Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

it differently. He says, and it was argued, that he could not wait for this material because the schools were due to open on 19 January 2005, and finality was urgently required. The answer to this contention is that the urgency was of the Education Department’s own making….. Had the directive been issued at an earlier stage, the appeal against it could have been disposed of less summarily and with less haste. I find that the first respondent’s action in dismissing the appeal as he did was procedurally unfair (s 6(2)(c) of the Promotion of Administrative Justice Act).” Die uitspraak van die hof is ook op appèl herbevestig. 855 423 4.4 DIE BEPALING VAN ARTIKEL 6(2)(d) VAN PAJA : DIE OPTREDE IS DEUR ʼn REGSDWALING WESENLIK BEÏNVLOED Artikel 6(2)(d) maak voorsiening vir die hersiening van administratiewe optrede, wat wesenlik deur ʼn regsdwaling beïnvloed is. Gewoonlik word gesê dat Subartikel (d) asook Subartikels (e) tot (h), oor die misbruik van administratiewe diskresionêre bevoegdheid handel. Weer eens moet ʼn mens vra of hierdie hersieningsgrond die howe se bevoegdheid om skendings van Artikel 33 van die Grondwet te hersien, beperk het. Artikel 33 bepaal eksplisiet dat elkeen die reg op regmatige administratiewe optrede het en dat dit die taak van die howe sal wees om te bepaal of daar ʼn regsdwaling was of nie. Dit kan nie aanvaar word dat ʼn administratiewe handeling wat op ʼn regsdwaling berus, regmatig (of redelik) is soos deur die Grondwet vereis nie. As ʼn mens jou aan hierdie benadering hou, is dit duidelik dat PAJA die howe se hersieningsbevoegheid beperk het, deur die hersiening tot wesenlike regsdwalings te beperk. Hoewel dit vanselfsprekend is dat die howe, eerder as die administrasie, die laaste woord oor regskwessies moet spreek, was die geregtelike benadering tot dusver tradisioneel dat ʼn regsdwaling hersienbaar is, slegs indien die amptenaar nie die aard van die diskresie reg begryp het nie weens ʼn wanvertolking van die Wet wat die diskresie verleen. 856 In Hira and Another v Booysen and Another857 het die hof egter ʼn ander benadering gevolg. Die beslissing was dat wanneer die klagte is dat die tribunaal ʼn wesenlike regsdwaling begaan het, die hersienbaarheid van die besluit afhang van die vraag of 855 Western Cape Minister of Education and Others v Governing Body of Mikro Primary School 2005(3) ALL SA 436 (SCA). Sien ook Gold Fields Limited v Cornellan NO and Others 2005(3) ALL SA 142(W); Earthlife Africa (Cape Town) v Director General:Department of Environmental Affairs and Tourism and Another 2005(3) SA 156 (C) en Trend Finance (Pty) Limited and Another v Commissioner for SA RS and Another 2005(4) ALL SA 657(C). 856 Union Government (Minister of Mines and Industries) v Union Steel Corporation (South Africa) Limited 1928 AD 220, 234. 857 1992(4) SA 69 (A).

