Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING 1. GRONDWETLIKE GRONDWAARDES EN DIE BEGINSELS VAN ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN HISTORIESE PERSPEKTIEF 495 Administratiewe geregtigheid omvat ʼn sisteem van publieke administrasie, wat die beginsels van billikheid, redelikheid, regverdigheid, regmatigheid en proporsionaliteit handhaaf. Dit kan slegs bevorder word, deur meganismes van toerekenbaarheid en kontrole, hersiening en toesighouding, openlikheid en konsultasie daar te stel. Voorheen was een van die groot struikelblokke in die bevordering van die geregtigheidsbegrip die feit dat administratiewe geregtigheid nie meer vir die publiek toeganklik was nie. Hulle moet die geleentheid gebied word om aan die wetgewende proses deel te neem, om inligting te bekom vanaf staatsinstellings wanneer besluite bevraagteken word, en om die geregtigheidsbeginsels te kan afdwing. Administratiewe geregtigheid moet nie net gesien word as ʼn stel abstrakte administratiewe norme nie. Klem moet veral gelê word op die praktiese uitvoerbaarheid van die geregtigheidsnorme. Breër gesien, behels toegang tot administratiewe geregtigheid ʼn antwoordende, verantwoordbare en toerekenbare sisteem van publieke administrasie. In die huidige Suid-Afrikaanse konteks moet administratiewe geregtigheid gesien word in die wyer benadering van pogings om demokratiese grondwetlikheid en hervorming van die regsisteem te bewerkstellig. Administratiewe geregtigheid het egter deur die eeue veral vanuit die reëls van natuurlike geregtigheid ontwikkel. Die basiese begrip van redelikheid speel hier die sleutelrol. Die redelikheidsbegrip is na inhoud en belang reeds eeue lank deur filosowe, politici en regsgeleerdes bespreek. Dit gaan vandag nog voort. Dit is opvallend dat, by ʼn ontleding van administratiewe geregtigheid, dit duidelik blyk dat daar binne hierdie vertakking van die reg, weinig aspekte is wat nie op die een of ander wyse, hetsy direk of indirek, met die redelikheidsbegrip in verband gebring kan word nie. Die hunkering en strewe na die versekering van redelike administratiewe optrede, is ʼn betreklik moderne verwikkeling, vanweë die relatief onlangse totstandkoming van die administratiefreg as selfstandige regsvertakking. Daarteenoor is reeds minstens sowat 2400 jaar gelede begin met die soeke na redelike optrede tussen individue teenoor mekaar en tussen individue en ander meer formele of georganiseerde organe en instansies. Vandag is hierdie soektog bykans voltooi, maar ongelukkig nie noodwendig vanweë ʼn inherente hunkering by elke individu ter bereiking van hierdie ideaal nie, maar weens regsaktivisme soos weerspieël in ingrypende regspraak en statutêre optrede. Die opmerking van Plato rakende dit wat as “just”

496 en “right” bestempel kan word, is met betrekking tot alle gemeenskappe steeds universeel geldend, naamlik bloot dit wat in belang van die sterker party is. 994 Die administratiefreg het veral gedurende die afgelope drie dekades ʼn bloeitydperk beleef. Daardeur is ideale omstandighede geskep vir die uitbouing van administratiewe geregtigheid. Hierdie opbloei binne die administratiefreg was hoofsaaklik die gevolg van ʼn noodsaaklike reaksie in antwoord op toenemende staatsbevoegdhede en magte, asook meer intense staatsinmenging in die gewone loop van onderdane se daaglikse lewe. 995 Deur sodanige staatsoptredes het die gevaar van magsmisbruik opgevlam en moes die administratiefreg noodgedwonge reageer, ten einde die vuur te blus om verdere brande van magsmisbruik te kon voorkom. 996 Die afdwinging van administratiewe geregtigheid het inderdaad ʼn magtige wapen geword in die hande van die onderdaan in sy stryd teen magsmisbruik deur owerheidsorgane. ʼn Sameloop van geskiedkundige gebeure en die verkeerde toepassing van staatsgesag, het by uitstek bygedra tot die verskansing van die geregtigheidsbeginsel in die Interim-- en Finale- Grondwette van die Republiek van Suid-Afrika. Administratiewe geregtigheid is tot fundamentele reg verhef. Administratiewe geregtigheid is gebaseer op die teorie van demokrasie. Hierdie teorie maak voorsiening vir deelname in die regeringsproses en pogings word toegepas om só gesag verantwoordbaar te maak tot die publiek, maar bowenal tot die sosiale kontrak wat ʼn raamwerk daarstel waarvolgens die regering moet optree. Die geregtigheidsbeginsel moet ook beskou word as ʼn inperkingsmaatreël op die gesag van die regering van die dag. Dit dien ook as stuurmeganisme om hierdie gesag en mag ten goede te laat meewerk in die verhouding tussen staat en onderdaan. Hiersonder sal demokrasie, as ʼn regering deur die mense vir die mense, slegs ʼn vae droom bly. Die ontwikkeling en uitbreiding van die redelikheidsbegrip het met die Grondwetlik beskermde reg op administratiewe geregtigheid (Artikel 33 van die Finale-Grondwet, asook Artikel 24 in die Interim Grondwet) die posisie van die administrasie met betrekking tot die individu dramaties verander. Voorts het die insluiting van hierdie Grondwetlik beskermde reg die omskrywing, bestek en toepassing van administratiefregtelike beginsels geraak. Meganismes van administratiewe beheer moet verseker dat diegene wat publieke mag tot uitvoering bring, verantwoordelik gehou kan word vir hulle optrede deur die demokratiese onderneming soos vervat in die sosiale ooreenkoms, naamlik die Handves van Regte. 994 In teenstelling hiermee sien Van Zyl, 1991:753 waar die skrywer egter daarop wys dat Cicero sowat 300 jaar later daarin geslaag het om 'n nuwe perspektief te vestig, deur te verklaar dat die ware reg in die “recta ratio” in harmonie met die natuur gevind sal word, waar dit dan konstant en ewigdurend geldend sal bly. 995 Kirby, 1989:321. 996 Cachalia, 1994:74 wys ook daarop dat die vereistes teen magsmisbruik ook in plaaslike besture van besondere belang is.

