Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

523 regte (soos vervat in die Handves van Regte) van besondere belang. Ingevolge die nuwe grondwetlike bedeling is ʼn persoon geregtig op ʼn aantal sosio-ekonomiese regte. Ten einde toegang tot hierdie sosio-ekonomiese regte te verkry, of hulle te verwesenlik, moet hy of sy op die vasstellingsteorie kan steun om voorsiening te maak vir die doeltreffende afdwinging van dit waarop hy of sy geregtig is. Die term “regte” wat in die omskrywing van administratiewe optrede gebruik word, sluit nie net die regte in wat spesifiek in die Handves van Regte opgeneem word nie, maar ook gemeenregtelike regte en regte wat uit die gewoontereg en wetgewing voortspruit. Die motivering hiervoor kan in Artikel 39(3) van die Grondwet gevind word. Die begrip “wat regstreekse eksterne regsgevolge het” is ʼn laat toevoeging tot die wet. Die doel hiervan wat uit die Duitse Reg afkomstig is, is om ʼn balans te verkry tussen die regte van die individu en die verpligting van die staat. Enersyds moet die regte van die individu, wat in die administratiefregtelike verhouding in ʼn ondergeskikte posisie met betrekking tot die staat is, beskerm word. Andersyds moet die publieke administrasie toesien dat die regering doeltreffend geskied. Dit moet dus nie onnodig in die uitvoering van sy funksies en pligte belemmer word nie. Dit is egter te betwyfel of die Duitse frase enigsins bydra tot regsekerheid. Dit ontketen meer vrae, as wat dit antwoorde verskaf. Wat die begrip “regsgevolge” in die frase “Wat regstreekse eksterne regsgevolge het” aanbetref, is Currie en Klaaren van mening dat die besluit ʼn regtensbindende vasstelling van individuele regte moet wees : die besluit moet regte vestig, verander of intrek. Hierdie benadering is eweneens problematies, aangesien sekere kategorieë of aktiwiteite van die omskrywing van administratiewe optrede uitgesluit kan word. So, byvoorbeeld, sal die voorstelle of aanbevelings van ondersoekliggame van die omskrywing uitgesluit wees en dus ook die toepassing van die beginsels van administratiewe geregtigheid. Die uitsluiting van die aanbevelings van sulke liggame moet bevraagteken word, aangesien hulle gevolgtrekkings en aanbevelings ernstige implikasies vir die individu kan inhou. Artikels 1(i)(b)(aa) – (ii) sluit 9 tipes uitvoerende bevoegdhede of funksies uit van die definisie van administratiewe optrede en van die omvang van PAJA. Hulle word geklassifiseer volgens die aard van die optrede, in stede van klassifisering volgens die persoon wat die handeling uitvoer, of met verwysing na die gevolge of effek van die administratiewe optrede. Dié uitsluitings kan in twee kategorieë verdeel word. Die eerste vyf verwys na die Grondwet se verdeling, enersyds administratiewe optrede, en andersyds wetgewende en regterlike optrede. Die oorblywende uitsluitings omsluit 4 spesifieke wetgewende beleidskeuses wat gemaak word tydens die parlementêre proses om sodoende sekere tipes van besluite van die Wet uit te sluit. Ons sien ook dat die meeste vroeëre prerogatiewe nou by Artikel 84 van die Grondwet ingesluit is. Hierdie prerogatiewe wat statutêre bevoegdhede geword het, word van die omskrywing van administratiewe optrede uitgesluit en is dus nie onderworpe aan

524 geregtelike hersiening met die oog op administratiewe legaliteit nie. Die begenadiging van, of verlening van grasie aan oortreders en die kwytskelding van boetes, strawwe of verbeurings, word egter wel as administratiewe optrede beskou en is dus aan geregtelike hersiening onderworpe. Sommige van die uitsluitings, al sou dit nie administratiewe optrede behels nie, is egter kwesbaar, veral ten opsigte van ʼn grondwetlike aanslag, waar dit beskou kan word as onregverdige beperkings ten opsigte van die reg op administratiewe geregtigheid. Die grootste sukses hiervoor sal gevind word, waar lede van die uitvoerende gesag betrokke is, en nie ten opsigte van die President nie. Hoewel die uitvoerende gesag nie deur die Grondwet gedefinieer word nie, maak Artikels 83 en 84 van die Grondwet dit duidelik dat die President die hoof van die uitvoerende gesag is. Wanneer die definisie van administratiewe handeling in Artikel 1 van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid deeglik in oorweging geneem word, word daar gou agtergekom dat kritiek nie sal ontbreek nie. Die definisie is eerstens te lomp en bevat heeltemal te veel uitsluitings van owerheidsweë gesien. Dit is duidelik dat die frase “regstreekse eksterne gevolge” die bestek van die grondwetlike gewaarborgde reg, vervat in Artikel 33 van die Grondwet, beperk. Dit is verder te betwyfel of hierdie frase die grondwetlike toets sal deurstaan. Anders gestel, is die vraag of die beperking van die algemene reg op regverdige administratiewe optrede redelik en regverdigbaar is in ʼn oop en demokratiese samelewing. Hierdie demokratiese samelewing word gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid. Die volgende aspekte is hier van toepassing, naamlik die aard van die reg, die belangrikheid van die doel, die belangrikheid van die doel van die beperkings, die aard en omvang van die beperking, die verband tussen die beperkings en die doel daarvan, en ʼn minder beperkende wyse om die doel te bereik (Artikel 36(1)). Dit kan geargumenteer word dat Artikel 33(3)(c), wat bepaal dat nasionale wetgewing verorden moet word wat ʼn doeltreffende administrasie bevorder, so ʼn beperking sanksioneer. As die wetgewer die ongeregtighede van die verlede wou regstel en probeer om te voorkom dat dit weer geskied, deur ʼn gewaarborgde grondwetlike reg op administratiewe geregtigheid in die Grondwet in te bou, kan met reg gevra word, of die definisie van administratiewe optrede nie die doeltreffendheid van hierdie oogmerk verydel het nie. 6. OPMERKINGS OOR ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN DIE LIG VAN PAJA Die bestek en toepassing van die beginsels van regverdige administratiewe optrede (administratiewe geregtigheid) word bepaal deur die vraag of die handeling administratiewe optrede is, al dan nie, en of die betrokke handeling deur ʼn staatsorgaan verrig is. Die definisie van ʼn administratiewe handeling speel ʼn sleutelrol in die toepassing van grondwetlike regte ingevolge Artikel 33 van die Finale-Grondwet en van PAJA. Wat veral Artikel 33 aanbetref, het die howe die gemeenregtelike siening rakende

