Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
477 Artikel 8 stem ooreen met die grondwetlike bepaling van Artikel 172(1), ten effekte dat wanneer ʼn Hoë Hof, die Hoogste Hof van Appèl, of die Konstitusionele Hof administratiewe optrede ongrondwetlik verklaar, sodanige hof enige bevel kan gee, wat regverdig en billik is, met inbegrip van ʼn bevel wat die terugwerkendheid van die ongeldigverklaring beperk, asook ʼn bevel wat die ongeldigverklaring vir enige tydperk en op enige voorwaarde opskort ten einde die bevoegde gesag toe te laat om die gebrek reg te stel. Indien ʼn mens aanvaar dat die woorde “enige wetgewing”, presies beteken wat dit sê, dan het landdroshowe geen jurisdiksie om ondersoek in te stel na die Grondwetlikheid van enige wetgewing nie, hetsy dit primêre of ondergeskikte wetgewing is. Dit beteken dat landdroshowe nie ondersoek kan instel na die Grondwetlikheid van ondergeskikte wetgewing soos proklamasies, regulasies en reëls nie. Landdroshowe het dus meer beperkte jurisdiksie as die Hoë Howe, omdat dit beperk word tot die geldigheid van administratiewe optrede deur enige staatsorgaan, behalwe dat dit die optrede van die President en ʼn ondersoek na die geldigheid van primêre en ondergeskikte wetgewing uitsluit. Daar is geen grondwetlike beperking op die jurisdiksie van landdroshowe om wetgewing uit te lê, dit toe te pas, of af te dwing nie. Aangewese landdroshowe mag, ingevolge die vereistes van PAJA, die bepalings van PAJA uitlê, toepas en afdwing. Dit geld ook vir die uitleg, toepassing en afdwinging van magtigende bepalings, of ander toepaslike wetgewing. Hierdie magtiging verleen deur PAJA, verskil ten opsigte van die algemene jurisdiksie van die landdroshowe, soos verleen deur die Wet op Landdroshowe, Wet 32 van 1944. Wanneer verrigtinge ingevolge Artikel 6(1) deur landdroshowe uitgevoer word, en remedies ingevolge Artikel 8(1) afgedwing word, tree die landdroshof op as ʼn PAJA-hof. Artikel 110 van die Wet op Landdroshowe verleen nie die bevoegdheid aan landdroshowe, om wanneer die howe ingevolge die Wet op Landdroshowe optree, enige beslissing te vel oor die geldigheid van enige Wet of die optrede van die President nie. 963 Dit is egter duidelik dat PAJA die magtiging aan landdroshowe verleen om te beslis oor die geldigheid van administratiewe handelinge, insluitende wetgewing en die optrede van die President. Dit blyk dus dat PAJA die vroeëre Wet op Landdroshowe in hierdie mate gewysig het. 1. REMEDIES DEUR PAJA VERLEEN Artikel 8 van PAJA, getiteld “Remedies in proceedings for judicial review”, is die eerste vertrekpunt vir enige klaer op soek na ʼn geregtelike administratiefregtelike remedie. Dié 963 Artikel 110 van die Wet op Landdroshowe is gewysig deur die Tweede Wysigingswet op Landdroshowe, Wet 80 van 1997. Dit lees soos volg:“Artikel 110 Beslissings oor die regsgeldigheid van Wet of optrede van die President:(1) 'n (Landdros) Hof is nie bevoeg om 'n oordeel uit te spreek oor die regsgeldigheid van enige wet of optrede van die President nie. (2) Indien dit by enige verrigtinge voor 'n hof beweer word dat – (a) enige wet of enige optrede van die President ongeldig is op grond van die bestaanbaarheid daarvan met 'n bepaling van die grondwet; of (b) enige wet ongeldig is op grond anders as die grondwetlikheid daarvan, beslis die hof die aangeleentheid in die veronderstelling dat sodanige wet of optrede geldig is: Met dien verstande dat die party wat beweer dat 'n wet of optrede van die President ongeldig is, getuienis betreffende die ongeldigheid van die betrokke wet of optrede kan aanvoer.”
478 artikel laat die hof/tribunaal toe om enige bevel te gee wat regverdig en billik is, insluitende ʼn aantal remedies wat spesifiek gelys is. Die Wet het die tradisionele praktyk voortgesit om na “hersiening” te verwys as beide werkwoord en selfstandige naamwoord, met ander woorde, om na hersiening te verwys as ʼn proses en ook ʼn tipe remedie. Dit verwys egter nie na ʼn direkte en indirekte siening nie. Artikel 8 van PAJA verwys nie slegs na die primêre remedies wat verbind kan word met direkte geregtelike hersiening, soos in die gemenereg nie, met ander woorde, die tersydestelling en verbetering van optrede nie, maar ook na ʼn aantal van die bekende remedies, (aangedui as bevele) wat verband hou met die