dit is noodsaaklik vir kwaliteit en smaaklikheid. Dien die meeste van die

aanbevole stikstofbemesting tydens September tot Oktober toe. Die vinnig

groeiende aard van die gewas in die vroeë somer word sodoende die beste

benut.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 22 -

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm 600 800

Optimum P (Bray 1) mg/kg 15 15

Optimum K mg/kg 100 100

Aanbevole N kg N/ha 50-75 120-150

Gemiddelde drakrag/ha

Produksie ton DM/ha 4 9

Lakterende koeie* per ha 0.65 1.47

Speenkalwers per ha 1.37 3.08

Lammers

DM = Droëmateriaal

* Slegs as lente weiding

e) Saaityd:

per ha 8.24 18.54

E. curvula kan met tef gemeng word gedurende saaityd, of dit kan as 'n

suiwer stand gevestig word. Indien Eragrostis suiwer gesaai word, sal die

beste resultate verkry word met Oktober/November of Januarie vestiging.

Ryaanplantings word aanbeveel in die laer reënvalgebiede, in die hoë

reënvalgebiede kan dit breedwerpig uitgestrooi word. Die grond moet goed

gerol word voor en na saai. Weiding tydens die jaar van vestiging word nie

aanbeveel nie, aangesien plante maklik uittrek. Wanneer die hooi die eerste

keer gesny word moet die snyer hoog gestel word.

Saaidigthede:

Lae reënval : In rye (250 mm) : 3-5 kg/ha Eragrostis curvula

Hoë reënval : Breedwerpig : 6-8 kg/ha Eragrostis curvula

f) Gebruike:

Beweiding : E. curvula is gewoonlik vroeg in die seisoen reg vir

beweiding, voordat enige ander grasse gereed is.

Eragrostis wat goed bemes word, sal gewoonlik goeie

kwaliteit beweiding lewer aan hoogproduserende diere

indien dit voor die blomstadium bewei word.

Hooi : Omdat die gras fyn blare en dun stamme het, is

dit 'n uitstekende gewas vir hooiproduksie.

Kuilvoer : Nie aanbeveel nie.

Staandehooi : Nie aanbeveel nie.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

3.2.4 PASPALUM

Spesie: Paspalum notatum

a) Aanbevole areas:

- 23 -

Paspalum word aanbeveel vir gebiede met 'n jaarlikse reënval van minstens

650 mm per jaar. Dit kan uiterste nat toestande weerstaan, en kan in water

staan vir tot ±36 dae sonder enige nadelige effek. Dié gras kan in amper enige

deel van die RSA onder besproeiing verbou word, alhoewel dit gewoonlik

droëland verbou word in die hoër reënvalgebiede van die RSA. Alhoewel

Paspalum baie gou bruin vertoon na ryp of koue, kan dit temperature van

tot -10 o C weerstaan.

b) Eienskappe:

Paspalum is 'n meerjarige, somergras met wortelstokke. Dit vorm kort, digte

blare wat swaar beweiding kan weerstaan. Paspalum is ook aangepas op

sportvelde soos gholf- en perderesiesbane. Dit kan met vrug as alternatief in

die plek van kikuyu geplant word.

c) Bestuur:

Paspalum moet slegs lig bewei word gedurende die eerste jaar, net na

vestiging, maar wanneer dit goed gevestig is, kan dit swaar beweiding

weerstaan. Dié gras lewer uitstekende skaapweiding as gevolg van sy lae

groeiwyse. Die beweidingshoogte is uiters belangrik, dus is dit voordelig om

dié gras tot 50 mm vanaf die grond te wei. Dit kan ook met baie goeie

resultate as staandehooi gedurende die winter benut word.

d) Produksie en bemesting:

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm 800

Optimum P (Bray 1) mg/kg 30

Optimum K mg/kg 100

Gemiddelde drakrag/ha

Produksie ton DM/ha 9.0

Lakterende koeie per ha 1.47

Speenkalwers per ha 3.08

Stikstofbemesting:

Met intensiewe benutting is stikstofbemesting noodsaaklik vir hoër opbrengste

en goeie kwaliteit. Stikstofbemesting kan plaasvind na die eerste goeie

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 24 -

seisoenreën. Dien 50-60 kg N/ha in die vroeë somer toe. Stikstofpeile van tot

150 kg N/ha kan in die hoë reënvaldele toegedien word. Wanneer die weiding

as staandehooi benut word kan ʼn addisionele stikstof topbemesting in Januarie

tot Februarie oorweeg word.

e) Saaityd:

Saai gedurende Desember/Januarie in 'n goed voorbereide saadbed. Na plant

moet die land baie goed gekompakteer word deur dit te rol. Plantdiepte

ongeveer 5 mm diep onder die grond.

Saaidigtheid:

Rye (180 mm) : 10-15 kg/ha

Breedwerpig : 20-25 kg/ha

f) Gebruike:

3.2.5 KIKUYU

Beweiding : Gedurende die jaar van vestiging, moet dit slegs

lig bewei word. Dié gras is uitstekende weiding

vir skape.

Hooi : Goed.

Kuilvoer : Goeie kuilvoer met entstof.

Staandehooi : Maak uitstekende staandehooi.

