Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

67 rasionele redes vir hom gegee was waarom dit ontneem word en ʼn geleentheid aan hom gebied was om op hierdie redes te kan reageer; en (ii) by wyse van onderneming vanaf die besluitnemer verkry het dat die regte nie van hom ontneem sou word sonder dat ʼn geleentheid aan hom gebied sou word om redes aan te voer waarom dit nie teruggetrek behoort te word nie. Die belangrikste kenmerk van die uitspraak van Lord Diplock rakende hierdie beginsel is dus sy beklemtoning van die optrede van die besluitnemer. Dit is dus die verwagting wat geskep word deur sy optrede waartoe die legitieme verwagting dan aan die geaffekteerde persoon toegevoeg word vir geregtelike ingryping. Voorsorg moet egter getref word dat die tweeledigheid van die beginsel nie grootliks genegeer word nie en die voorregte en bevoegdhede van die geaffekteerde nie moontlik deur sodanige oormatige klemplasing vergeet word nie. Dit blyk dus duidelik dat die beginsel twee selfstandige en afsonderlike elemente insluit : Eerstens, die verwagting dat ʼn substansiële voordeel of voorreg toegeken of voortgesit sal word en tweedens, dat geen nadelige besluit met betrekking tot voordele, bevoegdhede en regte geneem sal word sonder die geleentheid om vertoë daaroor te rig nie. Die gemeenregtelike beginsel met betrekking tot die reëls van natuurlike geregtigheid bestaan steeds, ongeag of daar by ʼn persoon of instansie ʼn legitieme verwagting in bostaande verband bestaan het. Hierdie gemeenregtelike verpligting en die totstandkoming van ʼn legitieme verwagting sal egter vanweë inhoudelike ooreenstemmings met betrekking tot definiëring tot ʼn groot mate oorvleuel. Elias wys daarop dat, volgens die beslissing van Lord Diplock, dit wil voorkom asof een van die deurslaggewende faktore in die besluit of sodanige verwagting wel ontstaan het, die vraag is na die vorige optrede teenoor die betrokke individu. Hy beklemtoon dat die verwagting ook mag ontstaan as gevolg van die wyse waarop daar in die verlede teenoor ander persone in soortgelyke omstandighede opgetree was en behoort die uitspraak van Lord Diplock nie as ʼn weerspreking hiervan beskou te word nie. 147 147 Hy skryf verder dat die beginsel nie alleen toepassing vind by openbare liggame nie, maar ook inderdaad toegepas word by sogenaamde huishoudelike tribunale, waarvan die beslissing van Breen v Amalgamated Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and others, Court of Appeal, Civil Division, 1971(2) QB 175, 1971(1) ALL ER 1148, 1971(2) WLR 742, 10 KIR 120, 28 January 1971 'n treffende voorbeeld was. In casu is beslis dat 'n persoon wat as sogenaamde vloerbestuurder van 'n unie deur medewerkers verkies is, maar nie sodanige posisie kon inneem totdat sy aanstelling deur die distrikskomitee van die unie bekragtig is nie, oor 'n legitieme verwagting rakende bekragtiging beskik, by gebreke waarvan hy die geleentheid gebied moes word om redes aan te voer waarom sy verkiesing en aanstelling wel bekragtig behoort te word. Sien ook Barrie, 1991:169 vir 'n agtergrondbeskouing van die herkoms van die begrip.

Binne Suid-Afrikaanse konteks stel Raath voor dat die onderstaande toets aangewend kan word by die vasstelling van die bestaan van sodanige legitieme verwagting : Sou die redelike man in die lig van die betrokke omstandighede ʼn legitieme verwagting gehad het om aangehoor te word? 148 Nie alle regslui het die beginsel van legitieme verwagting met ope arms ontvang nie. Labuschagne stel dit duidelik dat hy teen die toepassing daarvan gekant is en skryf dat hierdie benadering vir hom vanweë hoofsaaklik drie redes onaanvaarbaar is : Eerstens is dit, volgens hom, op fiksie gebaseer, aangesien die werklike verwagting wat ʼn party koester, nie van belang is nie en gaan dit volgens hom oor objektiewe kriteria wat die reg neerlê. 149 Hierdie beswaar word egter nie verder deur hom gemotiveer nie en word bloot vermeld dat wyer regsvergelyking as bloot die met die Engelse Reg noodsaaklik is. Die beginsel van legitieme verwagting hou in wese besondere voordele in. Sorg behoort gedra te word dat die spreekwoordelike baba nie saam met die badwater uitgegooi word nie. Labuschagne se tweede punt van kritiek is dat die beginsel teen persone diskrimineer wat nie tot enige verwagting in staat is nie. Daar moet egter in gedagte gehou word dat die beginsel van legitieme verwagting nie die gemeenregtelike werking van die reëls van natuurlike geregtigheid beperk nie, maar dat dit inderdaad aanvullend daartoe funksioneer. Die gemeenregtelike beginsels sal gevolglik steeds geldig bly. Ons sien dat die Interim-Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika pertinent daarvoor voorsiening gemaak het dat regshulp met betrekking tot beskerming van fundamentele regte, wat onder andere ook prosedureel billike administratiewe optrede waardeur enige regte of regmatige verwagtings geraak of bedreig word insluit, onder andere aangevra kan word deur ʼn persoon wat namens iemand anders optree, wat nie in ʼn posisie is om self in sy of haar eie naam sodanige hulp aan te vra nie. Labuschagne se vrese word dus deur hierdie bepaling besweer. Labuschagne se laaste punt van kritiek is dat die beginsel te beperkend is en nie toekomstige ontwikkelinge kan akkommodeer nie. Dieselfde repliek met betrekking tot voortsetting van die gemeenregtelike toepassing van die beginsels sal ook hier geld. ʼn Groot voordeel van die toepassing van die toets van die redelike man, nieteenstaande gemelde gebreke, lê ook daarin 148 Raath, 1991:91. 149 Labuschagne, 1992:194. Sien ook Labuschagne, 1994:177. waarin hy weer eens sy teenkanting teen die toets van redelike persoon uitspreek na aanleiding van die beslissing van BTR Industries South Africa (Pty) Limited v Metal and Allied Workers Union 1992(3) SA 673 (A). 68

