02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

528

Artikel 3 vergelyk word. Daar kan eerstens ʼn onderskeid getref word tussen

administratiewe optrede, waar dit slaan op individuele gevalle en die feite wat op hulle van

toepassing is, in teenstelling daarmee waar administratiewe optrede op ʼn eenvormige

wyse gerig is op ʼn groep persone, wat soms nie eens identifiseerbaar is nie.

Hierdie onderskeid gee aanleiding tot ʼn hele aantal vrae rakende uitleg. Een van die

belangrikste vrae is of Artikel 4 totaal los staan? Moet dit gekoppel word aan Artikel 3, en

indien wel, hoe moet dit bewerkstellig word? Wanneer administratief opgetree moet word

wat die publiek kan raak, gee Artikel 4 voldoende riglyne om dit te reguleer. Dit blyk egter

dat Artikel 4 los staan van Artikel 3, dog die Wet is nie hieroor duidelik nie.

As gevolg van die skeiding wat tussen Artikels 3 en 4 ontstaan het, word die taak van die

administrateur bemoeilik. Die administrateur sal elke keer as hy te doen het met

administratiewe optrede wat ʼn invloed mag hê, eers moet bepaal of die regte op ʼn enkele

persoon, of op die algemene publiek betrekking het. Afhangende van die kategorisering

sal daar verskillende prosedures nagekom moet word. As nagelaat is om die vereistes van

die twee stelle prosedures na te kom, sal die gevolge verskillend wees.

Die voordeel van Artikel 4 is dat dit oor ʼn gemaklike en duidelike inhoud beskik. Die

administrateur moet ʼn besluit neem watter een van vyf opsionele prosedures, soos vervat

word in Artikels 4(1)(a) – (e) gevolg moet word. Artikels 4(2) en 4(3) verdeel die

prosedures weer in twee kategorieë, naamlik die gevalle waar kennis gegee word en

kommentare ingewag word, asook die openbare navraeprosedure. Artikel 4(4) verleen

alternatiewe roetes wat buite die trefwydte van die Artikel val. Dit is dus duidelik dat Artikel

4 die administrateur verplig om oorweging te skenk aan watter roete hy/sy gaan volg om

gevolg te gee aan prosedurele billikheid.

ʼn Besluit oor welke Artikel 4(1)-prosedure gevolg moet word, is in Artikel 1 totaal uitgesluit

van die definisie van administratiewe handeling. Geen remedie bestaan ingevolge PAJA

om ʼn administrateur aan te spreek, indien hy/sy versuim om ʼn besluit te neem, of om die

redelikheid en billikheid van die keuse teen te staan nie. Geen redes word ook verlang

waarom ʼn bepaalde besluit geneem is nie. Die Wet gee ook geen riglyne hoe om ʼn besluit

te neem nie. Meer leiding kan dalk deur die regulasies ingevolge Artikel 10 van die Wet

verskaf word.

Indien die administrateur nie die prosedures ingevolge Artikel 4 nakom nie, en geen

remedie bestaan om dit af te dwing nie, bewerkstellig dit geensins administratiewe

geregtigheid nie.

Artikel 5 van PAJA maak voorsiening vir die verskaffing van “voldoende redes” as dit

aangevra word deur ʼn persoon wie se regte deur die administratiewe handeling wesentlik

en nadelig geraak is. ʼn Wetgewende reg tot die verskaffing van redes, is ʼn nuwe wending

in die Suid-Afrikaanse administratiefreg. Hierdie reg is eerstens na vore gebring deur

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!