Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

527 Artikel 3 bepaal ook dat voldoende kennisgewing verskaf moet word rakende die reg om redes ingevolge Artikel 5 van PAJA te versoek. Hierdie vereiste is ʼn nuwigheid, waar daar met prosedurele billikheid te doen gekry word. Die insluiting van dié vereiste sal meer volledigheid verleen aan prosedurele billikheid. Die amptenary word gedwing om aan die hele administratiewe ketting te voldoen om deursigtigheid daar te stel. Artikel 3(5) van PAJA maak daarvoor voorsiening dat administrateurs steeds kan voldoen aan prosedurele billikheid, deur gebruik te maak van ʼn alternatiewe prosedure wat by wyse van ander wetgewing gemagtig is, maar wat verskillend is van die bepalings van PAJA. PAJA se voorskrifte en bepalings kan derhalwe geïgnoreer word, mits die ander wetgewing se prosedures en bepalings aan die vereistes van billikheid voldoen. Kritiek kan uitgespreek word teenoor hierdie bepaling in PAJA. Hierdie en soortgelyke bepalings waarvan die fokus ingestel is op “billik maar verskillend”, is egter kontroversieel, aangesien daar nou ʼn gaping verleen word aan die amptenaar om te ontkom aan die bepalings en vereistes van PAJA. Wat vir die een amptenaar blyk “billik maar verskillend” te wees, sal nie vir die ander amptenaar of benadeelde “billik maar verskillend” wees nie. PAJA kan dus geïgnoreer word, solank daar slegs aangevoer kan word dat die vereistes van PAJA ingevolge ander wetgewing nagekom is. Vrystellings van die bepalings en vereistes van PAJA word deur Artikel 2 van die Wet verleen. Hierdie vrystelling, ironies genoeg, is teenstrydig met die dominante tema van prosedurele billikheid vervat in Artikel 33 en PAJA. Artikel 4 van PAJA handel oor administratiewe optrede, wat ʼn invloed het op die publiek. Hierdie administratiewe optrede moet voldoen aan die vereistes van prosedurele billikheid soos bepaal deur Artikel 4. Die oogmerk daarvan is om administratiewe optrede meer deursigtig te maak. ʼn Konsultasieproses en weldeurdagte besluitneming word verseker. Die deursigtigheid hou die volgende voordele in :- (a) Deelname deur die publiek word hierdeur verseker. (b) Beter wetgewing kom na vore, veral waar daar ʼn samewerkingsproses met die publiek was. (c) Die publiek het ook ʼn beter begrip waarom wetgewing daargestel is. (d) Bydraes van die publiek, wat oor die nodige praktiese kennis beskik, kan van onskatbare waarde wees in die wetmakingsproses. (e) Swak punte kan ook in die administratiewe optrede opgelos, of verhoed word. Probleme bestaan egter met die interpretasie van die prosedures soos vervat in Artikel 4, veral waar dit handel oor die verskillende uitoefening van prosedures. ʼn Probleem bestaan ten opsigte van die inhoud van die sentrale teks van Artikel 4, wanneer dit met

528 Artikel 3 vergelyk word. Daar kan eerstens ʼn onderskeid getref word tussen administratiewe optrede, waar dit slaan op individuele gevalle en die feite wat op hulle van toepassing is, in teenstelling daarmee waar administratiewe optrede op ʼn eenvormige wyse gerig is op ʼn groep persone, wat soms nie eens identifiseerbaar is nie. Hierdie onderskeid gee aanleiding tot ʼn hele aantal vrae rakende uitleg. Een van die belangrikste vrae is of Artikel 4 totaal los staan? Moet dit gekoppel word aan Artikel 3, en indien wel, hoe moet dit bewerkstellig word? Wanneer administratief opgetree moet word wat die publiek kan raak, gee Artikel 4 voldoende riglyne om dit te reguleer. Dit blyk egter dat Artikel 4 los staan van Artikel 3, dog die Wet is nie hieroor duidelik nie. As gevolg van die skeiding wat tussen Artikels 3 en 4 ontstaan het, word die taak van die administrateur bemoeilik. Die administrateur sal elke keer as hy te doen het met administratiewe optrede wat ʼn invloed mag hê, eers moet bepaal of die regte op ʼn enkele persoon, of op die algemene publiek betrekking het. Afhangende van die kategorisering sal daar verskillende prosedures nagekom moet word. As nagelaat is om die vereistes van die twee stelle prosedures na te kom, sal die gevolge verskillend wees. Die voordeel van Artikel 4 is dat dit oor ʼn gemaklike en duidelike inhoud beskik. Die administrateur moet ʼn besluit neem watter een van vyf opsionele prosedures, soos vervat word in Artikels 4(1)(a) – (e) gevolg moet word. Artikels 4(2) en 4(3) verdeel die prosedures weer in twee kategorieë, naamlik die gevalle waar kennis gegee word en kommentare ingewag word, asook die openbare navraeprosedure. Artikel 4(4) verleen alternatiewe roetes wat buite die trefwydte van die Artikel val. Dit is dus duidelik dat Artikel 4 die administrateur verplig om oorweging te skenk aan watter roete hy/sy gaan volg om gevolg te gee aan prosedurele billikheid. ʼn Besluit oor welke Artikel 4(1)-prosedure gevolg moet word, is in Artikel 1 totaal uitgesluit van die definisie van administratiewe handeling. Geen remedie bestaan ingevolge PAJA om ʼn administrateur aan te spreek, indien hy/sy versuim om ʼn besluit te neem, of om die redelikheid en billikheid van die keuse teen te staan nie. Geen redes word ook verlang waarom ʼn bepaalde besluit geneem is nie. Die Wet gee ook geen riglyne hoe om ʼn besluit te neem nie. Meer leiding kan dalk deur die regulasies ingevolge Artikel 10 van die Wet verskaf word. Indien die administrateur nie die prosedures ingevolge Artikel 4 nakom nie, en geen remedie bestaan om dit af te dwing nie, bewerkstellig dit geensins administratiewe geregtigheid nie. Artikel 5 van PAJA maak voorsiening vir die verskaffing van “voldoende redes” as dit aangevra word deur ʼn persoon wie se regte deur die administratiewe handeling wesentlik en nadelig geraak is. ʼn Wetgewende reg tot die verskaffing van redes, is ʼn nuwe wending in die Suid-Afrikaanse administratiefreg. Hierdie reg is eerstens na vore gebring deur

