Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

543 3. Derdens moet die regulasies ingevolge Artikel 10(2)(a) voorsiening maak vir die totstandkoming van ʼn adviesraad, die verpligtinge en die magte van die raad Dié raad moet : (a) die vordering van die Wet nagaan, (b) die Minister adviseer, aangaande verskeie administratiefregtelike hervormingsidees en (c) verantwoordelik wees vir die saamstel en publikasie van protokolle vir die opstel van reëls en standaarde. 4. Vierdens vervat die regulasies waarna in Artikel 10(2)(f) verwys word, die opstel en publikasie van protokolle vir die daarstelling van reëls en standaarde. 5. Vyfdens verwys die regulasies in Artikel 10(2)(c) na die openbare sektor en onderrigmetodes. 6. Sesdens word daar verwys na die regulasies vervat in Artikels 10(2)(d) en (e)(i), wat handel oor regulasies wat deur die Wet toegelaat en benodig word om uitvoering te gee aan die bepalings van die Wet. Enige regulasie wat ingevolge Artikel 10(5) ʼn finansiële implikasie inhou, moet na konsultasie met die Minister van Finansies uitgevaardig word. Volgens Artikel 10(4)(a) moet alle regulasies uitgevaardig ingevolge Artikel 10(1)(a) eers aan die Parlement vir goedkeuring voorgelê word, alvorens dit in die Staatskoerant gepubliseer mag word. Artikel 10(1)(e) magtig die Minister om regulasies aangaande ʼn kode van goeie administratiewe optrede uit te vaardig. Die doel van hierdie kode is om aan administrateurs praktiese riglyne en inligting gemik op die bevordering van effektiewe administrasie en die bevordering van die oogmerke van hierdie Wet te verskaf. Ingevolge Artikel 10(6) moet hierdie regulasies ook deur die Parlement goedgekeur word.

OPSOMMING 544 Suid-Afrika beskik oor ʼn groot bevolking, waarvan die heterogene samestelling opvallende verskille met betrekking tot gemeenskapswaardes en aanvaarbaarheidsnorme vertoon. Hierdie verskille word beklemtoon deur ernstige sosio-ekonomiese wanbalanse. Die laat daarstelling van ʼn demokrasie vir Suid-Afrika is voorafgegaan deur ʼn periode van intense lyding en trauma vir ʼn groot deel van die bevolking. Die voordeel hiervan is die feit dat daar geleer kon word uit ander lande se politieke en grondwetlike suksesse en mislukkings om ʼn nuwe bedeling daar te stel, om sodoende geregtigheid en stabiliteit vir alle inwoners in die land te verseker. Die finale grondwet het na vyf jaar van intense onderhandelinge ontstaan. Om wanbalanse van die verlede aan te spreek, het die Wetgewer dit goed gedink om die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip in Artikel 33 van die Grondwet op te neem . Dit is tans ʼn fundamentele mensereg, wat elke landsburger toekom. Die administratiewe geregtigheidsbegrip vervat in Artikel 33 van die Grondwet en die konkretisering daarvan in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, is sekerlik nie in alle opsigte perfek nie, maar dit is nogtans ʼn besondere poging van die Wetgewer om ʼn basis vir vrede, geregtigheid, politieke verdraagsaamheid en voorspoed in Suid-Afrika te skep. Die platform is daargestel, waarvolgens die administratiewe geregtigheidsbegrip verder kan ontwikkel. Die grondwetlike vergestalting van administratiewe geregtigheid is in hierdie proefskrif vanuit verskillende invalshoeke benader. ʼn Kritiese analise is gemaak met spesifieke verwysing na hofsake en wetgewing. Klem word geplaas op hersieningsaspekte soos vermeld in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, terwyl die ontwikkelingsaspekte van die begrip verder ondersoek word. Aandag is geskenk aan die historiese aanloop van die geregtigheidsbegrip, waardeur dit duidelik sou word dat sowel die essensie as die problematiek daaraan verbonde jare reeds bekend is. Verder word die praktiese toepassing en invloed van administratiewe geregtigheid op die privaatregtelike gebiede van die kontrakte en deliktereg van nader beskou. Die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip hoort nie slegs tuis by die staat-onderdaanverhouding, met ander woorde vertikale toepassing van die begrip nie, maar het ook ʼn impak op die verhoudinge tussen individue of instansies, die sogenaamde horisontale toepassing. Die praktiese toepassing van administratiewe geregtigheid in die werksituasie geniet nie die nodige aandag nie. Daar word in die bespreking en toepassing van die verskillende hersieningsgronde in menige hofuitsprake hierna verwys. Die vergestalting van die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip in wetgewing het ʼn drastiese verandering in die howe se benadering tot die toepassing van geregtigheid teweeg gebring. Die toepassing deur die howe

