Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

dat dit gemeenskapsopvattings weergee. Alhoewel die toets op ʼn indirekte, en moontlik selfs subjektiewe wyse geskied, is die beginsel van legitieme verwagting ook vanweë die besondere toets wat aangewend word, by uitstek in staat om toekomstige verwikkelinge te akkommodeer. Bogemelde kritiek deur Labuschagne het waarskynlik hoofsaaklik ontstaan vanweë ʼn gebrek aan normatiewe inhoud van die beginsel. Raath skryf dat hy reeds in ʼn vorige artikel hieroor gewaarsku het : “….(v)ae en onpresiese juridiese benaderings kan in geen regstelsel ʼn waarborg van voortbestaan hê nie. Ten einde te verhoed dat die positiewe potensiaal wat in hierdie ʼnuwe’ benadering opgesluit is deur die negatiewe implikasie van die regspraktyk gekelder word, word weer eens gepleit dat ʼn vaste normatiewe inhoud … aan die toets gegee word, sodoende word die subjektief/objektief dilemma vermy en ʼn realistiese grondslag vir regsontwikkeling gelê.” 150 Die gebrek aan normatiewe inhoud is egter nie alleen in Suid-Afrika as problematies aangestip nie, maar het Lord Fraser in die Engelse beslissing van A-G of Hong Kong v Ng Yelin Shiu bepaal dat die konsep van legitieme verwagting : “somewhat lacking in precision” is. 151 Binne Engelsregtelike verband het hierdie gebrek in sommige gevalle selfs tot botsende regspraak aanleiding gegee. Die beginsel van legitieme verwagting is in Administrator Transvaal v Traub152 finaal binne die Suid-Afrikaanse Reg gevestig, alhoewel dit reeds vroeër in verskeie sake binne die provinsiale afdelings van die hooggeregshof toegepas is. Aangesien hierdie egter nie beslissings van die appèlhof was nie, kan daar nie na aanleiding daarvan onteenseglik aangevoer word dat die legitieme-verwagtingbeginsel finaal hier gevestig was nie. 153 Met die beslissing van Traub het die hof uiteindelik weggedoen met die besondere eng en onaanvaarbare benadering van klemplasing slegs op die inbreukmaking van bestaande of gevestigde regte soos vroeër toegepas in Laubcher v Native Commissioner, Piet Retief en Administrateur van S.W.A. v Pieters. 150 Raath, 1993:75. 151 Raath, 1993:77 wys ook daarop dat Brigid Hadfield na aanleiding van die beslissing in R v Secretary of State for the Home Department ex parte Ruddock 1987(2) ALL ER 518, 1987(1) WLR 1482 die opmerking maak dat die begrip in 'n toestand van “continuing flexibility” is. 152 1989(4) SA 731 (A). Vir 'n bespreking van die feite van hierdie beslissing sien Mureinik, 1989:501; sien ook Forsyth, 1990:388. 153 Matzukis 1985:60 wys daarop dat die beginsel van legitieme verwagting reeds in Metal and Allied Workers Union v Castell 1985(2) SA 280 (D) toegepas was, maar hierdie beslissing is op appèl omvergewerp. Hierdie beginsel is, volgens Grogan, 1990:36, onder andere ook toegepas in Everett v Minister of the Interior 1981(2) SA 453 (C) op 456D - 457E. 69