527

Artikel 3 bepaal ook dat voldoende kennisgewing verskaf moet word rakende die reg om

redes ingevolge Artikel 5 van PAJA te versoek. Hierdie vereiste is ʼn nuwigheid, waar daar

met prosedurele billikheid te doen gekry word. Die insluiting van dié vereiste sal meer

volledigheid verleen aan prosedurele billikheid. Die amptenary word gedwing om aan die

hele administratiewe ketting te voldoen om deursigtigheid daar te stel.

Artikel 3(5) van PAJA maak daarvoor voorsiening dat administrateurs steeds kan voldoen

aan prosedurele billikheid, deur gebruik te maak van ʼn alternatiewe prosedure wat by

wyse van ander wetgewing gemagtig is, maar wat verskillend is van die bepalings van

PAJA. PAJA se voorskrifte en bepalings kan derhalwe geïgnoreer word, mits die ander

wetgewing se prosedures en bepalings aan die vereistes van billikheid voldoen.

Kritiek kan uitgespreek word teenoor hierdie bepaling in PAJA. Hierdie en soortgelyke

bepalings waarvan die fokus ingestel is op “billik maar verskillend”, is egter kontroversieel,

aangesien daar nou ʼn gaping verleen word aan die amptenaar om te ontkom aan die

bepalings en vereistes van PAJA. Wat vir die een amptenaar blyk “billik maar verskillend”

te wees, sal nie vir die ander amptenaar of benadeelde “billik maar verskillend” wees nie.

PAJA kan dus geïgnoreer word, solank daar slegs aangevoer kan word dat die vereistes

van PAJA ingevolge ander wetgewing nagekom is.

Vrystellings van die bepalings en vereistes van PAJA word deur Artikel 2 van die Wet

verleen. Hierdie vrystelling, ironies genoeg, is teenstrydig met die dominante tema van

prosedurele billikheid vervat in Artikel 33 en PAJA.

Artikel 4 van PAJA handel oor administratiewe optrede, wat ʼn invloed het op die publiek.

Hierdie administratiewe optrede moet voldoen aan die vereistes van prosedurele billikheid

soos bepaal deur Artikel 4. Die oogmerk daarvan is om administratiewe optrede meer

deursigtig te maak. ʼn Konsultasieproses en weldeurdagte besluitneming word verseker.

Die deursigtigheid hou die volgende voordele in :-

(a) Deelname deur die publiek word hierdeur verseker.

(b) Beter wetgewing kom na vore, veral waar daar ʼn samewerkingsproses met die

publiek was.

(c) Die publiek het ook ʼn beter begrip waarom wetgewing daargestel is.

(d) Bydraes van die publiek, wat oor die nodige praktiese kennis beskik, kan van

onskatbare waarde wees in die wetmakingsproses.

(e) Swak punte kan ook in die administratiewe optrede opgelos, of verhoed word.

Probleme bestaan egter met die interpretasie van die prosedures soos vervat in Artikel 4,

veral waar dit handel oor die verskillende uitoefening van prosedures. ʼn Probleem

bestaan ten opsigte van die inhoud van die sentrale teks van Artikel 4, wanneer dit met

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!