OPSOMMING

544

Suid-Afrika beskik oor ʼn groot bevolking, waarvan die heterogene samestelling opvallende verskille met

betrekking tot gemeenskapswaardes en aanvaarbaarheidsnorme vertoon. Hierdie verskille word beklemtoon

deur ernstige sosio-ekonomiese wanbalanse.

Die laat daarstelling van ʼn demokrasie vir Suid-Afrika is voorafgegaan deur ʼn periode van intense lyding en

trauma vir ʼn groot deel van die bevolking. Die voordeel hiervan is die feit dat daar geleer kon word uit ander

lande se politieke en grondwetlike suksesse en mislukkings om ʼn nuwe bedeling daar te stel, om sodoende

geregtigheid en stabiliteit vir alle inwoners in die land te verseker.

Die finale grondwet het na vyf jaar van intense onderhandelinge ontstaan. Om wanbalanse van die verlede aan

te spreek, het die Wetgewer dit goed gedink om die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip in Artikel 33 van

die Grondwet op te neem . Dit is tans ʼn fundamentele mensereg, wat elke landsburger toekom.

Die administratiewe geregtigheidsbegrip vervat in Artikel 33 van die Grondwet en die konkretisering daarvan in

die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, is sekerlik nie in alle opsigte perfek nie, maar dit

is nogtans ʼn besondere poging van die Wetgewer om ʼn basis vir vrede, geregtigheid, politieke

verdraagsaamheid en voorspoed in Suid-Afrika te skep. Die platform is daargestel, waarvolgens die

administratiewe geregtigheidsbegrip verder kan ontwikkel.

Die grondwetlike vergestalting van administratiewe geregtigheid is in hierdie proefskrif vanuit verskillende

invalshoeke benader. ʼn Kritiese analise is gemaak met spesifieke verwysing na hofsake en wetgewing. Klem

word geplaas op hersieningsaspekte soos vermeld in die Wet op die Bevordering van Administratiewe

Geregtigheid, terwyl die ontwikkelingsaspekte van die begrip verder ondersoek word.

Aandag is geskenk aan die historiese aanloop van die geregtigheidsbegrip, waardeur dit duidelik sou word dat

sowel die essensie as die problematiek daaraan verbonde jare reeds bekend is. Verder word die praktiese

toepassing en invloed van administratiewe geregtigheid op die privaatregtelike gebiede van die kontrakte en

deliktereg van nader beskou.

Die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip hoort nie slegs tuis by die staat-onderdaanverhouding, met

ander woorde vertikale toepassing van die begrip nie, maar het ook ʼn impak op die verhoudinge tussen

individue of instansies, die sogenaamde horisontale toepassing.

Die praktiese toepassing van administratiewe geregtigheid in die werksituasie geniet nie die nodige aandag nie.

Daar word in die bespreking en toepassing van die verskillende hersieningsgronde in menige hofuitsprake

hierna verwys.

Die vergestalting van die administratiefregtelike geregtigheidsbegrip in wetgewing het ʼn drastiese verandering

in die howe se benadering tot die toepassing van geregtigheid teweeg gebring. Die toepassing deur die howe

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!