Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
535 Artikel 24(d) van die Interim Grondwet het vir rasionaliteitshersiening voorsiening gemaak, deur te vereis dat die administratiewe besluit regverdigbaar moet wees met betrekking tot die redes wat daarvoor gegee is. Die vereistes van administratiewe rasionaliteit en die regverdigbaarheid van redes, vereis besluitneming wat op rasionele gronde berus. Hoewel daar ʼn bepaalde subjektiewe element in elke besluit aanwesig is, vanweë die feit dat die amptenaar spesiale kundigheid en kwalifikasies het, moet die besluit nietemin objektief gestaaf kan word. Die Finale-Grondwet sluit nie uitdruklik die vereiste van regverdigbaarheid in die Artikel oor administratiewe geregtigheid in nie en daar kan geargumenteer word dat regverdigbaarheid nie meer ʼn vereiste vir administratiewe legaliteit is nie. Sonder om verstrik te raak in hierdie argument, is dit duidelik dat rasionaliteit implisiet aanwesig is in die vereiste van regmatige administratiewe optrede en in die vereiste van redelikheid. Hoe dit ookal sy, die argument is suiwer akademies van aard, aangesien PAJA uitdruklik in Artikel 6(2)(f)(ii) voorsiening maak vir rasionaliteit as ʼn vereiste vir administratiewe legaliteit. Subparagraaf (f)(ii) maak voorsiening vir geregtelike hersiening, wanneer die optrede nie rasioneel verband hou met : (a) die doel waarmee dit verrig is nie, (b) die oogmerk van die magtigende bepaling nie, (c) die inligting voor die administrateur nie en (d) die redes deur die administrateur daarvoor verskaf nie. Die oogmerk van hierdie afsonderlike hersieningsgronde is om administratiewe optrede aan ʼn rasionaliteitstoets te onderwerp. Die rasionaliteitstoets het vier bene waaraan die betrokke optrede moet voldoen. Indien die optrede in een van, of al hierdie rasionaliteitstoetse nie slaag nie, is dit ongeldig en onderworpe aan geregtelike hersiening. Dit kan aangevoer word dat Artikel 6(2)(f)(ii) van PAJA die vereiste van rasionaliteit aan die eweredigheidsbeginsel verbind. Artikel 6(2)(f)(ii) reël die uitoefening van administratiewe diskresionêre bevoegdheid. Dit vereis ʼn rasionele verband tussen die uitoefening van die diskresie en die optrede as sodanig. Die vereiste van regverdigbaarheid vorm deel van die vereiste dat daar ʼn rasionele verband moet wees tussen die redes wat vir die besluit verskaf word, en die besluit self. Die vereiste van eweredigheid bly ʼn administratiefregtelike beginsel. Dit maak ʼn integrerende deel uit van die rasionaliteitsvereiste en is ook deel van die verbod op onredelike administratiewe optrede. Die eweredigheidsvereiste kom daarop neer dat die maatreël gepas en nodig moet wees, en dat die botsende regte van nadeel vir die individu en voordeel vir die gemeenskap teen mekaar opgeweeg en uitgebalanseer moet word.
536 Artikel 6(2)(g) van PAJA handel oor ʼn versuim om ʼn besluit te neem en stel ʼn grond vir geregtelike hersiening daar. Dit is ʼn welkome insluiting, aangesien ʼn navraag deur ʼn individu dikwels deur amptenare geïgnoreer is, op grond daarvan dat die saak ondersoek of hersien word of dat ʼn beslissing daaroor afgewag word. Artikel 6(2)(g) moet saam met Artikel 6(3) van die Wet gelees word, waar onderskei word tussen : • gevalle waar daar geen tydsbeperking gestel word, waarbinne ʼn besluit geneem moet word nie, en • gevalle waar die besluit binne ʼn voorgeskrewe tydperk geneem moet word. In eersgenoemde geval kan om geregtelike hersiening aansoek gedoen word, wanneer die besluit onredelik vertraag was. Die doel van Artikel 6(3)(a) is om ʼn mate van redelikheid in te voer in die magtigende bepalings wat geen tydperk (waarbinne die besluit geneem moet word) spesifiseer nie. Waar daar wel ʼn voorgeskrewe tydperk is en die administrateur versuim het om die besluite te neem voordat die tydperk verstryk het, kan ʼn persoon aansoek doen om geregtelike hersiening van die versuim om die besluit te neem, ondanks verstryking van die tydperk. (Artikel 6(3)(f)). Die bepalings van Artikels 6(2)(h) en (i) van PAJA handel oor onredelike administratiewe optrede, of optrede wat andersins ongrondwetlik of onregmatig is. In die verlede was die howe huiwerig om administratiewe optrede op