Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
501 Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid sal egter in die toekoms verder plaasvind. Hoewel geregtelike hersiening steeds ʼn belangrike rol sal speel, moet dit egter duidelik verstaan word, dat dit ingrypend sal verander om veral by ʼn snel veranderde Suid- Afrika te kan aanpas. Sodanige veranderde houding sal nie plotseling plaasvind nie, maar geleidelik, veral na gelang van die veranderlike politieke en maatskaplike werklikhede. Tereg stel Wiechers dit soos volg: 1004 “Under an entrenched constitution with a justifiable bill of rights and a full judicial review, this new administrative law would become a living, growing body of rules of increasing importance, stimulating openness and public participation and giving full effect to the notion of a material constitutional state. Finally, of course, legal rules must be applied and carried into effect. What is even more important, therefore, is both a civil service that is dedicated to making this new administrative law an instrument of well-being and betterment and judges who are imbued with a spirit of imagination and innovation.” 2. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN DIE LIG VAN DIE INTERIM- GRONDWET EN DIE FINALE-GRONDWET. Dit is duidelik dat dit juis ʼn Handves van Menseregte was wat veral in die 1983-Grondwet ontbreek het, wat die individu uiters kwesbaar sou maak vir misbruik deur owerheidsoptrede. Owerheidsoptrede het merendeels nie voldoen aan die fundamentele vereistes vir geregtigheid nie. Administratiewe geregtigheid het veral tydens die tydperk na 1983, tot en met die Interim- Grondwet in 1993, die onderspit gedelf. Boulle, Harris en Hoexter1005 beskryf hierdie oorheersing van die oppergesag as een van die opvallende kenmerke van die Suid-Afrikaanse konstitusionele geskiedenis. Die resultaat was dat die howe gekniehalter was deur die beperkings wat deur die parlement op hulle geplaas was. Die 1983-Grondwet het die lig gesien, sonder ʼn Handves van Menseregte. Hierna het die regering ʼn noodtoestand in die land afgekondig en veiligheidswetgewing, wat veral “ouster clauses” bevat het, het die lig gesien. Uitsprake van die howe, wie se hersieningsbevoegdheid rakende veiligheidswetgewing uitgesluit was, het skerp onder kritiek deurgeloop. Die groot tekortkoming was egter ʼn gepaste grondwet. Die eerste tree hiertoe is deur akademici geneem toe ʼn konferensie in 1986 te Pretoria gehou is om ʼn Handves van Menseregte vir Suid-Afrika te bespreek. Veiligheidswetgewing en die uitsluitingsklousules (ouster clauses) waarby die howe se hersieningsbevoegdheid ingekort of uitgesluit word, kan sekerlik gesien word as een van die hoofredes waarom administratiewe geregtigheid vandag in die Grondwet onder ʼn aparte 1004 Wiechers, 1993:262. 1005 Boulle et al, 1989:68.
502 klousule in Artikel 33 vervat word. Daar moes seker gemaak word dat die wetgewer nie weer in staat gestel word om die howe te kniehalter, wanneer dit kom by die hersiening van owerheidsoptrede nie. In die verlede is wetgewing deur amptenary letterknegtelik nagevolg en uitgevoer. Die totstandkoming van veral die Finale-Grondwet het hier in die werksmilieu ʼn drastiese verandering teweeggebring. Administratiewe geregtigheid is veral nou ʼn aspek waaraan die amptenaar in die uitvoering van sy pligte aandag sal moet bestee. Korrekte owerheidsoptrede word statutêr vasgelê in die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000. Die toepassing van die gedagte van die grondwetlike staat, of “rule of law” wat in die Interim- en Finale-Grondwette tot stand gekom het, is ʼn wesenlike aanvaarding dat die politieke oppergesag nou in die Grondwet gesetel is. Hierdie feit is van alle grootste belang, aangesien dit aansluit by die invloed wat die Interim- en die Finale-Grondwette op die funksies en strukture van die Suid-Afrikaanse staatsadministrasie het. Gesien in die lig van Suid-Afrika se historiese staatsbestel, moet die Grondwet steeds gesien word as ʼn besondere produk wat ontstaan het aan die hand van ʼn politieke konteks, en moet dit altyd so in gedagte gehou word. Administratiefreg is ook nie ʼn geïsoleerde terrein van die publiekreg nie. Die algemene beginsels onderliggend aan die administratiefreg word afgelei vanuit die konstitusionele