Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

503 In dié proefskrif is daar ʼn basis, of platform geskep aan die hand waarvan administratiewe gretigheid geanaliseer kan word. Wanneer die kritiese analise van die begrip “administratiewe geregtigheid” hanteer word, moet die kritiek hierin as opbouend van aard beskou word. Om die kritiese analise van die geregtigheidsbegrip te vergemaklik, is veral verwys na verskeie hofsake en die uitsprake daarin gelewer. Wanneer die prerogatiewe wat aan die oppergesag verleen word, oorweeg word, blyk dit dat administratiewe geregtigheid daarmee in botsing kom. Selfs ʼn skrywer soos Dicey het gerieflikheidshalwe hierdie kontroversiële aspek van prerogatiewe beskerming vermy. Hy het nie ag geslaan op die ekstensiewe beskerming en privilegie wat die staat geniet het toe hy geskryf het nie. Kritici soos Wade het uitgewys dat dit besonder moeilik sou wees om hierdie voordele wat die staat geniet het, te kon versoen met die idee van gelykheid, selfs wanneer die behoefte vir ʼn effektiewe regeringstelsel in beginsel erken word. Die beginsel van “The King can do no wrong” was aan die orde van die dag. Die koning was egter onderhewig aan dieselfde reg as sy onderdane en moes dieselfde vergoeding verskaf aan ʼn party wat hy benadeel het. Dit moes in dieselfde mate geskied as wat ʼn buiteparty vergoeding sou moes betaal, indien laasgenoemde ʼn ander benadeel het. Artikels 1(c), 2, 83, 84 en 85 van die Grondwet handel oor die konstitusionele vereistes rakende die prerogatiewe. Artikel 2 bepaal dat die Grondwet die hoogste reg van die republiek is. Enige regsvoorskrif, of optrede wat nie daarmee versoen kan word nie, is ongeldig. Die verpligting daardeur opgelê, moet nagekom word. Dit is derhalwe duidelik dat die Staatspresident in die uitvoering van sy ampspligte ondergeskik is aan die Grondwet. Die oppergesag van die Grondwet beteken dus dat wetgewende organe ingelyks daarteenoor aanspreeklik is. Wetgewers is kragtens demokratiese beginsels steeds teenoor die onderdane van die land aanspreeklik. Met die daarstelling van die Grondwet wil dit nou blyk dat die Staatspresident in die uitvoering van sy bevoegdhede en funksies deur die howe tot verantwoording geroep kan word. Sekere prerogatiewe val die Staatspresident nog steeds toe, maar dit kan nou getoets word aan die hand van die administratiewe geregtigheidsbeginsel, soos vervat in Artikel 33. Die sake van Boesak v Minister of Home Affairs and Another1006 en Council of Civil Service Unions v minister for the Civil Service1007 dien as bewys dat al die grade van hersiening wel op die prerogatiewe regte van toepassing is. 1008 Wanneer administratiewe geregtigheid in Artikel 33 van toepassing gemaak word op die prerogatiewe van die Staatspresident, is in dié proefskrif kritiek uitgespreek oor die howe se hantering daarvan in die sake van President of the Republic of South Africa v South African 1006 1987(3) SA 665 (CPD). 1007 1984(3) ALL ER 935 (HL). 1008 Die administratiewe geregtigheidsklousule, vervat in Artikel 33 vind wel toepassing op bogemelde prerogatiewe funksies en bevoegdhede wanneer daar gekyk word na Artikel 8(1), wat bepaal dat die Handves van Regte van toepassing is op die totale reg en die wetgewende, die uitvoerende en die regsprekende gesag en alle staatsorgane bind.

504 Rugby Football Union, 1009 President of the Republic of South Africa v Hugo1010 en Geuking v President of the Republic of South Africa and others. 1011 Daar is ondersoek ingestel na die impak van die publiekreg (administratiefreg) op die gebied van die privaatreg. Die volgende aspekte het aandag geniet: Die horisontale en vertikale toepassing van die Handves van Menseregte. Die invloed van die administratiefreg en die Grondwet op die gebied van die kontraktereg. Die invloed van die administratiefreg en die Grondwet op die gebied van die deliktereg. Die ontwikkeling van die gemenereg om Handvesregte in private verhoudings te beskerm. Terwyl almal aanvaar dat die Handves as deel van die hoogste reg in die land die privaatreg op die een of ander manier moet beїnvloed, word daar veral bedenkinge geopper in argumente teen die sogenaamde direkte gelding van die Handves op die privaatreg en private verhoudings. Dit is egter te begrype dat die klassieke sistematiek van die moderne reg op ʼn duidelike onderskeid tussen die privaatreg en die publiekreg berus. Maatskaplike verwikkelinge sedert die laaste dekades van die negentiende eeu het egter hierdie onderskeid al hoe meer problematies gemaak. Die Suid-Afrikaanse Grondwetlike Hof het self onlangs in die saak van Fose v Minister of Safety and Security1012 die uitlating gemaak dat hierdie onderskeid kwalik nog by die juridiese beslegting van dispute ʼn rol kan speel. Die horisontale toepassing van die Handves van Regte is egter ʼn veelbesproke onderwerp en sal in die toekoms nog verder tot uitgebreide debatvoering lei. Regter Madala het in die saak van Du Plessis v De Klerk1013 beslis dat die Handves van Menseregte slegs vertikaal toegepas kan word. Die problematiek rakende die horisontale toepassing van die Handves van Menseregte word in die proefskrif volledig toegelig met verwysing na die sienings van skrywers en verskeie hofbeslissings. Die gevolgtrekking waartoe gekom word, is dat daar voldoende bewyse in Artikel 8 van die Grondwet bestaan om aan te toon dat die Handves van Menseregte by wyse van goeie interpretasie wel horisontale toepassing geniet. Die vraag handel nie hier of daar te make is 1009 2000(1) SA 1 (CC). 1010 1997(4) SA 1 (CC). 1011 2002(1) SA 204 (CPD). 1012 1997(3) SA 786 (GH). 1013 1996(5) BCLR 658 (CC).

