Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

435 Artikel oor administratiewe geregtigheid en die Wet strek egter verder as die gemeenregtelike beginsels. Dit sal dus interessant wees om te sien of so ʼn eerlike of foutiewe misbruik van mag as mala fides binne die betekenis van Artikel 6(2)(e)(v) van die Wet beskou sal word. Aangesien bona fides betrekking het op die administrateur se subjektiewe gesindheid, word daar by mala fide-optrede vermoed dat hy of sy geweet het dat die optrede onregmatig (ongeldig) was, maar nietemin voortgegaan het om die handeling te verrig. Goeie trou (bona fides) is ʼn gesindheid wat alle administratiewe aktiwiteit deursuur. Indien die administrateur te kwader trou handel, kan daar nie gesê word dat hy of sy voldoen het aan die vereistes van regmatigheid, of administratiewe legaliteit nie. In die gemenereg word die vraag dikwels gevra of ʼn administratiewe handeling in elke opsig geldig en nogtans mala fide kan wees. Wat belangrik is, is dat indien daar aan al die vereistes vir administratiewe geldigheid voldoen is, die administrateur se gesindheid (of dit bona fide of mala fide is), irrelevant is. As die handeling daarenteen ongeldig is weens die nie-nakoming van een of meer van die vereistes, kan die administrateur se kwade trou of onregmatigheid ʼn verswarende uitwerking hê. Die subjektiewe gesindheid is dan egter nie die oorsaak van die ongeldigheid nie. In sommige sake het die howe bevind dat die amptenaar mala fide gehandel het, selfs in gevalle waar daar geen skuld was nie. 883 Hierdie tipe mala fide-optrede sal dan betrekking hê op ernstige pligsversuim, wat te goeder trou gepleeg is. Die mala fides kom dus neer op ʼn soort indirekte bewustheid van onregmatigheid – die versuim om aan die wetlike vereistes te voldoen was so blatant, dat die amptenaar moes geweet het, of behoort te geweet, het dat die handeling ongeldig was. In die gemenereg is die volgende belangrike gevolge gekoppel aan opsetlike, kwaadwillige nie-nakoming van die vereistes vir geldige administratiewe optrede (mala fide-optrede): • Indien ʼn Wet vereis dat interne regsmiddele uitgeput moet wees, voordat die hof vir geregtelike hersiening genader kan word, maak die mala fideverontagsaming van regsvereistes deur ʼn amptenaar of administratiewe liggaam hierdie vereiste nietig. ʼn Verontregte party het gevolglik ʼn onmiddellike reg op geregtelike hersiening, ondanks die feit dat die interne regsmiddele nie uitgeput is nie. 883 Leach v Secretary for Justice, Transkeian Government 1965(3) SA 1 (OK).

436 • Wanneer mala fides bewys word, sal die hersieningshof die bepaalde handeling wat deur die owerheid verrig moet word, voorskryf, eerder as om die aangeleentheid vir heroorweging terug te verwys. • Die staat is aanspreeklik vir die ongeldige administratiewe handelinge van amptenare of organe, wat mala fide verrig word, selfs wanneer sodanige aanspreeklikheid uitgesluit, of andersins beperk is. 4.10 DIE BEPALING VAN ARTIKEL 6(2)(e)(vi) VAN PAJA : DIE OPTREDE IS OP ARBITRÊRE OF WILLEKEURIGE WYSE VERRIG Die grondslag van ʼn demokratiese regering is die beperking van arbitrêre mag. Die Handves van Menseregte lê die arbitrêre beperking van fundamentele regte, met inbegrip van die reg op administratiewe geregtigheid, effektief aan bande. In Hugo v President of the Republic of South Africa 884 het die hof beslis die howe is: “....... indeed the only protection which members of the public have against arbitrary or unconstitutional conduct in the part of the Executive as is the Constitutional Court against unconstitutional legislation passed by the legislature.” Die grond vir geregtelike hersiening, vervat in Artikel 6(2)(e)(vi) van PAJA, het ook betrekking op die uitoefening van die administrateur se diskresionêre bevoegdheid. In die verlede het die howe in sommige gevalle aanvaar dat diskresionêre bevoegdhede vry en onbeperk (wyd) is, bloot omdat daar geen statutêre reëls met betrekking tot die uitoefening van die diskresie was nie. Daar moet besef word dat geen bevoegdheid onbeperk is nie, en dat die uitoefening van alle bevoegdheid, insluitende diskresionêre bevoegdheid, altyd aan grondliggende regsvoorskrifte onderworpe is. Selfs wanneer diskresie ʼn keuse behels (die aanwesigheid van ʼn element van keuse tussen twee of meer moontlikhede), is dit altyd ʼn beperkte keuse. In Goldberg v Minister of Prisons885 het hoofregter Corbett erken dat ʼn onbeperkte diskresie in enige staat ʼn “contradictio in terminis” is. Baxter886 is van mening dat irrasionele, willekeurige of arbitrêre optrede die uiterste vorm van onredelikheid is. 887 Die saak van Livestock and Meat Industries Control Board v Robert S William (Pty) Limited888 illustreer die geregtelike benadering tot arbitrêre en willekeurige besluite. Die Vleisraad het geweier om aan die applikant ʼn registrasiesertifikaat uit te reik, ondanks die feit dat een drie maande tevore aan hom verleen is. ʼn Volle regbank 884 1996(4) SA 1012(D) op 1019. 885 1979(1) SA 14 (A). 886 Baxter, 1984:521. 887 Dit is interessant dat arbitrêre en willekeurige optrede in die Amerikaanse Reg in die algemene kategorie van onredelike, hersienbare optrede val. 888 1963(4) SA 592 (T).

