02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

139 1967(1) SA 263 (A).

140 1989(4) SA 731 (A)

141 Harms et al, 1993:62.

(iv) In South African Defence and Aid Fund v Minister of Justice139 het die

appèlhof soos volg bevind :

65

“(a) Geen persoon het aanspraak om aangehoor te word, tensy die

betrokke administratiewe handeling van ʼn “kwasie-judisiële” aard

is nie, en tensy die regte van die benadeelde individu deur

sodanige administratiewe handeling geaffekteer word, is dit nie

van ʼn “kwasie-judisiële” aard nie.

(b) Die reg om aangehoor te word, is nie by implikasie ingesluit in

enige wetgewende maatreël, of selfs deel van die Suid-

Afrikaanse gemenereg nie.”

Dit wil egter blyk of die audi alteram partem-reël ʼn toegif is, wat deur middel

van wetgewing, hetsy uitdruklik of stilswyend, verleen word.

Nieteenstaande strydige beslissings deur die appèlhof, is dit egter interessant

dat die audi alteram partem-reël deurgaans soepelheid behou het en in staat

was om in toepassing en werking aan te pas by ʼn voortdurend veranderde

samelewing met wisselende belangeverskille. Die reël het dan ook deurentyd

daarin geslaag om die behoeftes van die gemeenskap in ag te neem en om

daaraan uiting te gee. Die onlangse verwikkeling rakende die teorie van

legitieme verwagting is ʼn sprekende voorbeeld daarvan.

Die beginsel van legitieme verwagting is waarskynlik die mees resente

betekenisvolle verwikkeling binne die Suid-Afrikaanse administratiefreg.

Alhoewel dit reeds bykans 30 jaar binne Engelsregtelike verband bekend is, is

dit eers in die laat tagtigerjare finaal binne die Suid-Afrikaanse Reg gevestig

in die nou reeds welbekende beslissing van Administrateur, Transvaal v

Traub. 140

Daar bestaan nie absolute sekerheid rakende die inhoudelike betekenis van

die legitieme-verwagtingbeginsel nie, wat ʼn effens ongestruktureerde en

wisselende toepassing deur die howe tot gevolg gehad het. 141 Die gevolge

van die beginsel kan waarskynlik ten beste beskryf word as synde dat ʼn

persoon wat ʼn belang het in die uitslag van ʼn bepaalde administratiewe

proses, hetsy vanweë sy besondere status of persoonlike betrokkenheid en

aksies, of wat ʼn belang het in die regverdige afhandeling van die gemelde

prosedures, oor ʼn legitieme verwagting beskik dat die reëls van natuurlike

geregtigheid nagekom sal word. Die legitieme verwagting hou, benewens die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!