Spesie: Pennisetum clandestinum

a) Aanbevole areas:

Kikuyu word aanbeveel vir gebiede met ʼn jaarlikse reënval van minstens 750

mm per jaar. Die gras hou veral van gronde met ʼn goeie organiese

materiaalinhoud. Die gras kan ook in areas met hoë humiditeit onder

besproeiing verbou word, alhoewel dit gewoonlik onder droëland verbou word

in die hoër reënvaldele van die RSA. Kikuyu is ʼn subtropiese gras wat baie

gou geelbruin vertoon na ryp, maar dit kan lae nagtemperature van ongeveer

-10°C oorleef. Kikuyu hou nie daarvan om oorskadu te word nie.

b) Eienskappe:

Kikuyu is ʼn meerjarige somergras wat d.m.v. rankers versprei. Dit kan

intensiewe beweiding goed weerstaan. Kikuyu is ook aangepas vir gebruik op

sportvelde.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

c) Bestuur:

- 25 -

Kikuyu moet eers toegelaat word om goed te vestig en te begin rank voordat

dit in die eerste seisoen van vestiging bewei word. Vanaf die tweede seisoen

kan kikuyu intensiewe beweiding goed hanteer. Die gras moet periodiek kort

gevreet word om te verhoed dat ʼn “mat” onderlangs gevorm word wat die

smaaklikheid van die gras nadelig beïnvloed. ʼn Stelsel van kort intensiewe

weiperiodes met ʼn minimum rusperiode van 20-30 dae word aanbeveel. In die

midsomer kom gewoonlik ʼn wanbalans tussen kalsium en fosfor voor wat

d.m.v. ʼn byvoeging reggestel moet. In koue somerreënval areas kan die gras

toegelaat word om uit te groei voor dit dan doodryp. Die standehooi wat só

gevorm word is smaaklik vir diere en kan met droë koeie benut word.

d) Produksie en bemesting:

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm >750

Optimum P (Bray 1) mg/kg 20-30*

Optimum K mg/kg 80-120*

Gemiddelde drakrag/ha

Produksie ton DM/ha 6-14

Lakterende koeie per ha 0.98-2.29

Speenkalwers per ha 2.05-4.79

*Droëland en besproeiing onderskeidelik.

Stikstofbemesting:

Met intensiewe benutting is stikstofbemesting noodsaaklik vir hoër opbrengste

en goeie kwaliteit. Stikstofbemesting kan toegedien word na die eerste goeie

lentereën. Dien ongeveer 50-70 kg/N/ha in die vroeë lente toe en daarna weer

na elke beweiding. Stikstoftoedienings van tot 280 kg N/ha oor die

groeiseisoen kan in die subtropiese hoë reënvaldele gedoen word. Wanneer

die weiding as staandehooi benut word, moet daar veral gelet word om ʼn

addisionele stifstofbemesting in Februarie te gee.

Handhaaf P en K so na as moontlik by die aanbevole optimumvlakke.

e) Saaityd:

Saai in warm grond vanaf einde Oktober tot begin Februarie. Die saadbed

moet fyngewerk en stewig wees. Saai die saad bo-op die grond en rol daarna

die land. Indien die saad met ʼn planter geplant word, moet saad ongeveer 5

mm diep in die grond geplant word. Hou die grond klam meet gereëlde

besproeiings na plant.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

Saaidigtheid:

- 26 -

2 kg/ha

f) Gebruike:

3.2.6 WITBUFFELGRAS

Beweiding : Uitstekende somerweiding vir melkbeeste en

vleisbeeste.

Hooi : Kikuyu word nie as ʼn hooigewas benut nie,

omdat dit stadig droog.

Kuilvoer : Dit word nie algemeen as ʼn praktyk met kikuyu

gedoen nie.

Staandehooi : Kikuyu maak ʼn baie goeie staandehooi in

gebiede met koue winters.

Spesie: Panicum maximum

a) Aanbevole areas:

Witbuffelsgras word wydverspreid in die bosveld- en die laeveldgebiede

aangetref, waar dit ook bekend staan as bosveldbuffelsgras. Dit groei goed

onder bome en in bosse. Witbuffelsgras is aangepas op 'n wye verskeidenheid

grondtipes, maar groei nie goed op baie sanderige gronde nie. Meer as

500 mm reën per jaar word vereis vir 'n redelike produksie. Die gras is geskik

vir beide subtropiese en tropiese gebiede. Witbuffelgras verdra nie baie lae

temperature nie.

b) Eienskappe:

Witbuffelsgras is 'n meerjarige, polgras wat tot 1.5 meter hoog kan groei. Dit

is baie blaarryk met dun stamme en is baie smaaklik. 'n Hoë worteldigtheid

kom in die bogrond voor wat die gras vinnig laat reageer op reën.

c) Bestuur:

Alle oortollige koolhidrate versamel in die blare van die gras, en word nie

getranslokeer na die wortels nie. Dié voordeel in die smaaklikheid het

definitiewe bestuursimplikasies. 'n Baie kort weiperiode is dus baie voordelig,

aangesien swaar beweiding tot vertraagde hergroei sal lei. Die korrekte

metode is dus om 'n redelike hoeveelheid blare aan die plant agter te laat,

sonder om dit toe te laat om té ver uit te groei. ʼn Relatiewe kort weiperiode

(±7 dae) en ʼn lang rusperiode (±42 dae) word aanbeveel.

d) Bemesting en produksie:

Witbuffel reageer baie goed op verhoogde grondvrugbaarheid.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 27 -

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm 650 800

Optimum P (Bray 1) mg/kg 15 20

Optimum K mg/kg 80 100

Gemiddelde drakrag / ha

Produksie ton DM/ha 6.0 9.0

Lakterende koeie per ha .98 1.47

Speenkalwers per ha 1.20 3.08

DM = Droëmateriaal

Stikstofbemesting:

Met intensiewe benutting is stikstofbemesting noodsaaklik vir hoër opbrengste

en goeie kwaliteit. Stikstofbemesting kan plaasvind na die eerste goeie

seisoenreën. Dien 50-60 kg N/ha in die vroeë somer toe. Stikstofpeile van tot

150 kg N/ha kan in die hoë reënvaldele toegedien word. Wanneer die weiding

as staandehooi benut word kan ʼn addisionele stikstof topbemesting in Januarie

tot Februarie oorweeg word.

e) Saaityd:

Saai gedurende die laat somer of vroeë herfs, maar nie later as middel

Februarie nie. Soos van die ander somergrasse, is Witbuffelgras sensitief vir

onkruid kompetisie na ontkieming.

Saaidigtheid:

In rye (300 mm) : 3-5 kg/ha

Breedwerpig : 6-8 kg/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Uitstekend.

Hooi : Kan gebruik word, droog egter stadig.

Kuilvoer : Goed met entstof.

