02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

395

hof het bevind dat, hoewel daar nie van ʼn administratiewe liggaam verwag word om ʼn

gegriefde party wat redes verlang, met die lepel te voer nie, die liggaam ook nie kan

verwag dat die party self die redes uit ʼn groot aantal dokumente moet vind, as dit nie

sonder moeite uit daardie dokumente vasgestel kan word nie. Daar word ook nie van ʼn

administratiewe liggaam verwag om die ekwivalent van ʼn konsep-uitspraak deur ʼn hof aan

die partye voor te lê nie. Die redes moet verstaanbaar en omvattend wees, wanneer dit

teen die agtergrondomstandighede beskou word. Wanneer ʼn gegriefde party egter redes

aanvra, is dit nie vir hom of haar geoorloof om ʼn onregverdigbare versoek om meer

besonderhede te rig, of om ʼn administratiewe liggaam te ondervra nie.

In Moletsane v The Premier of the Free State790 bevind die hof die volgende, (Bladsy 1888

van die hofverslag) : “.... the more drastic the action taken, the more detailed the reasons

which are advanced should be. The degree of seriousness of the administrative act should

therefore determine the particularity of the reasons furnished.” (Sien die negatiewe

opmerking oor die hof se siening hierbo bespreek).

In hierdie saak is ʼn onderwyser wat van wangedrag aangekla is, geskors. ʼn Brief wat aan

die applikant gerig is, het verklaar dat sy onmiddellik met behoud van salaris uit diens

geskors is, hangende ʼn departementele ondersoek na haar beweerde wangedrag. Die

enigste kwessie waaraan die hof aandag geskenk het, is die vraag of redes vir die

administratiewe besluit om haar te skors, aan haar verskaf is. Die respondent het

aangevoer dat dit wel in die brief aan haar gedoen is. Die hof het bevind dat die redes

voldoende was.

In Xu v Minister van Binnelandse Sake791 het die applikante aansoek gedoen om ʼn bevel

om die Minister te dwing om redes te verskaf vir sy weiering om hulle aansoeke om ʼn

tydelike verblyfpermit en verlenging van ʼn tydelike permit goed te keur. Die Minister het

aangevoer dat hy nie onder ʼn wetlike verpligting was om redes te verskaf nie, aangesien

die weiering van permitte op generlei wyse hulle belange of regte geraak het nie. Die hof

het beslis dat die applikante nie verblyfregte gehad het, wat deur die weiering om redes te

verskaf, geraak is nie. Voorts het die applikante ook nie ʼn regmatige verwagting van

verblyf of voortgesette verblyf gehad nie, aangesien hulle van die begin af ingelig is dat

enige permitte tydelik was en dat dit by verstryking sou verval. Die XU-saak is ook hierna

met goedkeuring aangehaal in Naidenov v Minister of Home Affairs, 792 waarin appèlregter

Spoelstra bevind het dat ʼn “belang” in die vorm van ʼn begeerte om in die Republiek van

Suid-Afrika aan te bly, of om nie na ʼn mens se land van herkoms teruggestuur te word nie,

nie ʼn “belang” soos beoog in Artikel 24(c) is nie.

790 1995(9) BCLR 1885(O).

791 1995(1) SA 185 (T).

792 1995(7) BCLR 891 (T).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!