Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

513 sal hê. Ter illustrasie hiervan is die beslissing van Carmichele v Minister of Safety and Security and Another (Centre for applied Legal Studies Intervening) 1023 bespreek. Daar is aangedui dat die Hoogste Hof van Appèl op die spesifieke gebied van die deliktereg ten volle aanvaar het dat die Grondwet ʼn rol speel in die ontwikkeling van die deliktereg, sonder om grootskaals afstand te doen van die suiwer gemeenregtelike omvang van die toets vir onregmatigheid. Dit moet verder in gedagte gehou word dat die gemeenregtelike toets vir onregmatigheid dinamies en goed ontwikkeld is, wat wel voorsiening sal maak vir moontlike toekomstige ontwikkeling. Die howe se plig is egter eers om die gemenereg te oorweeg, alvorens hulle sal oorgaan om die versoenbaarheid met die Grondwet op te weeg. Waar daar egter twyfel of konflik bestaan, sal die Grondwet voorrang geniet bo enige ander faktor by die toets vir onregmatigheid. ʼn Goeie waarneming van Suid-Afrikaanse gewysdes dui daarop dat ʼn sterk vertikale dimensie vertoon word, aangesien eise veral ingestel is teen die owerheidsorgane soos die polisie en plaaslike besture. Daar is geen horisontale toepassing van die Grondwet rakende menseregte en deliktuele aanspreeklikheid nie. Net tyd sal leer in hoe ʼn mate hierdie sake ʼn rol sal speel wanneer daar met die horisontale toepassing van die Grondwet te doen gekry word, veral waar deliktuele aanspreeklikheid tussen privaat persone ter sprake kom. Die gevolgtrekking wat in die Carmichele-saak gemaak word, is dat die direkte werking van die Handves voldoende regverdiging bied vir die Konstitusionele Hof se beslissing dat die gemenereg ontwikkel moet word, ten einde beter beskerming te verleen aan die verskanste regte van die benadeelde. Met die indirekte werking van die Handves sal alle privaatregtelike beginsels, reëls en norme – inbegrepe dié wat die deliktereg beheers – onderworpe gestel word aan die inhoud van die basiese waardes, vervat in Hoofstuk 3 van die Grondwet. Die howe sal by die ontwikkeling van die gemenereg die gees, strekking en oogmerke van die Handves bevorder. Uiteraard speel die regte wat uitdruklik daarin verskans word, ʼn belangrike rol by hierdie proses. Die indirekte werking geld in die besonder by die toepassing van die sogenaamde “open ended” of soepele deliksbeginsels, te wete die boni mores-toets vir onregmatigheid, die toerekenbaarheidstoets vir juridiese kousaliteit en die redelikeman-toets vir nalatigheid, waar beleidsoorwegings en faktore soos redelikheid, billikheid en regverdigheid ʼn belangrike rol kan speel. Die basiese waardes wat Hoofstuk 2 onderlê, sou dus as belangrike beleidsoorwegings by die bepaling van onregmatigheid, juridiese kousaliteit en nalatigheid geïmplementeer kan word. 1023 2001(4) SA 938 (CC).

514 Die herwaardering van veral die inhoud van onregmatigheid kan tot gevolg hê dat bestaande begrippe en norme óf vervang, óf uitgebrei en verryk word deur die waardesisteem wat in die Grondwet beliggaam word. Die proses van vervanging en verryking van bestaande norme moet egter met omsigtigheid hanteer word. Daarom word aan die hand gedoen dat by die uitoefening van hierdie vervangingsproses, die algemene beginsels wat reeds met betrekking tot die redelikheids- of boni mores- (regsoortuigings van die gemeenskap) kriterium vir deliktuele onregmatigheid uitgekristalliseer het, steeds – ook in die lig van dié gees, strekking en oogmerke van die handves - as prima facieaanduiding beskou kan word van die redelikheid, al dan nie, van ʼn handeling. National Media Ltd v Bogoshi1024 is ʼn goeie voorbeeld vir hierdie standpunt, waar die Hoogste Hof van Appèl strikte aanspreeklikheid van die pers weens laster deur nalatigheidsaanspreeklikheid vervang het. Dit is nie in die eerste plek gedoen omdat grondwetlike waardes die vervanging genoodsaak het nie, maar omdat die gemeenregtelike lasterreg deur die invoer van nalatigheidsaanspreeklikheid op sigself ʼn behoorlike balans bewerkstellig tussen die reg op die goeie naam en die reg op vryheid van uitdrukking, selfs al word hierdie regte ook as grondwetlike waardes beskou. In die proefskrif word aangetoon dat die toepassing van menseregte horisontale sowel as vertikale toepassing geniet. Marinus Wiechers het tereg verklaar dat die bestaan en die groei van die publiekreg gesien moet word as ʼn inbreukmaking op die grondslae van gelykheid en wilswysheid waarop die privaatreg berus en dat die publiekreg beskou word as ʼn uitsonderingsreg, of erger, ʼn bedreiging vir die privaatreg. Dit is duidelik dat, met die ontwikkeling van die publiekreg en veral administratiewe geregtigheid, daar ʼn groot impak gemaak is op die gebied van die privaatreg. Die rol wat billikheid op die gebied van die kontraktereg speel, en veral die aanval op die pacta sunt servanda-beginsel, wat vir eeue al in die kontraktereg toegepas is, is ʼn sprekende voorbeeld van hoe die publiekreg in die afgelope paar jaar ontwikkel het. Die impak van die administratiefreg op die gebied van die privaatreg is duidelik te bespeur. Op die gebied van die deliktereg sal die ontwikkeling van die gemenereg weldra plaasvind. Met die uitgewysde gesag wat reeds die lig gesien het, is dit egter duidelik dat die howe die gemenereg nie lukraak sal ontwikkel nie. ʼn Goeie voorbeeld is die hantering van die actio de pauperie as deliksremedie. Groter ontwikkeling sal wel ten opsigte van onregmatigheid plaasvind en norme soos boni mores sal deeglik oorweeg word. Billikheid, redelikheid en regmatigheid sal op die voorgrond geplaas word, waar deliktuele eise teen die staat ingestel word, veral waar partye in hulle Handvesregte benadeel is. Op die gebied van die deliktereg moet in gedagte gehou word dat Artikel 33 ook self met groot vrug toegepas kan word, aangesien dit ook ʼn verskanste reg ingevolge Hoofstuk 2 van die Grondwet is. Hoewel tans gekonsentreer word op Handvesregte soos die reg op lewe, 1024 1998(4) SA 1196 (HHA).