Staandehooi : Maak goeie staandehooi.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

4.1 KLAWER

- 28 -

HOOFSTUK IV

PEULVOERGEWASSE

4.1.1 ROOI EN WIT MEERJARIGE KLAWERS EN EENJARIGE

BERSEEMKLAWER

Spesies: Rooi Meerjarige Klawer Wit Meerjarige Klawer

- Trifolium pratense - Trifolium repens

a) Aanbevole areas:

Berseemklawer

- Trifolium alexandrinum

Oral waar raaigras suksesvol verbou word, sal klawers ook goed groei, verwys

na afdeling 2.1.1 vir aanbevole areas. Oor die algemeen sal klawers op enige

grondtipe goed produseer waar water nie 'n beperkende faktor is nie, maar die

fosfaatstatus (Bray 1) moet ten minste 30 mg/kg wees, kaliumstatus ten minste

140 mg/kg en die suurversadiging minder as 10% wees.

b) Eienskappe:

Rooiklawers is nie so langlewend soos witklawer nie, maar sal goeie

produksie handhaaf vir 3 tot 4 jaar. Witklawers is daarvoor bekend dat hulle

lank onder ideale omstandighede kan oorleef.

Rooiklawer het 'n beter somerproduksie as witklawer, en word dikwels in 'n

mengsel saam met witklawer gesaai om 'n beter voervloei oor die seisoen te

verkry. Rooiklawer en sommige witklawers is regop groeiend, en is ideaal as

'n hooigewas of vir kuilvoer.

Berseemklawer is ʼn eenjarige klawer met uitstekende hergroei en opbrengste

soortgelyk aan raaigras. Dit is ideaal in ʼn mengsel saam met raaigras en het

geen blousuurgevaar nie. Berseemklawer is outo-toksies en kan slegs elke

derde jaar op dieselfde land geplant word.

Klawers produseer weiding met 'n hoë kwaliteit proteïen en is 'n ideale

weiding indien dit saam met gematigde grasse in 'n mengsel gesaai word, soos

raaigras, langswenk of kropaargras. Die gevaar van opblaas word ook verlaag

indien klawer in mengsels met grasse gesaai word.

Alhoewel opblaas op peulgewasse 'n groot gevaar is waarteen gewaak moet

word, is daar verskeie maniere om dié gevaar hok te slaan. Boere wat klawers

alleen wil saai vir weiding, moet hulleself eers deeglik bewus maak van

opblaas by diere, en hoe om dit te voorkom.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 29 -

Indien klawers goed geënt is met Rhizobium bakterieë, sal goed geënte klawer

ʼn wesenlike bydrae maak tot ʼn weiding se stikstofbehoefte. Daar moet egter

seker gemaak word dat die klawerentstof nie verval het nie, alvorens dit

gebruik word.

c) Bestuur:

Die vermoë om die korrekte balans te handhaaf tussen gras en klawer in 'n

mengsel is die belangrikste aspek van 'n gras- en klawermengsel se bestuur.

Bemesting:

Die grootste probleem met gras- of klawerweidings, is die korrekte inligting

aangaande stikstofbemesting. Indien stikstof nie toegedien word nie, sal die

klawerkomponent genoeg stikstof produseer vir sy eie groei, terwyl die

grasgedeelte onproduktief sal bly. Die resultaat van dié situasie is dat die

klawer die weiding domineer, en 'n potensiële opblaas gevaar ontstaan.

Stikstofbemesting is dus belangrik om te verseker dat die graskomponent ook

tot sy reg kom. Probeer om nie meer as 60 kg N/ha per toediening te gee nie,

met ’n maksimum van 120 kg N/ha oor die seisoen.

Redelike hoë fosfaatpeile is belangrik vir die klawergedeelte in 'n mengsel.

Indien té min P toegedien word, sal die klawers nie kan kompeteer met die

graskomponent nie. Omdat klawers gevoelig is vir suurgronde, moet dit eers

reggestel word, voordat klawers gevestig word. Die toevoeging van kalk is

dus noodsaaklik voordat klawers gesaai word.

Weihoogte:

Meeste grasse reageer goed op hoë stikstofpeile. Indien die graskomponent

van 'n mengsel gelaat word om té ruig te groei (hoër as 20 cm), bestaan daar 'n

gevaar dat die klawer oorskadu kan word. Wanneer 'n grasklawermengsel

gelaat word om té ruig uit te groei, is daar 'n geweldige afname in

voedingswaarde.

Die aanhoudende beweiding van gras-klawer-mengsels het ook 'n nadelige

uitwerking, deurdat dit die klawerkomponent bevoordeel en die

groeikragtigheid en produksie van die graskomponent verlaag. Die effek lei

tot die oorheersing deur klawer tesame met al die verwante probleme, nl.

opblaas ens. Die situasie kan reggestel word deur stikstoftoediening te

verhoog en die weiding toe te laat om uit te groei, waartydens die klawers dus

gestrem word.

Weiperiode:

'n Baie belangrike aspek by die benutting van mengsels, is om vinnige, hoë

intensiteit beweidings toe te laat, sodat selektiewe beweiding nie voorkom nie.

Veral rooiklawer is sensitief vir oorbeweiding, aangesien die groeipunt bokant

die grond is, en maklik beskadig kan word. Die gebruik van 'n elektriese

heining om die weiperiode te beperk tot 2-3 dae is dus noodsaaklik.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

d) Bemesting en produksie:

- 30 -

Om te verseker dat wortelknopontwikkeling, stikstofbinding en groei nie

nadelig beïnvloed sal word deur uitruilbare aluminium nie, is bekalking nodig

as die grond suur is. Kalsiumvlakke moet nie minder as 600 mg/kg wees nie.

Dolomitiese kalk moet gebruik word as die magnesiumontleding laer as

60 mg/kg is. ʼn Molibdeensaadbehandeling of landtoediening sal die

effektiwiteit van knoppies bakterieë verhoog.

Fosforbemesting : Optimum P-vlakke : >30 mg/kg

(Bray 1)

Kaliumbemesting : Optimum K-vlakke : >140 mg/kg

Produksie (suiwer klawer) : Baie faktore sal die produksie beïnvloed,

maar 'n DM-opbrengs van 6-8 t/ha is

haalbaar.

