Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

etd.uovs.ac.za
from etd.uovs.ac.za More from this publisher
02.05.2013 Views

3. NIE-KERNELEMENTE VAN PROSEDURELE BILLIKHEID 357 Die nakoming van nie-kernelemente val ingevolge Artikel 3(3) summier binne die diskresie van die amptenary. Daar sal, indien die amptenary nie uitvoering gee aan hierdie niekernvereistes nie, geen oortreding ten opsigte van prosedurele billikheid wees nie. Daar bestaan wel ʼn plig op die amptenary om oorweging te skenk aan ʼn versoek tot die toestaan daarvan. Diskresie moet nog steeds toegepas word om te bepaal of prosedurele billikheid dit noodsaak om aan die nie-kernelemente te voldoen. Hersiening ingevolge Artikel 6 rakende die regmatigheid en redelikheid van ʼn besluit om die nie-kernelemente toe te laat of nie, is steeds tot die benadeelde party se beskikking. 3.1 ʼn GELEENTHEID OM BYSTAND TE BEKOM, EN IN ERNSTIGE GEVALLE, REGSVERTEENWOORDIGING Die Wet voeg hier egter min by tot die gemenereg . Baxter som die gemeenregterlike posisie soos volg op : “Where oral hearings are granted, legal representation is not an essential requirement. In unusually complex cases involving evidence or legal issues, legal representation might be regarded as a sine qua non of a fair hearing, and the flexibility of natural justice would seem to accommodate this.” 756 Daar is egter ʼn groot verskil tussen bystand en regsverteenwoordiging. Bystand kan verleen word in gevalle van jeugdigheid, ongeletterdheid, gebreklikheid en gebrek aan kundigheid, terwyl regsverteenwoordiging wel verleen word in meer komplekse gevalle. 3.2 ʼn GELEENTHEID OM INLIGTING EN ARGUMENTE AAN TE BIED OF TE BETWIS Hierdie aspek van prosedurele billikheid het in die verlede ʼn goeie teelaarde geskep vir litigasie. Dit is uiters belangrik om getuienis voor te lê om ʼn applikant se aansoek te substansieer, veral rakende billike verhore. 3.3 ʼn GELEENTHEID OM PERSOONLIK TE VERSKYN Die gemenereg het sterk wal gegooi teen mondelinge verrigtinge, veral waar skriftelike vertoë as voldoende beskou is. Prakties gesproke is verhore op papier goedkoper en vinniger as mondelinge aanbiedinge. Mondelinge verrigtinge dra ook die risiko om administratiewe tribunale in howe te verander. 756 Baxter, 1984:555. Sien ook Dladla v Administrator, Natal, 1995(3) SA 769 (N).

