Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

96 1849(55) 373. bronnemodel moet voldoen aan “consistency and coherence”. Klaarblyklik was daar nie ʼn dringendheid om so ʼn model te vestig nie. Van der Merwe sê dat ʼn mens se indruk onwillekeurig is dat regters (en ander regsgeleerdes) deur die jare die gemenereg as ʼn soort reuse-supermark benader het. In die supermark is daar ʼn voorraad reëls, beginsels en leerstukke afkomstig van vele vervaardigers. Dit word op die rakke van die eeue aangebied en is beskikbaar op aanvraag vir die regte verbruiker volgens sy/haar voorkeur. In die huidige Suid-Afrikaanse regsisteem vind ons dat nie net die wetgewer nie, maar ook die Hoë Hof inderdaad hul bevoegdheid uitoefen om te verklaar dat Romeins-Hollandse Reg die gemenereg is met betrekking tot sekere gebiede van die reg. Deur dit sodanig te doen word ʼn aparte stel juridiese norme geskep, waaruit bindende reëls dan na vore tree. Terwyl die Romeins-Hollandse Reg male sonder tal uitdruklik die gemenereg gemaak is in besondere gevalle, het die howe ook verskeie kere uitdruklik bepaal dat Engelse Reg die alternatiewe gemenereg is. Dit is duidelik dat die idee wat ontstaan het dat die enigste rol van Engelse Reg is om ʼn verwysingsraamwerk daar te stel, verkeerd is. Die persepsie van Engelse Reg is ʼn proses wat steeds voortgaan - ʼn proses wat gevolg het dat die rolle wat deur beide die Engelse Reg en die Romeins-Hollandse Reg in verhouding met die Suid-Afrikaanse Reg vertolk word, identies van aard is. ʼn Klassieke voorbeeld word gevind in die hofsaak van Letterstedt v Morgan96 Die eerste hoofregter wat aangestel was tot die nuutgestigte Hoë Hof van die Kaapkolonie ingevolge die "First Charter of Justice", Sir John Wylde, het die volgende te sê gehad in antwoord op die Prokureur-Generaal se aanhaling vanuit die Romeins-Hollandse gesag, ter ondersteuning van die standpunt dat regters hulself moet rekuseer : “Quote what Dutch or Roman books you please - musty or otherwise - and they must be musty if they lay down such doctrines. I belong to a higher court than they refer to - a court not paralysed by either authority, much less by the maxims of philosophers dozing over the midnight lamp in their solitary chambers. My Queen has sent me here to administer justice under the Royal Charter and the practices of the courts of Flanders, Batavia or Trinidad are no authority to me.” Nadat hy toegegee het dat daar wel sommige invloedryke beginsels in die Romeins- Hollandse Reg te bespeur was, en dat die beginsels hulle eie lig uitstraal, gaan hy voort: 47

