Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

904 2001(4) SA 1038 (LAC). 443 verskaf. Die regsprekende gesag was ook nie konsekwent in die hersiening van die administrasie se versuim om redes te verskaf nie. Die algemene benadering was dat die administrateurs wat ʼn wye of sogenaamde vrye diskresionêre bevoegdheid uitoefen, hulle eie besluite neem en dus nie redes hoef te verskaf nie. Dit blyk dat die weiering om redes te verskaf, individue erg benadeel het. Hulle het nie geweet hoe om die geldigheid van die betrokke optrede te betwis nie. Daar was dus geen duidelikheid oor die eintlike basis of grond waarop ʼn mosie om hersiening van die verrigtinge gebaseer kan word nie. Die insluiting van hierdie statutêre hersieningsgrond het daardie probleme uit die weg geruim, in die sin dat dit oop, deursigtige en verantwoordingspligtige regering bevorder, aangesien alle administrateurs nou ʼn rasionele verband tussen die redes en die besluit self moet kan toon. Die doel van die verskaffing van redes is tweërlei : - Eerstens stel dit die individu tevrede dat sy of haar aansoek of aangeleentheid oorweeg is; en - tweedens, verseker dit administratiewe verantwoordingspligtigheid. Die besluitnemer word gedwing om die toepaslike oorwegings korrek en noukeurig te evalueer in die wete dat die redes ongetwyfeld enige foutiewe toepassing van die feite of die reg sal weerspieël, wat sal beteken dat die besluit aan hersiening onderworpe sal wees. Die uitwerking van hierdie hersieningsgrond, gelees saam met Artikel 5 van die Wet, is die volgende : • Op enkele uitsonderings na het alle administrateurs die plig om redes te verskaf. • Die optrede moet rasioneel met die redes daarvoor verband hou. Dit word aan die hand gedoen dat daar, buiten hierdie vier rasionaliteitstoetse, ʼn verdere rasionaliteitsvereiste is, naamlik proporsionaliteit, wat ʼn redelike verband tussen ʼn administratiewe besluit en die feite en omstandighede van die betrokke aangeleentheid vereis. Die uitleg van Artikel 6(2)(f)(ii)(dd) is in die arbeidsappèlhofsaak van Shoprite Checkers (Pty) Limited v Ramdaw NO904 oorweeg. In hierdie beslissing het die hof sonder om die Carephone (Pty) Limited v Marcus

444 NO905-saak goed te keur, die beslissing in laasgenoemde saak gehandhaaf. Die hof het die feitegeskil voor hom beslis op die grondslag asof Artikel 6(2)(f)(ii)(dd) van toepassing was. Die hof het die inhoud van laasgenoemde artikel ingelees, asof dit in wese dieselfde was as die rasionaliteitstandaard in Carephone. Die hof vra in die Carephone-saak tereg die volgende vraag : “Is there a rational objective basis justifying the conclusion made by the administrative decision-maker between the material properly available to him or her and the conclusion he or she eventually arrived at?” 906 In Durbsinvest (Pty) Limited v Town and Regional Planning Commission Kwa Zulu Natal907 word ʼn vergelyking getref tussen Artikels 6(2)(f)(ii)(bb) en 6(2)(f)(ii)(dd) van PAJA. 4.11.5 DIE VEREISTE VAN EWEREDIGHEID (PROPORSIONALITEIT) AAN DIE HAND VAN REGSPRAAK (ARTIKEL 6(2)(f)(ii)(dd) BUITELANDSE REG Jowell en Lester omskryf die eweredigheidsbeginsel soos volg : 908 “As it has developed in European law and as it has been applied in English law, proportionality is a principle that requires a reasonable relation between a decision, its objectives and the circumstances of a given case. It requires the pursuit of legitimate ends by means that are not oppressively excessive. It looks therefore largely to the substance of decisions rather than the way in which they are reached, but it also requires the decision maker not manifestly to ignore significant alternatives or interests.” In die Engelse Reg het die eweredigheidstoets eerder betrekking op die kern van die saak, as op prosedurele aangeleenthede, of legaliteitskwessies (in die sin van nakoming van die bepalings van die magtigende wet). Daar kan met Jowell en Lester saamgestem word dat die beginsel betrekking het op die middele wat deur die besluitnemer toegepas word en die vereiste dat die middele aldus toegepas, nie dit wat redelikerwys nodig is om die regmatige doeleindes daarvan te bereik, te bowe moet gaan nie – ʼn mens moet nie ʼn voorhamer gebruik om ʼn neut te kraak nie. 905 1999(3) SA 304 (LAC). 906 1999(3) SA 304 (LAC), Paragraaf 37. Sien ook Derby Lewis v Chairman, Amnesty Committee of the Truth and Reconciliation Commission 2001(3) SA 1033 (C) 1065, Durbsinvest (Pty) Limited v Town and Regional Planning Commission Kwa Zulu-Natal 2001(4) SA 103 (N) 108. 907 2001(4) SA 103 (N) 108, 106-7. 908 Jowell en Lester, 1988:51.