154 Carpenter, 1990:59. 155 Grogan, 1990:40. Carpenter wys daarop dat Hoofregter Corbett in die Traub-saak die onderstaande waarskuwing gerig het, wat aansluit by die kommer soos hierbo deur Raath uitgespreek : “He … sounded a warning that the concept of legitimate expectation is not one which is reasonably well defined in our law, and that the courts would have to read carefully, in working out the precise scope of the doctrine in order to maintain a balance between the need to protect the individual against decisions unfairly arrived at and the need to avoid undue judicial interference with the administration.” 154 Twee onderskeidende elemente waarna vroeër met betrekking tot die werking van die beginsel in die Engelse Reg verwys is, is ook hier teenwoordig. In die Traub-beslissing is slegs meer gekonsentreer op die verwagting om aangehoor te word. Hierdie verskynsel is dan ook die enkele groot gevaar ten aansien waarvan ʼn gebrek aan bepaalde normatiewe inhoud teenstrydige uitsprake tot gevolg kan hê. In casu het die hoofregter egter ook vermeld dat die betrokke persoon ʼn legitieme verwagting mag hê dat die uitslag gunstig gaan wees, of dat hy minstens die geleentheid gebied sal word om aangehoor te word, alvorens ʼn negatiewe beslissing geneem word. Grogan stel voor dat ten einde die beginsel minder misterieus te maak, die toets daarvoor eerder behoort te wees of die weiering van ʼn geleentheid om aangehoor te word redelik was. 155 Kritiek kan hierteen geopper word, aangesien hierdie toets hoofsaaklik op ʼn enkele element fokus. Gevolglik kan perspektief op die volle werking van die beginsel kwalik deur toepassing van die toets, soos deur hom vasgestel, behou word. Een van die ander voordele van die Traub-beslissing, waarna reeds vroeër verwys is, was die finale wegdoening met die kategorisering van handelinge as synde administratief, regsprekend of kwasie-judisieel. Dit word deur Grogan beklemtoon dat ʼn mate van onderskeid steeds behoue sal moet bly. Daar kan kwalik van ʼn orgaan verwag word om ʼn persoon wat deur ʼn besluit geraak gaan word aan te hoor, indien die betrokke orgaan oor geen diskresie beskik aangaande die besluit wat geneem gaan word nie. Dit is dan juis vanweë hierdie feit dat daar by die algemene omskrywing van die aard, inhoud en werking van die reëls van natuurlike geregtigheid, voorsiening gemaak word vir die nakoming van die reëls in gevalle waar ʼn diskresionêre bevoegdheid inderdaad uitgeoefen word. Sodoende word die problematiek soos vermeld deur Grogan, sonder veel moeite oorbrug. 70

154 Carpenter, 1990:59.

155 Grogan, 1990:40.

Carpenter wys daarop dat Hoofregter Corbett in die Traub-saak die

onderstaande waarskuwing gerig het, wat aansluit by die kommer soos hierbo

deur Raath uitgespreek :

“He … sounded a warning that the concept of legitimate expectation is

not one which is reasonably well defined in our law, and that the courts

would have to read carefully, in working out the precise scope of the

doctrine in order to maintain a balance between the need to protect the

individual against decisions unfairly arrived at and the need to avoid

undue judicial interference with the administration.” 154

Twee onderskeidende elemente waarna vroeër met betrekking tot die werking

van die beginsel in die Engelse Reg verwys is, is ook hier teenwoordig. In die

Traub-beslissing is slegs meer gekonsentreer op die verwagting om

aangehoor te word. Hierdie verskynsel is dan ook die enkele groot gevaar

ten aansien waarvan ʼn gebrek aan bepaalde normatiewe inhoud teenstrydige

uitsprake tot gevolg kan hê. In casu het die hoofregter egter ook vermeld dat

die betrokke persoon ʼn legitieme verwagting mag hê dat die uitslag gunstig

gaan wees, of dat hy minstens die geleentheid gebied sal word om

aangehoor te word, alvorens ʼn negatiewe beslissing geneem word.

Grogan stel voor dat ten einde die beginsel minder misterieus te maak, die

toets daarvoor eerder behoort te wees of die weiering van ʼn geleentheid om

aangehoor te word redelik was. 155 Kritiek kan hierteen geopper word,

aangesien hierdie toets hoofsaaklik op ʼn enkele element fokus. Gevolglik kan

perspektief op die volle werking van die beginsel kwalik deur toepassing van

die toets, soos deur hom vasgestel, behou word.

Een van die ander voordele van die Traub-beslissing, waarna reeds vroeër

verwys is, was die finale wegdoening met die kategorisering van handelinge

as synde administratief, regsprekend of kwasie-judisieel. Dit word deur

Grogan beklemtoon dat ʼn mate van onderskeid steeds behoue sal moet bly.

Daar kan kwalik van ʼn orgaan verwag word om ʼn persoon wat deur ʼn besluit

geraak gaan word aan te hoor, indien die betrokke orgaan oor geen diskresie

beskik aangaande die besluit wat geneem gaan word nie. Dit is dan juis

vanweë hierdie feit dat daar by die algemene omskrywing van die aard,

inhoud en werking van die reëls van natuurlike geregtigheid, voorsiening

gemaak word vir die nakoming van die reëls in gevalle waar ʼn diskresionêre

bevoegdheid inderdaad uitgeoefen word. Sodoende word die problematiek

soos vermeld deur Grogan, sonder veel moeite oorbrug.

70

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!