Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

447 • die grondwetlike reg op regverdigbare administratiewe optrede die vereiste van eweredigheid tussen middel en doel omvat, • die rol van die howe nie meer beperk is tot ʼn ondersoek van die manier waarop die besluit geneem is nie, maar ook die wese en meriete van die besluit insluit, • die toets van regverdigbaarheid objektief is en dat die besluit objektief gemotiveer kan word aan die hand van die drie vereistes van gepastheid, nodigheid en eweredigheid, • die regverdigbaarheidstoets ʼn redelikheidstoets is, • administratiewe optrede eerstens aan die vereistes van gepastheid, nodigheid en eweredigheid moet voldoen, en daarna aan die vereiste van regverdigbaarheid in verhouding tot die redes wat verskaf is en dat • die doel van die besluitnemende liggaam bepaal moet word, ten einde gepastheid en nodigheid te evalueer. In die Carephone-saak het die hof gesê dat daar ʼn aantal beslissings van die Hoë Howe, is wat aantoon dat die uitwerking van die administratiewe geregtigheidsbepaling is dat die bestek van die geregtelike hersiening van administratiewe optrede verbreed word. Die haak waaraan hierdie uitgebreide bestek hang is volgens die hof, die grondwetlike bepaling dat administratiewe optrede regverdigbaar moet wees met betrekking tot die redes wat daarvoor verskaf is. Die bepaling voer ʼn vereiste van rasionaliteit in die meriete of resultaat van die administratiewe besluit in. Dit strek verder as die blote prosedurele onbehoorlikheid as ʼn hersieningsgrond, of irrasionaliteit bloot as bewys van prosedurele onbehoorlikheid. Waarnemende regter-president Froneman het voorts gesê dat daar al baie formulerings was van hierdie soort substantiewe rasionaliteit wat van administratiewe besluitnemers verwag word, soos “reasonableness, rationality, proportionality and the like”. Dit ly geen twyfel nie dat die beginsel van eweredigheid deur Artikel 36 van die Grondwet (die beperkingsbepaling) in ons reg ingevoer is. 914 Die beperkingsbepaling sluit dus spesifiek die vereiste van eweredigheid in, deurdat ʼn beperking redelik en regverdigbaar moet wees, en sekere spesifieke faktore in ag geneem moet word. Hierdie faktore – naamlik die aard van die reg, die belangrikheid van die doel van die beperking, die aard en omvang van die beperking, die verband tussen die beperking en die doel daarvan, en minder beperkende wyses om die doel te bereik, maak die elemente van die beginsel van eweredigheid uit. 914 Sien Regter Chaskalson se behandeling van die beperkingsklousule in S v Makwanyane 1995(3) SA 391 (CC) op 463.

448 Artikel 36 bepaal dat die beperking van regte kragtens ʼn algemeen geldende regsvoorskrif moet geskied. Dit word algemeen aanvaar dat die uitdrukking “algemeen geldende regsvoorskrif” die gemenereg, gewoontereg en wetgewing insluit. Daar is egter geen aanduiding of wetgewing primêre en ondergeskikte wetgewing insluit nie. In die konteks van die beperkingsbepaling wil dit voorkom of ondergeskikte wetgewing as algemeen geldende regsvoorskrifte kwalifiseer, maar dat individuele administratiewe optrede nie ingesluit is nie. Binne die konteks van Artikel 36 sal die beginsel van eweredigheid dus slegs op ondergeskikte wetgewing van toepassing wees, dit wil sê, op ministeriële regulasies en proklamasies. Dit word egter aan die hand gedoen dat die benadering wat die hof in Roman v Williams NO gevolg het, sal bly geld. Die vereiste van eweredigheid sal nie net vir die algemene administratiefregtelike verhouding geld nie, maar ook vir die individuele verhouding. ʼn Soortgelyke benadering word in die Engelse Reg gevolg. Daar word ook aangevoer dat Artikel 6(2)(f)(ii)(dd) nie net voorsiening maak vir rasionaliteitshersiening nie (in die sin dat irrasionele en arbitrêre besluite ongeldig is), maar ook vir ʼn eweredigheidstoets. Administratiewe optrede wat nóg gepas, nóg nodig is om die doel gestel in die magtigende bepaling te bereik, is met ander woorde, oneweredig. Insgelyks sal die administratiewe optrede oneweredig wees, as die nadeel wat aan die individu berokken is, oneweredig tot die wins vir die gemeenskap is. Hoe kan ʼn mens vasstel of daar aan die rasionaliteits- en eweredigheidsvereistes voldoen is? Soos reeds genoem, moet die vierledige rasionaliteitstoets, vervat in PAJA, toegepas word Daarvolgens moet die volgende benadering gevolg word : • Die gepastheid van die administratiewe handeling moet bepaal word, deur die doel van die uitoefening van die bevoegdheid (Artikel 6(2)(f)(ii)(aa) en die doel waarmee die optrede verrig is, vas te stel. Hierdie vasstelling is objektief en beteken dat die administrateur die mees gepaste maatreël moet kies om die gewenste doel te bereik. • Wanneer die verskillende gepaste maniere om die doel te bereik bepaal is, moet die administrateur dié een kies wat die minste nadeel vir die individu wat geraak word meebring (in die geval van die regulerende maatreëls), of vir die gemeenskap in die algemeen (in die geval van bevooroordelende maatreëls). • Daar moet ʼn behoorlike balans (ewewig) wees tussen die voordele en nadele van die doel wat bereik word deur die verrigting van die betrokke administratiewe handeling. Die benadeling vir die individu of

