Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

dat daar ander hersienbare onreëlmatighede in die uitoefening van diskresionêre magte van die betrokke onderdaan was, sodat die amptenaar óf mala fide opgetree het, óf dat hy/sy opgetree het met ʼn onbehoorlike motief. Daar word algemeen hierna verwys as die "simptomatiese onredelikheidsreël", waarvolgens die omringende omstandighede van ʼn beslissing toegepas word om ʼn fout in die bestaan van die besluit self aan te dui. In kort, die onredelikheid van ʼn besluit geneem deur die administratiewe liggaam of amptenaar, word aangewend as ʼn feit waarvolgens ʼn defek in die besluit self afgelei kan word. In die saak van Union Government v Union Steel Corporation (South Africa) Limited167 het Appèlregter Stratford die simptomatiese onredelikheidsreël soos volg gedefinieer: “The court knew of ʼno authority … for the proposition that a court of law will interfere with the exercise of a discretion on the mere ground of its unreasonableness’”. Appèlregter Stratford voeg by dat die onredelikheid van die besluit grof genoeg mag wees om ʼn hof in staat te stel om te gelas dat die besluit onverklaarbaar was weens ʼn vermoede van mala fides, of onbehoorlike motief, óf dat die besluit daarop gedui het dat die persoon op wie die diskresionêre magte van toepassing was, sy diskresie nie na behore aangewend het nie. Dit blyk gevolglik duidelik dat daar niks inherent verkeerd is met die "simptomatiese-onredelikheidsreël" nie, behalwe vir die ooglopende feit dat die benadering te kort skiet in die erkenning van die begrip "redelikheid" as ʼn aparte hersieningsgrond vir geregtelike hersiening, soos dit die geval was in die Engelse Reg in die saak van Associated Provincial Picture House Limited v Wednesbury Corporation. Forsyth het dit beskryf as ʼn “wholesome aspect of South African Administrative Law”. 168 Die grootste probleem met hierdie benadering is die feit dat die reël se werking sy ontstaan het in die bestaan van "growwe onredelikheid" (gross unreasonableness). Die vasstelling van growwe onredelikheid is in die hande van die howe geplaas. Wanneer ʼn regter dus traag is om in te meng in die harde en ooglopende onbillike beleid van die wetgewer, kan hy slegs beslis dat die besluit van die administratiewe liggaam of amptenaar nie grof 167 1928 AD 220 by 236-7. Die Union Steel Corporation-saak is nagevolg en toegepas in baie beslissing in die Suid-Afrikaanse administratiefreg, onder andere Administrator, Transvaal & Firs Investment (Pty) Limited v Johannesburg City Council 1971(1) SA 56 (A); National Transport Commission v Chetty’s Motor Transport (Pty) Limited, 1972(3) SA 727 (A); Johannesburg Local Road Transportation Board v David Morton Transport Limited 1976(1) SA 887 (A); Johannesburg Stock Exchange and Another v Witwatersrand Nigel Limited and Another 1988(3) SA 132 (A). 168 Forsyth, 1985:105. 75