358 Dit mag andersins ook onbillik wees om van swak geskoolde of ongeletterde persone te verwag om hulle self uit te druk deur ʼn geskrewe voorlegging te verlang. In sommige gevalle sal dit meer effektief wees om mondelinge aanbiedinge aan te hoor, veral waar dit eenvoudige aangeleenthede behels. 4. ANDER ELEMENTE VAN PROSEDURELE BILLIKHEID 4.1 VRYSTELLINGS : DRIE VERTREKROETES 757 2001(1) SA 29 (CC). PAJA verleen aan die administrateur drie vertrekroetes om die plig om gehoor te gee aan die kern- en nie-kernelemente van prosedurele billikheid te vermy. In sekere gevalle hoef die amptenaar nie die vereistes van Artikel 3(2)(b) en 3(3) na te kom nie. Hierdie vertrekroetes verhoog die afstand tussen die deelname in die inhoud van die wet, en vrystelling wat deur Artikel 3(4) verleen word om nie ingevolge die Wet op te tree nie. Laasgenoemde optrede buite die wet, waar vrystelling verleen word, moet nog steeds billik wees, volgens die magtigende bepaling van Artikel 3(4) van PAJA. Ingevolge Artikel 3(4) mag die amptenaar afwyk van die bepalings van Artikel 3(2) van PAJA, solank die prosedures wat nagekom word, billik is. Die afwyking wat gemagtig word, het wel betrekking op die kernelemente soos vervat in Artikel 3(2), terwyl daar geensins na die nie-kernelemente, vervat in Artikel 3(3) verwys word nie, aangesien dit wel diskresionêre optrede behels. Voordat PAJA in werking getree het, het die Konstitusionele Hof reeds sy houding geopenbaar aangaande die beperking van die konstitusionele reg op billike prosedurele administratiewe handeling in die saak van Janse van Rensburg NO and Another v Minister of Trade and Industry NO and Another. 757 Dit het gehandel oor die bepalings van die Unfair Business Practices Act, 71 van 1998. Ingevolge dié Wet het die Minister van Handel en Nywerheid wye bevoegdhede om tydelik besigheidspraktyke te verbied wat ondersoek word, veral waar dit teenstrydig is met die bepalings van die Wet. Daar kan dan ook beslag gelê word op die bates van die onwettige besigheid. Ingevolge hierdie wye magte wat aan die Minister verleen word, het die Minister bykans ʼn vrye hand om drasties op te tree. Daar word gevolglik inbreuk gemaak op die grondwetlike reg tot billike prosedurele administratiewe optrede. Die Minister hoef geensins kennis van sy voorgenome optrede te gee nie.

3. NIE-KERNELEMENTE VAN PROSEDURELE BILLIKHEID

357

Die nakoming van nie-kernelemente val ingevolge Artikel 3(3) summier binne die diskresie

van die amptenary. Daar sal, indien die amptenary nie uitvoering gee aan hierdie niekernvereistes

nie, geen oortreding ten opsigte van prosedurele billikheid wees nie.

Daar bestaan wel ʼn plig op die amptenary om oorweging te skenk aan ʼn versoek tot die

toestaan daarvan. Diskresie moet nog steeds toegepas word om te bepaal of prosedurele

billikheid dit noodsaak om aan die nie-kernelemente te voldoen.

Hersiening ingevolge Artikel 6 rakende die regmatigheid en redelikheid van ʼn besluit om

die nie-kernelemente toe te laat of nie, is steeds tot die benadeelde party se beskikking.

3.1 ʼn GELEENTHEID OM BYSTAND TE BEKOM, EN IN ERNSTIGE GEVALLE,

REGSVERTEENWOORDIGING

Die Wet voeg hier egter min by tot die gemenereg .

Baxter som die gemeenregterlike posisie soos volg op :

“Where oral hearings are granted, legal representation is not an essential

requirement. In unusually complex cases involving evidence or legal issues,

legal representation might be regarded as a sine qua non of a fair hearing, and

the flexibility of natural justice would seem to accommodate this.” 756

Daar is egter ʼn groot verskil tussen bystand en regsverteenwoordiging. Bystand

kan verleen word in gevalle van jeugdigheid, ongeletterdheid, gebreklikheid en

gebrek aan kundigheid, terwyl regsverteenwoordiging wel verleen word in meer

komplekse gevalle.

3.2 ʼn GELEENTHEID OM INLIGTING EN ARGUMENTE AAN TE BIED OF TE

BETWIS

Hierdie aspek van prosedurele billikheid het in die verlede ʼn goeie teelaarde geskep

vir litigasie. Dit is uiters belangrik om getuienis voor te lê om ʼn applikant se aansoek

te substansieer, veral rakende billike verhore.

3.3 ʼn GELEENTHEID OM PERSOONLIK TE VERSKYN

Die gemenereg het sterk wal gegooi teen mondelinge verrigtinge, veral waar

skriftelike vertoë as voldoende beskou is. Prakties gesproke is verhore op papier

goedkoper en vinniger as mondelinge aanbiedinge. Mondelinge verrigtinge dra ook

die risiko om administratiewe tribunale in howe te verander.

756 Baxter, 1984:555. Sien ook Dladla v Administrator, Natal, 1995(3) SA 769 (N).

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!