grond van onredelikheid te toets, want daar is geredeneer dat redelikheid verband hou met die meriete van die aangeleentheid, ʼn terrein waarop die howe nie tussenbeide moes tree nie. Die belangrikste rede vir die howe se huiwering om in onredelike administratiewe besluite in te gryp was die vrees dat die grens tussen appèl en hersiening sou vervaag. Hierdie benadering, gepaard met die siening dat diskresionêre bevoegdhede op die terrein van beleid nie aan hersiening onderworpe is nie, het beteken dat die individu dikwels hulpeloos en onbeskerm voor wydstrekkende administratiewe bevoegdhede gestaan het. Dit is duidelik dat beheer oor administratiewe diskresionêre bevoegdhede die howe jare lank probleme besorg het. Dikwels is onredelikheid as hersieningsgrond negeer. Die belangrikste beswaar was dat daar, by die hersiening van administratiewe optrede op grond van onredelikheid, van die regsprekende gesag verwag is om as ʼn super administratiewe orgaan op te tree en sy menings in die plek van die administrasie te stel. Dit het geblyk ʼn foutiewe benadering te gewees het. Die Wet maak uitdruklik in Artikel 6(2)(f)(ii) vir ʼn rasionaliteitstoets voorsiening, wat die volgende behels : (a) Dit moet rasioneel verband hou met die doel waarmee die optrede verrig is. (b) Dit moet rasioneel verband hou met die oogmerk van die magtigende bepaling. (c) Dit moet rasioneel verband hou met die inligting van die administrateur.
- Page 495 and 496: 1.5 ARTIKEL 8(1)(e) : TYDELIKE INTE
- Page 497 and 498: “ ...... one should be cautious i
- Page 499 and 500: 488 diskresionêre magte, sal die h
- Page 501 and 502: Hoofstuk 9 DIE REGULASIES INGEVOLGE
- Page 503 and 504: 492 2. Die regulasies na verwys in
- Page 505 and 506: 5. KODE VIR GOEIE ADMINISTRATIEWE O
- Page 507 and 508: 496 en “right” bestempel kan wo
- Page 509 and 510: 498 wetgewer nie onbillike regsgevo
- Page 511 and 512: (e) Die begrip “reasonableness”
- Page 513 and 514: 502 klousule in Artikel 33 vervat w
- Page 515 and 516: 504 Rugby Football Union, 1009 Pres
- Page 517 and 518: 506 Die invloed van die Handves van
- Page 519 and 520: 508 In antwoord op die vraag in wel
- Page 521 and 522: 510 die bestaande reg vervang nie.
- Page 523 and 524: 512 geskied het. Die Grondwet wys d
- Page 525 and 526: 514 Die herwaardering van veral die
- Page 527 and 528: (a) voorsiening maak vir die hersie
- Page 529 and 530: 518 van Toegang tot Inligting nie g
- Page 531 and 532: 520 hoogste reg van die Republiek t
- Page 533 and 534: 522 veel klem op die begrip “admi
- Page 535 and 536: 524 geregtelike hersiening met die
- Page 537 and 538: 526 plaas daarvan om die faktore wa
- Page 539 and 540: 528 Artikel 3 vergelyk word. Daar k
- Page 541 and 542: 530 gemeenregtelike vereistes vir a
- Page 543 and 544: 532 enigeen van die twee sal die ad
- Page 545: 534 Enige optrede wat verrig is van
- Page 549 and 550: 538 (f) Nog ʼn moontlike vertolking
- Page 551 and 552: 540 Artikel 9(1)(b) maak ingevolge
- Page 553 and 554: 542 (c) Artikel 8(1)(c) - Tersydest
- Page 555 and 556: OPSOMMING 544 Suid-Afrika beskik oo
- Page 557 and 558: SUMMARY 546 South Africa has an ext
- Page 559 and 560: BIBLIOGRAFIE Literatuur ALLEN CK 19
- Page 561 and 562: BURCHELL JM 1993 Principles of Deli
- Page 563 and 564: DAVIS, KC 1962 English Administrati
- Page 565 and 566: 554 FORSYTH CF 1985 In Danger for t
- Page 567 and 568: 556 HUBER U 1766 Praelectiones Iuri
- Page 569 and 570: LUBBE GF; SMITS JM 2003 Remedies in
- Page 571 and 572: 560 Eastern Metropolitan Substructu
- Page 573 and 574: 562 VAN DER LINDEN J The selective
- Page 575 and 576: 564 VOET 116 1955-1958 The selectiv
- Page 577 and 578: Bato Star Fishing (Pty) Limited v M
- Page 579 and 580: Du Preez v Truth and Reconciliation
- Page 581 and 582: Herbst v Dittmar 1970(1) SA 238 (T)
- Page 583 and 584: Loriza Brahman v Dippenaar 2002(2)
- Page 585 and 586: Monnakale v Government of the Repub
- Page 587 and 588: Permanent Secretary, Department of
- Page 589 and 590: S v Peter 1976(2) SA 513 (K) S v We
- Page 591 and 592: Tuckers Land and Development Corpor
- Page 593 and 594: Ans v Merton LBC [1978] AC 728, Hof
- Page 595 and 596: R v Secretary of State for the Home
535

