Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

501 Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid sal egter in die toekoms verder plaasvind. Hoewel geregtelike hersiening steeds ʼn belangrike rol sal speel, moet dit egter duidelik verstaan word, dat dit ingrypend sal verander om veral by ʼn snel veranderde Suid- Afrika te kan aanpas. Sodanige veranderde houding sal nie plotseling plaasvind nie, maar geleidelik, veral na gelang van die veranderlike politieke en maatskaplike werklikhede. Tereg stel Wiechers dit soos volg: 1004 “Under an entrenched constitution with a justifiable bill of rights and a full judicial review, this new administrative law would become a living, growing body of rules of increasing importance, stimulating openness and public participation and giving full effect to the notion of a material constitutional state. Finally, of course, legal rules must be applied and carried into effect. What is even more important, therefore, is both a civil service that is dedicated to making this new administrative law an instrument of well-being and betterment and judges who are imbued with a spirit of imagination and innovation.” 2. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN DIE LIG VAN DIE INTERIM- GRONDWET EN DIE FINALE-GRONDWET. Dit is duidelik dat dit juis ʼn Handves van Menseregte was wat veral in die 1983-Grondwet ontbreek het, wat die individu uiters kwesbaar sou maak vir misbruik deur owerheidsoptrede. Owerheidsoptrede het merendeels nie voldoen aan die fundamentele vereistes vir geregtigheid nie. Administratiewe geregtigheid het veral tydens die tydperk na 1983, tot en met die Interim- Grondwet in 1993, die onderspit gedelf. Boulle, Harris en Hoexter1005 beskryf hierdie oorheersing van die oppergesag as een van die opvallende kenmerke van die Suid-Afrikaanse konstitusionele geskiedenis. Die resultaat was dat die howe gekniehalter was deur die beperkings wat deur die parlement op hulle geplaas was. Die 1983-Grondwet het die lig gesien, sonder ʼn Handves van Menseregte. Hierna het die regering ʼn noodtoestand in die land afgekondig en veiligheidswetgewing, wat veral “ouster clauses” bevat het, het die lig gesien. Uitsprake van die howe, wie se hersieningsbevoegdheid rakende veiligheidswetgewing uitgesluit was, het skerp onder kritiek deurgeloop. Die groot tekortkoming was egter ʼn gepaste grondwet. Die eerste tree hiertoe is deur akademici geneem toe ʼn konferensie in 1986 te Pretoria gehou is om ʼn Handves van Menseregte vir Suid-Afrika te bespreek. Veiligheidswetgewing en die uitsluitingsklousules (ouster clauses) waarby die howe se hersieningsbevoegdheid ingekort of uitgesluit word, kan sekerlik gesien word as een van die hoofredes waarom administratiewe geregtigheid vandag in die Grondwet onder ʼn aparte 1004 Wiechers, 1993:262. 1005 Boulle et al, 1989:68.

502 klousule in Artikel 33 vervat word. Daar moes seker gemaak word dat die wetgewer nie weer in staat gestel word om die howe te kniehalter, wanneer dit kom by die hersiening van owerheidsoptrede nie. In die verlede is wetgewing deur amptenary letterknegtelik nagevolg en uitgevoer. Die totstandkoming van veral die Finale-Grondwet het hier in die werksmilieu ʼn drastiese verandering teweeggebring. Administratiewe geregtigheid is veral nou ʼn aspek waaraan die amptenaar in die uitvoering van sy pligte aandag sal moet bestee. Korrekte owerheidsoptrede word statutêr vasgelê in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000. Die toepassing van die gedagte van die grondwetlike staat, of “rule of law” wat in die Interim- en Finale-Grondwette tot stand gekom het, is ʼn wesenlike aanvaarding dat die politieke oppergesag nou in die Grondwet gesetel is. Hierdie feit is van alle grootste belang, aangesien dit aansluit by die invloed wat die Interim- en die Finale-Grondwette op die funksies en strukture van die Suid-Afrikaanse staatsadministrasie het. Gesien in die lig van Suid-Afrika se historiese staatsbestel, moet die Grondwet steeds gesien word as ʼn besondere produk wat ontstaan het aan die hand van ʼn politieke konteks, en moet dit altyd so in gedagte gehou word. Administratiefreg is ook nie ʼn geïsoleerde terrein van die publiekreg nie. Die algemene beginsels onderliggend aan die administratiefreg word afgelei vanuit die konstitusionele reg. Konstitusionele reg moet verder beskou word as die hoeksteen van enige publiekregsisteem. Dit verskaf die beginsels en prosedures vir die totstandkoming van ʼn regering. Konstitusionele reg hou hom besig met die skep van ʼn regering, terwyl administratiefreg betrokke is by die administrasie van die regering. Administratiewe geregtigheid kan in sowel ʼn prosedurele as ʼn substantiewe konteks verstaan word. Prosedureel sal administratiewe geregtigheid reëls van billikheid, of die nakoming van die reëls van natuurlike geregtigheid omvat (analoog aan die beginsel van “due process” in die Amerikaanse Reg). In die substantiewe sin het administratiewe geregtigheid te doen met die billikheid en rasionaliteit van ʼn uitslag, soos gesien volgens die persepsies van ʼn individu of die gemeenskap. Dit is deur die eeue heen tog opvallend dat die equity-beginsel die basis daargestel het vir owerheidsoptrede en die invloed wat dit op die individu mag hê. Die algemene beginsels onderliggend aan die administratiefreg word nog steeds afgelei van konstitusionele reg. Die hoofoogmerk van administratiefreg is goeie administrasie, wat op verskillende maniere verkry kan word, veral deur die vereiste van billikheid as hoofdoelwit daar te stel. Die waardes van onbevooroordeeldheid en billikheid is wesenskenmerke van die administratiefreg. Geregtigheid in die wye sin vereis dat optrede en versuim om op te tree deur ʼn openbare orgaan, nie slegs wetlik goedgekeur moet word nie, maar ook moet voldoen aan die minimum standaarde van geregtigheid en billikheid.