444

NO905-saak goed te keur, die beslissing in laasgenoemde saak gehandhaaf.

Die hof het die feitegeskil voor hom beslis op die grondslag asof Artikel

6(2)(f)(ii)(dd) van toepassing was. Die hof het die inhoud van

laasgenoemde artikel ingelees, asof dit in wese dieselfde was as die

rasionaliteitstandaard in Carephone.

Die hof vra in die Carephone-saak tereg die volgende vraag :

“Is there a rational objective basis justifying the conclusion made by the

administrative decision-maker between the material properly available

to him or her and the conclusion he or she eventually arrived at?” 906

In Durbsinvest (Pty) Limited v Town and Regional Planning Commission

Kwa Zulu Natal907 word ʼn vergelyking getref tussen Artikels 6(2)(f)(ii)(bb) en

6(2)(f)(ii)(dd) van PAJA.

4.11.5 DIE VEREISTE VAN EWEREDIGHEID (PROPORSIONALITEIT) AAN DIE

HAND VAN REGSPRAAK (ARTIKEL 6(2)(f)(ii)(dd)

BUITELANDSE REG

Jowell en Lester omskryf die eweredigheidsbeginsel soos volg : 908

“As it has developed in European law and as it has been applied in

English law, proportionality is a principle that requires a reasonable

relation between a decision, its objectives and the circumstances of a

given case. It requires the pursuit of legitimate ends by means that are

not oppressively excessive. It looks therefore largely to the substance

of decisions rather than the way in which they are reached, but it also

requires the decision maker not manifestly to ignore significant

alternatives or interests.”

In die Engelse Reg het die eweredigheidstoets eerder betrekking op die

kern van die saak, as op prosedurele aangeleenthede, of legaliteitskwessies

(in die sin van nakoming van die bepalings van die magtigende wet). Daar

kan met Jowell en Lester saamgestem word dat die beginsel betrekking het

op die middele wat deur die besluitnemer toegepas word en die vereiste dat

die middele aldus toegepas, nie dit wat redelikerwys nodig is om die

regmatige doeleindes daarvan te bereik, te bowe moet gaan nie – ʼn mens

moet nie ʼn voorhamer gebruik om ʼn neut te kraak nie.

905 1999(3) SA 304 (LAC).

906 1999(3) SA 304 (LAC), Paragraaf 37. Sien ook Derby Lewis v Chairman, Amnesty Committee of the Truth and Reconciliation Commission 2001(3) SA

1033 (C) 1065, Durbsinvest (Pty) Limited v Town and Regional Planning Commission Kwa Zulu-Natal 2001(4) SA 103 (N) 108.

907 2001(4) SA 103 (N) 108, 106-7.

908 Jowell en Lester, 1988:51.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!