Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

956 Sien Plasket, 2002:50. 473 Is die uitputting van interne remedies, alvorens ʼn hof vir hersiening genader word, konstitusioneel verantwoordbaar? Artikel 34 van die Finale-Grondwet handel oor die toegang tot howe en bepaal soos volg : “Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan word, in ʼn billike openbare verhoor beslis kan word voor ʼn hof of, waar dit gepas is, ʼn ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum”. Die vraag ontstaan nou of Artikel 34 van die Grondwet die vereiste afskaf dat interne regsmiddele eers uitgeput moet word. Enersyds kan geargumenteer word dat hierdie fundamentele reg, vervat in Artikel 34, die individu in staat stel om interne kontrolemaatreëls te verontagsaam, op grond daarvan dat dit nie onafhanklike en onpartydige forums is nie, en om regstreeks na die hof te gaan. Dit blyk nie of hierdie argument water hou nie, aangesien dit nie die uitwerking van die beperkingsbepaling (Artikel 36 van die Grondwet) in ag neem nie. Beperking ingevolge Artikel 36 kan gevolglik regmatig vereis dat interne regsmiddele eers uitgeput moet word. Die howe kan nie toelaat dat hulle nog meer oorlaai word nie. Hoewel dit dus moontlik is dat die howe geregtelike hersiening van ʼn beweerde administratiewe oorskryding van bevoegdheid of onreëlmatigheid sal toelaat, al is al die interne regsmiddele nie uitgeput nie, moet die beperkingsbepaling altyd in gedagte gehou word : Die reg op toegang tot die howe kan beperk word, mits daar aan die vereistes van Artikel 36 voldoen word. Een regverdiging vir die aandrang daarop dat interne regsmiddels uitgeput word, is dat dit sal help om te voorkom dat die howe oorstroom word deur sake wat doeltreffender deur die administrasie self hanteer sou kon word. Artikel 7(2)(a) bepaal dat geen hof of tribunaal ʼn administratiewe handeling mag hersien nie, tensy die interne regsmiddels waarvoor in enige regsvoorskrif voorsiening gemaak is, eers uitgeput is. Wanneer ʼn hof of tribunaal nie daarvan oortuig is dat die interne regsmiddele uitgeput is nie, moet hy die betrokke persoon gelas om eers daardie middele uit te put, voordat hy of sy verrigtinge vir geregtelike hersiening in ʼn hof of tribunaal aanhangig maak (sien Artikel 7(2)(b)). Clive Plasket is die mening toegedaan dat geargumenteer kan word dat Artikel 7(2) van PAJA ʼn grondwetlike inbreukmaking is op die reg van toegang tot howe soos gestel in Artikel 34 van die Grondwet. 956

957 2002(2) BCLR 171 (C). 958 2005(2) ALL SA 535 (SE). 959 2005(2) ALL SA 535 (SE). 474 PAJA maak wel in uitsonderlike gevalle vir vrystelling van die verpligting om interne regsmiddele uit te put, voorsiening, naamlik waar dit in die belang van geregtigheid nodig geag word. Die betrokke persoon moet om sodanige vrystelling aansoek doen. Nadat die Reëlsraad prosedurereëls opgestel en in werking gestel het, kan ʼn geding kragtens die Wet in ʼn Hoë Hof of ʼn Landdroshof ingestel word. As die eis egter op Artikel 33 berus, is die Hoë Hof die gepaste forum. Ingevolge Artikel 168(3) van die Grondwet, kan ʼn party, nadat die Hoë Hof ʼn beslissing gemaak het, na die Hoogste Hof van Appèl teen die beslissing appelleer. Algemeen gesproke sal die saak nie voorgesit word as die Hoogste Hof van Appèl eers ʼn beslissing gegee het nie. Die applikant kan egter (vanaf enige hof) na die Konstitusionele Hof appelleer, mits die aangeleentheid oor ʼn grondwetlike kwessie handel. ʼn Voorbeeld van die toepassing van Artikel 7(2)(a) van PAJA word gevind in die beslissing van Marais v Democratic Alliance. 957 Die applikant het aangevoer dat die Artikel nie van toepassing was op die dispuut tussen die partye nie, aangesien Artikel 7(2)(a) van PAJA bepaal dat ʼn interne remedie, voorsien in enige ander reg, eers uitgeput moet word, alvorens die hof vir regshulp genader moes word. Die hof het beslis dat die grondwet van die Demokratiese Party nie vir die vereistes van ander reg – (“other law”) ingevolge Artikel 7(2)(a) van PAJA gekwalifiseer het nie. “Reg” moet ooreenkomstig die definisie verleen in Artikel 2 van die Interpretasiewet 33 van 1957 vertolk word. Dit beteken ʼn wet, proklamasie, ordonnansie of parlementswet, of enige ander bepaling wat regskrag het. Die grondwet van die Demokratiese Party voldoen nie aan die vereistes van ʼn magtigende bepaling nie. Indien wel, sou die respondent se grondwet as wet ingesluit word. In Ntame v MEC; Department of Social Development, Eastern Cape, 958 Mnyaka v MEC, Department of Social Development, Eastern Cape, 959 het regter Plasket oorweging geskenk aan die bepalings van Artikel 7(2) van PAJA, waar die applikante versoek het dat die hof hulle vrystel van die nakoming van die bepalings van Artikel 7(2) om eers alle interne remedies na te kom, alvorens die hof genader word om die hersieningsaansoek te oorweeg. Die hof, obiter gesproke, beslis dat die bevel nie nodig is nie : “Even if the PAJA had applied, such an order would not have been necessary because section 7(2) merely defers the right of access until any internal remedy provided by any law has been exhausted, or the time period for utilising that internal remedy has expired. Section 7(2) certainly does not oust the jurisdiction of the courts when an applicant has chosen not to utilise