97 1964(3) SA 402 (A) 410-411. “But when you speak of the Institutions of Holland and of binding myself down by the practice of Dutch Courts - I absolve myself from that bondage, I look to my Charter, to my duty ... I therefore say that they are no authority for us, and although my pen laboured to follow the scrutiny of my learned friend, as I put them down in my book, I have them like visions, like mere spectral shadows in my mind.” In die bekende Trust Bank van Afrika Beperk v Eksteen-saak stel Hoofregter Steyn dit soos volg : “Die beskouing dat ons eie outoriteite deur hierdie en dergelike uitsprake regtens of vir alle praktiese doeleindes vervang is deur Engelse gewysdes, met die meegaande implikasie dat ons howe, en ook hierdie hof aan Engelse gewysdes gebonde is, sou ek as klaarblyklik en geheel en al ongegrond moet verwerp. Geen Hof, ook nie hierdie hof nie, besit die bevoegdheid om ons gemenereg met die reg van enige ander land te vervang nie. Dit kan alleen die wetgewer doen.” 97 Hierdie stelling is vatbaar vir kritiek. Daar is gedeeltes van ons reg wat deur wetgewing gebaseer op die Engelse Reg beheer word. Wanneer hierdie wette toegepas word, steun die hof natuurlik inderdaad op Engelse uitsprake. Die verwysing na die Engelse beslissing word menigmaal geregverdig op die basis van presies dieselfde bewoording in die wetgewing, maar ook die feit dat Engelse gewysdes aangehaal word, asof hulle Suid-Afrikaanse beslissings is. Daar moet veral nie uit die oog verloor word nie, dat toe die Grondwet opgestel is, daar in die besonder gelet is op die konstitusies van ander lande. Artikel 8 van die Finale-Grondwet verwys nogmaals na die ontwikkeling van die gemenereg . Artikel 8(3) bepaal : "By die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Menseregte op ʼn natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)- (a) moet ʼn hof, ten einde gevolg te gee aan ʼn reg in die Handves die gemenereg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en (b) kan ʼn hof reëls van die gemenereg ontwikkel om die reg te beperk, mits die beperking in ooreenstemming met Artikel 36 (1) is." Dit wil dus voorkom of die wetgewer bewus was van die probleem watter regstelsel weldra as gemenereg beskou moet word, en dat daar voorsiening gemaak is vir ʼn wyer vertolking en ontwikkeling van die gemenereg. Die wetgewer het hiervoor 48

97 1964(3) SA 402 (A) 410-411.

“But when you speak of the Institutions of Holland and of binding myself down

by the practice of Dutch Courts - I absolve myself from that bondage, I look to

my Charter, to my duty ... I therefore say that they are no authority for us, and

although my pen laboured to follow the scrutiny of my learned friend, as I put

them down in my book, I have them like visions, like mere spectral shadows in

my mind.”

In die bekende Trust Bank van Afrika Beperk v Eksteen-saak stel Hoofregter Steyn

dit soos volg :

“Die beskouing dat ons eie outoriteite deur hierdie en dergelike uitsprake

regtens of vir alle praktiese doeleindes vervang is deur Engelse gewysdes, met

die meegaande implikasie dat ons howe, en ook hierdie hof aan Engelse

gewysdes gebonde is, sou ek as klaarblyklik en geheel en al ongegrond moet

verwerp. Geen Hof, ook nie hierdie hof nie, besit die bevoegdheid om ons

gemenereg met die reg van enige ander land te vervang nie. Dit kan alleen die

wetgewer doen.” 97

Hierdie stelling is vatbaar vir kritiek. Daar is gedeeltes van ons reg wat deur

wetgewing gebaseer op die Engelse Reg beheer word. Wanneer hierdie wette

toegepas word, steun die hof natuurlik inderdaad op Engelse uitsprake. Die

verwysing na die Engelse beslissing word menigmaal geregverdig op die basis van

presies dieselfde bewoording in die wetgewing, maar ook die feit dat Engelse

gewysdes aangehaal word, asof hulle Suid-Afrikaanse beslissings is.

Daar moet veral nie uit die oog verloor word nie, dat toe die Grondwet opgestel is,

daar in die besonder gelet is op die konstitusies van ander lande. Artikel 8 van die

Finale-Grondwet verwys nogmaals na die ontwikkeling van die gemenereg .

Artikel 8(3) bepaal :

"By die toepassing van ʼn bepaling van die Handves van Menseregte op ʼn

natuurlike of regspersoon ingevolge subartikel (2)-

(a) moet ʼn hof, ten einde gevolg te gee aan ʼn reg in die Handves die

gemenereg toepas, of indien nodig ontwikkel, in die mate waarin

wetgewing nie aan daardie reg gevolg gee nie; en

(b) kan ʼn hof reëls van die gemenereg ontwikkel om die reg te beperk, mits

die beperking in ooreenstemming met Artikel 36 (1) is."

Dit wil dus voorkom of die wetgewer bewus was van die probleem watter regstelsel

weldra as gemenereg beskou moet word, en dat daar voorsiening gemaak is vir ʼn

wyer vertolking en ontwikkeling van die gemenereg. Die wetgewer het hiervoor

48

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!