Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

139 1967(1) SA 263 (A). 140 1989(4) SA 731 (A) 141 Harms et al, 1993:62. (iv) In South African Defence and Aid Fund v Minister of Justice139 het die appèlhof soos volg bevind : 65 “(a) Geen persoon het aanspraak om aangehoor te word, tensy die betrokke administratiewe handeling van ʼn “kwasie-judisiële” aard is nie, en tensy die regte van die benadeelde individu deur sodanige administratiewe handeling geaffekteer word, is dit nie van ʼn “kwasie-judisiële” aard nie. (b) Die reg om aangehoor te word, is nie by implikasie ingesluit in enige wetgewende maatreël, of selfs deel van die Suid- Afrikaanse gemenereg nie.” Dit wil egter blyk of die audi alteram partem-reël ʼn toegif is, wat deur middel van wetgewing, hetsy uitdruklik of stilswyend, verleen word. Nieteenstaande strydige beslissings deur die appèlhof, is dit egter interessant dat die audi alteram partem-reël deurgaans soepelheid behou het en in staat was om in toepassing en werking aan te pas by ʼn voortdurend veranderde samelewing met wisselende belangeverskille. Die reël het dan ook deurentyd daarin geslaag om die behoeftes van die gemeenskap in ag te neem en om daaraan uiting te gee. Die onlangse verwikkeling rakende die teorie van legitieme verwagting is ʼn sprekende voorbeeld daarvan. Die beginsel van legitieme verwagting is waarskynlik die mees resente betekenisvolle verwikkeling binne die Suid-Afrikaanse administratiefreg. Alhoewel dit reeds bykans 30 jaar binne Engelsregtelike verband bekend is, is dit eers in die laat tagtigerjare finaal binne die Suid-Afrikaanse Reg gevestig in die nou reeds welbekende beslissing van Administrateur, Transvaal v Traub. 140 Daar bestaan nie absolute sekerheid rakende die inhoudelike betekenis van die legitieme-verwagtingbeginsel nie, wat ʼn effens ongestruktureerde en wisselende toepassing deur die howe tot gevolg gehad het. 141 Die gevolge van die beginsel kan waarskynlik ten beste beskryf word as synde dat ʼn persoon wat ʼn belang het in die uitslag van ʼn bepaalde administratiewe proses, hetsy vanweë sy besondere status of persoonlike betrokkenheid en aksies, of wat ʼn belang het in die regverdige afhandeling van die gemelde prosedures, oor ʼn legitieme verwagting beskik dat die reëls van natuurlike geregtigheid nagekom sal word. Die legitieme verwagting hou, benewens die

verband met die prosedureel regverdige optredes, ook verband met ʼn verwagting van ʼn gunstige uitslag vanweë die regverdige optrede. Dit wil verder voorkom asof die beginsel tot nou toe binne die Suid-Afrikaanse konteks hoofsaaklik toepassing gevind het in gevalle van ontslag van amptenare verbonde aan staatsinstansies, aansoeke met betrekking tot verblyfpermitte en eise vir regverdige prosedures by verhore van administratiewe tribunale. Alvorens die toepassing van die beginsel binne Suid-Afrikaanse konteks van nader beskou word, is dit ter wille van ʼn duidelike perspektief noodsaaklik om kortliks die toepassing van die beginsel binne Engelsregtelike verband te ontleed. Lord Denning verwys soos volg na die beginsel in die saak van Schmidt v Secretary of State for Home Affairs. 142 “The speeches in Ridge v Baldwin [1964] AC 40 HL show that an administrative body may, in a proper case, be bound to give a person who is affected by their decision an opportunity of making representations. It all depends on whether he has some right or interest or, I would add, some legitimate expectation, of which it would not be fair to deprive him without hearing what he has to say.” 143 In die latere beslissings van O’Reilly v Mackman144 en In re Findlay145 het die House of Lords dan ook uitdruklik bevind dat hierdie beginsel locus standi sou kan vestig in geregtelike hersieningsprosedures. Dit wil voorkom asof die beginsel aldaar nou as selfstandige hersieningsgrond geag word. In die saak van Council of Civil Service Union v Minister for Civil Service146 beslis Lord Diplock dat vir ʼn legitieme verwagting om as hersieningsgrond te kan funksioneer, die optrede gevolge moet inhou, wat ʼn persoon op een of meer van die onderstaande wyses sal affekteer : 1. Deur wysiging van regte of verpligtinge wat Privaatregtelik deur hom of teen hom afgedwing kan word, of 2. deur die ontneming van ʼn voordeel wat hy - (i) in die verlede deur die besluitnemer toegelaat was om te geniet en redelikerwys kon verwag het om steeds te geniet, totdat daar 142 1969(2) CH 149. Aan Schmidt is toestemming verleen om vir 'n bepaalde tydperk die Verenigde Koninkryk binne te kom vir studiedoeleindes en 'n aansoek om verlenging na verstryking van die aanvanklike tydperk afgewys was, sonder dat Schmidt aangehoor was. 143 Soos aangehaal deur Elias, 1988:38. 144 1983(21) AC 237. 145 1985 AC 318. 146 1985 AC 374. 66