DM = Droëmateriaal

e) Saaityd:

Februarie tot Mei.

Saaidigtheid:

Witklawer alleen : 2 kg/ha

Rooiklawer alleen : 6 kg/ha

Berseemklawer alleen : 15 kg/ha

Rooi- en witklawer gemeng met 'n gras : 2 kg wit/ha

4 kg rooi/ha

Berseemklawer gemeng met ʼn gras : 10 kg/ha

Rooi- en witklawer (suiwer klawermengsel) : 2 kg wit/ha

4 kg rooi/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende kwaliteit voer deur die jaar. 'n

Suiwer stand kan HPK vervang in 'n melkkoei

rantsoen indien dit vir 1-2 ure per dag bewei

word.

HPK = Hoë proteïenkonsentraat.

Hooi : Nie aanbeveel nie.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

4.2 LUSERN

Kuilvoer :

- 31 -

Maak baie goeie kuilvoer indien gemeng met 'n

graskomponent en indien 'n peulplant kuilvoer

inokulant bygevoeg word.

Staandehooi : Uitstekende staandehooi aangesien dit kwaliteit behou

tydens die volwasse stadium. ʼn Suiwer stand word

dikwels gebruik in ʼn sny-en-voersisteem.

Spesie: Medicago sativa

a) Aanbevole areas:

Lusern kan beide as ʼn intensiewe hoë produserende gewas onder besproeiing,

of onder droëlandtoestande met ʼn jaarlikse reënval van minder as 500 mm

suksesvol verbou word.

Lusern is aangepas tot 'n wye reeks klimaatstoestande, maar dit is spesifiek

m.b.t. grondvereistes t.o.v. dreinering en grondsuurheid. Veral die

suurversadiging moet tot 'n minimum verlaag word. Lusern verdra nie

aluminium in die grond nie, en dit is waarom die persentasie suurversadiging

verkieslik nul moet wees. Om dié kriteria te bevredig kan kalk in die grond

ingewerk word (hoe dieper hoe beter).

b) Eienskappe:

Daar word dikwels na lusern verwys as die "Koning van voergewasse", omdat

dit 'n hoë kwaliteit voer is, 18-20% ruproteïen bevat, en 'n hoë verteerbaarheid

het. Lusern is baie smaaklik en produseer baie goed onder besproeiing. Dit is

'n sterk meerjarige plant en sal goed produseer vir ±6 jaar en langer,

langslewendheid is afhanklik van die bestuur en die dormansieklas van die

kultivar wat geplant word.

Winterdormansie soos gebaseer op die VSA sisteem is genommer vanaf 1 tot

10, waar die 1-dormansie klas sterk dormant is gedurende die winter en die

10-dormansieklas winteraktief is of nie-dormant. In die RSA het die NLEP

getoon dat die mees aangepaste klasse vir ons klimaatstreke as volg

geklassifiseer moet word:

5 - semi-dormant

6 & 7 - intermediêr dormant

8 - nie-dormant

9 - sterk nie-dormant

Die sterker dormante tipes het 'n langer produksie leeftyd, en is beter aangepas

vir beweiding. Hierteenoor het die nie-dormante variëteite 'n korter produksie

leeftyd en is hulle beter aangepas tot hooiproduksie. 'n Algemene reël is dat 'n

lusern ongeveer 120 ton droëmateriaal in sy lewensiklus produseer. Daarom is

die dormante tipe meer meerjarig as nie-dormante tipes wat meer hooi per jaar

produseer.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 32 -

Daar moet altyd in gedagte gehou word dat opblaas 'n gevaar is, indien

lusern bewei word. Die maatreëls om dit te bekamp moet dus streng

nagevolg word.

c) Bestuur:

In gevalle waar lusern bewei word, word dit soms aanhoudend bewei wat die

gewas se groeikrag laat afneem. Nog 'n wanpraktyk is dat lusern gedurende

die winter bewei word. Winterbeweiding sonder 'n herfs of lente rus, verlaag

die produksie en leeftyd van die lusern drasties. Swak weidingsbestuur lei

daartoe dat lusern ernstige blaarverliese toon gedurende seisoenale droogtes,

dus moet lusern op die regte tyd benut word.

In droë marginale gebiede kan die leeftyd van lusern verleng word, deur die

plante 'n lang rusperiode te gee, en nie te wei voordat saad reeds gevorm is

nie. Dit gee die plant kans om reserwes na sy wortels te translokeer vir die

benutting van volgende seisoen se reën.

Onder hoë reënvaltoestande en besproeiing, moet lusern bestuur word deur 'n

deeglike inspeksie van die hergroei op die kroon, en nie deur 10%

blompersentasie te gebruik nie. Lusern moet gesny word sodra die hergroei

op die kroon van die plant ten volle ontwikkel het, dus ±1 cm lank is, en om

nie deur die snymasjien beskadig te word nie. Indien die hergroei wel afgesny

word, sal dit 'n ernstige gevolg hê op die volgende oes, aangesien die plante

dan eers weer nuwe lote moet vorm om uit te groei voordat dit geoes kan

word. Om die lusern te sny voordat die nuwe lote gevorm het, dreineer dit die

reserwes in die wortels, wat weer sal lei tot 'n verlaging in produksie. Dit sal

alles bydra tot 'n verlaging in produksie en 'n verkorte leeftyd van die weiding.

Omdat lusern se wortels 'n hoë suurstof behoefte het, moet grondkompaktering

soms opgebreek word. Dit kan gedoen word deur die lusern met 'n

tandimplement lig te bewerk. Indien lusern in rye te vestig word, kan

bewerking van tyd tot tyd maklik gedoen word.

d) Bemesting en produksie:

Dit is belangrik om voor vestiging die fosfaatpeile op te bou, soos aanbeveel

in die volgende tabel. Indien nodig, stel ook die pH deur middel van

bekalking voor vestiging reg.

