Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

517 (a) Skrywers huldig ook dieselfde mening, wanneer met bogemelde probleem by ander wetgewing, soos Artikel 32 van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting, te doen gekry word. (b) Nog ʼn rede vir die onafhanklike voortbestaan van die wetgewing en hul skeiding met die regte wat in die Grondwet vervat is, blyk te wees by die toepassing van die twee stelle wetgewing, naamlik, die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Dit blyk dat die wetgewer self ʼn skeiding bewerkstellig het aangesien elke Wet oor sy eie hersieningsgronde beskik en onafhanklik van mekaar toegepas moet word. Die wetgewer het die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting waarskynlik uitgesluit, omdat geoordeel is dat die prosedures waarvoor dit voorsiening maak, billik genoeg is. 1025 (c) Kragtens Artikel 8(1) van die Finale-Grondwet is die Handves van Regte bindend op die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en alle staatsorgane. Artikel 33 is ʼn belangrike instrument om die optrede van die uitvoerende gesag te kontroleer. Dit sal derhalwe ʼn moontlike ondermyning van die gesag van die Grondwet tot gevolg hê, indien optrede van die uitvoerende gesag uitgesluit word van die werking van Artikel 33. Die howe sal dus genoodsaak wees om ʼn eie inhoud van Artikel 33 buite die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid te verskaf; ten einde optrede van die uitvoerende gesag ingevolge die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting te kontroleer. (d) Nog ʼn rede wat aangevoer kan word dat daar onafhanklik gesteun kan word op die regte verleen in Artikel 33 van die Grondwet, kan gevind word in die rechtstaatbegrip. Die Grondwet het ook ten doel dat owerheidsoptrede met die bepalings van die Grondwet moet ooreenstem. Seker die belangrikste aspek van die Grondwet is dat ʼn Handves van Regte daarin vervat is. Hierin word die regte van alle individue uiteengesit, waarvan die meeste van hierdie regte teen die staat afdwingbaar is. Met die veranderinge wat binne die Suid-Afrikaanse Regstelsel teweeggebring is, word as uitgangspunt aanvaar dat Suid-Afrika as ʼn regstaat in die ware sin van die woord ontwikkel het. Dit is dus duidelik dat wetgewing wat in stryd is met Artikels 32 en 33 van die Grondwet, ongeldig is. In hierdie proefskrif is gepoog om aan die hand van die rechtstaat-begrip aan te toon waarom ʼn individu direk kan steun op Artikels 32 en 33 van die Finale-Grondwet en dat die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid en die Wet op die Bevordering 1025 Artikel 1(b)(hh) van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid bepaal juis dat enige besluit geneem, of die nalate om 'n besluit te neem ingevolge 'n bepaling van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 van die definisie van administratiewe geregtigheid uitgesluit is.

518 van Toegang tot Inligting nie gesien moet word om ʼn geheel met Artikels 32 en 33 te vorm nie. Sekere bepalings van die twee wette is ook krities beskou. Dit word geoordeel dat van die artikels onkonstitusioneel in effek is. Ernstige beperkings word byvoorbeeld op ʼn individu se Handvesregte gemaak. ʼn Sprekende voorbeeld word, onder andere, gevind in Artikel 5(4)(b), wat bepaal dat die amptenaar in sekere omstandighede kan afwyk van die verpligting om voldoende redes te verskaf, mits dit volgens sy of haar mening redelik en regverdigbaar is. Die uitwerking hiervan is dat die benadeelde persoon hom/haar wel op Artikel 33(2) as ʼn grondwetlike reg sal beroep, wat hom/haar teen owerheidsoptrede moet beskerm. In die toekoms is dit dan ook nie uitgesluit nie, dat indien die Konstitusionele Hof Artikel 5 nie as grondwetlik verklaar nie, die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid totaal en al nutteloos sal word. Dit moet gevolglik gesien word as argument waarom Artikel 33 van die Grondwet los van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid beskou moet word. ʼn Verdere argument wat aangevoer kan word rakende die ongrondwetlikheid van Artikel 5(4)(b) van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, is daarin geleë dat ʼn fundamentele reg slegs ingevolge ʼn algemeen geldende regsvoorskrif beperk mag word. In die geval van Artikel 5(4)(b) is daar nie sprake van ʼn algemeen geldende regsvoorskrif nie, maar eerder ʼn administratiewe handeling. Artikel 36 van die Grondwet maak nie voorsiening vir ʼn administratiewe handeling om ʼn reg in die Handves van Regte te beperk nie, maar slegs vir ʼn algemeen geldende regsvoorskrif. ʼn Administratiewe handeling is nie ʼn algemeen geldende regsvoorskrif nie en dit is debatteerbaar of sodanige handeling ʼn fundamentele reg sal beperk. Artikel 5(4)(b) kan maar gerus deur die Konstitusionele Hof vir grondwetlikheid getoets word. Hieruit behoort dit duidelik te wees dat, deur die toevoeging van Artikel 5(4)(b) van die Wet, ʼn deur oopgemaak word vir die amptenaar om deur sy administratiewe optrede, die Grondwet en gevolglik ook die idee van die regstaat te ondermyn. Daar is ook kortliks gekyk na die Grondwetlikheid van sekere Artikels in die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting, Wet 2 van 2000. Die volgende aspekte is onder die loep geneem : (i) Is daar ʼn mate van terugwerkendheid in die Wet te bespeur? (ii) Verleen die Wet aan die staat ʼn reg om toegang tot inligting te bekom van ʼn privaatliggaam en wat is die gevolge van sodanige “reg”? (iii) Waarom is die Wet nie op sekere liggame van toepassing nie?

