02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

507

ʼn reg verleen nie, moet die hof die gemenereg ontwikkel om die nodige beskerming te verleen.

Die Konstitusionele Hof, die Hoogste Hof van Appèl en die Hoë Hof het ʼn inherente

bevoegdheid om die gemenereg te ontwikkel. Die oogmerk met veral Artikel 8(3) was

waarskynlik om dit duidelik te stel dat hierdie inherente bevoegdheid uitgeoefen moet word,

indien die gemenereg of statutêre reg onvoldoende beskerming aan ʼn reg verleen.

Die hedendaagse siening is dat daar groter stukrag deur die howe verleen moet word aan die

billikheidsbegrip, veral met die toepassing by die uitleg van kontrakte. Die howe moet tot billike

gevolgtrekkings kom. In die proefskrif is daar klem gelê op die toepassing van die

billikheidsaspek op die gebied van die kontraktereg.

Dit wil egter voorkom of die pacta sunt servanda-beginsel tog maar die wagwoord was in die

kontraktereg. Dit beteken egter nie dat billikheid tot dusver geen rol gespeel het in die

kontraktereg nie. In bepaalde situasies is wel beperkte ruimte gelaat vir sogenaamde “simple

justice between man and man”. Tot dusver was die houding van ons howe deurgaans dat ʼn

ooreenkoms nie aanvegbaar is, bloot op grond van onbillikheid wat dit vir een van die

kontrakpartye mag inhou nie.

In die uitspraak in Bank of Lisbon and South Africa Ltd v De Ornelas1017 bevind die Appèlhof

dat die exceptio doli generalis nie deel gevorm het van die Suid-Afrikaanse Reg nie. Die kroon

is gespan toe die meerderheid regters van die hof te kenne gegee het dat ons howe volgens

huidige stand van regsake, nie bevoeg was om ʼn kontrakparty op billikheidsgronde alleen van

die nakoming van sy verpligtinge vry te skeld nie.

Dit bly ʼn sensitiewe aangeleentheid. Indien die howe sou besluit om die bepalings van ʼn

kontrak te verander om uitvoering te gee aan die billikheidsbeginsel, sal daar sekerlik kritiek

wees. Indien partye se kontrakteervryheid deur sosiologiese oorwegings aan bande gelê sou

word, kan sodanige optrede tot probleme op die ekonomiese gebied lei. Daar sal veral gewaak

moet word teen regsonsekerheid, wat tussen kontrakpartye kan ontstaan, wanneer hulle ʼn

ooreenkoms aangaan. Daar kan slegs voorgestel word dat ʼn breë statutêre raamwerk deur

die wetgewer aan die howe voorgelê sal word, wat as rigtingwyser moet dien, wanneer die

howe ʼn ooreenkoms aan die hand van billikheidsbeginsels moet interpreteer.

Wanneer die billikheidsbeginsel by die kontraktereg oorweeg word, moet daar aan Artikels 8,

36 en 39 van die Grondwet aandag geskenk word. Veral die toepassing van Artikels 8(3) en

39 (2) het tot onsekerheid gelei, en was veral die besprekingspunt van vele akademiese

debatte.

1017 1988(3) SA 580 (A) Ongeveer 10 jaar na die Bank of Lisbon-saak het die regskommissie se verslag rakende “Unreasonable Stipulations in Contracts

and the Rectification of Contracts” die lig gesien. In die verslag word wetgewing aanbeveel “to provide that a Court may determine whether contractual

terms are unreasonable, unconscionable or oppressive and to issue appropriate orders if contracts are unreasonable, unconscionable or oppressive.”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!