Bekalking : Die persentasie suurversadiging in grond moet nul

wees. pH is ook belangrik en die ideale pH (KCl) is hoër as 5.

Kalsiumontledings behoort >350 en >750 mg/kg vir sanderige

en kleierige gronde, respektiewelik te wees.

Magnesiumtekorte mag voorkom waar die ontleding laer as 60

mg/kg is.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 33 -

Fosfor- en kaliumaanbevelings

Reënval mm 600 800 Bespr.

Produksie ton DM/ha 6 10 15-25

Optimum P (Bray 1) mg/kg 20 20 30

Optimum K mg/kg 150 150 150

DM = Droëmateriaal

Verwagte opbrengspotensiaal onder besproeiing vir die volgende gebiede:

Area

Gemid. maksimum

Januarie temp. o C

Opbrengspotensiaal

DM/ha

Bloemfontein 30 20

Wepener 29 17

Germiston 26 12

Kimberley 33 25

Doen regstellende bemesting voor planttyd.

Onderhoudsbemesting:

Fosfaat : Dien 3 kg P per ton DM verwyder, elke 2 jaar toe in die lente.

Gebruik superfosfaat om ook aan swaelbehoeftes te voldoen.

Kalium : Word teen 15-25 kg per ton DM verwyder. Aanvulling kan

met 'n toediening van 200 kg (KCl) in die lente, en indien nodig

weer middel somer gedoen word. Bogenoemde geld veral vir

hooiproduksie.

Molibdeen : Spuit 200 gram per hektaar natriummolibdaat op gevestigde

lusern na dit gesny is. Die toediening sal genoegsaam vir 'n

aantal jare wees. Indien pH reg is, behoort molibdeen nie 'n

probleem te wees nie. Molibdeentrioksied kan met die entstof

gemeng word teen 1 g/kg saad.

Boor : Tekorte word geassosieer met goed gedreineerde, sanderige

gronde, laag in organiese materiaal. Dien 1, 2 en 3 kg boor /ha

onderskeidelik op ligte-, medium- en kleigronde (>35%) toe.

Dien voor vestiging of na dit gesny is toe.

e) Saaityd:

Vanaf Februarie tot Junie, afhangende van die klimaatstreek. Die later

maande geld vir die winterreënvalstreek. Saad moet met die korrekte

Rhizobium bakterieë geïnokuleer word voor plant.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

Saaidigtheid:

- 34 -

Droëland : 5 kg/ha in 900 mm rye, waar die jaarlikse reënval

500 mm is.

Beweiding : Uitstekende kwaliteit weiding, maar opblaas kan 'n

gevaar wees. 5% Blomswawel in 'n lek kan help teen

opblaas. Alternatiewelik kan dit met 'n voerstroper

gesny en op 'n wa gelaat word om te sweet, voordat dit

aan diere gevoer word om sodoende die opblaas gevaar

te verminder.

Hooi : Lusern word oor die algemeen in die winterreënvaldele

en droër dele verbou, waar hooi maklik gemaak kan

word. In die natter areas moet dit eers gekneus word, of

met 'n bymiddel behandel word alvorens dit gebaal

word. Moet lusern nie korter as 7.5 cm sny nie,

aangesien dit die hergroei sal beskadig.

Goeie lusernhooi is hoë kwaliteit voer en is van groot

waarde op enige plaas.

Kuilvoer : Lusern maak uitstekende kwaliteit kuilvoer indien dit

saam met 'n ander gewas ingekuil word soos mielies.

Indien mielies nie beskikbaar is nie, moet ʼn peulplant

kuilvoer inokulant bygevoeg word.

Indien na die blomstadium gesny word en die lusern

toegelaat word om te verwelk, is melasse byvoeging nie

nodig nie.

Staandehooi : Lusern word nie normaalweg as staandehooi

gelaat nie.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

g) Voedingstof onttrekking:

- 35 -

Onttrekking per ton DM (kg/ton)

Voedingselement VSA data LNR data

P 3 2.7

K 24 21.0

Ca 15 13.0

Mg 3 2.7

S 3 2.7

B 0.04

Mn 0.06

Fe 0.165

Zn 0.025

Cu 0.005

Mo 0.001

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 36 -

HOOFSTUK V

AANVULLENDE EENJARIGE VOERGEWASSE

Dit is baie belangrik om na aanvullende eenjarige voergewasse te kyk as 'n essensiële deel

van 'n voervloei op enige plaas. Sommige boere sien dit as 'n nuttige strategiese weiding.

Indien kos vroeg nodig is vir diere na 'n droogteperiode, of indien wintervoer nodig is, omdat

die veld nie voldoende voer produseer nie, het dié tipe van voergewasse 'n definitiewe plek

op alle plase. Addisionele inligting is in PANNAR se Voersorghum produksiehandleiding

beskikbaar, sien ook www.pannar.com.

5.1 EENJARIGE VOERGEWASSE VIR DIE SOMER

5.1.1 VOERSORGHUM

Kultivars: Graansorghum x Soedangras kruising

Graansorghum x Sorgho kruisings (soetriet-sorghumbasters)

a) Aanbevole areas:

Geen spesifieke grondvoorkeure kom voor nie. Voersorghum kan in alle

gebiede verbou word met 'n jaarlikse reënval van 400 mm of meer.

b) Eienskappe:

Voersorghum is 'n gewas met redelike groot saad wat maklik vestig. Dit is 'n

eenjarige gewas en kan baie hoog groei. 'n Wye verskeidenheid variëteite is

beskikbaar. Die stamme is relatief dik, maar die plante is baie blaarryk. Die

graansorghum x soedangras kruisings is oorwegend weitipes wat veral aanbeveel

word vir hoë voerproduksie waar die weiding herhaaldelik vir vier of meer keer deur

die somerseisoen bewei of gesny word. Die tipes kan ook as ʼn dubbeldoelgewas

aangewend word waar dit een keer gesny of bewei word en dan gelaat word

om te groei, sodat daar kuilvoer gesny kan word. Sekere variëteite soos die

sorgho x sorghum basters is soeter en meer geskik as staandehooi en vir die

maak van kuilvoer. Dit kan hoogstens een keer op ongeveer 0.8 m hoogte

benut word, voordat dit gelaat moet word om uit te groei vir kuilvoer of

staandehooi. Dit bly baie smaaklik nadat dit uitgegroei en doodgeryp het. Die

eenmalige beweiding of sny tot 15 cm hoogte stimuleer stoelvorming, sodat

meer lote gevorm word wat dan kan uitgroei.

c) Bestuur:

Die beste tyd vir beweiding is wanneer die plante 600-1000 mm hoog is.