gemeenregtelike indirekte hersiening, soos byvoorbeeld interdikte en verklarende bevele. Die Wet het grootliks daarin geslaag om die verskil tot ʼn mate af te breek, hoewel dit nog moontlik is om gevalle van indirekte hersiening in siviele aksies en strafregtelike sake te identifiseer. Die Wet maak ook voorsiening vir ʼn aantal minder bekende remedies. In besonder maak PAJA voorsiening vir ʼn remedie waar ʼn orgaan versuim het om redes te verskaf, terwyl ʼn nuwe statutêre grond vir hersiening, naamlik onredelike vertraging (“unreasonable delay”) die lig gesien het, naamlik Artikel 8(2) wat saam met Artikel 6(3) van die Wet gelees moet word. 1.1 ARTIKEL 8(1)(a) : LASGEWING Die hof, of tribunaal, kan die administrateur gelas – • om redes te verskaf, of • om te handel op die wyse wat die hof, of tribunaal, vereis. Hierdie regsmiddel sal ongetwyfeld die vorm van ʼn mandamus of gebiedende interdik aanneem. 964 1.2 ARTIKEL 8(1)(b) : VERBIEDENDE BEVELE Die hof, of tribunaal, kan ʼn bevel gee wat die administrateur verbied om op ʼn bepaalde manier te handel. Hierdie paragraaf van Artikel 8(1) maak dus voorsiening vir ʼn verbiedende interdik. 1.3 ARTIKEL 8(1)(c) : TERSYDESTELLING VAN ADMINISTRATIEWE OPTREDE 964 Sien Baxter, 1984:687-691. Die hof, of tribunaal, kan die administratiewe optrede tersyde stel. Kragtens die gemenereg stel die howe nie ligtelik hulle beslissing in die plek van dié van die administratiewe liggaam nie. Gewoonlik was die beleid om die aangeleentheid vir heroorweging na die administrateur terug te verwys.
- Page 437 and 438: 426 Die hof het PAJA nie hier oorwe
- Page 439 and 440: 428 Ongeoorloofde doel sal nie ter
- Page 441 and 442: 430 In Pretoria City Council v Meer
- Page 443 and 444: Rugby Football Union and Others (su
- Page 445 and 446: 434 Die lisensie is nie geweier omd
- Page 447 and 448: 436 • Wanneer mala fides bewys wo
- Page 449 and 450: 438 Wanneer ʼn amptenaar byvoorbeel
- Page 451 and 452: 899 1996(3) BCLR 417 (T). 900 1999(
- Page 453 and 454: 442 Ministers of Education and Cult
- Page 455 and 456: 444 NO905-saak goed te keur, die be
- Page 457 and 458: 446 die sluitingstye te verander, m
- Page 459 and 460: 448 Artikel 36 bepaal dat die beper
- Page 461 and 462: 450 In laasgenoemde geval, waar daa
- Page 463 and 464: 452 ongeldigheid, soos mala fides,
- Page 465 and 466: 454 Regter Friedman het bevind dat
- Page 467 and 468: 456 In die Roman v Williams NO-saak
- Page 469 and 470: 458 Daar kan geredeneer word dat di
- Page 471 and 472: presence of a rational connection b
- Page 473 and 474: 941 Currie en Klaaren, 2001:174. 46
- Page 475 and 476: (b) 90 days or 180 days referred to
- Page 477 and 478: 466 In Pharmaceutical Manufactures
- Page 479 and 480: 468 In Ferreira v Levin NO and Othe
- Page 481 and 482: 470 magtiging verleen om aan ʼn app
- Page 483 and 484: 472 verleen aan die hof die diskres
- Page 485 and 486: 957 2002(2) BCLR 171 (C). 958 2005(
- Page 487: Hoofstuk 8 ARTIKEL 8 VAN PAJA - REM
- Page 491 and 492: 480 is onder andere Fose v Minister
- Page 493 and 494: 482 (3) Waar die aanvanklike beslui
- Page 495 and 496: 1.5 ARTIKEL 8(1)(e) : TYDELIKE INTE
- Page 497 and 498: “ ...... one should be cautious i
- Page 499 and 500: 488 diskresionêre magte, sal die h
- Page 501 and 502: Hoofstuk 9 DIE REGULASIES INGEVOLGE
- Page 503 and 504: 492 2. Die regulasies na verwys in
- Page 505 and 506: 5. KODE VIR GOEIE ADMINISTRATIEWE O
- Page 507 and 508: 496 en “right” bestempel kan wo
- Page 509 and 510: 498 wetgewer nie onbillike regsgevo
- Page 511 and 512: (e) Die begrip “reasonableness”
- Page 513 and 514: 502 klousule in Artikel 33 vervat w
- Page 515 and 516: 504 Rugby Football Union, 1009 Pres
- Page 517 and 518: 506 Die invloed van die Handves van
- Page 519 and 520: 508 In antwoord op die vraag in wel
- Page 521 and 522: 510 die bestaande reg vervang nie.
- Page 523 and 524: 512 geskied het. Die Grondwet wys d
- Page 525 and 526: 514 Die herwaardering van veral die
- Page 527 and 528: (a) voorsiening maak vir die hersie
- Page 529 and 530: 518 van Toegang tot Inligting nie g
- Page 531 and 532: 520 hoogste reg van die Republiek t
- Page 533 and 534: 522 veel klem op die begrip “admi
- Page 535 and 536: 524 geregtelike hersiening met die
- Page 537 and 538: 526 plaas daarvan om die faktore wa
478