517

(a) Skrywers huldig ook dieselfde mening, wanneer met bogemelde probleem by ander

wetgewing, soos Artikel 32 van die Grondwet en die Wet op die Bevordering van

Toegang tot Inligting, te doen gekry word.

(b) Nog ʼn rede vir die onafhanklike voortbestaan van die wetgewing en hul skeiding met

die regte wat in die Grondwet vervat is, blyk te wees by die toepassing van die twee

stelle wetgewing, naamlik, die Wet op die Bevordering van Administratiewe

Geregtigheid en die Wet op die Bevordering van Toegang tot Inligting. Dit blyk dat

die wetgewer self ʼn skeiding bewerkstellig het aangesien elke Wet oor sy eie

hersieningsgronde beskik en onafhanklik van mekaar toegepas moet word. Die

wetgewer het die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting waarskynlik

uitgesluit, omdat geoordeel is dat die prosedures waarvoor dit voorsiening maak,

billik genoeg is. 1025

(c) Kragtens Artikel 8(1) van die Finale-Grondwet is die Handves van Regte bindend op

die wetgewende, uitvoerende en regsprekende gesag en alle staatsorgane. Artikel

33 is ʼn belangrike instrument om die optrede van die uitvoerende gesag te

kontroleer. Dit sal derhalwe ʼn moontlike ondermyning van die gesag van die

Grondwet tot gevolg hê, indien optrede van die uitvoerende gesag uitgesluit word

van die werking van Artikel 33. Die howe sal dus genoodsaak wees om ʼn eie

inhoud van Artikel 33 buite die Wet op die Bevordering van Administratiewe

Geregtigheid te verskaf; ten einde optrede van die uitvoerende gesag ingevolge die

Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting te kontroleer.

(d) Nog ʼn rede wat aangevoer kan word dat daar onafhanklik gesteun kan word op die

regte verleen in Artikel 33 van die Grondwet, kan gevind word in die rechtstaatbegrip.

Die Grondwet het ook ten doel dat owerheidsoptrede met die bepalings van

die Grondwet moet ooreenstem. Seker die belangrikste aspek van die Grondwet is

dat ʼn Handves van Regte daarin vervat is. Hierin word die regte van alle individue

uiteengesit, waarvan die meeste van hierdie regte teen die staat afdwingbaar is.

Met die veranderinge wat binne die Suid-Afrikaanse Regstelsel teweeggebring is,

word as uitgangspunt aanvaar dat Suid-Afrika as ʼn regstaat in die ware sin van die

woord ontwikkel het.

Dit is dus duidelik dat wetgewing wat in stryd is met Artikels 32 en 33 van die Grondwet,

ongeldig is.

In hierdie proefskrif is gepoog om aan die hand van die rechtstaat-begrip aan te toon

waarom ʼn individu direk kan steun op Artikels 32 en 33 van die Finale-Grondwet en dat die

Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid en die Wet op die Bevordering

1025 Artikel 1(b)(hh) van die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid bepaal juis dat enige besluit geneem, of die nalate om 'n besluit te

neem ingevolge 'n bepaling van die Wet op Bevordering van Toegang tot Inligting 2 van 2000 van die definisie van administratiewe geregtigheid uitgesluit is.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!