Rotasiebeweiding is die beste beweidingsmetode, waar die volle

beweidingstyd nie langer as ±6 dae sal duur nie, en ook nie korter as 150 mm

bewei moet word nie. Bemes met 20 tot 40 kg suiwer stikstof na elke

beweiding indien weerstoestande dit toelaat. Laat die weiding dan uitgroei tot

die verlangde hoogte, en wei weer af. Indien die weiding té lank word sal

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 37 -

reproduktiewe groei begin, en dan sal die plante nie weer vegetatief uitgroei

na 'n beweiding nie.

Om blousuurvergifting te voorkom moet jong verlepte of doodgerypte

weidings nie bewei word nie. Verder sal 'n 5-10% blomswael in 'n

soutfosfaatlek ook 'n goeie voorsorgmaatreël wees.

d) Bemesting en beweiding:

Vir optimum produksie behoort die suurversadiging

f) Gebruike:

5.1.2 BASTER BABALA

- 38 -

Beweiding : Goeie beweiding. Die graansorghum x

soedangras kruisings geniet vir hierdie doel

voorkeur. Blousuur kan ʼn probleem wees

wanneer plante verwelk is, deur hael of ryp

beskadig is.

Hooi : Kan gebruik word.

Kuilvoer : Goeie opbrengste vir kuilvoer, voeg entstowwe

by vir beter fermentasie. Sorgho x sorghum

baster benodig nie bymiddels nie.

Staandehooi : Kan as staandehooi veral in laerreënvalgebiede

benut word. Sorgho x sorghum baster is

besonder goed hiervoor aangepas.

Spesie: Pennisetum glaucum

a) Aanbevole areas:

Kan onder droëlandtoestande verbou word in gebiede met 'n jaarlikse reënval

van 400 mm of meer. Die gewas het geen spesifieke grondvoorkeure nie, en

kan in feitlik alle grondtipes aangeplant word, behalwe nat, vlei-agtige gronde.

b) Eienskappe:

Goed ontwikkelde wortelstelsel wat vog effektief benut. Dit is 'n geharde

gewas wat droogte redelik goed kan weerstaan. Die herstelvermoë na 'n

droogteperiode is goed.

Rooiblom ontkiem op die wortels, maar groei nie, dit dus kan die probleem

van rooiblom verlaag. Dit kan deur alle tipes vee benut word, insluitend perde

aangesien geen opblaas gevaar bestaan nie.

c) Bestuur:

Benut dié weiding wanneer dit 400-600 mm hoog is. Moet nie te kort afgewei

word nie, aangesien die hergroei nadelig beïnvloed sal word. ’n Minimum

hoogte van 150 mm is nodig vir 'n vinnige herstel periode.

d) Bemesting en produksie:

Vir optimum produksie behoort die suurversadiging

- 39 -

Fosfor (Bray 1) : 'n Ontleding van ten minste 10 mg/kg word

verlang.

Kalium : Die K-status moet hoër as 80 mg/kg wees.

Produksie

Reënval in mm

600

Produksie ton DM/ha 5 7 8-12

Plant met dieselfde plantmengsel soos vir mielies of sorghum aanbeveel.

Bemes met 20-40 kg N/ha na elke beweiding of snysel indien weerstoestande

dit toelaat.

e) Saaityd:

Kan gesaai word vanaf Oktober tot Desember vir die beste resultate.

Grondtemperature moet >17 o C wees. Ryaanplantings word aanbeveel.

Saaidigtheid:

Breedwerpig : 10-15 kg/ha

Rye (900 mm) : 5-10 kg/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Baie goed.

Hooi : Nie aanbeveel nie.

Kuilvoer : Kan gemaak word met 2% melasse as

bymiddel.

Staandehooi : Nie aanbeveel nie.

5.2 EENJARIGE VOERGEWASSE VIR DIE WINTER

Pannar is verskaffers van hoë potensiaal hawer-, korog- en stoelrogkultivars en bied ʼn

kultivarpakket wat groenvoer van goeie gehalte in die kritiese laat herfs-, winter- en

lentemaande lewer. Die regte kultivarkeuse verseker groenvoer wat genoegsame

weiding op die regte tyd produseer.

Groenvoerkultivars word, net soos koringkultivars, volgens hul groeiwyse in lente-,

intermediêre en wintertipes ingedeel. Elkeen van hierdie tipes het ʼn eie

gebruiksaanwending in ʼn voervloeiprogram. Dit is daarom belangrik om op die

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 40 -

eienskappe van elk van die tipes ag te slaan, om so die beste voordele daarvan te

benut.

Lentetipe groenvoerkultivars het nie ʼn kouebehoefte nie. Sulke kultivars gaan oor tot

saadproduksie sodra die daglengte vir hulle lank genoeg is. Indien dit te vroeg in die

najaar geplant word sal dit tot blom oorgaan voor die winter. Sulke kultivars word

dus in die vroeë lente vir saadproduksie in die somerreënvaldele geplant om

koueskade by blomtyd te vermy. Kultivars in hierdie groeiklas stoel baie min en neig

om van die begin af regop te groei. Lentetipes word hoofsaaklik vir graan- en

kuilvoerproduksie aangewend maar kan in noodgevalle vir eenmalige beweiding

aangewend word.

Wintertipe groenvoerkultivars het ʼn hoë kouebehoefte. Dit moet eers vir lang

tydperke aan winterkoue blootgestel word, voordat dit tot saadproduksie sal oorgaan.

