Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat
427 bepaalde wetsinstrument? Wanneer ʼn mens die doel van wetgewing wil bepaal, soek jy die duidelike en klaarblyklike doel – dit wil sê, jy wil die oogmerk, mikpunt, bestek of funksie van die Wet soos bepaal deur regtens erkende uitlegreëls, vasstel. Die belangrikste reël van wetsuitleg is dat die uitleg in die finale instansie die oogmerk van die wetgewing moet reflekteer. Die algemene doel van alle administratiewe optrede is om die openbare belang en die algemene welsyn te bevorder. Geen wetgewer mag hierdie basiese legaliteitsvereiste ignoreer nie. Afgesien van hierdie algemene doel, is daar ook die meer spesifieke doel vervat in die magtigende wetgewing. Die doel waarmee ʼn bevoegdheid verleen word, staan nie noodwendig net in verband met een aangeleentheid, byvoorbeeld verkeersregulering, die voorkoming van waterbesoedeling, of natuurbewaring nie. Die spesifieke doel vervat in die magtigende Wet kan ʼn breë of beperkte bestek hê. Die uitoefening van ʼn administratiewe bevoegdheid vir ʼn ongemagtigde doel kom neer op ʼn ultra vires-handeling in dié sin dat die nastrewing van daardie doel nie ʼn statutêre grondslag het nie. Die administrateur het dus nie die nodige statutêre magtiging vir sy of haar optrede nie. ʼn Administratiewe handeling wat aan ʼn ongemagtigde doel beantwoord, is ultra vires, al is die doel ook hoe aanbevelenswaardig of prysenswaardig, selfs al het die administratiewe liggaam heeltemal bona fide opgetree. Dit is waar dat die subjektiewe ingesteldheid van die administrateur gebruik kan word om vas te stel of die oogmerke wat ten doel gestel is, inderdaad deur die bepaalde administratiewe handeling bereik is. Dit is egter nie nodig om te bewys dat die administrateur geweet het dat hy of sy die bevoegdheid vir ʼn ongemagtigde doelwit uitgeoefen het nie, of dat daar ʼn bewuste voorneme by die administrateur was om die individu skade te berokken nie. In die praktyk is die gebruik van administratiewe bevoegdheid vir ʼn ongemagtigde doel dikwels die gevolg van burokratiese onkunde, of nalatigheid. In die gemenereg berus bewys van ʼn ongemagtigde doel op die resultaat, gevolge en uitwerking van die bepaalde optrede. Wanneer die resultaat van die administratiewe handeling duidelik toon dat ʼn ongeoorloofde doel gedien is, is die optrede om daardie rede ongeldig. Dit was nog altyd moeilik om bewys van die administrateur se subjektiewe ingesteldheid (met ander woorde die motief van die administrateur) te lewer. Die bewys van ʼn administrateur se motief is gewoonlik onvoldoende om die wantoepassing van administratiewe mag te bewys. PAJA meld egter nou spesifieke ongeoorloofde beweegredes as gronde vir geregtelike hersiening.
428 Ongeoorloofde doel sal nie ter sprake kom, wanneer die administrateur geen keuse of diskresie het nie – die sogenaamde ministeriële handeling. In sulke gevalle kom ongeoorloofde doel nie ter sprake nie, omdat daar nie van die administrateur verwag word om sy of haar eie oordeel te gebruik nie. Die gebruik van ʼn bevoegdheid vir ʼn ongeoorloofde doel kom ook nie ter sprake in die geval van geregtelike administratiewe handeling nie, omdat die doel van sulke handelinge regtens onbesproke is – die doel waarmee dit verrig word, is bo verdenking. ʼn Party mag dus nie die geregtelike administratiewe handeling bevraagteken, op grond daarvan dat dit vir ʼn ongeoorloofde doel verrig is nie, want regsekerheid vereis dat die doel van geregtelike administratiewe handelinge nie bevraagteken kan word nie. Wiechers stel dit soos volg : “Samevattend kan daar gesê word dat die vereiste van verwesentliking van die geoorloofde doel nie op sensuur van administratiewe ‘moraliteit’ dui nie, maar dat dit wel slaan op bewustelike nastrewing deur die administratiewe orgaan van ʼn ongeoorloofde doel en dat die bewustelike nastrewing van so ʼn doel in die uitwerking en gevolge van die handeling kenbaar gemaak moet word.” 863 4.6.2 UITOEFENING VAN ʼn BEVOEGDHEID WEENS ONGEOORLOOFDE BEWEEGREDES OM DIE OOGMERK VAN DIE REG TE VERYDEL (IN FRAUDEM LEGIS) In die verlede het die howe