503

In dié proefskrif is daar ʼn basis, of platform geskep aan die hand waarvan administratiewe

gretigheid geanaliseer kan word. Wanneer die kritiese analise van die begrip “administratiewe

geregtigheid” hanteer word, moet die kritiek hierin as opbouend van aard beskou word. Om die

kritiese analise van die geregtigheidsbegrip te vergemaklik, is veral verwys na verskeie hofsake

en die uitsprake daarin gelewer.

Wanneer die prerogatiewe wat aan die oppergesag verleen word, oorweeg word, blyk dit dat

administratiewe geregtigheid daarmee in botsing kom. Selfs ʼn skrywer soos Dicey het

gerieflikheidshalwe hierdie kontroversiële aspek van prerogatiewe beskerming vermy. Hy het

nie ag geslaan op die ekstensiewe beskerming en privilegie wat die staat geniet het toe hy

geskryf het nie. Kritici soos Wade het uitgewys dat dit besonder moeilik sou wees om hierdie

voordele wat die staat geniet het, te kon versoen met die idee van gelykheid, selfs wanneer die

behoefte vir ʼn effektiewe regeringstelsel in beginsel erken word. Die beginsel van “The King

can do no wrong” was aan die orde van die dag. Die koning was egter onderhewig aan

dieselfde reg as sy onderdane en moes dieselfde vergoeding verskaf aan ʼn party wat hy

benadeel het. Dit moes in dieselfde mate geskied as wat ʼn buiteparty vergoeding sou moes

betaal, indien laasgenoemde ʼn ander benadeel het.

Artikels 1(c), 2, 83, 84 en 85 van die Grondwet handel oor die konstitusionele vereistes

rakende die prerogatiewe. Artikel 2 bepaal dat die Grondwet die hoogste reg van die republiek

is. Enige regsvoorskrif, of optrede wat nie daarmee versoen kan word nie, is ongeldig. Die

verpligting daardeur opgelê, moet nagekom word. Dit is derhalwe duidelik dat die

Staatspresident in die uitvoering van sy ampspligte ondergeskik is aan die Grondwet. Die

oppergesag van die Grondwet beteken dus dat wetgewende organe ingelyks daarteenoor

aanspreeklik is. Wetgewers is kragtens demokratiese beginsels steeds teenoor die onderdane

van die land aanspreeklik.

Met die daarstelling van die Grondwet wil dit nou blyk dat die Staatspresident in die uitvoering

van sy bevoegdhede en funksies deur die howe tot verantwoording geroep kan word. Sekere

prerogatiewe val die Staatspresident nog steeds toe, maar dit kan nou getoets word aan die

hand van die administratiewe geregtigheidsbeginsel, soos vervat in Artikel 33.

Die sake van Boesak v Minister of Home Affairs and Another1006 en Council of Civil Service

Unions v minister for the Civil Service1007 dien as bewys dat al die grade van hersiening wel op

die prerogatiewe regte van toepassing is. 1008

Wanneer administratiewe geregtigheid in Artikel 33 van toepassing gemaak word op die

prerogatiewe van die Staatspresident, is in dié proefskrif kritiek uitgespreek oor die howe se

hantering daarvan in die sake van President of the Republic of South Africa v South African

1006 1987(3) SA 665 (CPD).

1007 1984(3) ALL ER 935 (HL).

1008 Die administratiewe geregtigheidsklousule, vervat in Artikel 33 vind wel toepassing op bogemelde prerogatiewe funksies en bevoegdhede wanneer daar

gekyk word na Artikel 8(1), wat bepaal dat die Handves van Regte van toepassing is op die totale reg en die wetgewende, die uitvoerende en die

regsprekende gesag en alle staatsorgane bind.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!