502

klousule in Artikel 33 vervat word. Daar moes seker gemaak word dat die wetgewer nie weer

in staat gestel word om die howe te kniehalter, wanneer dit kom by die hersiening van

owerheidsoptrede nie.

In die verlede is wetgewing deur amptenary letterknegtelik nagevolg en uitgevoer. Die

totstandkoming van veral die Finale-Grondwet het hier in die werksmilieu ʼn drastiese

verandering teweeggebring. Administratiewe geregtigheid is veral nou ʼn aspek waaraan die

amptenaar in die uitvoering van sy pligte aandag sal moet bestee. Korrekte owerheidsoptrede

word statutêr vasgelê in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3

van 2000.

Die toepassing van die gedagte van die grondwetlike staat, of “rule of law” wat in die Interim- en

Finale-Grondwette tot stand gekom het, is ʼn wesenlike aanvaarding dat die politieke

oppergesag nou in die Grondwet gesetel is. Hierdie feit is van alle grootste belang, aangesien

dit aansluit by die invloed wat die Interim- en die Finale-Grondwette op die funksies en strukture

van die Suid-Afrikaanse staatsadministrasie het. Gesien in die lig van Suid-Afrika se historiese

staatsbestel, moet die Grondwet steeds gesien word as ʼn besondere produk wat ontstaan het

aan die hand van ʼn politieke konteks, en moet dit altyd so in gedagte gehou word.

Administratiefreg is ook nie ʼn geïsoleerde terrein van die publiekreg nie. Die algemene

beginsels onderliggend aan die administratiefreg word afgelei vanuit die konstitusionele reg.

Konstitusionele reg moet verder beskou word as die hoeksteen van enige publiekregsisteem.

Dit verskaf die beginsels en prosedures vir die totstandkoming van ʼn regering. Konstitusionele

reg hou hom besig met die skep van ʼn regering, terwyl administratiefreg betrokke is by die

administrasie van die regering.

Administratiewe geregtigheid kan in sowel ʼn prosedurele as ʼn substantiewe konteks verstaan

word. Prosedureel sal administratiewe geregtigheid reëls van billikheid, of die nakoming van

die reëls van natuurlike geregtigheid omvat (analoog aan die beginsel van “due process” in die

Amerikaanse Reg). In die substantiewe sin het administratiewe geregtigheid te doen met die

billikheid en rasionaliteit van ʼn uitslag, soos gesien volgens die persepsies van ʼn individu of die

gemeenskap.

Dit is deur die eeue heen tog opvallend dat die equity-beginsel die basis daargestel het vir

owerheidsoptrede en die invloed wat dit op die individu mag hê. Die algemene beginsels

onderliggend aan die administratiefreg word nog steeds afgelei van konstitusionele reg. Die

hoofoogmerk van administratiefreg is goeie administrasie, wat op verskillende maniere verkry

kan word, veral deur die vereiste van billikheid as hoofdoelwit daar te stel. Die waardes van

onbevooroordeeldheid en billikheid is wesenskenmerke van die administratiefreg.

Geregtigheid in die wye sin vereis dat optrede en versuim om op te tree deur ʼn openbare

orgaan, nie slegs wetlik goedgekeur moet word nie, maar ook moet voldoen aan die minimum

standaarde van geregtigheid en billikheid.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!