verkeerdelik die uitoefening van ʼn administratiewe bevoegdheid weens ʼn ongeoorloofde beweegrede gelykgestel aan fraus legis. So, byvoorbeeld, het die hof in Van Eck NO and Van Rensburg NO v Etna Stores864 die volgende gesê : “To profess to make use of a power which has been given by statute for one purpose only, while in fact using it for a different purpose, is to act in fraudem legis.” Fraus legis kom neer op opsetlike ontduiking van die bepalings van ʼn Wet deur skuiwergate daarin te gebruik. Dit is dus ʼn bedrieglike ontduiking van die bepalings van die wet. 863 Wiechers, 1984:265. Vir verdere voorbeelde uit gewysdes, waar bevoegdhede vir 'n ongeoorloofde doel gebruik is, sien Rikhoto v East Rand Administration Board 1983(4) SA 278 (WLD); Mackeson v Minister of Information, Immigration and Tourism and Another 1980(1) SA 747 (ZR); University of Cape Town v Ministers of Education and Culture (House of Assembly and House of Representatives) 1988(3) SA 203 (K); Basson v Provincial Commissioner (Eastern Cape), Department of Correctional Services 2003(4) BLLR 341 (LC); 2003 JOL 10780; Thatcher v Minister of Justice and Constitutional Development and Others 2005(1) ALL SA 373 (C); Seodin Primary School and Others v MEC of Education, Northern Cape and Others 2006(1) ALL SA 154 (NC). 864 1947(2) SA 984 (A).
- Page 387 and 388: 376 hierdie vereiste egter oorbodig
- Page 389 and 390: 378 Gesien in die lig van die belan
- Page 391 and 392: 777 2005(3) SA 156 (C). 778 2006(2)
- Page 393 and 394: Hoofstuk 5 REDES VIR ʼn ADMINISTRAT
- Page 395 and 396: Die waardes wat die verskaffing van
- Page 397 and 398: 386 Hoe openbaar moet die voor-vers
- Page 399 and 400: 388 word. Die vasgestelde-tydperkve
- Page 401 and 402: 390 het. In hierdie saak oor die re
- Page 403 and 404: 392 moet dra, so ʼn lys te publisee
- Page 405 and 406: 394 Grondwet, wat handel oor die ve
- Page 407 and 408: 396 In Maharaj v Chairman, Liquor L
- Page 409 and 410: 398 tendervoorwaarde, wat bepaal da
- Page 411 and 412: 400 maak vir die hersiening op gron
- Page 413 and 414: purportedly taken, is so unreasonab
- Page 415 and 416: 404 Die betrokke Wet (en die Grond
- Page 417 and 418: 406 ʼn Padvervoerraad wat gemagtig
- Page 419 and 420: 408 bevoegdheid is, wanneer die hoo
- Page 421 and 422: 410 nie. Die tweede respondent het
- Page 423 and 424: 412 4 van die Wet op die Raad op Ta
- Page 425 and 426: 414 Die toepassing van Artikel 6(2)
- Page 427 and 428: “Indien dit in enige stadium nada
- Page 429 and 430: 841 2004(1) SA 396 (SCA). 842 2004(
- Page 431 and 432: Hoe vertolk die howe die grondwetli
- Page 433 and 434: 422 (c) Die reg op prosedureel bill
- Page 435 and 436: 858 2003(4) SA 160 (T). 424 dit die
- Page 437: 426 Die hof het PAJA nie hier oorwe
- Page 441 and 442: 430 In Pretoria City Council v Meer
- Page 443 and 444: Rugby Football Union and Others (su
- Page 445 and 446: 434 Die lisensie is nie geweier omd
- Page 447 and 448: 436 • Wanneer mala fides bewys wo
- Page 449 and 450: 438 Wanneer ʼn amptenaar byvoorbeel
- Page 451 and 452: 899 1996(3) BCLR 417 (T). 900 1999(
- Page 453 and 454: 442 Ministers of Education and Cult
- Page 455 and 456: 444 NO905-saak goed te keur, die be
- Page 457 and 458: 446 die sluitingstye te verander, m
- Page 459 and 460: 448 Artikel 36 bepaal dat die beper
- Page 461 and 462: 450 In laasgenoemde geval, waar daa
- Page 463 and 464: 452 ongeldigheid, soos mala fides,
- Page 465 and 466: 454 Regter Friedman het bevind dat
- Page 467 and 468: 456 In die Roman v Williams NO-saak
- Page 469 and 470: 458 Daar kan geredeneer word dat di
- Page 471 and 472: presence of a rational connection b
- Page 473 and 474: 941 Currie en Klaaren, 2001:174. 46
- Page 475 and 476: (b) 90 days or 180 days referred to
- Page 477 and 478: 466 In Pharmaceutical Manufactures
- Page 479 and 480: 468 In Ferreira v Levin NO and Othe
- Page 481 and 482: 470 magtiging verleen om aan ʼn app
- Page 483 and 484: 472 verleen aan die hof die diskres
- Page 485 and 486: 957 2002(2) BCLR 171 (C). 958 2005(
- Page 487 and 488: Hoofstuk 8 ARTIKEL 8 VAN PAJA - REM
428