reg. Konstitusionele reg moet verder beskou word as die hoeksteen van enige publiekregsisteem. Dit verskaf die beginsels en prosedures vir die totstandkoming van ʼn regering. Konstitusionele reg hou hom besig met die skep van ʼn regering, terwyl administratiefreg betrokke is by die administrasie van die regering. Administratiewe geregtigheid kan in sowel ʼn prosedurele as ʼn substantiewe konteks verstaan word. Prosedureel sal administratiewe geregtigheid reëls van billikheid, of die nakoming van die reëls van natuurlike geregtigheid omvat (analoog aan die beginsel van “due process” in die Amerikaanse Reg). In die substantiewe sin het administratiewe geregtigheid te doen met die billikheid en rasionaliteit van ʼn uitslag, soos gesien volgens die persepsies van ʼn individu of die gemeenskap. Dit is deur die eeue heen tog opvallend dat die equity-beginsel die basis daargestel het vir owerheidsoptrede en die invloed wat dit op die individu mag hê. Die algemene beginsels onderliggend aan die administratiefreg word nog steeds afgelei van konstitusionele reg. Die hoofoogmerk van administratiefreg is goeie administrasie, wat op verskillende maniere verkry kan word, veral deur die vereiste van billikheid as hoofdoelwit daar te stel. Die waardes van onbevooroordeeldheid en billikheid is wesenskenmerke van die administratiefreg. Geregtigheid in die wye sin vereis dat optrede en versuim om op te tree deur ʼn openbare orgaan, nie slegs wetlik goedgekeur moet word nie, maar ook moet voldoen aan die minimum standaarde van geregtigheid en billikheid.
- Page 461 and 462: 450 In laasgenoemde geval, waar daa
- Page 463 and 464: 452 ongeldigheid, soos mala fides,
- Page 465 and 466: 454 Regter Friedman het bevind dat
- Page 467 and 468: 456 In die Roman v Williams NO-saak
- Page 469 and 470: 458 Daar kan geredeneer word dat di
- Page 471 and 472: presence of a rational connection b
- Page 473 and 474: 941 Currie en Klaaren, 2001:174. 46
- Page 475 and 476: (b) 90 days or 180 days referred to
- Page 477 and 478: 466 In Pharmaceutical Manufactures
- Page 479 and 480: 468 In Ferreira v Levin NO and Othe
- Page 481 and 482: 470 magtiging verleen om aan ʼn app
- Page 483 and 484: 472 verleen aan die hof die diskres
- Page 485 and 486: 957 2002(2) BCLR 171 (C). 958 2005(
- Page 487 and 488: Hoofstuk 8 ARTIKEL 8 VAN PAJA - REM
- Page 489 and 490: 478 artikel laat die hof/tribunaal
- Page 491 and 492: 480 is onder andere Fose v Minister
- Page 493 and 494: 482 (3) Waar die aanvanklike beslui
- Page 495 and 496: 1.5 ARTIKEL 8(1)(e) : TYDELIKE INTE
- Page 497 and 498: “ ...... one should be cautious i
- Page 499 and 500: 488 diskresionêre magte, sal die h
- Page 501 and 502: Hoofstuk 9 DIE REGULASIES INGEVOLGE
- Page 503 and 504: 492 2. Die regulasies na verwys in
- Page 505 and 506: 5. KODE VIR GOEIE ADMINISTRATIEWE O
- Page 507 and 508: 496 en “right” bestempel kan wo
- Page 509 and 510: 498 wetgewer nie onbillike regsgevo
- Page 511: (e) Die begrip “reasonableness”
- Page 515 and 516: 504 Rugby Football Union, 1009 Pres
- Page 517 and 518: 506 Die invloed van die Handves van
- Page 519 and 520: 508 In antwoord op die vraag in wel
- Page 521 and 522: 510 die bestaande reg vervang nie.
- Page 523 and 524: 512 geskied het. Die Grondwet wys d
- Page 525 and 526: 514 Die herwaardering van veral die
- Page 527 and 528: (a) voorsiening maak vir die hersie
- Page 529 and 530: 518 van Toegang tot Inligting nie g
- Page 531 and 532: 520 hoogste reg van die Republiek t
- Page 533 and 534: 522 veel klem op die begrip “admi
- Page 535 and 536: 524 geregtelike hersiening met die
- Page 537 and 538: 526 plaas daarvan om die faktore wa
- Page 539 and 540: 528 Artikel 3 vergelyk word. Daar k
- Page 541 and 542: 530 gemeenregtelike vereistes vir a
- Page 543 and 544: 532 enigeen van die twee sal die ad
- Page 545 and 546: 534 Enige optrede wat verrig is van
- Page 547 and 548: 536 Artikel 6(2)(g) van PAJA handel
- Page 549 and 550: 538 (f) Nog ʼn moontlike vertolking
- Page 551 and 552: 540 Artikel 9(1)(b) maak ingevolge
- Page 553 and 554: 542 (c) Artikel 8(1)(c) - Tersydest
- Page 555 and 556: OPSOMMING 544 Suid-Afrika beskik oo
- Page 557 and 558: SUMMARY 546 South Africa has an ext
- Page 559 and 560: BIBLIOGRAFIE Literatuur ALLEN CK 19
- Page 561 and 562: BURCHELL JM 1993 Principles of Deli
501

Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid sal egter in die toekoms verder

plaasvind. Hoewel geregtelike hersiening steeds ʼn belangrike rol sal speel, moet dit egter

duidelik verstaan word, dat dit ingrypend sal verander om veral by ʼn snel veranderde Suid-

Afrika te kan aanpas. Sodanige veranderde houding sal nie plotseling plaasvind nie, maar

geleidelik, veral na gelang van die veranderlike politieke en maatskaplike werklikhede.

Tereg stel Wiechers dit soos volg: 1004

“Under an entrenched constitution with a justifiable bill of rights and a full judicial review,

this new administrative law would become a living, growing body of rules of increasing

importance, stimulating openness and public participation and giving full effect to the

notion of a material constitutional state. Finally, of course, legal rules must be applied

and carried into effect. What is even more important, therefore, is both a civil service that

is dedicated to making this new administrative law an instrument of well-being and

betterment and judges who are imbued with a spirit of imagination and innovation.”

2. ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN DIE LIG VAN DIE INTERIM-

GRONDWET EN DIE FINALE-GRONDWET.

Dit is duidelik dat dit juis ʼn Handves van Menseregte was wat veral in die 1983-Grondwet

ontbreek het, wat die individu uiters kwesbaar sou maak vir misbruik deur owerheidsoptrede.

Owerheidsoptrede het merendeels nie voldoen aan die fundamentele vereistes vir geregtigheid

nie. Administratiewe geregtigheid het veral tydens die tydperk na 1983, tot en met die Interim-

Grondwet in 1993, die onderspit gedelf.

Boulle, Harris en Hoexter1005 beskryf hierdie oorheersing van die oppergesag as een van die

opvallende kenmerke van die Suid-Afrikaanse konstitusionele geskiedenis. Die resultaat was

dat die howe gekniehalter was deur die beperkings wat deur die parlement op hulle geplaas

was.

Die 1983-Grondwet het die lig gesien, sonder ʼn Handves van Menseregte. Hierna het die

regering ʼn noodtoestand in die land afgekondig en veiligheidswetgewing, wat veral “ouster

clauses” bevat het, het die lig gesien. Uitsprake van die howe, wie se hersieningsbevoegdheid

rakende veiligheidswetgewing uitgesluit was, het skerp onder kritiek deurgeloop.

Die groot tekortkoming was egter ʼn gepaste grondwet. Die eerste tree hiertoe is deur

akademici geneem toe ʼn konferensie in 1986 te Pretoria gehou is om ʼn Handves van

Menseregte vir Suid-Afrika te bespreek.

Veiligheidswetgewing en die uitsluitingsklousules (ouster clauses) waarby die howe se

hersieningsbevoegdheid ingekort of uitgesluit word, kan sekerlik gesien word as een van die

hoofredes waarom administratiewe geregtigheid vandag in die Grondwet onder ʼn aparte

1004 Wiechers, 1993:262.

1005 Boulle et al, 1989:68.