02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

509

Die vraag wat hieruit voortspruit, is in hoe ʼn mate kontrakteervryheid beperk moet word. Moet

daardie inperking geskied, voordat die ooreenkoms gesluit word, byvoorbeeld deur die

nakoming van statutêre wetgewing, of moet dit ná die tyd by monde van die howe plaasvind?

Hierdie situasie kan vorentoe groot probleme skep, nie net op die ekonomiese gebied nie; dit

kan ook ʼn teelaarde skep vir regsonsekerheid. Die kontrakpartye het konsensus ten opsigte

van die voorwaardes van die ooreenkoms. As die ooreenkoms nie nagekom word nie, word ʼn

beroep gedoen op openbare belang en die howe om die voorwaardes te wysig of tersyde te

stel. Indien hierdie onsekere situasie nie deur die howe beheer word nie, sal die hofrolle

oorspoel word met hofsake, waardeur partye poog om van die voorwaardes van ooreenkomste

te probeer ontsnap. Die howe is deeglik daarvan bewus dat die nodige omsigtigheid en

versigtigheid aan die dag gelê moet word wanneer ʼn klousule in die kontrak teen die openbare

beleid verklaar word. 1020

In die Romeinse Reg het bona fides gefunksioneer as ʼn kriterium, of maatstaf, wat gebruik is

om te bepaal of een van die kontrakpartye in ʼn kontraktuele verhouding inbreuk gemaak het op

die verwagting van die redelike man. Dit is gedoen as ʼn standaard norm van eerlikheid en

getrouheid in kontraktuele verbintenisse, soos neergelê in die iudex, met die gemeenskap se

verwagtinge van billikheid en gelykheid. Bona fides was in die vroeë klassieke Romeinse Reg

derhalwe ʼn konsep met morele en regsfasette en wat deel gevorm het van die groter begrip

van aequitas. Kontraktuele billikheid, wat in die Romeinse Reg bestaan het, is ook in die

Middeleeuse Reg opgeneem.

Toedelende geregtigheid het voordele toegeken, terwyl regstellende geregtigheid dit

gehandhaaf het. Thomas Aquinas se aanvaarding van Aristoteles se konsep van

verwisselende geregtigheid is in die Middeleeuse begrip van gelykheid opgeneem. Aristoteles

het vereis dat die waarde van die prestasie deur een party tot die kontrak gelyk is aan die

teenprestasie van die ander party.

Laesio enormis was ʼn produk van Justinianus se ideaal van ʼn welsynstaat. Die Romeinse

Reg het aan die verkoper ʼn reg verleen om die ooreenkoms tersyde te stel, wanneer die

koopprys wat aangebied was, minder as die helfte van die prys was wat as ʼn billike koopprys

beskou was (ius pretium). Die koper kon kansellasie van die ooreenkoms vermy het, deur

bloot die prys aan te pas. Dit is dus duidelik dat die Humaniste sowel aequitas en bona fides

as regstellende maatreël toegepas het, om die rigiditeit van die streng reg (strict law) reg te stel.

Dit moes ook dien as maatreël om die praktiese ontwikkeling van die reg te stimuleer.

Die Romeins-Hollandse Reg het veral op die gebied van die kontraktereg ʼn groot invloed

gehad op die ontwikkeling van die begrippe “goeie trou” en “billikheid”. Die Romeins-Hollandse

Reg was uit en uit geskoei op ʼn billikheidsgrondslag, dog billikheidsbegrip het as konsep nooit

1020 'n Goeie riglyn vir die howe rakende versigtigheid, word uitgespel deur appèlregter Smallberger in die saak van SASFIN (Pty) Ltd v Beukes 1989(1) SA

1 (A).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!