Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

411 liggaam of persoon gedelegeer mag word nie, behalwe wanneer daar uitdruklike of implisiete statutêre magtiging daarvoor is. PAJA bepaal dat daar geregtelike hersiening mag wees, wanneer ʼn administrateur gehandel het kragtens ʼn delegasie van bevoegdhede wat nie deur die magtigende bepaling gemagtig is nie. Hierdie statutêre verbod stem ooreen met die gemeenregtelike verbod op delegering van bevoegdheid, vervat in die reël delegatus delegare non potest . 831 Die reël behels die volgende : • Wanneer ʼn administratiewe orgaan gemagtig is om ʼn handeling te verrig en die verrigting van daardie handeling gepaard gaan met ʼn diskresionêre bevoegdheid, mag die funksie of taak nie aan ʼn ander orgaan gedelegeer word nie, tensy eersbedoelde orgaan uitdruklik gemagtig is om dit te doen. In G v Superintendent, Groote Schuur Hospital832 bevind die hof dat die gelyktydige delegering aan vier gedelegeerdes geldig was, aangesien uitdruklike statutêre voorsiening daarvoor gemaak is. • ʼn Administratiewe orgaan kan sy diskresie uitoefen en ʼn ondergeskikte liggaam of amptenaar gelas om sy (eersgenoemde orgaan se) besluit uit te voer. Sodanige optrede is nie strydig met die reël nie. • Die verbod op die verdere delegering van ʼn reeds gedelegeerde bevoegdheid impliseer dat die administratiewe orgaan hom nie in die posisie mag stel dat hy lasgewings of opdragte van ʼn ander liggaam aanvaar nie. 833 • Die gesagsliggaam beklee met ʼn diskresionêre bevoegdheid kan ʼn komitee of groep aanstel om sekere feite vas te stel of te ondersoek, maar moet self die diskresionêre bevoegdheid uitoefen. • Implisiet in die reël teen die herdelegering van bevoegdheid is die reël dat die houer van ʼn diskresionêre bevoegdheid hom nie mag onderwerp aan die lasgewings/opdragte van ʼn ander liggaam of amptenaar nie en nie ʼn streng beleid mag volg waardeur hy weier om elke geval op meriete te beoordeel nie. 834 In Chairman, Board on Tariffs and Trade v Teltron (Pty) Limited835 het die hof bevind dat, hoewel die raad daarop geregtig was om die bevoegdheid wat ingevolge Artikel 831 Sien Foster v Chairman, Commission for Administration 1991(4) SA 403 (K). 832 1993(2) SA 255 (K) op 635. Sien ook Transvaal Agricultural Union v Minister of Land Affairs 1997(2) SA 621 (CC). 833 Veldsman v Overberg Regional Services Council 1991(2) SA 651 (K). 834 Opperman v Uitvoerende Komitee van die Verteenwoordigende Owerheid van die Blankes en andere 1991(1) SA 372 (SWA); Government of the Province of Kwa Zulu-Natal v Ngwane 1996(4)SA 943 (A). Southern Metropolitan Substructure v Thompson 1997(2) SA 799 (W). Die beperking van 'n diskresionêre bevoegdheid het voor die hof gekom in Yenuico Limited v Minister of Trade and Industries 1995(11) BCLR 1453 (T) waar aangevoer is dat die Minister, toe hy oor die uitwerking van permitte besluit het, sy bevoegdheid beperk het deur hom aan 'n kabinetsbesluit en 'n “tee-ooreenkoms” te hou. Daar is aangevoer dat die frase “whenever he deems it necessary or expedient in the public interest” 'n onbeperkte diskresie aan die Minister verleen, wat onaanvaarbaar is in 'n demokratiese, konstitusionele staat. Regter Van Dijkhost het bevind dat “the public interest “ 'n konsep is wat met verloop van tyd verander. Die parlement kan nie besluit wat in die onafsienbare toekoms in die openbare belang sal wees nie en “that decision will have to be delegated to the man on the spot – the Minister or his delegate”. Soos ons sal sien in Artikel 6(2)(e)(iv) kan 'n hof administratiewe optrede hersien wanneer die optrede verrig is vanweë die ongemagtigde of ongeregverdigde voorskrifte van 'n ander persoon of liggaam. 835 1997(2) SA 25 (A).

412 4 van die Wet op die Raad op Tariewe en Handel, 107 van 1986 aan hom verleen word, aan ʼn komitee te delegeer, hy nie enige ander bevoegdhede kan delegeer nie. Die raad kan byvoorbeeld nie sy bevoegdheid om ʼn aangeleentheid wat die handel en nywerheid van die Republiek kan raak, te ondersoek, of die bevoegdheid om ʼn verslag aan die minister voor te lê of vertoë tot die minister te rig, delegeer nie. Dit is duidelik dat die delegatus delegare non potest-reël nie oortree word wanneer ʼn Wet uitdruklik voorsiening maak vir die delegering van ʼn bevoegdheid nie. ʼn Wet kan egter onduidelik wees oor presies aan wie die bevoegdheid gedelegeer kan word. Ter wille van regsekerheid moet die wetgewer hierdie onbevredigende posisie vermy, deur uitdruklik te stipuleer presies watter bevoegdheid gedelegeer mag word en aan wie dit gedelegeer kan word. Daar is reeds gesê dat die “administrateur” sy of haar bevoegdheid aan veral wetgewing ontleen. Daar is ook genoem dat die invloed van die gemenereg en die regsprekende gesag aansienlik is. Wanneer die administrateur se owerheidsbevoegdhede vertolk word, moet gemeenregtelike reëls wat deel van die reëls van wetsuitleg uitmaak gebruik word. Hierdie reëls is deurslaggewend by die bepaling van die omvang en inhoud van statutêre owerheidsbevoegdhede. Met verloop van tyd het die howe die reëls met betrekking tot statutêre gesag toegepas en ontwikkel ooreenkomstig die algemene beginsels van die administratiefreg. Die inhoud en omvang van administratiewe bevoegdheid hang dus van die volgende af : • Die betrokke Wet (met inbegrip van die Grondwet). • Die toepaslike reëls van wetsuitleg. • Die algemene reëls van die administratiefreg soos toegepas en ontwikkel deur die howe. 3.4 DIE BEPALING VERVAT IN ARTIKEL 6(2)(a)(iii). DIE ADMINISTRATEUR WAT DIE HANDELING VERRIG HET, WAS BEVOOROORDEELD OF KAN REDELIKERWYS VAN BEVOOROORDELING VERDINK WORD Bogenoemde statutêre bepaling omvat die gemeenregtelike reël teen vooroordeel, te wete nemo iudex in sua propria causa (letterlik vertaal “niemand kan in sy of haar eie saak as regter optree nie”) Die wese van die gemeenregtelike reëls is dat die administrateur wat die besluit neem, redelikerwys as onpartydig gesien moet word. Dit staan as die reël teen vooroordeel bekend. Vooroordeel neem twee vorme aan : werklike vooroordeel (actual bias) en skynbare vooroordeel (perceived bias); en die aanwesigheid van enigeen van die twee sal die administratiewe handeling ongeldig maak.

