Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

eform their ways. But Traub shows the proper attitude and has taken some important steps along the path of reform.” 160 Uit bogemelde is dit duidelik dat die beginsel van legitieme verwagting spoedig ontwikkel het in die administratiefreg en dat, met die korrekte toepassing deur veral die howe, dit grootliks ʼn belangrike bydrae sal lewer tot die verdere ontwikkeling van administratiewe geregtigheid. In Artikel 24(b) van die Interim-Grondwet word legitieme verwagting spesifiek vermeld : “Elke persoon het die reg - (b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van sy of haar regte of regmatige verwagtings geraak of bedreig word.” Dit is verblydend dat die beginsel van legitieme verwagting nou ook as fundamentele reg gevestig is, maar die gevaarligte flikker ook vanweë die bepaalde bewoording wat gebruik is en waarin besondere klem gelê word op prosedureel billike, administratiewe optrede. Burns161 voer aan dat daar geen definisie bestaan van die beginsel van legitieme verwagting, hetsy in die Interim-Grondwet of die Finale-Grondwet nie, maar dat die hof duidelik aangedui het dat die vereiste van ʼn definisie onnodig blyk te wees, aangesien die beginsel alreeds deel van ons gemenereg geword het. 162 2.2.4 REDELIKHEID (“REASONABLENESS”) Die begrip “reasonableness”, of te wel “redelikheid” blyk op die oog af vir die juris ʼn maklike definieerbare term te wees. ʼn Grondige studie van ‘reasonableness’ en die toepassing daarvan in veral in die Suid-Afrikaanse Reg, bring egter ʼn heeltemal ander prentjie na vore. Rakende redelikheid sê Baxter die volgende : 160 Forsyth, 1990:399. 161 Burns, 1999:178. 162 Jenkins v Government of the Republic of South Africa, 1996(3) SA 1083 (TK). “The reader would be correct to conclude that both law and opinion are in a state of confusion. Two main factors have contributed to this state of affairs. The first is the ebb and flow of judicial attitudes toward judicial review of administrative action. The second source of confusion is deeper. On its face it appears to be terminological. The Oxford 73

English Dictionary lists seven major, and a number of subordinate, current and obsolete uses of the term.” 163 S A de Smith sê die volgende oor die dispute wat tussen Engelse skrywers ontstaan oor die begrip “reasonableness” : “It has often been asserted in judicial dicta and academic literature that all statutory powers … must be exercised reasonably, and in as much as powers are conferred subject to an imputed requirement that they be exercised reasonably and an authority failing to comply with this obligation acts unlawfully or ultra vires…. To cast doubt on this proposition as thus expressed is in itself to invite misunderstanding, indeed it is hardly possible to discuss the matter at all without indulging in terminological contentions or over-refined distinctions … perhaps one ought to begin (and end) with the resounding platitude that it all depends on what one means by reasonableness.” 164 Dit is duidelik dat die howe in hul toepassing van redelikheid as hersieningsgrond in die administratiefreg verskillende sienswyses openbaar. Dean beskryf die Suid-Afrikaanse Administratiefreg as ʼn sombere wetenskap. 165 Met betrekking tot die begrip “redelikheid” was hy nogal reg. Die blaam vir hierdie toedrag van sake kan nie vierkantig geplaas word op die skouers van die parlementêre wetgewing wat inbreuk gemaak het op die gemeenregtelike regte en vryhede nie, of die wetgewer toegelaat het om dit te doen nie. Verskeie voorbeelde doen hul voor waar uitsprake op so ʼn manier gelewer is en waar die reëls van administratiefreg só aangewend is dat dit ʼn bespotting gemaak het van die vermoede dat, indien daar enige konflik tussen die staat en die onderdaan ontstaan, die onderdaan die voordeel van die twyfel gegee moet word. 166 Daar is sekerlik tweespalt in die Suid-Afrikaanse Reg rakende onredelikheid as ʼn grond van geregtelike hersiening. In van die beslissings het die howe bevind dat onredelikheid per se nie ʼn aparte grond vir die hersiening van administratiewe besluite was nie. Dit vorm slegs ʼn simptoom of ʼn aanduiding 163 Baxter, 1984:482. Sien ook Powell, 1957:104. 164 De Smith et al, 1995:346. 165 Dean, 1986:164. 166 City Council of Pretoria v Modimola 1966(3) SA 250 (A), In die saak is die eienaar van grond nie die geleentheid gebied om aangehoor te word alvorens sy grond onteien was nie; Thompson Trading as Maharaj and Sons v Chief Constable Durban, 1965(2) SA 269 (D). In die saak het die regter die volgende verbasende stelling gemaak ‘so long as the respondent was acting in the bona fide and honest belief that he was doing his duty under the by-laws he must be taken to have been acting in pursuance of the by-laws whether his acts are legal or not’; en Administrateur van SWA v Pieters 1973(1) SA 850 (A) waar die applikant aansoek gedoen het om permanente burgerskap en hy nie eers die geleentheid gebied is om aangehoor te word nie, alvorens die aansoek afgewys was, nieteenstaande die feit dat die applikant gekwalifiseerd was en om sy beroep in die gebied te beoefen nie. Sy vrou is ook in die gebied gebore en het verkies om in SWA aan te bly. 74

eform their ways. But Traub shows the proper attitude and has taken

some important steps along the path of reform.” 160

Uit bogemelde is dit duidelik dat die beginsel van legitieme verwagting

spoedig ontwikkel het in die administratiefreg en dat, met die korrekte

toepassing deur veral die howe, dit grootliks ʼn belangrike bydrae sal lewer tot

die verdere ontwikkeling van administratiewe geregtigheid.

In Artikel 24(b) van die Interim-Grondwet word legitieme verwagting spesifiek

vermeld :

“Elke persoon het die reg -

(b) op prosedureel billike administratiewe optrede waar enige van sy

of haar regte of regmatige verwagtings geraak of bedreig word.”

Dit is verblydend dat die beginsel van legitieme verwagting nou ook as

fundamentele reg gevestig is, maar die gevaarligte flikker ook vanweë die

bepaalde bewoording wat gebruik is en waarin besondere klem gelê word op

prosedureel billike, administratiewe optrede.

Burns161 voer aan dat daar geen definisie bestaan van die beginsel van

legitieme verwagting, hetsy in die Interim-Grondwet of die Finale-Grondwet

nie, maar dat die hof duidelik aangedui het dat die vereiste van ʼn definisie

onnodig blyk te wees, aangesien die beginsel alreeds deel van ons

gemenereg geword het. 162

2.2.4 REDELIKHEID (“REASONABLENESS”)

Die begrip “reasonableness”, of te wel “redelikheid” blyk op die oog af vir die

juris ʼn maklike definieerbare term te wees. ʼn Grondige studie van

‘reasonableness’ en die toepassing daarvan in veral in die Suid-Afrikaanse

Reg, bring egter ʼn heeltemal ander prentjie na vore.

Rakende redelikheid sê Baxter die volgende :

160 Forsyth, 1990:399.

161 Burns, 1999:178.

162 Jenkins v Government of the Republic of South Africa, 1996(3) SA 1083 (TK).

“The reader would be correct to conclude that both law and opinion are

in a state of confusion. Two main factors have contributed to this state

of affairs. The first is the ebb and flow of judicial attitudes toward

judicial review of administrative action. The second source of confusion

is deeper. On its face it appears to be terminological. The Oxford

73

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!