523

regte (soos vervat in die Handves van Regte) van besondere belang. Ingevolge die nuwe

grondwetlike bedeling is ʼn persoon geregtig op ʼn aantal sosio-ekonomiese regte. Ten

einde toegang tot hierdie sosio-ekonomiese regte te verkry, of hulle te verwesenlik, moet

hy of sy op die vasstellingsteorie kan steun om voorsiening te maak vir die doeltreffende

afdwinging van dit waarop hy of sy geregtig is.

Die term “regte” wat in die omskrywing van administratiewe optrede gebruik word, sluit nie

net die regte in wat spesifiek in die Handves van Regte opgeneem word nie, maar ook

gemeenregtelike regte en regte wat uit die gewoontereg en wetgewing voortspruit. Die

motivering hiervoor kan in Artikel 39(3) van die Grondwet gevind word.

Die begrip “wat regstreekse eksterne regsgevolge het” is ʼn laat toevoeging tot die wet. Die

doel hiervan wat uit die Duitse Reg afkomstig is, is om ʼn balans te verkry tussen die regte

van die individu en die verpligting van die staat. Enersyds moet die regte van die individu,

wat in die administratiefregtelike verhouding in ʼn ondergeskikte posisie met betrekking tot

die staat is, beskerm word. Andersyds moet die publieke administrasie toesien dat die

regering doeltreffend geskied. Dit moet dus nie onnodig in die uitvoering van sy funksies

en pligte belemmer word nie. Dit is egter te betwyfel of die Duitse frase enigsins bydra tot

regsekerheid. Dit ontketen meer vrae, as wat dit antwoorde verskaf.

Wat die begrip “regsgevolge” in die frase “Wat regstreekse eksterne regsgevolge het”

aanbetref, is Currie en Klaaren van mening dat die besluit ʼn regtensbindende vasstelling

van individuele regte moet wees : die besluit moet regte vestig, verander of intrek. Hierdie

benadering is eweneens problematies, aangesien sekere kategorieë of aktiwiteite van die

omskrywing van administratiewe optrede uitgesluit kan word. So, byvoorbeeld, sal die

voorstelle of aanbevelings van ondersoekliggame van die omskrywing uitgesluit wees en

dus ook die toepassing van die beginsels van administratiewe geregtigheid. Die uitsluiting

van die aanbevelings van sulke liggame moet bevraagteken word, aangesien hulle

gevolgtrekkings en aanbevelings ernstige implikasies vir die individu kan inhou.

Artikels 1(i)(b)(aa) – (ii) sluit 9 tipes uitvoerende bevoegdhede of funksies uit van die

definisie van administratiewe optrede en van die omvang van PAJA. Hulle word

geklassifiseer volgens die aard van die optrede, in stede van klassifisering volgens die

persoon wat die handeling uitvoer, of met verwysing na die gevolge of effek van die

administratiewe optrede. Dié uitsluitings kan in twee kategorieë verdeel word. Die eerste

vyf verwys na die Grondwet se verdeling, enersyds administratiewe optrede, en andersyds

wetgewende en regterlike optrede. Die oorblywende uitsluitings omsluit 4 spesifieke

wetgewende beleidskeuses wat gemaak word tydens die parlementêre proses om

sodoende sekere tipes van besluite van die Wet uit te sluit.

Ons sien ook dat die meeste vroeëre prerogatiewe nou by Artikel 84 van die Grondwet

ingesluit is. Hierdie prerogatiewe wat statutêre bevoegdhede geword het, word van die

omskrywing van administratiewe optrede uitgesluit en is dus nie onderworpe aan

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!