02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

540

Artikel 9(1)(b) maak ingevolge PAJA voorsiening vir ʼn verlenging van die 180-dae-tydperk

vir die instel van geregtelike hersiening. Die partye kan ooreenkom om die tydperk van

180 dae by wyse van ooreenkoms vir ʼn bepaalde vasstaande tydperk, te verleng. Daar

bestaan egter geen statutêre bepaling wat die 180-dae-tydperk kan verminder nie. Indien

ʼn verlenging van die tydperk verlang word, kan dit eerstens geskied deur onderhandeling

tussen die partye. Wanneer redelike pogings om die tydperk te verleng tussen die partye

faal, bepaal Artikel 9(1) dat ʼn hof of tribunaal, wanneer dit in belang van geregtigheid is,

die periode mag verleng wanneer ʼn aansoek vanaf die benadeelde party of die

administrateur ontvang is.

Dit is verder duidelik dat die howe self hul diskresie sal gebruik, wanneer die meriete vir die

laat aanvang van hersieningsaansoeke oorweeg word. Artikel 9 van PAJA verleen aan die

hof die diskresie om op meriete voorgelê, die laat aanvang van hersieningsaansoeke te

kondoneer.

Artikel 7(2)(a) bepaal dat geen hof of tribunaal ʼn administratiewe handeling mag hersien

nie, tensy die interne regsmiddels waarvoor in enige regsvoorskrif voorsiening gemaak is,

eers uitgeput is. Wanneer ʼn hof, of tribunaal, nie daarvan oortuig is dat die interne

regsmiddele uitgeput is nie, moet die hof die betrokke persoon gelas om eers daardie

middele uit te put, voordat hy of sy verrigtinge vir geregtelike hersiening in ʼn hof of

tribunaal aanhangig maak.

Artikel 8 maak voorsiening vir verskillende remedies wat beskikbaar is vir ʼn benadeelde

party. Kragtens Artikel 8(1) van PAJA kan die hof, of tribunaal, in verrigtinge vir geregtelike

hersiening kragtens Artikel 6(1) (hersiening van die administratiewe optrede) enige bevel

wat regverdig en billik is, toestaan. Die Hoë Howe het die bevoegdheid om bevele

kragtens Artikel 6(1) te gee en ʼn regsmiddel kragtens Artikel 8(1) te beveel.

Landdroshowe het soortgelyke bevoegdhede, met dien verstande dat hulle deur die

Minister aangewys is en dat hulle aan die bepalings van Artikel 170 van die Grondwet

voldoen. Hierdie Artikel beperk die jurisdiksie van landdroste in die sin dat hulle nie

ondersoek mag instel na, of mag beslis oor die Grondwetlikheid van enige wetgewing, of

enige optrede van die President nie.

Artikel 8 stem ooreen met die grondwetlike bepaling van Artikel 172(1), ten effekte dat

wanneer ʼn Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl of die Konstitusionele Hof administratiewe

optrede ongrondwetlik verklaar, sodanige hof enige bevel kan gee wat regverdig en billik

is. Die bevel kan die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk. Die bevel kan

ook die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaardes opskort, ten einde

die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel.

Landdroshowe het nie die jurisdiksie om ondersoek in te stel na die Grondwetlikheid van

ondergeskikte wetgewing soos proklamasies, regulasies en reëls nie. Landdroshowe het

dus meer beperkte jurisdiksie as die Hoë Howe, omdat hulle jurisdiksie beperk word tot die

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!