verband met die prosedureel regverdige optredes, ook verband met ʼn

verwagting van ʼn gunstige uitslag vanweë die regverdige optrede.

Dit wil verder voorkom asof die beginsel tot nou toe binne die Suid-Afrikaanse

konteks hoofsaaklik toepassing gevind het in gevalle van ontslag van

amptenare verbonde aan staatsinstansies, aansoeke met betrekking tot

verblyfpermitte en eise vir regverdige prosedures by verhore van

administratiewe tribunale.

Alvorens die toepassing van die beginsel binne Suid-Afrikaanse konteks van

nader beskou word, is dit ter wille van ʼn duidelike perspektief noodsaaklik om

kortliks die toepassing van die beginsel binne Engelsregtelike verband te

ontleed.

Lord Denning verwys soos volg na die beginsel in die saak van Schmidt v

Secretary of State for Home Affairs. 142

“The speeches in Ridge v Baldwin [1964] AC 40 HL show that an

administrative body may, in a proper case, be bound to give a person

who is affected by their decision an opportunity of making

representations. It all depends on whether he has some right or

interest or, I would add, some legitimate expectation, of which it would

not be fair to deprive him without hearing what he has to say.” 143

In die latere beslissings van O’Reilly v Mackman144 en In re Findlay145 het die

House of Lords dan ook uitdruklik bevind dat hierdie beginsel locus standi sou

kan vestig in geregtelike hersieningsprosedures. Dit wil voorkom asof die

beginsel aldaar nou as selfstandige hersieningsgrond geag word. In die saak

van Council of Civil Service Union v Minister for Civil Service146 beslis Lord

Diplock dat vir ʼn legitieme verwagting om as hersieningsgrond te kan

funksioneer, die optrede gevolge moet inhou, wat ʼn persoon op een of meer

van die onderstaande wyses sal affekteer :

1. Deur wysiging van regte of verpligtinge wat Privaatregtelik deur hom of

teen hom afgedwing kan word, of

2. deur die ontneming van ʼn voordeel wat hy -

(i) in die verlede deur die besluitnemer toegelaat was om te geniet

en redelikerwys kon verwag het om steeds te geniet, totdat daar

142 1969(2) CH 149. Aan Schmidt is toestemming verleen om vir 'n bepaalde tydperk die Verenigde Koninkryk binne te kom vir studiedoeleindes en 'n

aansoek om verlenging na verstryking van die aanvanklike tydperk afgewys was, sonder dat Schmidt aangehoor was.

143 Soos aangehaal deur Elias, 1988:38.

144 1983(21) AC 237.

145 1985 AC 318.

146 1985 AC 374.

66

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!