Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

499 wel vir die howe ʼn riglyn daarstel, wanneer wetgewing geїnterpreteer word, maar dat dit nie voorskriftelik wil wees hoe die hof sy beslissing moet maak nie. In verskeie hofbeslissings word ruimskoots verwys na algemene oorwegings van regverdigheid en billikheid, byvoorbeeld met betrekking tot die uitleg van prosedure-reëls. In die toonaangewende saak oor kontraktuele terugtreding, Nel v Cloete1000 verwys appèlregter Wessels na die “inherente billikheid en praktiese nut van ʼn regsreël wat ʼn terugtredingsreg aan ʼn skuldeiser verleen waar onredelike vertraging in die vervulling van ʼn belangrike kontraktuele verpligting plaasvind.” In hierdie proefskrif is gepoog om aan te dui dat Dicey se “Rule of Law” ʼn remming op die spoedige ontwikkeling van die administratiefreg geplaas het. Die taak wat op ʼn moderne sisteem van administratiefreg in Suid-Afrika opgelê word, is nie om ʼn gewilde vorm van verantwoording uit te roei nie, maar eerder om dit te versterk. ʼn Handves van Regte sal lei tot die bevordering van die taak. Dit sal verseker dat groter publieke deelname en beheer oor die uitvoering van openbare mag daargestel word. Geregtelike hersiening en administratiewe toesig van staats- en semi-staatsinstellings, wat poog om die sosiale beleid te implementeer, moet só ontwerp word, dat dit die drie beginsels van demokrasie, naamlik deelname, staatsgelykheid en onafhanklikheid, kan bevorder. Administratiewe geregtigheid sal bevorder word deur die toepassing van Artikel 195 van die Finale-Grondwet, sowel as PAJA. Die Grondwet voorsien wel riglyne hoe die administratiefreg in ʼn toekomstige Suid-Afrika daar moet uitsien. Administratiewe geregtigheid sal deur die toepassing van dié wetgewing in die praktyk verder tot uitvoering gebring word. Die sleutelelemente “impartially, fairly, equitable and without bias” kom veral voor in Artikel 195(1)(d) van die Grondwet, wat verwys na die manier hoe dienste gelewer moet word. Artikel 195 van die Grondwet moet ook gesien word as ʼn oplossing om veral Dicey se “Motion of accountability” aan te spreek. In die bespreking van die begrip “administratiewe geregtigheid” is daar klem gelê op die volgende: (a) Die Engelse Reg, deur na Dicey se “Rule of Law” te verwys. (b) Welke verbetering Artikel 195 van die Grondwet in die bevordering van administratiewe geregtigheid daargestel het. (c) Verskeie Engelsregtelike kommissies, wat ingestel was om administratiewe geregtigheid te ondersoek en hoe hierdie begrip uitgebrei en bevorder is. (d) Die audi alteram partem- en die nemo iudex-reëls en die toepassing daarvan as reëls van natuurlike geregtigheid. 1000 1972(2) SA 150 (A).

