02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

388

word. Die vasgestelde-tydperkvereiste is slegs van toepassing op verlengings van die

tydperk.

Verlenging of vermindering van tydperke geskied by wyse van ooreenstemming tussen die

partye. Slegs ʼn redelike poging moet toegepas word om verlenging of vermindering te

verkry. Indien konsensus tussen die partye nie verkry word nie, kan ʼn hof of tribunaal die

versoek aanhoor. Volgens Artikel 9(2) kan die versoek ingevolge Artikel 9(1) toegestaan

word, mits dit in die belang van geregtigheid sal wees.

6. FORMELE VEREISTES VIR DIE VERSOEK

PAJA verlang nie dat die versoek om redes aan sekere voorgeskrewe vereistes moet

voldoen nie. Artikel 5(1) verwys slegs daarna dat ʼn persoon “may ..... request”. Enige

formele vereiste wat toegevoeg word waaraan die versoek om redes moet voldoen, sal

derhalwe ʼn lae standaard van regverdiging verlang.

Die regulasies mag vereis dat die versoek op skrif moet wees. Dit kan wel moontlik wees

dat hierdie ekstra vereiste onderhewig sal wees aan ʼn suksesvolle uitdaging dat dit nie

binne die trefwydte van PAJA val nie, of dat dit ʼn onkonstitusionele beperking op die reg

om redes te verskaf sal wees.

In die algemeen moet daar nie formele vereistes gestel word, waaraan die versoek vir

redes aan moet voldoen nie, aangesien so ʼn versoek nie ʼn moeilike en formele projek

moet wees, waaraan ʼn party wat die redes verlang, aan moet voldoen nie. Daar word geen

regverdiging in PAJA gevind vir die nakoming van formele vereistes waaraan ʼn versoek

om redes moet voldoen nie, aangesien dit beskou kan word as uit pas te wees met die

grondwetlike reg van administratiewe geregtigheid.

7. VOLDOENDE/GEPASTE REDES

Nie PAJA, of die voorgestelde regulasies omskryf die begrip “voldoende/gepaste redes op

skrif”, soos bepaal in Artikel 5(2) van die Wet nie. Daar is derhalwe nie ʼn voorgeskrewe

standaard, waaraan voldoen moet word nie. Voldoening aan enige standaard sal derhalwe

bepaal moet word aan die hand van verskillende aspekte. Dit sal met ander woorde van

saak tot saak verskil. Sekere standaarde sal wel gestel moet word, om eenvormigheid te

verseker.

Daar sal moet vasgestel word uit wie se oogpunt die begrip “voldoende” na waarde geskat

word en op grond van welke doeleindes daar bepaal kan word wat “voldoende” is. Daar

kan voorgestel word dat dit bepaal moet word deur verwysing na die doel van die

redegewende vereistes. Redes sal dus voldoende wees, indien dit die vereistes gestel

deur PAJA en die Grondwet nakom, wat bepaal dat die doel vir die verskaffing van redes

as verpligting bevorder sal word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!