02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

532

enigeen van die twee sal die administratiewe handeling ongeldig maak. Dit is gewoonlik

betreklik maklik om werklike vooroordeel te bewys, maar ʼn redelike suspisie van

vooroordeel is meer ingewikkeld.

Tradisioneel ressorteer die reël teen vooroordeel saam met die audi alteram partem-reël

onder die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid. Die reël teen vooroordeel

berus op die beginsel dat geregtigheid nie slegs moet geskied nie, maar ook sigbaar moet

wees. Die opstellers van die Wet het dit goedgedink om die reël onder “gebrek van

magtiging” as ʼn afsonderlike hersieningsgrond in te sluit. Daar sou geredeneer kan word,

dat daar twee gronde vir die hersiening van vooroordeel is, te wete Artikels 6(2)(a)(iii) en

6(2)(c).

Dit is ʼn kenmerk van die moderne demokratiese staat dat die wetgewer die administrasie

met diskresionêre bevoegdhede beklee ten einde die administrasie in staat te stel om sy

hoogs gespesialiseerde en uiteenlopende take in verband met die bestuur van die staat uit

te voer. By die uitoefening van ʼn diskresionêre bevoegdheid is die administrasie daaraan

gebonde om die openbare belang, regeringsbeleid en administratiewe dienstigheid in ag te

neem. Hoewel die praktyk om diskresionêre bevoegdhede aan die staatsadministrasie te

verleen universeel aanvaar word en hoewel daar erken word dat die administrasie hierdie

bevoegdhede nodig het om doeltreffend en doelmatig te funksioneer, is die uitoefening van

ʼn diskresionêre bevoegdheid nie vry van regsbeheer nie. ʼn Administratiewe diskresionêre

bevoegdheid moet dus, ooreenkomstig die grondwetlike bepalings, magtigende bepalings,

PAJA en die gemenereg, waar van toepassing, uitgeoefen word. Openbare bevoegdhede

is oor die algemeen onderworpe aan beheer deur die ander regeringstakke en deur die

regsprekende tak in die besonder.

Die wetgewer erken die probleme wat inherent aan beheer oor diskresionêre bevoegdhede

is en het gevolglik ʼn aantal gronde vir die geregtelike hersiening van die uitoefening van

hierdie bevoegdhede in Artikels 6(2)(b), (c), (d) en (e) van die Wet ingesluit.

Artikel 6(2)(b) maak voorsiening vir die geregtelike hersiening van administratiewe optrede,

wanneer gebiedende prosedures of voorwaardes nie nagekom is nie. Die uitoefening van

ʼn statutêre bevoegdheid vereis die nakoming van sogenaamde jurisdiksionele feite.

Hierdie artikel stem ooreen met die gemeenregtelike vereiste vir administratiewe legaliteit,

wat handel oor die voldoening aan die vorm en prosedure van die statutêre bepaling.

Artikel 6(2)(d) maak voorsiening vir die hersiening van administratiewe optrede, wat

wesenlik beïnvloed is deur ʼn regsdwaling. Hoewel dit vanselfsprekend is dat die howe,

eerder as die administrasie, die laaste woord oor regskwessies moet spreek, was die

geregtelike benadering tot dusver tradisioneel dat ʼn regsdwaling hersienbaar is slegs

indien die amptenaar nie die aard van die diskresie reg begryp het nie, weens ʼn

wanvertolking van die Wet wat die diskresie verleen.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!