Vir saadproduksie moet die tipes in die laat herfs tot vroeë winter geplant word om te

voldoen aan die kouebehoefte van die kultivars. Die naam “wintertipe” word dus

afgelei van planttyd vir saadproduksie. Kultivars in hierdie groeiklas vertoon

aanvanklik ʼn kenmerkende plat groeiwyse waartydens stoelvorming plaasvind.

Nieteenstaande die aanvanklike stadige ontwikkeling lewer dit hoë kwaliteit weiding

in die laat winter en vroeë lentemaande. Plant wintertipes in gronde met goeie

waterhouvermoë. Dit sal verseker dat daar nog grondwater gedurende Augustus in

somerreënvaldele beskikbaar is om hergroei te verseker.

Intermediêre groenvoerkultivars val in groeiwyse tussen die lente- en wintertipe

kultivars. Die groep kan variërende kouebehoeftes hê wat wissel tussen ʼn lae tot ʼn

redelike hoë kouebehoefte. Intermediêre kultivars gaan dus nie so vinnig tot

saadvorming oor as lentetipes nie. Die stoelvermoë van die kultivars is redelik tot

goed. Kultivars in dié groeiklas ontwikkel ook aanvanklik vinniger as wintertipe

kultivars.

Die groeiklasse wat die beste vir groenvoerweiding geskik is, is die intermediêre en

wintertipes. Redelik tot uitstekende hergroei ná beweiding word van dié groepe

verkry. Lentetipe groenvoerkultivars het daarenteen ʼn baie meer spesifieke

aanwending.

5.2.1 KOROG

Spesie: Triticum x Secale

a) Aanbevole areas:

Groot dele van RSA het 'n probleem met goeie kwaliteit weiding in winter.

Korog is 'n wintergraan en kan dus aangeplant word as 'n voer onder

droëlandtoestande in die winterreënval- sowel as die somerreënvaldele waar

die jaarlikse reënval 450-500 mm of meer is, veral waar vogbewaring toegepas

word. Dit is ook 'n uitstekende gewas onder aanvullende besproeiing.

b) Bestuur:

Korog kan gesaai word om weiding gedurende die winter beskikbaar te hê vir

hoogproduserende diere soos ooie met lammers. Klein kampies is belangrik

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 41 -

om korog goed te benut in 'n rotasiestelsel. Saai in Februarie, Maart en April

om weiding beskikbaar te hê gedurende Mei tot Augustus.

Korogvariëteite kan as lente-, intermediêre of wintertipes geklassifiseer word

soos alle ander kleingrane.

c) Bemesting en produksie:

Bemes met plant soos vir droëlandkoring in die somerreënvaldele. Vir

droëlandtoestande in somerreënvalgebied word nie meer as 30 kg stikstof/ha

aanbeveel nie. Indien plante vergeling toon, kan 'n topbemesting van 40-50 kg

stikstof/ha na die lentereëns oorweeg word.

Produksie (Somerreënval)

Reënval (mm) ton DM/ha KVE/ha vir 90 dae

375-450 0.8 4

450-525 1.2 6

525-600 1.5 8

DM = Droëmateriaal

KVE = Kleinvee-eenhede.

d) Saaityd en Saaidigtheid:

Die saaityd is normaalweg Februarie/Maart om beweiding beskikbaar te hê

gedurende April tot Junie.

Rye (30 cm) : 25-45 kg/ha

Breedwerpig : 60-80 kg/ha

e) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende winterweiding.

Hooi : Nie aanbeveel nie.

Kuilvoer : Nie aanbeveel nie.

Staandehooi : Nie aanbeveel nie.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

5.2.2 STOELROG

Spesie: Secale cereale

a) Aanbevole areas:

- 42 -

Soortgelyk aan korog. Meer gewild in die oostelike dele van die RSA waar dit

soms saam met rape aangeplant word.

b) Eienskappe:

Daar is lente-, intermediêre en wintertipes.

c) Bestuur:

Stoelrog kan gesaai word om weiding gedurende die winter beskikbaar te hê

vir hoogproduserende diere soos ooie met lammers. Klein kampies is

belangrik om stoelrog goed te benut in 'n rotasiestelsel. Saai in Februarie,

Maart en April om weiding beskikbaar te hê gedurende Mei tot Augustus.

d) Bemesting en produksie:

Bemes met plant soos vir droëlandkoring in die somerreënvaldele. Vir

droëlandtoestande in somerreënvalgebied word nie meer as 30 kg stikstof/ha

aanbeveel nie. Indien plante vergeling toon, kan 'n topbemesting van 40-50 kg

stikstof/ha na die lentereëns oorweeg word.

Produksie (Somerreënval)

Reënval (mm) ton DM/ha KVE/ha vir 90 dae

375-450 0.8 4

450-525 1.2 6

525-600 1.5 8

DM = Droëmateriaal

KVE = Kleinvee-eenhede.

e) Saaityd en Saaidigtheid:

Januarie tot Junie.

Rye (30 cm) : 25-40 kg/ha

Breedwerpig : 50-60 kg/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende winterweiding

Hooi : Nie aanbeveel nie

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

5.2.3 HAWER

- 43 -

Kuilvoer : Middelmatig

Staandehooi : Nee

Spesie: Avena sativa

a) Aanbevole areas:

Gewild in die sentrale dele van die RSA.

b) Eienskappe:

Algemeen beter kwaliteit en smaakliker weiding as korog. Intermediêre en

wintertipes is beskikbaar.

c) Bestuur:

Plant hawer in ʼn groenvoerpakket saam met korog en stoelrog vir ʼn

gebalanseerde voervloeiprogram.

d) Bemesting en produksie:

Bemes met plant soos vir droëlandkoring in die somerreënvaldele. Vir

droëlandtoestande in somerreënvalgebied word nie meer as 30 kg stikstof/ha

aanbeveel nie. Indien plante vergeling toon, kan 'n topbemesting van 40-50 kg

stikstof/ha na die lentereëns oorweeg word.