onredelik genoeg was om op gronde van "mala fides" of "ulterior motive" in te meng nie. Dit is daarom duidelik dat die toets vir redelikheid heeltemal te hoog gestel is om enigsins ʼn bydrae te lewer tot die bevordering van administratiewe geregtigheid. Die ou verknogtheid om vas te hou by wat die wetgewer in wetgewing wil sê, en die lukrake toepassing daarvan, is duidelik sigbaar. ʼn Goeie voorbeeld hiervan is te vind in die saak van National Transport Commission v Chetty’s Motor Transport. 169 “Holmes J.A., in delivering the unanimous judgement of the Court, said that the court will intervene only in cases where the decision is so grossly unreasonable as to warrant no inference but that the authority had failed to apply its mind honestly, i.e. that the authority had committed a recognised irregularity. The learned judge of appeal himself added that this was a ‘formidable’ onus and that the ‘degree of proof required is a preponderance of probability, but this is less easily envisaged in that one does not readily impute dereliction of duty to a responsible body.” 170 Die reg aangaande die veranderde vorm van die "simptomatiese onredelikheids-benadering”, kan derhalwe soos volg opgesom word: (i) "Onredelikheid" per se is ʼn grond vir geregtelike inmenging. (ii) "Growwe Onredelikheid" kan andersyds so steurend wees dat dit inmenging regverdig op grond daarvan dat die besluitnemer versuim het om sy diskresie behoorlik of eerlik toe te pas, met ander woorde dat die orgaan ʼn bewuste onreëlmatigheid gepleeg het. (iii) Ten einde die hof te oorreed om ʼn negatiewe afleiding te maak na gelang van ʼn growwe onredelike besluit, rus die onus op die klaer om met die nodige feite na vore te kom, waarop die hof dan ʼn negatiewe konnotasie sal baseer. (iv) Selfs waar daar bewys is dat die owerheid onredelik opgetree het, sal die hof nie geredelik beslis dat daar "growwe onredelikheid" teenwoordig was, wat iets anders sou bewys as ʼn beslissing dat die owerheid nie sy diskresie eerlik aangewend het nie. Die rede vir hierdie 169 1972(3) SA 726 (A); Kortliks gestel, die saak behels die uitreiking van sekere transportsertifikate, uitgereik deur die Nasionale Transport Kommissie, wat houers van die sertifikate magtig om met hulle besigheid voort te gaan. Die Chetty’s Motor Transport-saak het die beslissing teëgestaan op gronde van onredelikheid dat die Nasionale Transport Kommissie nie die feite en omstandighede in ag geneem het nie. 170 1972(3) SA 726 (A) op 735 G-H. 76

onredelik genoeg was om op gronde van "mala fides" of "ulterior motive" in te

meng nie.

Dit is daarom duidelik dat die toets vir redelikheid heeltemal te hoog gestel is

om enigsins ʼn bydrae te lewer tot die bevordering van administratiewe

geregtigheid. Die ou verknogtheid om vas te hou by wat die wetgewer in

wetgewing wil sê, en die lukrake toepassing daarvan, is duidelik sigbaar. ʼn

Goeie voorbeeld hiervan is te vind in die saak van National Transport

Commission v Chetty’s Motor Transport. 169

“Holmes J.A., in delivering the unanimous judgement of the Court, said

that the court will intervene only in cases where the decision is so

grossly unreasonable as to warrant no inference but that the authority

had failed to apply its mind honestly, i.e. that the authority had

committed a recognised irregularity. The learned judge of appeal

himself added that this was a ‘formidable’ onus and that the ‘degree of

proof required is a preponderance of probability, but this is less easily

envisaged in that one does not readily impute dereliction of duty to a

responsible body.” 170

Die reg aangaande die veranderde vorm van die "simptomatiese

onredelikheids-benadering”, kan derhalwe soos volg opgesom word:

(i) "Onredelikheid" per se is ʼn grond vir geregtelike inmenging.

(ii) "Growwe Onredelikheid" kan andersyds so steurend wees dat dit

inmenging regverdig op grond daarvan dat die besluitnemer versuim

het om sy diskresie behoorlik of eerlik toe te pas, met ander woorde

dat die orgaan ʼn bewuste onreëlmatigheid gepleeg het.

(iii) Ten einde die hof te oorreed om ʼn negatiewe afleiding te maak na

gelang van ʼn growwe onredelike besluit, rus die onus op die klaer om

met die nodige feite na vore te kom, waarop die hof dan ʼn negatiewe

konnotasie sal baseer.

(iv) Selfs waar daar bewys is dat die owerheid onredelik opgetree het, sal

die hof nie geredelik beslis dat daar "growwe onredelikheid"

teenwoordig was, wat iets anders sou bewys as ʼn beslissing dat die

owerheid nie sy diskresie eerlik aangewend het nie. Die rede vir hierdie

169 1972(3) SA 726 (A); Kortliks gestel, die saak behels die uitreiking van sekere transportsertifikate, uitgereik deur die Nasionale Transport Kommissie, wat

houers van die sertifikate magtig om met hulle besigheid voort te gaan. Die Chetty’s Motor Transport-saak het die beslissing teëgestaan op gronde van

onredelikheid dat die Nasionale Transport Kommissie nie die feite en omstandighede in ag geneem het nie.

170 1972(3) SA 726 (A) op 735 G-H.

76

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!