SAMEVATTING EN GEVOLGTREKKING

1. GRONDWETLIKE GRONDWAARDES EN DIE BEGINSELS VAN

ADMINISTRATIEWE GEREGTIGHEID IN HISTORIESE PERSPEKTIEF

495

Administratiewe geregtigheid omvat ʼn sisteem van publieke administrasie, wat die beginsels

van billikheid, redelikheid, regverdigheid, regmatigheid en proporsionaliteit handhaaf. Dit kan

slegs bevorder word, deur meganismes van toerekenbaarheid en kontrole, hersiening en

toesighouding, openlikheid en konsultasie daar te stel.

Voorheen was een van die groot struikelblokke in die bevordering van die geregtigheidsbegrip

die feit dat administratiewe geregtigheid nie meer vir die publiek toeganklik was nie. Hulle moet

die geleentheid gebied word om aan die wetgewende proses deel te neem, om inligting te

bekom vanaf staatsinstellings wanneer besluite bevraagteken word, en om die

geregtigheidsbeginsels te kan afdwing.

Administratiewe geregtigheid moet nie net gesien word as ʼn stel abstrakte administratiewe

norme nie. Klem moet veral gelê word op die praktiese uitvoerbaarheid van die

geregtigheidsnorme. Breër gesien, behels toegang tot administratiewe geregtigheid ʼn

antwoordende, verantwoordbare en toerekenbare sisteem van publieke administrasie. In die

huidige Suid-Afrikaanse konteks moet administratiewe geregtigheid gesien word in die wyer

benadering van pogings om demokratiese grondwetlikheid en hervorming van die regsisteem

te bewerkstellig.

Administratiewe geregtigheid het egter deur die eeue veral vanuit die reëls van natuurlike

geregtigheid ontwikkel. Die basiese begrip van redelikheid speel hier die sleutelrol.

Die redelikheidsbegrip is na inhoud en belang reeds eeue lank deur filosowe, politici en

regsgeleerdes bespreek. Dit gaan vandag nog voort. Dit is opvallend dat, by ʼn ontleding van

administratiewe geregtigheid, dit duidelik blyk dat daar binne hierdie vertakking van die reg,

weinig aspekte is wat nie op die een of ander wyse, hetsy direk of indirek, met die

redelikheidsbegrip in verband gebring kan word nie.

Die hunkering en strewe na die versekering van redelike administratiewe optrede, is ʼn betreklik

moderne verwikkeling, vanweë die relatief onlangse totstandkoming van die administratiefreg

as selfstandige regsvertakking. Daarteenoor is reeds minstens sowat 2400 jaar gelede begin

met die soeke na redelike optrede tussen individue teenoor mekaar en tussen individue en

ander meer formele of georganiseerde organe en instansies. Vandag is hierdie soektog

bykans voltooi, maar ongelukkig nie noodwendig vanweë ʼn inherente hunkering by elke

individu ter bereiking van hierdie ideaal nie, maar weens regsaktivisme soos weerspieël in

ingrypende regspraak en statutêre optrede. Die opmerking van Plato rakende dit wat as “just”

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!