Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

óf ʼn tribunaal, óf ʼn minister. Die prosedure wat gevolg moet word, word gewoonlik in die magtigende Wet voorgeskryf. Die kommissie interpreteer sy opdrag as sou dit beperk wees tot hierdie gevalle - dit wil sê tot die gevalle waar die sogenaamde verdere beslissing deur ʼn tribunaal of ʼn minister geneem word, nadat ʼn spesiale voorgeskrewe prosedure gevolg is. Die kommissie het ook daarin geslaag om een van die grootste gebreke in die stelsel van interne beroep in Engeland uit te wys. 73 Dit is duidelik dat dit ook probleme skep in die Suid-Afrikaanse Administratiefregstelsel. Waar daar wel spesiale prosedures bestaan ingevolge waarvan die wetgewer van die administrasie verwag om sekere beslissings te neem, moet dit volgens die kommissie die kenmerke van “openness, fairness and impartiality” vertoon. Die kommissie se standpunt was dat die tribunale nie met die gewone howe vergelyk kan word nie, maar ook nie as ʼn deel van die betrokke staatsdepartement beskou moet word nie : “We consider that tribunal’s should properly be regarded as machinery provided by Parliament for adjudication rather then as part of the machinery of administration.” Ongelukkig bepaal die betrokke magtigende wette nie altyd uitdruklik dat die lede van tribunale nie ook lede van die staatsdiens mag wees nie. Die Franks-kommissie het weldra sekere belangrike aanbevelings ten opsigte van die samestelling en funksionering van tribunale gemaak. Die volgende kan vermeld word : (1) ʼn Toesighoudende en adviserende liggaam ten opsigte van die samestelling en funksionering van bestaande en toekomstige tribunale behoort ingestel te word. Hierdie liggaam, genoem die Council on Tribunals, behoort deur die Lord Chancellor aangestel te word en behoort aan hom en nie die Eerste Minister nie, verantwoording te doen. (2) Voorsitters van tribunale behoort deur die Lord Chancellor aangestel te word, terwyl die lede van die tribunale deur die Council on Tribunals aangestel word. (3) Voorsitters van tribunale wat as ʼn instansie van appèl optree, behoort regskwalifikasies te hê. 73 Franks kommissie 1957:2 & 3 “But over most of the field of public administration no formal procedure is provided for objecting or deciding on objections. For example, when foreign currency or a scarce commodity such as petrol or coal is rationed or allocated, there is no other body to which an individual applicant can appeal if the responsible administrative authority decided to allow him less than he has requested. Of course the aggrieved individual can always complain to the appropriate administrative authority, to his member of Parliament, to a representative organisation or to the press. But there is no formal procedure on which he can insist.” 35

(4) ʼn Klerk behoort tot tribunale toegevoeg te word, maar hulle behoort nie toegelaat te word om by die beraadslagings van die tribunale teenwoordig te wees nie. (5) Die informele atmosfeer waarin tribunale hul werksaamhede verrig, behoort nie tot die onordelikheid van die prosedure wat gevolg word, aanleiding te gee nie. Die ideaal is om ʼn formele prosedure met ʼn informele atmosfeer te kombineer. Indien moontlik, behoort tribunale hul eie akkommodasie weg van enige staatsdepartement se kantore te hê. (6) Die individu behoort vroegtydig in kennis gestel te word van die belangrikste kwessies waarop hy homself voor die tribunaal moet verantwoord. (7) Verrigtinge van tribunale behoort in die openbaar plaas te vind, behalwe waar die openbare veiligheid of intieme persoonlike omstandighede dit anders noodsaak. (8) Tribunale behoort die bevoegdheid te hê om getuies te dagvaar en die eed af te neem. (9) Regsverteenwoordiging behoort toegelaat te word. (10) Belanghebbende partye behoort toegelaat te word om getuies te ondervra. (11) Redes vir beslissings behoort verskaf te word. (12) Appèl vanaf die beslissing van ʼn tribunaal na ʼn minister behoort nie toegelaat te word nie. (13) Belangrike beslissings van tribunale wat as appèlinstansies optree, behoort gepubliseer en onder laer tribunale gesirkuleer te word. Afgesien van die kommissie se ondersoek na die samestelling en funksionering van tribunale, het die kommissie ook ondersoek gedoen na daardie gevalle waar dit aan ʼn minister opgedra word om ʼn beslissing te maak nadat besware van ontevredenes ontvang is, welke beslissing deur ʼn spesiale voorgeskrewe prosedure voorafgegaan moet word. Die kommissie praat in hierdie verband van “administrative procedures involving an enquiry or hearing” en het veral die prosedures wat by die verkryging van grond gevolg het, in gedagte. Die bevindinge van die kommissie is nietemin ook vir ander soortgelyke prosedures van belang. Die belangrikste aanbevelings van die kommissie rakende hierdie gedeelte van die ondersoek, kan soos volg saamgevat word : 36

(4) ʼn Klerk behoort tot tribunale toegevoeg te word, maar hulle behoort nie

toegelaat te word om by die beraadslagings van die tribunale teenwoordig te

wees nie.

(5) Die informele atmosfeer waarin tribunale hul werksaamhede verrig, behoort

nie tot die onordelikheid van die prosedure wat gevolg word, aanleiding te gee

nie. Die ideaal is om ʼn formele prosedure met ʼn informele atmosfeer te

kombineer. Indien moontlik, behoort tribunale hul eie akkommodasie weg van

enige staatsdepartement se kantore te hê.

(6) Die individu behoort vroegtydig in kennis gestel te word van die belangrikste

kwessies waarop hy homself voor die tribunaal moet verantwoord.

(7) Verrigtinge van tribunale behoort in die openbaar plaas te vind, behalwe waar

die openbare veiligheid of intieme persoonlike omstandighede dit anders

noodsaak.

(8) Tribunale behoort die bevoegdheid te hê om getuies te dagvaar en die eed af

te neem.

(9) Regsverteenwoordiging behoort toegelaat te word.

(10) Belanghebbende partye behoort toegelaat te word om getuies te ondervra.

(11) Redes vir beslissings behoort verskaf te word.

(12) Appèl vanaf die beslissing van ʼn tribunaal na ʼn minister behoort nie toegelaat

te word nie.

(13) Belangrike beslissings van tribunale wat as appèlinstansies optree, behoort

gepubliseer en onder laer tribunale gesirkuleer te word.

Afgesien van die kommissie se ondersoek na die samestelling en funksionering van

tribunale, het die kommissie ook ondersoek gedoen na daardie gevalle waar dit aan

ʼn minister opgedra word om ʼn beslissing te maak nadat besware van ontevredenes

ontvang is, welke beslissing deur ʼn spesiale voorgeskrewe prosedure voorafgegaan

moet word. Die kommissie praat in hierdie verband van “administrative procedures

involving an enquiry or hearing” en het veral die prosedures wat by die verkryging

van grond gevolg het, in gedagte. Die bevindinge van die kommissie is nietemin

ook vir ander soortgelyke prosedures van belang.

Die belangrikste aanbevelings van die kommissie rakende hierdie gedeelte van die

ondersoek, kan soos volg saamgevat word :

36

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!