02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

522

veel klem op die begrip “administratiewe optrede” te plaas. Die wetgewer moet meer

aandag bestee om die definisie van administratiewe optrede te vereenvoudig, sodat dit

aanklank kan vind by die bepalings van Artikel 33 van die Grondwet, en nie die

grondwetlike reg van die individu beperk nie.

Wanneer die definisie van administratiewe optrede in Artikel 1 mooi bekyk word, kom ʼn

mens gou agter dat dit ook ander definisies as komponente bevat. Die volgende is ter

sprake: besluit, magtigende bepaling en nie-nakoming.

Volgens die definisie vroeër aangehaal, bevat administratiewe optrede “besluit” as

komponent. Daarom moet besluit oorweeg word. Aangesien besluit verwys na besluite

van administratiewe aard ingevolge ʼn magtigende bepaling, moet magtigende bepaling

van nader beskou word. Aangesien besluit ook ʼn nie-besluit impliseer, moet nie-nakoming

ook as definisie oorweeg word.

Uit die definisie van administratiewe optrede spruit sewe elemente voort, wat krities

bespreek is. Daar is gepoog om vas te stel of administratiewe geregtigheid, soos

geformuleer in Artikel 33 van die Finale-Grondwet, nie deur die definisie van

administratiewe optrede ingeperk is nie.

Die Wet op Administratiewe Geregtigheid is slegs van toepassing op natuurlike en juridiese

persone, wanneer hulle openbare funksies verrig, of ingevolge die bepalings van

magtigende wetgewing openbare magte uitvoer. Die openbare aard van die magte wat

uitgevoer word, is dus van belang. Daar het derhalwe ʼn verskuiwing plaasgevind vanaf

die ondersoek van die private of publieke aard van die persoon, na die private of publieke

aard van die magte of funksies wat uitgevoer word. Die vraag wat gevra kan word, is of

die magte of funksies wat uitgeoefen word, van openbare of publieke aard is. Indien wel,

is dit aan PAJA onderworpe.

Een van die hoofvereistes wat deur PAJA gestel word, is dat administratiewe optrede nie

die regte van ʼn persoon nadelig moet raak nie. Daar is in besonderhede gekyk na die

inhoud van hierdie frase, wat nou saamval met die vereiste van regstreekse eksterne

regsgevolge. Hierdie vereiste (dat die regte van enige persoon nie nadelig geraak moet

word nie) is een van die belangrikste aspekte in die definisie van administratiewe

handeling.

Oor die aspek van regte in die definisie, bestaan daar ʼn debat in die administratiefreg, wat

gewoonlik gekoppel is aan die teorieë van ontneming en vasstelling. Die ontnemingsteorie

is selfverklarend – regte word nadelig geraak, eers wanneer ʼn persoon van die een of

ander bestaande voordeel of reg ontneem word. Die gevolg van die vasstellingsteorie is

weer dat ʼn persoon wat sonder sukses aansoek doen om ʼn permit of voordeel wat hy of sy

nie voorheen gehad of geniet het nie, nie daarop aanspraak kan maak dat sy of haar regte

nadelig geraak is nie. Hierdie twee teorieë is veral ten opsigte van die sosio-ekonomiese

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!