Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

541 geldigheid van administratiewe optrede deur enige staatsorgaan, behalwe dat dit die optrede van die President en ʼn ondersoek na die geldigheid van primêre en ondergeskikte wetgewing uitsluit. Daar is geen grondwetlike beperking op die jurisdiksie van landdroshowe om wetgewing uit te lê, dit toe te pas, of af te dwing nie. Aangewysde landdroshowe mag , ingevolge die vereistes van PAJA, die bepalings van PAJA uitlê, toepas en afdwing. Dit geld ook vir die uitleg, toepassing en afdwinging van magtigende bepalings, of ander toepaslike wetgewing. Hierdie magtiging verleen deur PAJA, verskil ten opsigte van die algemene jurisdiksie van die landdroshowe, soos verleen deur die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944. Wanneer verrigtinge ingevolge Artikel 6(1) deur landdroshowe uitgevoer word, en remedies ingevolge Artikel 8(1) afgedwing word, tree die landdroshof op as ʼn PAJA-hof. Artikel 110 van die Wet op Landdroshowe verleen nie die bevoegdheid aan Landdroshowe, om wanneer die howe ingevolge die Wet op Landdroshowe optree, enige beslissing te maak oor die geldigheid van enige Wet of die optrede van die President nie. Artikel 8 van PAJA, getiteld “Remedies in proceedings for judicial review”, is nou die eerste vertrekpunt vir enige klaer op soek na ʼn geregtelike administratiefregtelike remedie. Die Artikel laat die hof/tribunaal toe om enige bevel te gee, wat regverdig en billik is, insluitende ʼn aantal remedies wat spesifiek gelys is. Die Wet het die tradisionele praktyk voortgesit om na hersiening te verwys as werkwoord sowel as selfstandige naamwoord, met ander woorde, om na hersiening te verwys as ʼn proses en ook ʼn tipe remedie. Die Wet verwys egter nie na ʼn direkte en indirekte hersiening nie. Artikel 8 van PAJA verwys nie slegs na die primêre remedies wat verbind kan word met direkte geregtelike hersiening soos in die gemenereg nie, met ander woorde, die tersydestelling en verbetering van optrede nie, maar ook na ʼn aantal van die bekende remedies (aangedui as bevele), wat verband hou met die gemeenregtelike indirekte hersiening, soos byvoorbeeld interdikte en verklarende bevele. Die Wet het grootliks daarin geslaag om die verskil tot ʼn mate af te breek, hoewel dit nog moontlik is om gevalle van indirekte hersiening in siviele aksies en strafregtelike sake te identifiseer. Die Wet maak ook voorsiening vir ʼn aantal minder bekende remedies. In besonder maak PAJA nou voorsiening vir ʼn remedie, waar ʼn orgaan versuim het om redes te verskaf, terwyl ʼn nuwe statutêre grond vir hersiening, naamlik onredelike vertraging (unreasonable delay) die lig gesien het, met ander woorde, Artikel 8(2) wat met Artikel 6(3) van die Wet saamgelees moet word. Artikel 8 van PAJA maak voorsiening vir die volgende remedies : (a) Artikel 8(1)(a) - Lasgewing (Mandamus) (b) Artikel 8(1)(b) - Verbiedende bevele