956 Sien Plasket, 2002:50.

473

Is die uitputting van interne remedies, alvorens ʼn hof vir hersiening genader word,

konstitusioneel verantwoordbaar?

Artikel 34 van die Finale-Grondwet handel oor die toegang tot howe en bepaal soos

volg :

“Elkeen het die reg dat ʼn geskil wat deur die toepassing van die reg besleg kan

word, in ʼn billike openbare verhoor beslis kan word voor ʼn hof of, waar dit

gepas is, ʼn ander onafhanklike en onpartydige tribunaal of forum”.

Die vraag ontstaan nou of Artikel 34 van die Grondwet die vereiste afskaf dat interne

regsmiddele eers uitgeput moet word. Enersyds kan geargumenteer word dat

hierdie fundamentele reg, vervat in Artikel 34, die individu in staat stel om interne

kontrolemaatreëls te verontagsaam, op grond daarvan dat dit nie onafhanklike en

onpartydige forums is nie, en om regstreeks na die hof te gaan. Dit blyk nie of

hierdie argument water hou nie, aangesien dit nie die uitwerking van die

beperkingsbepaling (Artikel 36 van die Grondwet) in ag neem nie.

Beperking ingevolge Artikel 36 kan gevolglik regmatig vereis dat interne regsmiddele

eers uitgeput moet word. Die howe kan nie toelaat dat hulle nog meer oorlaai word

nie.

Hoewel dit dus moontlik is dat die howe geregtelike hersiening van ʼn beweerde

administratiewe oorskryding van bevoegdheid of onreëlmatigheid sal toelaat, al is al

die interne regsmiddele nie uitgeput nie, moet die beperkingsbepaling altyd in

gedagte gehou word : Die reg op toegang tot die howe kan beperk word, mits daar

aan die vereistes van Artikel 36 voldoen word. Een regverdiging vir die aandrang

daarop dat interne regsmiddels uitgeput word, is dat dit sal help om te voorkom dat

die howe oorstroom word deur sake wat doeltreffender deur die administrasie self

hanteer sou kon word.

Artikel 7(2)(a) bepaal dat geen hof of tribunaal ʼn administratiewe handeling mag

hersien nie, tensy die interne regsmiddels waarvoor in enige regsvoorskrif

voorsiening gemaak is, eers uitgeput is.

Wanneer ʼn hof of tribunaal nie daarvan oortuig is dat die interne regsmiddele

uitgeput is nie, moet hy die betrokke persoon gelas om eers daardie middele uit te

put, voordat hy of sy verrigtinge vir geregtelike hersiening in ʼn hof of tribunaal

aanhangig maak (sien Artikel 7(2)(b)). Clive Plasket is die mening toegedaan dat

geargumenteer kan word dat Artikel 7(2) van PAJA ʼn grondwetlike inbreukmaking is

op die reg van toegang tot howe soos gestel in Artikel 34 van die Grondwet. 956

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!