Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

118 Eisenmann, 1957:25. (b) die regsreël(s) wat dié optrede of gedrag beheers. By die toepassing en die nakoming van dié beginsel word administratiewe optrede en regsreël versoen in dié sin dat die optrede of gedrag in ooreenstemming met, of volgens ʼn bepaalde regsreël plaasvind. In verskillende administratiefregstelsels word uiteenlopende betekenisse geheg aan die begrip “legaliteit”. In Frankryk beweer sommige skrywers dat die legaliteitsbeginsel beteken dat administratiewe handelinge aan die reg in die algemeen, dit wil sê aan geskrewe sowel as ongeskrewe regsreëls, moet beantwoord. In Oostenryk, Duitsland en Switserland word die wetsgebondheid van die administrasie as tiperend van die legaliteitsbeginsel gesien. In Angel-Saksiese lande is die posisie nie heeltemal duidelik nie. Dit wil voorkom of legaliteit wyd opgeneem word om alle regsvoorskrifte, ook ongeskrewe regsreëls in te sluit. Dié benadering is te verstane, omdat administratiefregtelike voorskrifte grotendeels uit die algemene beginsels van die ongeskrewe “common law” ontwikkel het en veral omdat die Engelse publiekreg, anders as vastelandse stelsels, eintlik geen statutêre grondslag het nie. Dit is moeilik om summier te kies tussen die twee opvattings van legaliteit, te wete die enger opvatting van wetsgebondenheid en die wyer betekenis van regsgebondenheid. Dit blyk makliker te wees om ʼn keuse uit te oefen indien eers vasgestel is wat die inhoud van die legaliteitsbeginsel in die onderskeie administratiefregstelsels is. Eisenmann118 voer aan dat die legaliteitsbeginsel twee elemente inhou, naamlik dié van bestaanbaarheid (compatibilité) en dié van ooreenstemming (conformité). ʼn Administratiewe handeling kan bestaanbaar wees met ʼn wetsvoorskrif. Om in ooreenstemming met ʼn wetsvoorskrif te wees, moet ʼn administratiewe handeling ooreenstem met die wetsvoorskrif wat betref vorm en prosedure, asook die grondslag. Dit is die aard en doel van die wetsvoorskrif. Dit spreek vanself dat conformité ook compatibilité insluit. Die opvallende is egter dat, hoewel Eisenmann die legaliteit van administratiewe handelinge as ʼn wetsgebondenheid sien, hy deur die vrye toets van “in ooreenstemming met” die Wet (conformité) te stel (waarvan ook die inhoud van die administratiewe handeling moet voldoen), tog ook by ʼn wyer en meer algemene beginsel van regsgebondheid uitkom. 57

119 Wiechers, 1967:313. 120 Mitchell, 1967:46. 121 Davis, 1962:139. In Duitsland en Switserland word ook ʼn wyer opvatting van wetsgebondheid gevind. In dié lande word naamlik vir ʼn “gesetzmässige Verwaltung” vereis dat die administrasie in sy optrede sowel die formele voorskrifte van die Wet as die algemene en materiële regsnorme moet nakom. In Engeland is dit moeilik om ʼn duidelike formulering van die inhoud van die legaliteitsbeginsel te kry. Die naaste wat daar aan so ʼn formulering gekom word, is om die Rule of Law ten opsigte van die administrasie (ofte wel regering “government”) te omskryf. Dit is derhalwe duidelik dat die legaliteitsbeginsel in die administratiefreg omskryf kan word as die beginsel dat handelinge en optredes van die administrasie aan die algemene voorskrifte van die reg, hetsy geskrewe of ongeskrewe, moet voldoen. Wiechers is van mening dat daar veral 2 faktore en omstandighede is wat die toepassing van die legaliteitsbeginsel in die administratiewe sfeer teëwerk. 119 Dit kan tot twee groepe gereduseer word, naamlik (1) ʼn gebrekkige stelsel van administratiefreg en (2) die verlening van magte aan die administrasie wat buite die reg val - met ander woorde, administratiewe magte en bevoegdhede wat in ʼn regsvrye gebied uitgeoefen mag word. Dit is derhalwe duidelik dat die legaliteitsbeginsel vele gebreke vertoon. Die verwyt van ʼn gebrek aan ʼn stelsel van administratiefreg is in die jongste tyd veral in Engeland gehoor. Mitchell merk byvoorbeeld op : “… public law [waaronder hy dit hoofsaaklik oor die administratiefreg het] is too often regarded as a series of unfortunate exceptions to the desirable generality or universality of the rules of private law, and it is not seen as a rational system with its own justification and philosophy.” 120 Kenneth Culp Davis gaan sover as om te sê : “Judge-made administrative law in England seems to me to have an air of unreality about it”. 121 Oor die stand van die Engelse administratiefregwetenskap merk hy op: “The literature of English administrative law needs to move from bombast to realism.” Die gebreke aan ʼn volledige stelsel van administratiefreg in Engeland kan aan die volgende faktore toegeskryf word : (1) Eerstens die invloed van skrywers soos Dicey en Hewart, wat die bestaan daarvan wou negeer en verdoem. 58

