Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

485 Ingevolge die gemenereg word koste algemeen toegestaan teen die onsuksesvolle litigant, wat ook die administrateur mag wees. Die howe het ʼn wye diskresie as dit by koste kom. Hulle wil normaalweg nie altyd kostebevele toestaan nie, aangesien hulle nie graag amptenary wil ontmoedig om hulle werk te doen nie, veral waar die partye ter goeder trou gelitigeer het. Die howe sal wel kostebevele toestaan, indien daar bevind word dat ʼn amptenaar mala fide opgetree het, 980 of dat die optrede grof onreëlmatig was. 981 Sulke koste mag de bonis propriis toegestaan word, wat beteken dat die amptenaar dit uit sy eie sak sal moet betaal. 982 ʼn Voorbeeld van sodanige kostebevel is die saak van Moeca v Addisionele Kommissaris, Bloemfontein983 waar ʼn amptenaar ʼn ondersoek onbekwaam hanteer het en ʼn totaal verkeerde bevel gemaak het. Die hof het met verwysing na die spesiale kostebevel ʼn bevel van mala fides gemaak. 984 Die howe gee gewoonlik hulle afkeur weer rakende die optrede van ʼn orgaan of amptenaar, wanneer ʼn kostebevel de bonis propriis gegee word. Dié tipe bevele is aan te bevele, aangesien dit onnodig is om van die onskuldige belastingbetaler te verwag om die tipe kostebevel te betaal, terwyl die optrede van die amptenaar nie gewens was nie. Op bladsy 157-158 van Plasket se artikel verklaar hy soos volg : 985 “If administrative conduct is motivated by bad faith of a sufficiently gross degree, it may be appropriate for a court to make an order that the administrative official concerned to repay the state for the costs incurred by it in defending his or her actions, in addition to paying the costs of the applicant de bonis propriis.” Sodanige spesiale kostebevel sal nie net die Grondwet eerbiedig nie, maar ook as afskrikmiddel dien om verdere oortredings van grondwetlike regte te voorkom. Kan ʼn spesiale kostebevel ook toegestaan word teen die applikante? Die hof het gemaan dat dié tipe kostebevele nie ligtelik toegestaan moet word nie, aangesien applikante nie ontmoedig moet word om deur litigasie hulle grondwetlike regte af te dwing nie. In Motsepe v Commissioner for Inland Revenue986 beslis regter Ackermann soos volg: 980 Sien Hammond-Tooke v Stadsklerk van Pretoria en sewe soortgelyke ander sake 1989(3) SA 977 (T), 990 E-F. Vir 'n meer onlangse beslissing, sien Suid-Afrikaanse Onderwysunie v Departementshoof, Department van Onderwys, Vrystaat 2001(3) SA 100 (O). Regter Hattingh het hier 'n spesiale kostebevel toegestaan teen amptenary wat 'n uiters skokkende motief nagevolg het en wie se optrede sonder twyfel mala fide was. 981 Loxton v Kenhardt Liquor Licensing Board 1942 AD 275. 982 Sien Van Winsten et al, 1979:728. 983 1981(2) SA 357 (O). 984 1981(2) SA 357 (O) 366B-C. Plasket verwys na die gewysde in sy belangrike kommentaar 2000:151, 153. 985 Plasket, 2000:157. 986 1997(2) SA 898 (CC) op Paragraaf 30.

“ ...... one should be cautious in awarding costs against litigants, who seek to enforce their constitutional rights against the State ... ... such orders have an unduly inhibiting or ‘chilling’ effect on other potential litigants in this category.” 486 Die hof sal egter nie skroom om ʼn spesiale kostebevel toe te staan teen ʼn applikant, waar die hof bevind dat die applikant kwelsugtig was nie. Die hof was ook inskiklik om spesiale kostebevele toe te staan teen blaamlose/skuldlose klaers, wat nie afgeskrik sou word deur ʼn gewone kostebevel nie – hetsy hulle staatsamptenare, 987 of kommersiële partye was. 988 Artikel 8(1)(c)(ii)(bb) maak voorsiening vir die toestaan van ʼn kostebevel in uitsonderlike gevalle. Die toestaan van ʼn kostebevel word deur appèlregter Conradie in die saak Jayiya v MEC for Welfare, Eastern Cape Provincial Government989 oorweeg. Hy beslis soos volg : “As appears from its preamble the Promotion of Administrative Justice Act was passed by Parliament to give effect to the constitutional guarantee of just administrative action. The appellant should accordingly have sought her remedy in this Act. ‘Constitutional damages’ in the sense discussed in Fose v Minister of Safety and Security 1997 (3) SA 786 (CC) at 826 par.[69] might be awarded as appropriate relief where no statutory remedies have been given or no adequate common law remedies exist. Where the lawgiver has legislated statutory mechanisms for securing constitutional rights, and provided, of course, that they are constitutionally unobjectionable, they must be used. The Promotion of Administrative Justice Act does not provide for the kind of relief afforded to the appellant in paragraphs 2(c) and 3 of the order. Instead, it provides in sec 8(1)(c)(ii)(bb) that a court may in proceedings for judicial review, exceptionally, direct an administrator to pay compensation.” 1.7 ARTIKEL 8(2) : ʼn GEPASTE BEVEL DEUR DIE HOF, WANNEER DIE ADMINISTRATEUR VERSUIM OM ʼn BESLUIT TE NEEM In verrigtinge vir geregtelike hersiening kragtens Artikel 6(3) van PAJA (versuim deur ʼn administrateur om ʼn besluit te neem) kan die hof, of tribunaal, ʼn bevel gee wat regverdig en billik is met inbegrip van ʼn bevel – (a) wat gelas dat die besluit geneem word, (b) wat die regte van die partye met betrekking tot die neem van die besluit verklaar, 987 Sien Member of the Executive Council for Development Planning and Local Government, Gauteng v Democratic Party 1998(4) SA 1157 (CC) 988 Fedsure Life Assurance Limited and Others v Greater Johannesburg Transitional Metropolitan Council and Others 1991(1) SA 374 (CC). 989 2003(2) ALL SA 223 (SCA) Paragraaf 9.

