Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

497 Beginsels van redelikheid, onpartydigheid en billikheid is inderdaad belangrik tot die ontwikkeling van die beginsel van openbare verantwoordelikheid en moet inderdaad ingevolge die goedgekeurde waardes van die gemeenskap getoets kan word. Artikel 33(3) maak voorsiening vir die nodige kontrolering en afdwinging van bogemelde publieke verantwoordelikheid. 997 Om aan die vereistes van Artikel 33(3) te voldoen en dit verder uit te brei, is die Wet op die Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000, op 3 Februarie 2000 gepromulgeer. Die hoofdoel van die Wet word in die aanhef vervat : “(a) to promote an efficient administration and good governance; and (b) create a culture of accountability, openness and transparency in the public administration or in the exercise of a public power or the performance of a public function, by giving effect to the right of just administrative action.” Die beginsel van hersiening is terselfdertyd ʼn moedige poging om die beginsel van deelname te bevorder. Die daarstelling van ʼn Handves van Regte verseker die insluiting van ʼn nuwe regswetenskaplike uitgangspunt, wat as basis sal dien waarop administratiewe geregtigheid kan voortbou. ʼn Handves van Menseregte sal ten minste ʼn gedeelte van die model van demokratiese vervolmaking verseker. Die redelikheidsbegrip is nie iets nuuts in die Suid-Afrikaanse Reg nie. Dit is vermeld dat dit reeds meer as 2400 jaar aan die reg bekend was. Verskeie skrywers en filosowe soos onder andere Sokrates, Plato, Aristoteles en Cicero het hulle daarmee besig gehou. So is daar heelwat uitsprake deur Cicero, wat in verband met sy bespreking van reg in die algemeen en die verband tussen verskillende vorme daarvan met die begrip aequitas handel. 998 Vanuit die regshistoriese agtergrond is dit dus duidelik dat die begrippe “billikheid”, “equity” en “aequitas” ʼn belangrike rol gespeel het in die Suid-Afrikaanse Reg en regspleging, hetsy alleenstaande, of in samehang met verwante begrippe soos “regverdigheid”, “geregtigheid” of “redelikheid”. Billikheid of billikheidsoorweging speel ʼn rol, waar daar eerstens leemtes of lucunae in die bestaande reg aangevul moet word. Tweedens, moet die betrokke regsreël of beginsel ʼn regsmiddel toelaat wat onbillike gevolge sal teëwerk. In so ʼn geval is die vermoede dat die 997 Artikel 33(3): Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en moet – a)voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur 'n hof of, waar dit gepas is, 'n onafhanklike en onpartydige tribunaal; b) die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en c) 'n doeltreffende administrasie bevorder.” 998 Volgens Cicero is die krag van billikheid op 'n tweërlei basis begrond. Enersyds berus dit op die direkte beginsel van waarheid, geregtigheid en dit wat “billik en goed” (aequum et bonum) is en andersyds, het dit betrekking op die uitruil van vergoeding, wat óf dank óf wraak, na gelang van die geval kan wees. Beide hierdie fasette is gemeenskaplik aan die natuur (nature) en aan die reg (lex).

498 wetgewer nie onbillike regsgevolge van toepassing in die geval van wetgewing beoog nie, terwyl dit as algemene oorweging geld, waar dit nie om wetsuitleg as sodanig gaan nie. Hoewel morele, etiese en humanitêre oorwegings noodwendig ʼn rol speel by die omskrywing van wat presies onder die omstandighede billik is, beteken dit nie dat bestaande reg of wetgewing telkens getoets moet word om te probeer vasstel of dit aan die regter se begrip van billikheid voldoen nie. Die regter mag sekerlik de lege ferendakritiek teenoor onbillike reg of wetgewing uitspreek, maar het nie die bevoegdheid om dit by wyse van uitleg of aanvulling te wysig nie. Die Suid-Afrikaanse Reg is op die Romeins-Hollandse en die Engelse Reg gebaseer. Volgens die Romeins-Hollandse tradisie, met sy aanvanklike beїnvloeding deur die Kanonieke Reg, is die Suid-Afrikaanse Regstelsel ook op grond van billikheid aangepas en uitgebrei. Die Engelsregtelike equity-sisteem het ʼn beduidende invloed op die Suid- Afrikaanse Administratiefreg uitgeoefen. In administratiewe verhore en besluitneming speel billikheid ʼn belangrike rol. Die hof kan byvoorbeeld uit billikheidsoorwegings die regskrag van ʼn administratiewe handeling opskort, sonder om eers die geldigheid daarvan te oorweeg. Die beїnvloeding van die aequitas-billikheid-equity-figuur deur, onder andere die Romeinse en Kanonieke Reg, is veral sigbaar in die Suid-Afrikaanse regstelsel. Hierdie beїnvloeding kom veral ook voor in die regstelsels van Engeland, die V.S.A., Nederland en Duitsland. In hul regstelsels word billikheid gebruik om die reg by veranderde en veranderende omstandighede aan te pas. Uit die historiese perspektief is dit derhalwe duidelik dat die begrip “equity” van die vroegste tye toegepas is om ʼn balans daar te stel, veral waar wetgewing en die toepassing daarvan op onbillike resultate sou neerkom. Dit is ook duidelik dat dit ʼn begrip is wat steeds ontwikkel is, veral waar die howe “equity” in aanmerking neem. ʼn Praktiese voorbeeld is die leerstuk genaamd “legitimate expectation”, wat vanuit die “equity”-beginsel ontwikkel het. Word verder gekyk na die Grondwet is dit opmerklik dat Artikel 39 spesifiek aan die howe die bevoegdheid verleen om die reg te ontwikkel. Wanneer hulle die Grondwet moet uitlê en interpreteer, verskaf Artikel 39 belangrike riglyne hoe dit moet plaasvind. Dit is opmerklik dat “equity” weer eens pertinent vermeld word. 999 Dit is duidelik dat Artikel 39 999 Artikel 39 bepaal soos volg: “Uitleg van handves van regte – 39(1) By die uitleg van die Handves van regte – (a) Moet 'n hof, tribunaal of forum die waardes wat 'n oop en demokratiese samelewing gebaseer op menswaardigheid, gelykheid en vryheid ten grondslag lê, bevorder; (b) Moet 'n hof, tribunaal of forum die volkereg in ag neem; en (c) Kan 'n hof, tribunaal of forum buitelandse reg in ag neem. (2) By die uitleg van enige wetgewing, en by die ontwikkeling van die gemenereg of gewoontereg, moet elke hof, tribunaal of forum die gees, strekking en oogmerke van die Handves van regte bevorder. (3) Die handves van regte ontken nie die bestaan van ander regte of vryhede wat deur die gemenereg, gewoontereg of wetgewing erken of verleen word nie, in die mate waarin daardie regte of vryhede met die Handves bestaanbaar is”.