411

liggaam of persoon gedelegeer mag word nie, behalwe wanneer daar uitdruklike of

implisiete statutêre magtiging daarvoor is.

PAJA bepaal dat daar geregtelike hersiening mag wees, wanneer ʼn administrateur

gehandel het kragtens ʼn delegasie van bevoegdhede wat nie deur die magtigende

bepaling gemagtig is nie. Hierdie statutêre verbod stem ooreen met die

gemeenregtelike verbod op delegering van bevoegdheid, vervat in die reël

delegatus delegare non potest . 831

Die reël behels die volgende :

• Wanneer ʼn administratiewe orgaan gemagtig is om ʼn handeling te verrig en

die verrigting van daardie handeling gepaard gaan met ʼn diskresionêre

bevoegdheid, mag die funksie of taak nie aan ʼn ander orgaan gedelegeer

word nie, tensy eersbedoelde orgaan uitdruklik gemagtig is om dit te doen. In

G v Superintendent, Groote Schuur Hospital832 bevind die hof dat die

gelyktydige delegering aan vier gedelegeerdes geldig was, aangesien

uitdruklike statutêre voorsiening daarvoor gemaak is.

• ʼn Administratiewe orgaan kan sy diskresie uitoefen en ʼn ondergeskikte

liggaam of amptenaar gelas om sy (eersgenoemde orgaan se) besluit uit te

voer. Sodanige optrede is nie strydig met die reël nie.

• Die verbod op die verdere delegering van ʼn reeds gedelegeerde bevoegdheid

impliseer dat die administratiewe orgaan hom nie in die posisie mag stel dat

hy lasgewings of opdragte van ʼn ander liggaam aanvaar nie. 833

• Die gesagsliggaam beklee met ʼn diskresionêre bevoegdheid kan ʼn komitee

of groep aanstel om sekere feite vas te stel of te ondersoek, maar moet self

die diskresionêre bevoegdheid uitoefen.

• Implisiet in die reël teen die herdelegering van bevoegdheid is die reël dat die

houer van ʼn diskresionêre bevoegdheid hom nie mag onderwerp aan die

lasgewings/opdragte van ʼn ander liggaam of amptenaar nie en nie ʼn streng

beleid mag volg waardeur hy weier om elke geval op meriete te beoordeel

nie. 834

In Chairman, Board on Tariffs and Trade v Teltron (Pty) Limited835 het die hof bevind

dat, hoewel die raad daarop geregtig was om die bevoegdheid wat ingevolge Artikel

831 Sien Foster v Chairman, Commission for Administration 1991(4) SA 403 (K).

832 1993(2) SA 255 (K) op 635. Sien ook Transvaal Agricultural Union v Minister of Land Affairs 1997(2) SA 621 (CC).

833 Veldsman v Overberg Regional Services Council 1991(2) SA 651 (K).

834 Opperman v Uitvoerende Komitee van die Verteenwoordigende Owerheid van die Blankes en andere 1991(1) SA 372 (SWA); Government of the

Province of Kwa Zulu-Natal v Ngwane 1996(4)SA 943 (A). Southern Metropolitan Substructure v Thompson 1997(2) SA 799 (W). Die beperking van 'n

diskresionêre bevoegdheid het voor die hof gekom in Yenuico Limited v Minister of Trade and Industries 1995(11) BCLR 1453 (T) waar aangevoer is dat die

Minister, toe hy oor die uitwerking van permitte besluit het, sy bevoegdheid beperk het deur hom aan 'n kabinetsbesluit en 'n “tee-ooreenkoms” te hou. Daar

is aangevoer dat die frase “whenever he deems it necessary or expedient in the public interest” 'n onbeperkte diskresie aan die Minister verleen, wat

onaanvaarbaar is in 'n demokratiese, konstitusionele staat. Regter Van Dijkhost het bevind dat “the public interest “ 'n konsep is wat met verloop van tyd

verander. Die parlement kan nie besluit wat in die onafsienbare toekoms in die openbare belang sal wees nie en “that decision will have to be delegated to

the man on the spot – the Minister or his delegate”. Soos ons sal sien in Artikel 6(2)(e)(iv) kan 'n hof administratiewe optrede hersien wanneer die optrede

verrig is vanweë die ongemagtigde of ongeregverdigde voorskrifte van 'n ander persoon of liggaam.

835 1997(2) SA 25 (A).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!