485

Ingevolge die gemenereg word koste algemeen toegestaan teen die onsuksesvolle

litigant, wat ook die administrateur mag wees. Die howe het ʼn wye diskresie as dit

by koste kom. Hulle wil normaalweg nie altyd kostebevele toestaan nie, aangesien

hulle nie graag amptenary wil ontmoedig om hulle werk te doen nie, veral waar die

partye ter goeder trou gelitigeer het.

Die howe sal wel kostebevele toestaan, indien daar bevind word dat ʼn amptenaar

mala fide opgetree het, 980 of dat die optrede grof onreëlmatig was. 981 Sulke koste

mag de bonis propriis toegestaan word, wat beteken dat die amptenaar dit uit sy eie

sak sal moet betaal. 982

ʼn Voorbeeld van sodanige kostebevel is die saak van Moeca v Addisionele

Kommissaris, Bloemfontein983 waar ʼn amptenaar ʼn ondersoek onbekwaam hanteer

het en ʼn totaal verkeerde bevel gemaak het. Die hof het met verwysing na die

spesiale kostebevel ʼn bevel van mala fides gemaak. 984 Die howe gee gewoonlik

hulle afkeur weer rakende die optrede van ʼn orgaan of amptenaar, wanneer ʼn

kostebevel de bonis propriis gegee word. Dié tipe bevele is aan te bevele,

aangesien dit onnodig is om van die onskuldige belastingbetaler te verwag om die

tipe kostebevel te betaal, terwyl die optrede van die amptenaar nie gewens was nie.

Op bladsy 157-158 van Plasket se artikel verklaar hy soos volg : 985

“If administrative conduct is motivated by bad faith of a sufficiently gross

degree, it may be appropriate for a court to make an order that the

administrative official concerned to repay the state for the costs incurred by it in

defending his or her actions, in addition to paying the costs of the applicant de

bonis propriis.”

Sodanige spesiale kostebevel sal nie net die Grondwet eerbiedig nie, maar ook as

afskrikmiddel dien om verdere oortredings van grondwetlike regte te voorkom. Kan

ʼn spesiale kostebevel ook toegestaan word teen die applikante? Die hof het

gemaan dat dié tipe kostebevele nie ligtelik toegestaan moet word nie, aangesien

applikante nie ontmoedig moet word om deur litigasie hulle grondwetlike regte af te

dwing nie.

In Motsepe v Commissioner for Inland Revenue986 beslis regter Ackermann soos

volg:

980 Sien Hammond-Tooke v Stadsklerk van Pretoria en sewe soortgelyke ander sake 1989(3) SA 977 (T), 990 E-F. Vir 'n meer onlangse beslissing, sien

Suid-Afrikaanse Onderwysunie v Departementshoof, Department van Onderwys, Vrystaat 2001(3) SA 100 (O). Regter Hattingh het hier 'n spesiale

kostebevel toegestaan teen amptenary wat 'n uiters skokkende motief nagevolg het en wie se optrede sonder twyfel mala fide was.

981 Loxton v Kenhardt Liquor Licensing Board 1942 AD 275.

982 Sien Van Winsten et al, 1979:728.

983 1981(2) SA 357 (O).

984 1981(2) SA 357 (O) 366B-C. Plasket verwys na die gewysde in sy belangrike kommentaar 2000:151, 153.

985 Plasket, 2000:157.

986 1997(2) SA 898 (CC) op Paragraaf 30.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!