542 (c) Artikel 8(1)(c) - Tersydestelling van administratiewe optrede (d) Artikel 8(1)(d) - Verklaring van die regte van die partye (verklarende bevel) (e) Artikel 8(1)(e) - Tydelike interdik of regshulp. (f) Artikel 8(1)(f) - Die toestaan van ʼn kostebevel. (g) Artikel 8(2) - ʼn Gepaste bevel deur die hof, waar die administrateur versuim om ʼn besluit te neem. In verrigtinge vir geregtelike hersiening, kragtens Artikel 6(3) van PAJA (versuim deur ʼn administrateur om ʼn besluit te neem), kan die hof, of tribunaal, ʼn bevel gee wat regverdig en billik is, met inbegrip van ʼn bevel – (a) wat gelas dat die besluit geneem word, (b) wat die regte van die partye met betrekking tot die neem van die besluit verklaar, (c) wat enige van die partye gelas om ʼn handeling of enigiets te verrig, of om hom, of haar, daarvan te weerhou om dit te verrig, waarvan die verrigting, of die weerhouding van verrigting, deur die hof nodig geag word om reg tussen die partye te laat geskied, of (d) insake koste. Ingevolge Artikel 10 van PAJA kan regulasies uitgevaardig word. Artikel 10 van PAJA magtig die Minister om regulasies af te kondig. In sekere gevalle word hy/sy verplig om regulasies af te kondig. Artikel 7(3) van PAJA bepaal weer dat die Reëlsraad vir Howe binne ʼn jaar na die inwerkingtreding van PAJA reëls van prosedure aangaande geregtelike hersiening daar moet stel. Die Artikel 10-regulasies handel oor verskillende onderwerpe, wat verskillende vorme aanneem en verskillende vlakke van voor-promulgasiegoedkeuring vereis. Ten slotte kan verwys word na die ses stelle regulasies waarvoor daar in Artikel 10 voorsiening gemaak word. Daar word na die volgende stelle regulasies verwys : 1. Die regulasies vervat in Artikels 10(1)(a) - (d) is ingevolge die Wet aanvullend tot billikheid en die verskaffing van redes. 2. Tweedens, die regulasies verwys in Artikel 10(1)(e) moet ʼn kode vir goeie administratiewe optrede (a code of good administrative conduct) daarstel. Bogemelde regulasies word spesifiek deur PAJA vereis, en moet binne twee jaar na die aanvang van die Wet voltooi wees.

542

(c) Artikel 8(1)(c) - Tersydestelling van administratiewe optrede

(d) Artikel 8(1)(d) - Verklaring van die regte van die partye (verklarende bevel)

(e) Artikel 8(1)(e) - Tydelike interdik of regshulp.

(f) Artikel 8(1)(f) - Die toestaan van ʼn kostebevel.

(g) Artikel 8(2) - ʼn Gepaste bevel deur die hof, waar die administrateur versuim

om ʼn besluit te neem.

In verrigtinge vir geregtelike hersiening, kragtens Artikel 6(3) van PAJA (versuim deur ʼn

administrateur om ʼn besluit te neem), kan die hof, of tribunaal, ʼn bevel gee wat regverdig

en billik is, met inbegrip van ʼn bevel –

(a) wat gelas dat die besluit geneem word,

(b) wat die regte van die partye met betrekking tot die neem van die besluit verklaar,

(c) wat enige van die partye gelas om ʼn handeling of enigiets te verrig, of om hom, of

haar, daarvan te weerhou om dit te verrig, waarvan die verrigting, of die

weerhouding van verrigting, deur die hof nodig geag word om reg tussen die partye

te laat geskied, of

(d) insake koste.

Ingevolge Artikel 10 van PAJA kan regulasies uitgevaardig word. Artikel 10 van PAJA

magtig die Minister om regulasies af te kondig. In sekere gevalle word hy/sy verplig om

regulasies af te kondig. Artikel 7(3) van PAJA bepaal weer dat die Reëlsraad vir Howe

binne ʼn jaar na die inwerkingtreding van PAJA reëls van prosedure aangaande geregtelike

hersiening daar moet stel. Die Artikel 10-regulasies handel oor verskillende onderwerpe,

wat verskillende vorme aanneem en verskillende vlakke van voor-promulgasiegoedkeuring

vereis.

Ten slotte kan verwys word na die ses stelle regulasies waarvoor daar in Artikel 10

voorsiening gemaak word.

Daar word na die volgende stelle regulasies verwys :

1. Die regulasies vervat in Artikels 10(1)(a) - (d) is ingevolge die Wet aanvullend tot

billikheid en die verskaffing van redes.

2. Tweedens, die regulasies verwys in Artikel 10(1)(e) moet ʼn kode vir goeie

administratiewe optrede (a code of good administrative conduct) daarstel.

Bogemelde regulasies word spesifiek deur PAJA vereis, en moet binne twee jaar na

die aanvang van die Wet voltooi wees.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!