02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

467

• Wat regmatige, prosedureel billike en regverdigbare administratiewe optrede

ingevolge Artikel 124 van die Interim Grondwet uitmaak, kan nie een ding ingevolge

die Grondwet beteken, en iets anders ingevolge die gemenereg nie.

• Geregtelike hersiening van openbare bevoegdheid is ʼn grondwetlike

aangeleentheid, wat kragtens die Grondwet en ooreenkomstig die bepalings

daarvan geskied.

• Die inherente hersieningsbevoegdhede van die hof (met betrekking tot

administratiewe optrede) word onder grondwetlike hersiening gesubsumeer.

2. REGSBEVOEGDHEID

Artikel 6(1) bepaal dat enige persoon verrigtinge in ʼn hof of tribunaal aanhangig kan maak

vir die geregtelike hersiening van administratiewe optrede (“any person may institute

proceedings in a court or a tribunal for the judicial review of an administrative action”). Dit

is duidelik dat hierdie Subartikel vertolk moet word in die lig van Artikel 38 van die

Grondwet, wat voorsiening maak vir uitgebreide regsbevoegdheid om die regte vervat in

die Handves van Menseregte af te dwing. Aangesien administratiewe geregtigheid as ʼn

fundamentele reg by die Handves van Menseregte ingesluit is, sal hierdie uitgebreide

regsbevoegdheid ook administratiewe optrede omvat. Die volgende persone kan dus

aansoek doen om die geregtelike hersiening van administratiewe optrede :

• Iemand wat in eie belang optree.

• Iemand wat optree namens iemand anders, wat nie in eie naam kan optree nie.

• Iemand wat in eie belang as ʼn lid van ʼn groep of klas persone optree.

• Iemand wat in openbare belang optree.

• ʼn Vereniging wat in belang van sy lede optree.

Die uitbreiding van regsbevoegdheid tot klas-aksies (groepsgedinge), diegene wat in die

openbare belang optree en verenigings wat namens hulle lede optree, is baie belangrik vir

die administratiefreg. ʼn Groepsgeding, waardeur ʼn bepaalde persoon ʼn geding teen die

staat instel ten behoewe van ʼn groot groep, of klas persone, sal byvoorbeeld die koste

versprei tussen diegene in die groep, of klas, wat waarskynlik die finansiële las van die

individue wat betrokke is, drasties sal verlig. Besorgde omgewingsbewustes sal ook locus

standi hê in omgewingskwessies waarby die staat betrokke is, byvoorbeeld lug- of

waterbesoedeling. 946

946 Sien Van Huysteen v Minister of Environmental Affairs and Tourism 1996(1) SA 283 (K).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!