Produksie (Somerreënval)

Reënval (mm) ton DM/ha KVE/ha vir 90 dae

375-450 0.8 4

450-525 1.2 6

525-600 1.5 8

DM = Droëmateriaal

KVE = Kleinvee-eenhede.

e) Saaityd en Saaidigtheid:

Februarie tot Maart.

Rye (30 cm) : 40-50 kg/ha

Breedwerpig : 50-70 kg/ha

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

f) Gebruike:

- 44 -

Beweiding : Uitstekende winterweiding.

Hooi : Nie aanbeveel nie.

Kuilvoer : Uitstekende hoë proteien kuilvoer.

Staandehooi : Nie aanbeveel nie.

5.2.4 PLANTDATUM EN VERWAGTE WEIPERIODE

Raadpleeg u PANNAR verteenwoordiger of brosjure vir die kultivar inligting.

5.3 JAPANESE RADYS

Spesie: Raphanus sativus

a) Aanbevole areas:

Goed aangepas vir die koeler oostelike dele met betroubare reënval vanaf

Januarie tot April en word in die herfs en winter benut. Dit is nie koue of ryp

gevoelig nie. Gronde met ’n goeie voghouvermoë is aangewese vir Japanese

radysverbouing.

b) Eienskappe:

Dit word meestal as ’n eenjarige gewas benut en is goeie weiding vir skape en

beeste. Droëmateriaal is hoogs verteerbaar.

c) Bestuur:

Japanese radys groei die beste op ligte sand- of sandleemgronde. Vermy

gedeeltes wat geneig is om te versuip. Die fyn saad van Japanese radys vereis

’n goed voorbereide ferm saadbed vir suksesvolle vestiging. Pas

vogbewaringspraktyke toe in die maande wat die planttyd voor af gaan. Dit

kan loon om die saad vas te rol.

Vir beeste is dit beter om die radyse uit te trek of uit te ploeg en heel te voer.

Vermy die opkap daarvan aangesien beeste aan die stukke kan stik. Dit is ’n

goeie alternatief vir ruvoer vir melkkoeie. Waar raaigras verbou word kan dit

die voervloei goed aanvul in die wintermaande.

d) Bemesting en produksie:

Dit is meer suurverdraagsaam as byvoorbeeld mielies. Bemes met plant deur

’n kunsmismengsel van N, P en K onder en eenkant van die saad in die ry toe

te dien met peile soortgelyk aan die vir groenvoerproduksie. Indien die

voedingstatus van die grond goed is kan met plant ongeveer 30 kg N/ha

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 45 -

toegedien word. 'n Topbemesting van 50-70 kg stikstof/ha kan vyf tot ses

weke na plant toegedien word indien die vogstatus gunstig is.

Produksie (Somerreënval)

Reënval (mm) ton DM/ha KVE/ha vir 120 dae

550-600 4 35

600-800 6 50

DM = Droëmateriaal

KVE = Kleinvee-eenhede.

e) Saaityd en Saaidigtheid:

>800 10 85

Oostelike Hoëveld vroeg tot middel Desember, alhoewel, Januarie tot einde

Februarie die algemene planttyd is. Plant in rye van 45 of 90 cm en nie dieper

as 25 mm nie. Ideaal moet plante ongeveer 40 cm in die ry gespasieer wees.

Droëland : 2 kg/ha

Besproeiing : 3.5 kg/ha

f) Gebruike:

Beweiding : Uitstekende herfs- en winterweiding vir skape en

beeste.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

SAAIDIGTHEID VAN VOERGEWASSE

- 46 -

GEWAS PLANTTYD SAAIDIGTHEID (kg / ha)

REËNVAL (mm)/

BESPROEIING

BREEDWERPIG RYE

Raaigras Feb - Apr Besproeiing 25 - 30 20 - 25

Kropaargras Feb - Apr > 900 mm / Besproeiing 20 - 25 15 - 20

Langswenkgras Feb - Apr > 800 mm / Besproeiing 25 - 30 20 - 25

Witklawer Feb - Apr > 800 mm / Besproeiing 2 - 3 2

Rooiklawer Feb - Apr > 800 mm / Besproeiing 4 - 6 4

Berseemklawer Feb - Mrt > 800 mm / Besproeiing 15 10

Lusern

Koel gebiede: Feb - Apr

Warm gebiede: Mrt -Jun

< 700 mm

700 - 900 mm

Besproeiing

20 - 25

5

5 - 12

12 - 15

Hawer Feb - Mrt Droëland / Hulp Bespr. 50 - 70 40 - 50

Korog Feb - Apr Droëland / Hulp Bespr. 50 - 70 35 - 45

Stoelrog Mrt - Apr Droëland / Hulp Bespr. 40 - 60 30 - 40

Japanese Radys Des - Jan / Feb Droëland / Hulp Bespr. - 2 - 3

Voersorghum Einde Okt - Jan

< 600 mm

> 600 mm

15

20

4 - 6

7 - 15

Basterbabala Einde Okt - Jan

< 600 mm

> 600 mm

10

15

3 - 5

5 - 10

Oulandsgras Okt - Des > 650 mm 6 - 8 3 - 5

Tef Okt - Des > 600 mm 15 - 20 10 - 15

Smutsvinger Nov - Feb > 500 mm 5 - 7 3 - 4

Rhodesgras Okt - Nov & Feb - Mrt > 600 mm 8 - 10 5 - 7

Witbuffelgras Jan - mid Feb > 500 mm 6 - 8 3 - 5

Paspalum Des - Jan > 700 mm 25 15

Kikuyu Okt - Jan > 700 mm / Besproeiing 2 - 3 2

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

- 47 -

Neem asseblief kennis dat hierdie dokument alleenlik as ʼn riglyn dien en die inligting word in goeder trou gegee.

Aangesien toestande mag wissel van plaas tot plaas, en selfs van land tot land binne elke gebied, kan aanpassings

gebaseer op plaaslike toestande of vir enige spesifieke voorkeure, nodig wees.

Weidings produksiehandleidingreeks Kopiereg 8 Pannar Saad (Edms) Bpk

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!