118 Eisenmann, 1957:25.

(b) die regsreël(s) wat dié optrede of gedrag beheers.

By die toepassing en die nakoming van dié beginsel word administratiewe

optrede en regsreël versoen in dié sin dat die optrede of gedrag in

ooreenstemming met, of volgens ʼn bepaalde regsreël plaasvind.

In verskillende administratiefregstelsels word uiteenlopende betekenisse

geheg aan die begrip “legaliteit”. In Frankryk beweer sommige skrywers dat

die legaliteitsbeginsel beteken dat administratiewe handelinge aan die reg in

die algemeen, dit wil sê aan geskrewe sowel as ongeskrewe regsreëls, moet

beantwoord. In Oostenryk, Duitsland en Switserland word die

wetsgebondheid van die administrasie as tiperend van die legaliteitsbeginsel

gesien.

In Angel-Saksiese lande is die posisie nie heeltemal duidelik nie. Dit wil

voorkom of legaliteit wyd opgeneem word om alle regsvoorskrifte, ook

ongeskrewe regsreëls in te sluit. Dié benadering is te verstane, omdat

administratiefregtelike voorskrifte grotendeels uit die algemene beginsels van

die ongeskrewe “common law” ontwikkel het en veral omdat die Engelse

publiekreg, anders as vastelandse stelsels, eintlik geen statutêre grondslag

het nie.

Dit is moeilik om summier te kies tussen die twee opvattings van legaliteit, te

wete die enger opvatting van wetsgebondenheid en die wyer betekenis van

regsgebondenheid. Dit blyk makliker te wees om ʼn keuse uit te oefen indien

eers vasgestel is wat die inhoud van die legaliteitsbeginsel in die onderskeie

administratiefregstelsels is.

Eisenmann118 voer aan dat die legaliteitsbeginsel twee elemente inhou,

naamlik dié van bestaanbaarheid (compatibilité) en dié van ooreenstemming

(conformité). ʼn Administratiewe handeling kan bestaanbaar wees met ʼn

wetsvoorskrif. Om in ooreenstemming met ʼn wetsvoorskrif te wees, moet ʼn

administratiewe handeling ooreenstem met die wetsvoorskrif wat betref vorm

en prosedure, asook die grondslag. Dit is die aard en doel van die

wetsvoorskrif. Dit spreek vanself dat conformité ook compatibilité insluit. Die

opvallende is egter dat, hoewel Eisenmann die legaliteit van administratiewe

handelinge as ʼn wetsgebondenheid sien, hy deur die vrye toets van “in

ooreenstemming met” die Wet (conformité) te stel (waarvan ook die inhoud

van die administratiewe handeling moet voldoen), tog ook by ʼn wyer en meer

algemene beginsel van regsgebondheid uitkom.

57

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!