436

• Wanneer mala fides bewys word, sal die hersieningshof die bepaalde

handeling wat deur die owerheid verrig moet word, voorskryf, eerder as om

die aangeleentheid vir heroorweging terug te verwys.

• Die staat is aanspreeklik vir die ongeldige administratiewe handelinge van

amptenare of organe, wat mala fide verrig word, selfs wanneer sodanige

aanspreeklikheid uitgesluit, of andersins beperk is.

4.10 DIE BEPALING VAN ARTIKEL 6(2)(e)(vi) VAN PAJA : DIE OPTREDE IS OP

ARBITRÊRE OF WILLEKEURIGE WYSE VERRIG

Die grondslag van ʼn demokratiese regering is die beperking van arbitrêre mag. Die

Handves van Menseregte lê die arbitrêre beperking van fundamentele regte, met

inbegrip van die reg op administratiewe geregtigheid, effektief aan bande.

In Hugo v President of the Republic of South Africa 884 het die hof beslis die howe is:

“....... indeed the only protection which members of the public have against

arbitrary or unconstitutional conduct in the part of the Executive as is the

Constitutional Court against unconstitutional legislation passed by the

legislature.”

Die grond vir geregtelike hersiening, vervat in Artikel 6(2)(e)(vi) van PAJA, het ook

betrekking op die uitoefening van die administrateur se diskresionêre bevoegdheid.

In die verlede het die howe in sommige gevalle aanvaar dat diskresionêre

bevoegdhede vry en onbeperk (wyd) is, bloot omdat daar geen statutêre reëls met

betrekking tot die uitoefening van die diskresie was nie. Daar moet besef word dat

geen bevoegdheid onbeperk is nie, en dat die uitoefening van alle bevoegdheid,

insluitende diskresionêre bevoegdheid, altyd aan grondliggende regsvoorskrifte

onderworpe is. Selfs wanneer diskresie ʼn keuse behels (die aanwesigheid van ʼn

element van keuse tussen twee of meer moontlikhede), is dit altyd ʼn beperkte

keuse. In Goldberg v Minister of Prisons885 het hoofregter Corbett erken dat ʼn

onbeperkte diskresie in enige staat ʼn “contradictio in terminis” is.

Baxter886 is van mening dat irrasionele, willekeurige of arbitrêre optrede die uiterste

vorm van onredelikheid is. 887

Die saak van Livestock and Meat Industries Control Board v Robert S William (Pty)

Limited888 illustreer die geregtelike benadering tot arbitrêre en willekeurige besluite.

Die Vleisraad het geweier om aan die applikant ʼn registrasiesertifikaat uit te reik,

ondanks die feit dat een drie maande tevore aan hom verleen is. ʼn Volle regbank

884 1996(4) SA 1012(D) op 1019.

885 1979(1) SA 14 (A).

886 Baxter, 1984:521.

887 Dit is interessant dat arbitrêre en willekeurige optrede in die Amerikaanse Reg in die algemene kategorie van onredelike, hersienbare optrede val.

888 1963(4) SA 592 (T).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!