artikel laat die hof/tribunaal toe om enige bevel te gee wat regverdig en billik is, insluitende

ʼn aantal remedies wat spesifiek gelys is.

Die Wet het die tradisionele praktyk voortgesit om na “hersiening” te verwys as beide

werkwoord en selfstandige naamwoord, met ander woorde, om na hersiening te verwys as

ʼn proses en ook ʼn tipe remedie. Dit verwys egter nie na ʼn direkte en indirekte siening nie.

Artikel 8 van PAJA verwys nie slegs na die primêre remedies wat verbind kan word met

direkte geregtelike hersiening, soos in die gemenereg nie, met ander woorde, die

tersydestelling en verbetering van optrede nie, maar ook na ʼn aantal van die bekende

remedies, (aangedui as bevele) wat verband hou met die gemeenregtelike indirekte

hersiening, soos byvoorbeeld interdikte en verklarende bevele. Die Wet het grootliks

daarin geslaag om die verskil tot ʼn mate af te breek, hoewel dit nog moontlik is om gevalle

van indirekte hersiening in siviele aksies en strafregtelike sake te identifiseer.

Die Wet maak ook voorsiening vir ʼn aantal minder bekende remedies. In besonder maak

PAJA voorsiening vir ʼn remedie waar ʼn orgaan versuim het om redes te verskaf, terwyl ʼn

nuwe statutêre grond vir hersiening, naamlik onredelike vertraging (“unreasonable delay”)

die lig gesien het, naamlik Artikel 8(2) wat saam met Artikel 6(3) van die Wet gelees moet

word.

1.1 ARTIKEL 8(1)(a) : LASGEWING

Die hof, of tribunaal, kan die administrateur gelas –

• om redes te verskaf, of

• om te handel op die wyse wat die hof, of tribunaal, vereis.

Hierdie regsmiddel sal ongetwyfeld die vorm van ʼn mandamus of gebiedende

interdik aanneem. 964

1.2 ARTIKEL 8(1)(b) : VERBIEDENDE BEVELE

Die hof, of tribunaal, kan ʼn bevel gee wat die administrateur verbied om op ʼn

bepaalde manier te handel. Hierdie paragraaf van Artikel 8(1) maak dus voorsiening

vir ʼn verbiedende interdik.

1.3 ARTIKEL 8(1)(c) : TERSYDESTELLING VAN ADMINISTRATIEWE OPTREDE

964 Sien Baxter, 1984:687-691.

Die hof, of tribunaal, kan die administratiewe optrede tersyde stel. Kragtens die

gemenereg stel die howe nie ligtelik hulle beslissing in die plek van dié van die

administratiewe liggaam nie. Gewoonlik was die beleid om die aangeleentheid vir

heroorweging na die administrateur terug te verwys.