497

Beginsels van redelikheid, onpartydigheid en billikheid is inderdaad belangrik tot die

ontwikkeling van die beginsel van openbare verantwoordelikheid en moet inderdaad

ingevolge die goedgekeurde waardes van die gemeenskap getoets kan word. Artikel 33(3)

maak voorsiening vir die nodige kontrolering en afdwinging van bogemelde publieke

verantwoordelikheid. 997

Om aan die vereistes van Artikel 33(3) te voldoen en dit verder uit te brei, is die Wet op die

Bevordering van Administratiewe Geregtigheid, Wet 3 van 2000, op 3 Februarie 2000

gepromulgeer.

Die hoofdoel van die Wet word in die aanhef vervat :

“(a) to promote an efficient administration and good governance; and

(b) create a culture of accountability, openness and transparency in the public

administration or in the exercise of a public power or the performance of a public

function, by giving effect to the right of just administrative action.”

Die beginsel van hersiening is terselfdertyd ʼn moedige poging om die beginsel van

deelname te bevorder. Die daarstelling van ʼn Handves van Regte verseker die insluiting

van ʼn nuwe regswetenskaplike uitgangspunt, wat as basis sal dien waarop

administratiewe geregtigheid kan voortbou. ʼn Handves van Menseregte sal ten minste ʼn

gedeelte van die model van demokratiese vervolmaking verseker.

Die redelikheidsbegrip is nie iets nuuts in die Suid-Afrikaanse Reg nie. Dit is vermeld dat

dit reeds meer as 2400 jaar aan die reg bekend was. Verskeie skrywers en filosowe soos

onder andere Sokrates, Plato, Aristoteles en Cicero het hulle daarmee besig gehou. So is

daar heelwat uitsprake deur Cicero, wat in verband met sy bespreking van reg in die

algemeen en die verband tussen verskillende vorme daarvan met die begrip aequitas

handel. 998

Vanuit die regshistoriese agtergrond is dit dus duidelik dat die begrippe “billikheid”, “equity”

en “aequitas” ʼn belangrike rol gespeel het in die Suid-Afrikaanse Reg en regspleging,

hetsy alleenstaande, of in samehang met verwante begrippe soos “regverdigheid”,

“geregtigheid” of “redelikheid”.

Billikheid of billikheidsoorweging speel ʼn rol, waar daar eerstens leemtes of lucunae in die

bestaande reg aangevul moet word. Tweedens, moet die betrokke regsreël of beginsel ʼn

regsmiddel toelaat wat onbillike gevolge sal teëwerk. In so ʼn geval is die vermoede dat die

997 Artikel 33(3): Nasionale wetgewing moet verorden word om aan hierdie regte gevolg te gee, en moet –

a)voorsiening maak vir die hersiening van administratiewe optrede deur 'n hof of, waar dit gepas is, 'n onafhanklike en onpartydige tribunaal;

b) die staat verplig om aan die regte in subartikels (1) en (2) gevolg te gee; en

c) 'n doeltreffende administrasie bevorder.”

998 Volgens Cicero is die krag van billikheid op 'n tweërlei basis begrond. Enersyds berus dit op die direkte beginsel van waarheid, geregtigheid en dit wat

“billik en goed” (aequum et bonum) is en andersyds, het dit betrekking op die uitruil van vergoeding, wat óf dank óf wraak, na gelang van die geval kan

wees. Beide hierdie fasette is gemeenskaplik aan die natuur (nature) en aan die reg (lex).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!