Ongeoorloofde doel sal nie ter sprake kom, wanneer die administrateur geen

keuse of diskresie het nie – die sogenaamde ministeriële handeling. In sulke

gevalle kom ongeoorloofde doel nie ter sprake nie, omdat daar nie van die

administrateur verwag word om sy of haar eie oordeel te gebruik nie.

Die gebruik van ʼn bevoegdheid vir ʼn ongeoorloofde doel kom ook nie ter

sprake in die geval van geregtelike administratiewe handeling nie, omdat die

doel van sulke handelinge regtens onbesproke is – die doel waarmee dit

verrig word, is bo verdenking. ʼn Party mag dus nie die geregtelike

administratiewe handeling bevraagteken, op grond daarvan dat dit vir ʼn

ongeoorloofde doel verrig is nie, want regsekerheid vereis dat die doel van

geregtelike administratiewe handelinge nie bevraagteken kan word nie.

Wiechers stel dit soos volg :

“Samevattend kan daar gesê word dat die vereiste van verwesentliking

van die geoorloofde doel nie op sensuur van administratiewe ‘moraliteit’

dui nie, maar dat dit wel slaan op bewustelike nastrewing deur die

administratiewe orgaan van ʼn ongeoorloofde doel en dat die

bewustelike nastrewing van so ʼn doel in die uitwerking en gevolge van

die handeling kenbaar gemaak moet word.” 863

4.6.2 UITOEFENING VAN ʼn BEVOEGDHEID WEENS ONGEOORLOOFDE

BEWEEGREDES OM DIE OOGMERK VAN DIE REG TE VERYDEL (IN

FRAUDEM LEGIS)

In die verlede het die howe verkeerdelik die uitoefening van ʼn

administratiewe bevoegdheid weens ʼn ongeoorloofde beweegrede

gelykgestel aan fraus legis. So, byvoorbeeld, het die hof in Van Eck NO and

Van Rensburg NO v Etna Stores864 die volgende gesê :

“To profess to make use of a power which has been given by statute for

one purpose only, while in fact using it for a different purpose, is to act in

fraudem legis.”

Fraus legis kom neer op opsetlike ontduiking van die bepalings van ʼn Wet

deur skuiwergate daarin te gebruik. Dit is dus ʼn bedrieglike ontduiking van

die bepalings van die wet.

863 Wiechers, 1984:265. Vir verdere voorbeelde uit gewysdes, waar bevoegdhede vir 'n ongeoorloofde doel gebruik is, sien Rikhoto v East Rand

Administration Board 1983(4) SA 278 (WLD); Mackeson v Minister of Information, Immigration and Tourism and Another 1980(1) SA 747 (ZR); University

of Cape Town v Ministers of Education and Culture (House of Assembly and House of Representatives) 1988(3) SA 203 (K); Basson v Provincial

Commissioner (Eastern Cape), Department of Correctional Services 2003(4) BLLR 341 (LC); 2003 JOL 10780; Thatcher v Minister of Justice and

Constitutional Development and Others 2005(1) ALL SA 373 (C); Seodin Primary School and Others v MEC of Education, Northern Cape and Others

2006(1) ALL SA 154 (NC).

864 1947(2) SA 984 (A).