02.05.2013 Views

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

Tjaart Jurgens Maré Doctor Legum Universiteit van die Vrystaat

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

In der waarheid is die basiese corpus van die gemenereg egter self ʼn veranderlike entiteit.

Die howe laat self toe dat (1) twee verskillende regstelsels die rol van gemenereg vervul,

maar dat een van dié stelsels nie as sodanig in die teoretiese bronne-model erken word

nie, en (2) geen definitiewe betekenis aan die term “Romeins-Hollandse Reg” toegeken

word nie. Dit is vir ʼn regter wel moontlik om die gemenereg op ʼn bepaalde gebied te

wysig - en dit veroorsaak ʼn onaanvaarbare graad van onsekerheid, wat die waardes van

konsekwensie en samehangendheid in die Suid-Afrikaanse Reg nadelig beïnvloed.

Omdat die Engelse Reg in die praktyk op verskeie gebiede as ʼn gemenereg diens doen en

dit aanvaarde praktyk geword het om Engelse beslissings in hierdie gevalle soos Suid-

Afrikaanse beslissings te hanteer, het dit moontlik geword om ʼn beslissing oënskynlik in

die lig van die toepaslike residuele reg te regverdig deur na die Engelse Reg te verwys,

terwyl die Engelse Reg inderdaad nie die residuele bron in daardie geval mag wees nie. 50

Die Engelse Reg word egter nie uitdruklik in die teoretiese bronne-model as ʼn gemenereg

erken nie, en daarom is dit moontlik om met slegs ʼn beroep op die Romeins-Hollandse

Reg, ingeburgerde beginsels wat uit die Engelse Reg stam, aan die hand te doen. 51

In beide gevalle is regswysiging moontlik, sonder dat die aanvaarde voorwaardes vir

judisiële regskepping teenwoordig is. Die toestand van sake word vererger deur die feit

dat die oplossing van ʼn bepaalde probleem grootliks kan verskil, na gelang van die feit of

die hof die gemenereg as die hele Europese Ius Commune of slegs as die reg van die

provinsie Holland beskou.

Die feit dat dit vir regters moontlik is om tussen verskillende gemenereg stelsels (en verder

ook tussen verskillende skakerings van hierdie stelsels) te “kies en keur”, dreig om die

grens tussen judisiële ontwikkeling van dié reg en “judisiële wetgewing” te oorskry.

Daarom kan die vraag tereg gevra word welke gemenereg die wetgewer in gedagte gehad

het in Artikel 39(2) van die Grondwet, indien daar geen eenstemmigheid oor die begrip

“gemenereg” bestaan nie.

Is die hoofdoel van Artikel 39 nie om die ontwikkeling van ʼn nuwe teoretiese bronne-model

daar te stel, wat in ooreenstemming sal wees met die Suid-Afrikaanse Regswerklikheid

nie?

Wat ookal die interpretasie van bogemelde artikel inhou, kan die feit nie betwis word nie

dat die Suid-Afrikaanse Reg ʼn hibriede stelsel is met al die voor- en nadele daaraan

verbonde.

50 Dit word onder andere geïllustreer deur die feit dat die sogenaamde Anton Piller - bevele agt jaar lank erken is, voordat hul herkoms en versoenbaarheid

met die regstelsel as 'n geheel ondersoek is.

51 Sien die beslissing in Magna Alloys and Research (SA) (Pty) Limited v Ellis 1984(4) SA 874 (A).

25

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!