858 2003(4) SA 160 (T). 424 dit die wetgewer se bedoeling was dat die tribunaal die eksklusiewe (uitsluitlike) gesag het om oor die regsvraag te beslis. Dit is ʼn kwessie van die vertolking van die Wet, wat die bevoegdheid aan die tribunaal verleen. In die saak Laerskool Middelburg en ʼn ander v Departementshoof Mpumalanga Departement van Onderwys en andere858 was die applikant die eerste skool in die omgewing wat uitsluitlik Afrikaans-medium-onderrig verskaf het. Ingevolge Artikel 6(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, het die Minister van Onderwys sekere regulasies afgekondig rakende die beheer van toegang en die hantering van die taalbeleid. Die respondente het die regulasies verkeerdelik toegepas deurdat hulle dit geïnterpreteer het om magtiging te verleen om die eerste applikant te dwing om skoliere in Engels te onderrig, selfs voordat ander skole in die omgewing wat Engelse onderrig verskaf het, vol was. Nieteenstaande die feit dat nog skoliere tot die Engels-mediumskole in die omgewing toegelaat kon word, het die respondent die applikant gelas om die skoliere toe te laat. Die applikante was die mening toegedaan dat die Afrikaans-mediumskool slegs gelas kon word om Engelstalige skoliere in te neem, indien die Engelse skole in die omgewing vol was. Die hof het die applikant gelyk gegee, sonder om na PAJA, of die optrede wat deur ʼn regsdwaling beïnvloed is, te verwys. Volgens bladsy 171 A-B van hierdie saak beslis die hof soos volg : “Die respondente betoog dat die korrekte uitleg van die hier bovermelde regulasies daarop neerkom dat dit die eerste respondent vrystaan om van ʼn Afrikaansmedium skool te verwag om ʼn Engelse baan te open selfs voordat die getalleverhouding van 40 tot een in ander skole wat Engels as voertaal gebruik, bereik is; en selfs al is daar minder as 40 leerders vir die voorgestelde nuwe graad in die nuwe baan by die applikant. Hierdie uitleg strook hoegenaamd nie met die uitdruklike bewoording van die regulasie nie.” Die saak het egter ʼn interessante nadraai gehad. Aangesien die applikante lank gewag het om die hersieningsaansoek te bring, het die Engelstalige skoliere hulle self ingegrawe en gewoond geraak aan die omstandighede by die Afrikaansmediumskool. Die hof het toe ʼn belange afweging gemaak rakende die reg op billike administratiewe optrede, spesifiek gefokus op die belange van die skoliere (sien Artikel 28(2) van die Grondwet) en gelas dat die skoliere in die skool moes aanbly om in Engels onderrig te word, nieteenstaande die inbreukmaking op die applikante se regte ingevolge die administratiefreg.

858 2003(4) SA 160 (T).

424

dit die wetgewer se bedoeling was dat die tribunaal die eksklusiewe (uitsluitlike)

gesag het om oor die regsvraag te beslis. Dit is ʼn kwessie van die vertolking van

die Wet, wat die bevoegdheid aan die tribunaal verleen.

In die saak Laerskool Middelburg en ʼn ander v Departementshoof Mpumalanga

Departement van Onderwys en andere858 was die applikant die eerste skool in die

omgewing wat uitsluitlik Afrikaans-medium-onderrig verskaf het. Ingevolge Artikel

6(1) van die Suid-Afrikaanse Skolewet 84 van 1996, het die Minister van Onderwys

sekere regulasies afgekondig rakende die beheer van toegang en die hantering van

die taalbeleid. Die respondente het die regulasies verkeerdelik toegepas deurdat

hulle dit geïnterpreteer het om magtiging te verleen om die eerste applikant te dwing

om skoliere in Engels te onderrig, selfs voordat ander skole in die omgewing wat

Engelse onderrig verskaf het, vol was. Nieteenstaande die feit dat nog skoliere tot

die Engels-mediumskole in die omgewing toegelaat kon word, het die respondent

die applikant gelas om die skoliere toe te laat. Die applikante was die mening

toegedaan dat die Afrikaans-mediumskool slegs gelas kon word om Engelstalige

skoliere in te neem, indien die Engelse skole in die omgewing vol was.

Die hof het die applikant gelyk gegee, sonder om na PAJA, of die optrede wat deur

ʼn regsdwaling beïnvloed is, te verwys.

Volgens bladsy 171 A-B van hierdie saak beslis die hof soos volg :

“Die respondente betoog dat die korrekte uitleg van die hier bovermelde

regulasies daarop neerkom dat dit die eerste respondent vrystaan om van ʼn

Afrikaansmedium skool te verwag om ʼn Engelse baan te open selfs voordat

die getalleverhouding van 40 tot een in ander skole wat Engels as voertaal

gebruik, bereik is; en selfs al is daar minder as 40 leerders vir die

voorgestelde nuwe graad in die nuwe baan by die applikant.

Hierdie uitleg strook hoegenaamd nie met die uitdruklike bewoording van die

regulasie nie.”

Die saak het egter ʼn interessante nadraai gehad. Aangesien die applikante lank

gewag het om die hersieningsaansoek te bring, het die Engelstalige skoliere hulle

self ingegrawe en gewoond geraak aan die omstandighede by die Afrikaansmediumskool.

Die hof het toe ʼn belange afweging gemaak rakende die reg op

billike administratiewe optrede, spesifiek gefokus op die belange van die skoliere

(sien Artikel 28(2) van die Grondwet) en gelas dat die skoliere in die skool moes

aanbly om in Engels onderrig te word, nieteenstaande die inbreukmaking op die

applikante se regte ingevolge die administratiefreg.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!