448

Artikel 36 bepaal dat die beperking van regte kragtens ʼn algemeen

geldende regsvoorskrif moet geskied. Dit word algemeen aanvaar dat die

uitdrukking “algemeen geldende regsvoorskrif” die gemenereg,

gewoontereg en wetgewing insluit. Daar is egter geen aanduiding of

wetgewing primêre en ondergeskikte wetgewing insluit nie. In die konteks

van die beperkingsbepaling wil dit voorkom of ondergeskikte wetgewing as

algemeen geldende regsvoorskrifte kwalifiseer, maar dat individuele

administratiewe optrede nie ingesluit is nie. Binne die konteks van Artikel

36 sal die beginsel van eweredigheid dus slegs op ondergeskikte wetgewing

van toepassing wees, dit wil sê, op ministeriële regulasies en proklamasies.

Dit word egter aan die hand gedoen dat die benadering wat die hof in

Roman v Williams NO gevolg het, sal bly geld. Die vereiste van

eweredigheid sal nie net vir die algemene administratiefregtelike verhouding

geld nie, maar ook vir die individuele verhouding. ʼn Soortgelyke benadering

word in die Engelse Reg gevolg.

Daar word ook aangevoer dat Artikel 6(2)(f)(ii)(dd) nie net voorsiening maak

vir rasionaliteitshersiening nie (in die sin dat irrasionele en arbitrêre besluite

ongeldig is), maar ook vir ʼn eweredigheidstoets. Administratiewe optrede

wat nóg gepas, nóg nodig is om die doel gestel in die magtigende bepaling

te bereik, is met ander woorde, oneweredig. Insgelyks sal die

administratiewe optrede oneweredig wees, as die nadeel wat aan die

individu berokken is, oneweredig tot die wins vir die gemeenskap is.

Hoe kan ʼn mens vasstel of daar aan die rasionaliteits- en

eweredigheidsvereistes voldoen is? Soos reeds genoem, moet die

vierledige rasionaliteitstoets, vervat in PAJA, toegepas word Daarvolgens

moet die volgende benadering gevolg word :

• Die gepastheid van die administratiewe handeling moet bepaal word,

deur die doel van die uitoefening van die bevoegdheid (Artikel

6(2)(f)(ii)(aa) en die doel waarmee die optrede verrig is, vas te stel.

Hierdie vasstelling is objektief en beteken dat die administrateur die

mees gepaste maatreël moet kies om die gewenste doel te bereik.

• Wanneer die verskillende gepaste maniere om die doel te bereik

bepaal is, moet die administrateur dié een kies wat die minste nadeel

vir die individu wat geraak word meebring (in die geval van die

regulerende maatreëls), of vir die gemeenskap in die algemeen (in die

geval van bevooroordelende maatreëls).

• Daar moet ʼn behoorlike balans (ewewig) wees tussen die voordele en

nadele van die doel wat bereik word deur die verrigting van die

betrokke administratiewe handeling. Die benadeling vir die individu of

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!