Artikel 24(d) van die Interim Grondwet het vir rasionaliteitshersiening voorsiening gemaak,

deur te vereis dat die administratiewe besluit regverdigbaar moet wees met betrekking tot

die redes wat daarvoor gegee is. Die vereistes van administratiewe rasionaliteit en die

regverdigbaarheid van redes, vereis besluitneming wat op rasionele gronde berus. Hoewel

daar ʼn bepaalde subjektiewe element in elke besluit aanwesig is, vanweë die feit dat die

amptenaar spesiale kundigheid en kwalifikasies het, moet die besluit nietemin objektief

gestaaf kan word.

Die Finale-Grondwet sluit nie uitdruklik die vereiste van regverdigbaarheid in die Artikel oor

administratiewe geregtigheid in nie en daar kan geargumenteer word dat

regverdigbaarheid nie meer ʼn vereiste vir administratiewe legaliteit is nie. Sonder om

verstrik te raak in hierdie argument, is dit duidelik dat rasionaliteit implisiet aanwesig is in

die vereiste van regmatige administratiewe optrede en in die vereiste van redelikheid. Hoe

dit ookal sy, die argument is suiwer akademies van aard, aangesien PAJA uitdruklik in

Artikel 6(2)(f)(ii) voorsiening maak vir rasionaliteit as ʼn vereiste vir administratiewe

legaliteit.

Subparagraaf (f)(ii) maak voorsiening vir geregtelike hersiening, wanneer die optrede nie

rasioneel verband hou met :

(a) die doel waarmee dit verrig is nie,

(b) die oogmerk van die magtigende bepaling nie,

(c) die inligting voor die administrateur nie en

(d) die redes deur die administrateur daarvoor verskaf nie.

Die oogmerk van hierdie afsonderlike hersieningsgronde is om administratiewe optrede

aan ʼn rasionaliteitstoets te onderwerp. Die rasionaliteitstoets het vier bene waaraan die

betrokke optrede moet voldoen. Indien die optrede in een van, of al hierdie

rasionaliteitstoetse nie slaag nie, is dit ongeldig en onderworpe aan geregtelike hersiening.

Dit kan aangevoer word dat Artikel 6(2)(f)(ii) van PAJA die vereiste van rasionaliteit aan die

eweredigheidsbeginsel verbind.

Artikel 6(2)(f)(ii) reël die uitoefening van administratiewe diskresionêre bevoegdheid. Dit

vereis ʼn rasionele verband tussen die uitoefening van die diskresie en die optrede as

sodanig. Die vereiste van regverdigbaarheid vorm deel van die vereiste dat daar ʼn

rasionele verband moet wees tussen die redes wat vir die besluit verskaf word, en die

besluit self. Die vereiste van eweredigheid bly ʼn administratiefregtelike beginsel. Dit maak

ʼn integrerende deel uit van die rasionaliteitsvereiste en is ook deel van die verbod op

onredelike administratiewe optrede. Die eweredigheidsvereiste kom daarop neer dat die

maatreël gepas en nodig moet wees, en dat die botsende regte van nadeel vir die individu

en voordeel vir die gemeenskap teen mekaar opgeweeg en uitgebalanseer moet word.