(e) Die begrip “reasonableness”. 500 Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid in die Suid-Afrikaanse Reg is van nader beskou. Die gemenereg is veral as vertrekpunt gebruik en is daar grootliks gekonsentreer op die inslag wat die Engelse Reg gehad het. Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid moet grootliks voor die deur van die beslissing in Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika1001 gelê word, wat inderdaad as die waterskeiding betreffende die redelikheidsbegrip in die Suid- Afrikaanse Administratiefreg bestempel kan word. Nieteenstaande die voorbehoud dat die bevinding in die Theron-saak slegs betrekking sou hê op administratiewe handelinge van ʼn kwasi-judisiële geaardheid, het hierdie beslissing na aanleiding van die wegdoen van die kategorisering van administratiewe handelinge in Administrator, Transvaal v Traub1002 van deurslaggewende belang geword. In die Traub-saak beslis die hof dat die aspek wat van kernbelang is, die redelike hantering van elke individuele saak volgens die unieke omstandigheid daarvan sal wees. Vanweë die besondere belang van die vestiging van onredelikheid as selfstandige hersieningsgrond, is redelike administratiewe optrede binne die Grondwet deur die bepaling van Artikel 33 oënskynlik tot fundamentele reg verhef. Dit kan met reg gekonstateer word dat administratiewe geregtigheid in die Suid-Afrikaanse Reg met rasse skrede ontwikkel het. Die volgende is bewyse daarvan : Die gemenereg. 1003 Die ontwikkeling van die administratiewe geregtigheidsbegrip in die Engelse Reg. Die verwerping van die kategorisering van administratiewe optrede waaraan bepaalde regsgevolge geheg word. Die leerstuk van legitieme verwagting. Redelikheid aan die hand van die Traub-beslissing. Die menings van akademici, met spesifieke verwysing na die voorgestelde grondwet. Die aanvanklike mening van die Regskommissie en die gepaard gaande voorstelle vir die hersiening van die administratiewe regsproses. Die bepalings van Artikel 18 van die Namibiese grondwet, asook Artikels 24 en 33 van die Interim en Finale-Grondwette. 1001 1976(2) SA 1 (A). 1002 1989(4) SA 731 (AD). 1003 Sien die spesifieke verwysing na die menings van gemeneregtelike skrywers en die uitspraak van appèlregter Jansen in die Theron-saak (Supra) en die navolging van die saak in opvolgende beslissings hierbo vermeld.

(e) Die begrip “reasonableness”.

500

Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid in die Suid-Afrikaanse Reg is van nader

beskou. Die gemenereg is veral as vertrekpunt gebruik en is daar grootliks gekonsentreer

op die inslag wat die Engelse Reg gehad het.

Die ontwikkeling van administratiewe geregtigheid moet grootliks voor die deur van die

beslissing in Theron v Ring van Wellington NG Sendingkerk in Suid-Afrika1001 gelê word,

wat inderdaad as die waterskeiding betreffende die redelikheidsbegrip in die Suid-

Afrikaanse Administratiefreg bestempel kan word. Nieteenstaande die voorbehoud dat die

bevinding in die Theron-saak slegs betrekking sou hê op administratiewe handelinge van ʼn

kwasi-judisiële geaardheid, het hierdie beslissing na aanleiding van die wegdoen van die

kategorisering van administratiewe handelinge in Administrator, Transvaal v Traub1002 van

deurslaggewende belang geword. In die Traub-saak beslis die hof dat die aspek wat van

kernbelang is, die redelike hantering van elke individuele saak volgens die unieke

omstandigheid daarvan sal wees. Vanweë die besondere belang van die vestiging van

onredelikheid as selfstandige hersieningsgrond, is redelike administratiewe optrede binne

die Grondwet deur die bepaling van Artikel 33 oënskynlik tot fundamentele reg verhef.

Dit kan met reg gekonstateer word dat administratiewe geregtigheid in die Suid-Afrikaanse

Reg met rasse skrede ontwikkel het. Die volgende is bewyse daarvan :

Die gemenereg. 1003

Die ontwikkeling van die administratiewe geregtigheidsbegrip in die Engelse Reg.

Die verwerping van die kategorisering van administratiewe optrede waaraan

bepaalde regsgevolge geheg word.

Die leerstuk van legitieme verwagting.

Redelikheid aan die hand van die Traub-beslissing.

Die menings van akademici, met spesifieke verwysing na die voorgestelde

grondwet.

Die aanvanklike mening van die Regskommissie en die gepaard gaande voorstelle

vir die hersiening van die administratiewe regsproses.

Die bepalings van Artikel 18 van die Namibiese grondwet, asook Artikels 24 en 33

van die Interim en Finale-Grondwette.

1001 1976(2) SA 1 (A).

1002 1989(4) SA 731 (AD).

1003 Sien die spesifieke verwysing na die menings van gemeneregtelike skrywers en die uitspraak van appèlregter Jansen in die Theron-saak (Supra) en die

navolging van die saak in opvolgende beslissings hierbo vermeld.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!