67

rasionele redes vir hom gegee was waarom dit ontneem word en

ʼn geleentheid aan hom gebied was om op hierdie redes te kan

reageer; en

(ii) by wyse van onderneming vanaf die besluitnemer verkry het dat

die regte nie van hom ontneem sou word sonder dat ʼn

geleentheid aan hom gebied sou word om redes aan te voer

waarom dit nie teruggetrek behoort te word nie.

Die belangrikste kenmerk van die uitspraak van Lord Diplock rakende hierdie

beginsel is dus sy beklemtoning van die optrede van die besluitnemer. Dit is

dus die verwagting wat geskep word deur sy optrede waartoe die legitieme

verwagting dan aan die geaffekteerde persoon toegevoeg word vir geregtelike

ingryping. Voorsorg moet egter getref word dat die tweeledigheid van die

beginsel nie grootliks genegeer word nie en die voorregte en bevoegdhede

van die geaffekteerde nie moontlik deur sodanige oormatige klemplasing

vergeet word nie.

Dit blyk dus duidelik dat die beginsel twee selfstandige en afsonderlike

elemente insluit : Eerstens, die verwagting dat ʼn substansiële voordeel of

voorreg toegeken of voortgesit sal word en tweedens, dat geen nadelige

besluit met betrekking tot voordele, bevoegdhede en regte geneem sal word

sonder die geleentheid om vertoë daaroor te rig nie.

Die gemeenregtelike beginsel met betrekking tot die reëls van natuurlike

geregtigheid bestaan steeds, ongeag of daar by ʼn persoon of instansie ʼn

legitieme verwagting in bostaande verband bestaan het. Hierdie

gemeenregtelike verpligting en die totstandkoming van ʼn legitieme verwagting

sal egter vanweë inhoudelike ooreenstemmings met betrekking tot definiëring

tot ʼn groot mate oorvleuel.

Elias wys daarop dat, volgens die beslissing van Lord Diplock, dit wil voorkom

asof een van die deurslaggewende faktore in die besluit of sodanige

verwagting wel ontstaan het, die vraag is na die vorige optrede teenoor die

betrokke individu. Hy beklemtoon dat die verwagting ook mag ontstaan as

gevolg van die wyse waarop daar in die verlede teenoor ander persone in

soortgelyke omstandighede opgetree was en behoort die uitspraak van Lord

Diplock nie as ʼn weerspreking hiervan beskou te word nie. 147

147 Hy skryf verder dat die beginsel nie alleen toepassing vind by openbare liggame nie, maar ook inderdaad toegepas word by sogenaamde huishoudelike

tribunale, waarvan die beslissing van Breen v Amalgamated Union (now Amalgamated Engineering and Foundry Workers Union) and others, Court of

Appeal, Civil Division, 1971(2) QB 175, 1971(1) ALL ER 1148, 1971(2) WLR 742, 10 KIR 120, 28 January 1971 'n treffende voorbeeld was. In casu is beslis

dat 'n persoon wat as sogenaamde vloerbestuurder van 'n unie deur medewerkers verkies is, maar nie sodanige posisie kon inneem totdat sy aanstelling

deur die distrikskomitee van die unie bekragtig is nie, oor 'n legitieme verwagting rakende bekragtiging beskik, by gebreke waarvan hy die geleentheid

gebied moes word om redes aan te voer waarom sy verkiesing en aanstelling wel bekragtig behoort te word. Sien ook Barrie, 1991:169 vir 'n

agtergrondbeskouing van die herkoms van die begrip.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!