514

Die herwaardering van veral die inhoud van onregmatigheid kan tot gevolg hê dat

bestaande begrippe en norme óf vervang, óf uitgebrei en verryk word deur die

waardesisteem wat in die Grondwet beliggaam word. Die proses van vervanging en

verryking van bestaande norme moet egter met omsigtigheid hanteer word. Daarom word

aan die hand gedoen dat by die uitoefening van hierdie vervangingsproses, die algemene

beginsels wat reeds met betrekking tot die redelikheids- of boni mores- (regsoortuigings

van die gemeenskap) kriterium vir deliktuele onregmatigheid uitgekristalliseer het, steeds –

ook in die lig van dié gees, strekking en oogmerke van die handves - as prima facieaanduiding

beskou kan word van die redelikheid, al dan nie, van ʼn handeling. National

Media Ltd v Bogoshi1024 is ʼn goeie voorbeeld vir hierdie standpunt, waar die Hoogste Hof

van Appèl strikte aanspreeklikheid van die pers weens laster deur

nalatigheidsaanspreeklikheid vervang het. Dit is nie in die eerste plek gedoen omdat

grondwetlike waardes die vervanging genoodsaak het nie, maar omdat die

gemeenregtelike lasterreg deur die invoer van nalatigheidsaanspreeklikheid op sigself ʼn

behoorlike balans bewerkstellig tussen die reg op die goeie naam en die reg op vryheid

van uitdrukking, selfs al word hierdie regte ook as grondwetlike waardes beskou.

In die proefskrif word aangetoon dat die toepassing van menseregte horisontale sowel as

vertikale toepassing geniet. Marinus Wiechers het tereg verklaar dat die bestaan en die

groei van die publiekreg gesien moet word as ʼn inbreukmaking op die grondslae van

gelykheid en wilswysheid waarop die privaatreg berus en dat die publiekreg beskou word

as ʼn uitsonderingsreg, of erger, ʼn bedreiging vir die privaatreg.

Dit is duidelik dat, met die ontwikkeling van die publiekreg en veral administratiewe

geregtigheid, daar ʼn groot impak gemaak is op die gebied van die privaatreg. Die rol wat

billikheid op die gebied van die kontraktereg speel, en veral die aanval op die pacta sunt

servanda-beginsel, wat vir eeue al in die kontraktereg toegepas is, is ʼn sprekende

voorbeeld van hoe die publiekreg in die afgelope paar jaar ontwikkel het. Die impak van

die administratiefreg op die gebied van die privaatreg is duidelik te bespeur. Op die gebied

van die deliktereg sal die ontwikkeling van die gemenereg weldra plaasvind. Met die

uitgewysde gesag wat reeds die lig gesien het, is dit egter duidelik dat die howe die

gemenereg nie lukraak sal ontwikkel nie. ʼn Goeie voorbeeld is die hantering van die actio

de pauperie as deliksremedie. Groter ontwikkeling sal wel ten opsigte van onregmatigheid

plaasvind en norme soos boni mores sal deeglik oorweeg word.

Billikheid, redelikheid en regmatigheid sal op die voorgrond geplaas word, waar deliktuele

eise teen die staat ingestel word, veral waar partye in hulle Handvesregte benadeel is. Op

die gebied van die deliktereg moet in gedagte gehou word dat Artikel 33 ook self met groot

vrug toegepas kan word, aangesien dit ook ʼn verskanste reg ingevolge Hoofstuk 2 van die

Grondwet is. Hoewel tans gekonsentreer word op Handvesregte soos die reg op lewe,

1024 1998(4) SA 1196 (HHA).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!